Sy lys in volgorde van toenemende verstaanbaarheid, van die laagste af, is [þ, s, p, f, v, b, z, d, ð, t, m, k] (Manual of Phonology p. 95).
In hierdie lyste is daar ooreenkomste maar ook teenstrydighede wat aan die betrokke taal en ook aan andere faktore soos die metode van ondersoek toegeskryf mag word. Kaiser wys bv. daarop dat by stygende ouderdom [s] en [f] eenders gaan klink omdat hulle veral in die hoë frekwensies verskil.
Ons het hier dus geen absolute vastigheid i.v.m. die duidelikheid of onderskeibaarheid van die klanke nie, maar nuttige aanduidings wat lig kan werp op die hier volgende voorbeelde.
Die beste uitgangspunt bied die voorbeelde wat Dieth gee van ‘Wechseln des Ortes, dh. unter Homogenetischen’ bv. Got. fidwor - Gr. tettara - Lat. quattuor; Got. fimf - Gr. pente - Lat. quinque (: p - t - kw); Hd. fliehen - Got. thliuhan; Hd. Feile - Ysl. thjöl (: f - þ); Ohd. nift - Hd. Nichte; Hd. Gruft - Ndl. gracht; Hd. Luft - Ndl. lucht; Eng. soft - Hd. sacht; Eng. sift - Hd. sichten; Eng. lift - Hd. lichten; Eng. enough, Oe. ʒenoh, Eng. laugh, Hd. lachen (: f - x); Me. selden - Eng. seldom; Fr. rancon - Eng. ransom (: n - m). (Vademekum, par. 389-392).
Dieth het gelyk dat hierdie veranderinge ‘den Eindruck des Sprunghaften’ maak.
Jespersen noem die volgende Engelse voorbeelde: bat uit bak, mate uit make, milt uit milk, stark-naked uit start-naked, trunk uit trump, wat hy aan volksetimologie by kinders toeskryf (Language 10.1).
Wanneer ons by Ndl. kom, moet ons op die voorbeelde wys van Kieft (N. Tg. 38: 111). Hy gee 16 voorbeelde van die oorgang van [t] in [k] waaronder Saans. brik - Ndl. brit; N. Hol. brandnekel - Ndl. brandnetel; Gron. tousteukeln - Ndl. toestoten; Wvla. aambilk, anebilk - Ndl. aambeeld. Van die oorgang van [k] in [t] gee hy 15 voorbeelde waaronder Mnl. fijc (lat. ficus) - Ndl. fijt; Ndl. klik - Saans. klit. Gevalle wat hy elders groepeer, is Ndl. mantel - N. Bevel. mankel, Ndl. amandel - Hol. Wvl. (a)mangel.
Kieft verklaar hierdie veranderinge en wisselinge soos volg: ‘De gemouilleerde t en de gemouilleerde k naderen elkaar wat de plaats van articulatie betreft. Ze kunnen elkaar in het midden van het monddak ontmoeten, zodat ze dezelfde acoustische indruk verwekken en niet meer te onderscheiden zijn. Indien het nu een woord betreft, dat niet door sterke familierelaties is gebonden, kan het gebeuren dat de gemouilleerde k op t wordt vastgelegd . . . . en dat de gemouilleerde k op de t wordt vastgelegd . . . De “vergissing” wordt in zo'n geval niet gecorrigeerd’.
Hoewel ek graag wil toegee dat die vergissing met akoestiese indrukke in sommige gevalle aan mouillering toegeskryf kan word, lyk dié verklaring vir my weinig oortuigend waar die mouilleringsfaktor ontbreek, bv. in brik - brit, brandnekel - brandnetel, fijt - fijc. Ek wil in sulke gevalle die vergissing toeskryf aan die onduidelikheid van t en k, en hulle klassifiseer onder die genoemde voorbeelde van Dieth en Jespersen, wat behalwe die oorgange t>k, k>t ook insluit p>k, k>p, f>þ, f>x, x>f, m>n. By hierdie voorbeelde wil ek nog andere voeg met dieselfde of gelyksoortige oorgange: It. damasto - damasco (Fr. v.W. - Damast); Ndl. golghen - golven (v. Helten, V.T. par. 25); mhd. kriechen - mnd. krêpen, krupen (Kluge); Ndl. lakmoes - Eng. litmus (Fr. v.W.); Monkelbaanstoren - Montelbaanstoren (Fr. v.W. - Bom I); Ofr. raspaille - Fr. racaille, Eng. rascal (Fr. v.W. - Rapalje); Ndl. sakkerloot - sapperloot (Fr. v.W.); Ndl. scholken - Kil. scholpen (Fr. v.W.); sutteldrafke - sukkeldrafje (Fr. v.W. - Sjokken); Ndd. snurten -