De Nieuwe Taalgids. Jaargang 23
(1929)– [tijdschrift] Nieuwe Taalgids, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 113]
| |||||||
Afrikaans in ‘de tijd’.Dit gaan uiters moeilik om definitiewe beweringe aangaande die prioriteit van sekere geskrifte in Afrikaans te maak. In die eerste geval kan dit met sekerheid aangeneem word dat Afrikaans byna 'n volle een spreektaal was voordat dit al in skrifvorm sy verskyning begin maak het en dan was dit eers voetjie vir voetjie en onseker soos die treetjies van 'n dag-oud kalfie. Die meeste afrikaanse taalgeleerdes skyn dan ook die geboortedatum van hierdie jongere suster van Nederlands te stel in die begin van die agtiende eeu of in die eerste helfte daarvan. In die tyd was dialekstudie nog nie in eer nie en was taalopvattinge baie ver van sy hedendaagse natuurlike stand. Hoepelrokke en die kontras hoërop is ook sinnebeeldig vir die beskouing van toentertydse natuurlikheid. Dit vereis tog nie profetiese aanleg om vas te lê dat waar die taal in afwykende vorm van Nederlands gepraat word en waar dit moeilik gegaan het om deeglike onderlegging te kry in die taal van Holland om die slegte onderwystoestande van die dae, die spreektaal hom wel sal laat geld in wedywering met die ander reeds kunsmatig-aangeleerde, waar hierdie laaste skriftelik aangewend word. So kom die taal in die Dagboek en Optekeninge van Trigardt en Cilliers ons soms voor as net Afrikaans met 'n bes-moontlike aanpassing aan die geykte uitdrukkinge van die Bybel, wat in die geheue van die waardige twee Voortrekkers gehang het. Die Bybel was hulle ware grammatikaboek. Die praktiese Boer het in sy gebedstaal 'n kompromis getref, en die kompromis oorgedra in sy skryfblok. In die gebed het hy hom geoefen in die gebruik van hierdie kind-uit-eerbiedgebore taal. Dit was 'n soort van oorgangstaal in die mond van die Boer, as hy ‘boeke-vat’, of in sy hand, as hy die pen vat. Daarom is dit so gewaag om sonder meer van Afrikaans in geskrifte te praat sover dit die tydperk voor 1875 betref. Die grens tussen verafrikaanste Nederlands en Afrikaans is soms moeilik te trek. Dit kan stellig aangeneem word dat baie van die Boere onder die indruk verkeer het dat dit Nederlands is wat hulle nou daar neergeskryf het, byvoorbeeld in hulle briewe aan famieliebe- | |||||||
[pagina 114]
| |||||||
trekkinge. Almal wil tog immers beskaaf wees en daarom die erkende beskaafde briewe- en toespraaktaal besig. As so'n persoon aan ‘Meneer de Editeur’ skrywe en dit is bedoel vir die korrespondensiekollomme, dan sal die heer ook weer die foute 'n bietjie aansuiwer en wat ons in die koerant teëkom is dan nie in werklikheid meer origineel nie. Dit is dus 'n seldsame iets om 'n geskrif in betreklik suiwer Afrikaans teë te kom, voor 1875. Tog is dit opmerklik dat daar verskeie persone oor die hele land was wat bewus die brug tussen skryf- en praatvorme wou opblaas. Natuurlik het hulle nie heeltemal kon losbrek nie, o.m. was die speltradiesie een wat hulle in sy kloue met geweld gehou het. Tog het hulle gesien dat die taal goed was, en het hulle probeer om natuurlik te wees en die gewete gesus met die ‘toe-maar-babatjie’ dat as daar gesorg is vir voldoende wij's en heefs en mijns dit wel Nederlands moet wees omdat Dominee omtrent ook so praat. Voorbeelde van hierdie egtheid het in De Tijd ook voorgekom. Dit is van uiters groot historiese belang as die tyd van verskyning in aanmerking geneem word. Ons verkeer nog te veel onder die algemene waan dat afgesien van Meurant se Zamenspraak die Genootskappers eintlik die eerste was wat met voorbedagte rade hulle van die volkstaal tot vertolking van gedagtes bedien het. In daardie opsig is die interessante artiekel van Prof. Smith oor die vroegste geskrifte in Afrikaans van baie groot belang (in A.S.B. Gedenkboek, pp. 34-43), om te wys hoe algemeen die neiging beginword het so teen 1870 om die gewone vorm van die landstaal skriftelik te gebruik. Dit word te meer op prys gestel as onthou word dat daar 'n baie sterk dwingrede moet bestaan om 'n Boer sover te kry om sy pen op te neem en iets te skryf vir 'n nuusblad. Gewoonlik moet hy geterg word en nog geterg word. Hy is vredeliewend soos 'n leeu tot dit nie meer kan nie. En as hy praat dan is min woorde beter as baie. 'N tiepiese voorbeeld is die amperafrikaanse brief van Havengar, die eerste wat ons sover in die Vrystaat gekry het. Die ander wat in ‘De Tijd’ voorkom is dan ook van die hand van 'n Engelsman, en van 'n vrou; die ander paar lyk na die werk van Hollanders of Duitsers, waarvan daar tot toe baie in die hoofstad van die jong land van die Boere aan die Oranje was. 1863 is 'n baie vroeë datum vir skriftelike-Afrikaans: dit is nog in die donker-dagkant. ‘De Tijd’ het sy eerste verskyning in Bloemfontein op die | |||||||
[pagina 115]
| |||||||
29ste Oktober van 1862 gemaak. Dit het voorsien in die behoefte van 'n blad ‘uitsluitend of hoofdzakelijk in de Hollandsche taal geschreven’. Verder lui dit: ‘Meermalen zijn van verschillende kanten pogingen aangewend om den bovenvermelden wensch te verwezenlijken, doch telkens hebben die pogingen door allerlei omstandigheden schipbreuk geleden, totdat het eindelijk den uitgever gelukt is het blad op te richten....’. Terwyl hierdie poginge om 'n Hollandse of hoofsaaklik-Hollandse blad op te rig misluk het, het daar elke week in hierdie afrikaanse hoofstad 'n anti-Boere-blad van soms 10 pagina's in Engels verskyn en gebloei! - trots sy onverbloemde belediginge van die Bestuur en leiers en inwoners van die Staat en sy aktiewe propoganda vir aansluiting aan die Engelse kroon; sy naam was The Friend of the Free State. Uitgegee deur en gedruk by J.W. Spruyt, het die blad naderhand in ander besit oorgegaan en is toe geredigeer deur J.F. van Iddekinge aan wie se kantoor dit ook gedruk is. Hy was eers agent in Philippolis en het hom toe later in Bloemfontein neergelaat as ‘Beëdigd Taxateur en Venduafslager’. Elke Woensdag van die week het die koerantjie, wat maar in betreklik klein formaat verskyn het in die begin, die wêreld ingestap. Vandag berus daar in die argiewe van Bloemfontein die eerste jaargang (29 Okt. 1862 - Okt. 1863), die afleweringe van die jare 1867, 1868 en 1870. Hy het gekom as voorvegter van die belange van die Boere-bevolking en is dus 'n nasionale, 'n volksgesinde blad in sy politiek gewees. Onder die rubriek Binnenlandsch Nieuws van die eerste aflewering staan dan ook wat soos 'n profesie klink naas die lopende waarde van die nuusblad in Hollands en as 'n nasionale kampvegter: ‘Zaturdag ll. viel hier na maanden (lees jaren) van droogte de eerste regen, die echter slechts kort aangehouden heeft....’. Die Friend bestaan vandag nog as 'n bloeiende dagblad in Engels en getrou aan sy politieke tradiesie. ‘De Tijd, Staatkundig, Nieuws- en Advertentieblad voor den Vrijstaat’ was 'n koerant van hoë gehalte en taamlik vry van die haatlikhede wat die Friend gekenmerk het. In sy korrespondensiekolomme het die briewe, samesprake, bydrae en een gediggie voorgekom wat in die vorm taamlik suiwer Afrikaans is. Na die inhoud daarvan behandel ons dit in die volgende vier afdelinge:
| |||||||
[pagina 116]
| |||||||
| |||||||
I. Die Presidentverkiesing.In die jaar 1863 verskyn daar 'n sestal afrikaanse briewe in ‘De Tijd’ oor die saak van die aanstaande president vir die Vrystaat. Van Pres. M.W. Pretorius het die Volksraad weer die bedanking ingedien gevind, en dit is algemeen gevoel geword dat dit niks sal help om weer by hom aan te dring om die pos langer te beklee nie. Intussen maak die Friend hard propoganda om die setel in hande van 'n Engelsman te kry. Eers het hy die heer Joseph Allison, wat in die afwesigheid van Pres. Pretorius as staatshoof fungeer het en daarna weer sy ou betrekking opgeneem as goewermentssekretaris, met alle kragte ondersteun maar later die heer Bowker van Kaapstad as die gewenste man aangeprys. Die Boere het eindelik kwaad geword om hierdie houding van die Friend en sommige het begin skryf ter ondersteuning van hulle eie kandidaat of vir die van die Volksraad, die heer Brand. Die eerste van hierdie briewe, wat in die gebruik van die s teenoor Ned. z baanbrekend is en in sy werkwoord al suiwer Afrikaans is maar blykbaar tog nog probeer om Nederlands so van veraf te volg, is van genoeg belang en ook kort genoeg om in sy geheel opgeneem te word. Die mnr. Havengar verdien waarlik 'n vaste plekkie in die hart van sy Vrystaatse taalgenote. Hy is 'n voorloper, is nasionaal in die spelling van sy naam, in die gebruik van sy taal, in sy pleitrede vir 'n Vrystater om die vakante vrystaatse presidentssetel te vul. An de Burgers van ons Staat. Van omtrent dieselfde gehalte is die brief van Jan Strookvest, dd. op Kromspruit, den 29 Sept., 1863. Dit lyk soms asof die | |||||||
[pagina 117]
| |||||||
editeur nie kans gesien het om die ‘pennevrugte’ van hierdie twee manne, wat die wapen beter as die veer kan hanteer, van al die veld se vryhede te suiwer nie. 'N sinnetjie van die laatste is karakteristies: ‘Ouw Makeep (McCabe) met een partij vierkantjes (memories, vir aanhegting aan die Britse Kroon) die teiken krijg een sopie, dat is dellikaat, hoor na reanekzazie’. Maar sterk is sy afkeuring van hierdie gedoente. Drie van die briewe is van die realisties-skrywende ‘Ik ben u vriend van overkant’. Hy hang ook nog aan die kompromiesietaal, maar is 9/10es op weg na Afrikaans. Hy is maar ‘een Boer die niet veel geleert heef’, maar hy hou 'n selfstandige opienie daarop na wat die saak van 'n nuwe president aangaan. ‘Mr. Spruyt, gij moet maar banje u best doen dat ons geen Uitlander krijg, want met die Uitlanders kan een mens niet klaar kom, gij moet mij dat niet kwalijk neem want gij ben ook een Uitlander, maar voor zoo een hooge post, dat moet tog maar een flukze Affrikaner wezen....’. Naas hierdie komiese situasie waarin sy uitgesprokenheid hom gebring het staan oortuiging soos ‘een Engelsman en de Boer zal net zoolang spook dat hij weer weg moet naar zijn land....’. In 'n volgende brief (5 Oct.), waarin hy dit weer teen de ‘Vrint’ en die Uitlanders het, bars sy haat in vergelykinge uit, en dreig hy in heilige verontwaardiging. ‘.... want als het mij niet aanstaan dan trek ik weg, maar onder de Engelse mensen wil ik niet blijve, hulle mag goed wees om mee te smous, maar om over ons te regeer, neen dat nooit nie, zoo lang als de wereld staan, want toen hulle weg getrek is, toen is de Sprinkkaanen ook weg getrek en ons is allemaal te danig blij daarover en nouw zal ons weer de Engelsman roep, neen warentig niet, dan kom die Sprinkkanen ook weer met al die andere plagen in ons land’. Dit is nie nodig om lank stil te staan by hierdie briewe nie (No's 49, 50 en 51 in Jaargang I). Wie die skrywer is val nie met sekerheid te sê nie. Daarvan hang ook nie veel af nie. Dis almal negasies. Maar nou kom daar in No. 48 (23 Sept. 1863) 'n oproep voor aan ‘Mijn Landsbroeders’ deur ‘Ik is een burger die wil stem voor een Aferkaner President’. Vir hierdie tyd het ons nog geen suiwerder Afrikaans teëngekom nie. Hy spel: an; te teyken; vorzegtig; as; banje; hy versorg die dubbele nie; en sy idioom getuig ook van sy lange verblyf onder Afrikaners (want dit lyk my tog of hy nie 'n Afrikaner is nie, blykens party uitdrukkinge soos; rad vor die ooge draai, Engelse loop jou om, | |||||||
[pagina 118]
| |||||||
voldoenelik, en die uitspraak van die woord as rekwesietzie, ens.). Tot die tiepiese uitdrukkinge van hom wat aan Afrikaans eie is reken ek: strop om die nek wil zet; jakhalsdraaiers; hulle.... lekker voor leg. 'N mens sou graag sy naam wil weet! Hier volg 'n paar voorbeelde: ‘Een die nou denk dat een boer voldoenelijk zal wees om ons land te bestuur en om vrede te bewerk, die kan voor Koos Venter kies, maar een mens die denk dat ons een geleerde kerel noodig het om ons te regeer die kan maar zijn stem voor de heer Brand uitbreng. En as ons een boer wil kies het ons nie noodig nie na die Kalonie te gaan om daar een Engelse boer te loop haal, want ons kan banje boeren in ons eige land krij. Maar die Engelse van Blomfontein wil ons net omloop en voor ons een Engelse Presedent andraai, want as ons een Engelsman aan de hoofd het, dan zal die Engelse die baas speul en dan kan hulle die Afrikaners lekker voor leg....’. Dit is genoeg om duidelik te wys dat as die saak, waarin die Boer belang stel, daar is, en dit gaan nie goed nie, daar tog sommige is wat nie net met die wapen en kruid veg nie; en onder die wat die stryd aanvaar vir 'n volkssaak is daar ook wel genoeg om hulle van die volkstaal te bedien. Daar is verder definitiewe dokumente om aan te toon dat die taal in vergelyking met ander provinsies vroeg aangewend is (1863), dit meen, in die Vrystaat, en in alle gevalle, lank voor 1875. In die lêer van 1867 het daar 'n byvoegsel van ‘De Tijd’ van 5 Des. 1866 (die eerste stukkie van hierdie koerant sedert 1863) gerus, waarin 'n ‘Zedeles’ voorkom van A.B.C. wat uit die Graaff-Reinet Courant van 1 Nov. 1866 geneem is. Dit sal moontlik lonend wees om die lêers van hierdie blad na te slaan vir meer bewyse! In die les word die vrou wat iets aankoop die skoolkind, en die inhoud kom hierop neer: ‘.... en ik zal een ieder vrouw maar raai as zij bezigheid moet doen als de man van huis is, nie zoo banje te praat nie, vooral nie over ouderdom als er iets getelt moet worden....’. Die rede hiervoor put hy uit ervaring. Elke jaar koop hulle 100 pompoene en in sy afwesigheid kom die smous aan sy vrou vra of sy nie iets wil hê nie. Die hele geskiedenis word so goed vertel en helemaal sonder omhaal van onnodige woorde, dat dit gerus in 'n paar trekke oorgeneem kan word. ‘Nee, zeg zij, de laatste was te danig klein. Ja maar Jufvrouw, hulle te danig zoet. Dan zeg mij vrouw gee dan maar 100. De boer klim op zijn wage en begint zoo onder die gesprekt te tel, 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, | |||||||
[pagina 119]
| |||||||
och; Jufvrouw, wat het gij toch mooije kinders! Daar kom glo ik jou jongste zeun aan.... - Ja man, zeg toen mijn vrouw, das al een lange tijd gelee, hij word nu al 16 jaar. So gaan dit dan verder; telkens word 'n hoër ouderdom geneem onder behendige leiding van die boer, en deur hom as tellingbasis oorgedra op die getalle van pompoene. As dit dan klaar is neem hy haar huistoe omdat sy moontlik koue kan vat, en gelas boondien sy kaffer om toe te sien dat die pompoene in die bêrekamer kom. Die vertroulike ‘Neef’ verhoog nog die humorvolle van die situasie, veral waar sy hom in die begin so onsimpatiek gesind was, en eintlik weggeja het. - Die motief is seker oud en in alle gevalle 'n bekende. So ken ek dit i.v.m. die verkoop van eiers. Sy verduitsing ‘nae 's landts gelegentheidt’ is dan ook baie verdienstelik en die spreektaal 'n middel om dit aan natuurlikheid te laat wen. Die hele dingetjie is 'n stukkie kuns. | |||||||
II. Die Bramley-briewe (1867).Van Januarie tot Mei verskyn daar in ‘De Tijd’ ses briewe en een samespraak onder verskillende skuilname. Drie daarvan (no's onder datum 10 Jan., 9 Feb., en 9 Mei) dra Harrismith as herkomsoord; twee (dd. 2 Mij en 24 Mei - sy spelling) kom van Meulrivier en Palmietfontein resp., albei, blykens inhoud, in die distrik van Harrismith gelee. Na die inhoud kenmerk 'n haatlikheid en gemeenheid al hierdie ses epistels, en een samespraak. Dit laat al die vermoede opkom dat almal dieselfde peetvader het, tensy daar 'n algemene grief in die distrik is. Watter grief word hierin gelug? Dit is net 'n persoonlike, by nader beskouing, hoewel die outeur dit algemeen probeer maak en hom as mondstuk van die gemeente beskou. Die eerste twee gaan teen die skoolmeesterGa naar voetnoot1), deur hom 'n onverdraaglike Brulpadda genoem, wat brul as op sy ‘stera’ getrap word en net van sy veglustigheid afsien as hy met ‘hotel medesyne’ gedokter word. Verder fop hy President en die Engelse predikant en die kinders. Hy is boer en ‘koster ook, maar sing kan hij nie, | |||||||
[pagina 120]
| |||||||
kijk neef Jan, mot al die Zondage in die kerk voorzing’. In die twede brief trek hy ook te velde teen die landdros. Hierdie heer sal hy nie weer loslaat nie. Die mees dubbelsinnige gesegdes slinger hy hom teen die kop en beveg hom met gemene insinuasies. Hy munt uit in onderduimse verdagmakery. 'N mens stel nie belang in sulke dinge nie maar 'n paar aanhalings sal nie skaad nie. Die publieke verfolger is so out dat zen neus en kin amper saam grou, en waneer (l. maneer) jij weet met die ouderdom mos kom die gebreke. Verder hoef ik niet voor jou te ver tel. Dit is nog nie die ergste nie. Sterk woed hy weer teen die Veld- en Proviesiekornette in sy Zamenspraak tusschen oom Klaas en neef Hans, waarin oom Klaas 'n behendige toepassing maak van die onderskeid wat die neef maak in antwoord op sy vraag of 'n muilezel en 'n steenesel dieselfde is. Dit gaan dan teen die goewermentsskoolmeester, die velden proviesiekornette en teen die landdros, hoofsaaklik. Op 'n oulike manier stel hy hierdie amptenare in 'n slegte lig, en soms op 'n walglike wyse. Hy besit bepaald talent en skrywe met lus en gemak. Sy beelde is uit sy omgewing gegryp en sal baie van sy hoorders tref. ‘Die feltkornet.... het net een kop as een pampoen en even hol’; ‘.... toe ik dar kom was die heele dorp in oproer, hulli jaag reessies dar, hulli trouw, hulli dans, hulli sterf, hulli is siek, hulli prosedeer, hulli verraai makaar, he! het is om naar te wor’; ‘.... dat is tog een onderschijt tusse hom (mak verneuk, agent van jou weet) en Hamelberg....’ ens. Herhaaldelik word daar in die korrespondensiekolomme mel- | |||||||
[pagina 121]
| |||||||
ding van die geskryf gemaak, en hoewel meesal afkeurend, getuig dit tog dat dit gelees word. Maar dit het te dol toegegaan en ‘Oranje Vrijstaat’ spreek in sterk terme sy afkeuring uit teen die eks-landdros. So was daar iemand wat deur al die streke gesien het en hom nie deur die skaakspelerige pleksverandering laat mislei het nie, nog minder deur die fyn diplomasie van die oud-landdros om altyd teen die ‘Blomfontynse leunsrieme’ (d.i. die Empaaier-Engelse) te gaan, van ‘ons predikant’ te praat in verwysing na die Hollandse predikant, met versigtigheid van die (eers) Engelsche meizie (later van die ‘Engelse meissie’) te praat, deur groete van sy vrou, ‘niggie Hessie’ te stuur, of deur die sentiment van die boerebevolking so uit te druk: ‘Dat is tog schandelijk van die Bloemfontynsche spul, so as hulli vor advokaat Hamelberg, en sen maat met tippertijn ballen gegooi het; gelukkig het hij nie wou brant; dat sen maat sen haare so gou in flamme geflieg het, heef ons niet verwonder’. Die skuilname Kobus Platberg; Mooihoek; Een Boer van Fiapolis; Jou neef Andries; Kaptein Jantje Mijnier; en Piet Tafelkop is almal verskillende vanne vir die Eks-Landdros van Smithfield, later van Harrismith, die heer William Bramley. Hy het self in duidelike bewoording die identiteit verraai, toe J.P. v/d Bosch, ‘Inspectie-Landmeter’ op Bethlehem hom, saam met ‘Oranje-Vrijstaat’ die wêreld te warm gemaak het en in 'n brief maak hy toe aan die anonimiteit 'n end deur uit te kom ‘om vergissingen te voorkomen’, siende dat daar nog 'n oud-landdros is en terselfdertyd probeer hy sy reputasie as landdros in die ou tyd red en skuif 'n verskriklike aanklag op die skouers van die vorige landdrosklerk, die heer Canisius. Nou volg van die gemeenste briewe in Nederlands geskrywe, waarin die persoonlike in sy verfoeilikste skinder-geskryf uitbot. So ook blyk dat die algemene griewe niks meer as blote naywer is nie. Wie is Bramley? Uit die koerant is die volgende omtrent hom byeengebring. William Bramley is as beëdigde vertaler toegelaat die begin van Junie, 1863. In September van dieselfde jaar is hy deur die fungerende Staatspresident, J.J. Venter, tot fungerende Landdros van Harrismith benoem en het sy nuwe betrekking die 9de van November aanvaar. Hy is egter deur President Brand later om mefistofilisme bedank, altans volgens sy geswore vyand, v.d. Bosch, se uitaltinge. Sedert verskyn sy naam in die advertensiekolomme van ‘De Tijd’ as ‘Generaal agent, Harrismith’. | |||||||
[pagina 122]
| |||||||
Iets oor die man se taal. 'N mens mag nie die algemene verdienste deur die persoonlike van hierdie Engelsman laat verskemer nie. Hy kon perfek Nederlands skrywe, blykens sy briefwisseling met v.d. Bosch en hy was boondien ook beëdigde vertaler. Die Afrikaans wat hy gebruik het, is ook goed. Dit rig hom na die volk se spraakgebruik. Hoedat Engels ook al ingedring het, gee sulke voorbeelde soos ‘hulle settel die zaak’, hy ‘gee een sprie’; ons ‘is nie Hottentots van die Keep kor’ (Cape corps), ens. te sien. Van opvallende belang is sy spelling. In die latere briewe lyk dit of hy in 'n baie klein tydskippie van H.G. Wells gesit het en na 'n paar desenniums later gevlieg het. Daar is 'n duidelike ewolusie. In die begin was die z altyd waar dit in Ned. sou staan; dan wissel dit in seker woorde met s af en is eindelik net daardeur vervang, met so nou en dan 'n verval in die ou skryftradiesie. So begin die stemlose f aan die begin van lettergrepe stadigaan 'n plekkie te verower vir hom, bv. in: verfolger; friend; frinde; feltkornet; frek; liefer; enz. Die skis ook nie onbetuigd gelaat nie, dit heet sk ape; sk rijf; sk ult; ens. Hy is die enigste tot nou wat en i.p.v. een vir ons 'n het en dieselfde klank in zijn tot zen in die begin en tot sen later, gemaak het. Pleksname verafrikaans hy verder in spelling, soos: Blomfontijn; Herresmit, Betulie. Wat vir hulleself spreek is: as; baklij; proses; maneer; leeraart; an; lant, gelt, raat en rat, pont; speul; ens. In die tyd toe ons y deur ij voorgestel is, het dit hoogs onwaarskynlik gewees dat iemand, soos Bramley, sou skrywe: My vir Mei. (Engelse spelinvloed!) Weer 'n Engelsman, soos Meurant, en 'n landdros, soos Meurant (magistraat), en iemand wat tog 'n politieke doel beoog het, soos Meurant, al was dit verreweg nie so loflik nie, en, soos hy, die taal goed beheers het. Jammer dat hy nie groot as mens kon wees in die beheersing van die aspaai-gevoelens nie! | |||||||
III. Trijna Snaaks (1867).Nadat Bramley in 'n twisgeskryf gelok was het sy bydraes in Afrikaans opgehou. Dit was in Mei gewees. Vir 'n drie maande was die volkstaal toe nie in die blad van van Iddekinge verteenwoordig geword nie. Naas die brief van A.P.J.v.S. in Okt., waarin hy teen Rooi Kris uitvaar as 'n skynheilige en 'n tongkristen, omdat hy hom met die aankoop van voer toegetrap het, kom Tryna Snaaks op die toneel en vergas die publiek | |||||||
[pagina 123]
| |||||||
net haar luimige briewe uit die Vrystaat ‘aan haar moeder in Colesberg’. In die vier afleweringe van ‘De Tijd’ in September kom twee briewe voor en in Oktober drie. Dit sou nie die ent gewees het nie, maar sy het moontlik te veel gesê teen die President en het die slae van die gewete te veel gevoel ook, of miskien die pynlike indruk van ondank as haar deel beskou, toe 'n korrespondent die onnodige vriendelikheid gehad het om haar naam bekend te maak in dieselfde uitgawe waarin haar laaste brief verskyn het; ja, Tryna Snaaks is niemand anders as Aantje Brits nie. Verder kon ons ook niks omtrent haar te wete kom nie. Uit die briewe blyk dit dat sy 'n goed-opgevoede dame moes gewees het. Boweal moes sy goed ingelig gewees het omtrent die landssake, die uitgawes en planne van die staatshoof, sy het die ontspanningsgeheimpies van ‘niggie Saartje’, die eggenote van die President, ook kon oorvertel aan haar Koloniale moeder. Die stop-rympie het so gelui (30 Okt.): Aantje Brits,
Je is te spits.
Kan je schrijven?
Laat het blijven;
Want ik zeg,
Overleg
Eerst de reden, dan de kijven.
Voor het oog
Zit een boog;
Strijk men daaraan
Wat komt daarvan?
Een geschrei van oude wijven.
Wees gegroet,
Ik ben nog goed.
Die kopstuk was ‘Aan Aantje Brits, alias Trijna Snaaks’. Uit haar briewe dien die volgende paar staaltjies om die snaaksighede aan te toon. Dit gaan vernaamlik oor die mode en oor die landsomstandighede, die laaste handel veral oor Oom Jan (Brand, die President, en outeur van die volksgesegde ‘Alles sal reg kom’). Die moeder sou na die mode gevra het. Die hoepelrokke, ‘de duivels uitvindzel voor een dekzel van alle kattekwaad’, het die vroue gelukkig afgeskaf; in die plek daarvan kom die slip van agter ‘en ik is blij, want hulle veeg de straaten schoon, en als ik nou op de dorp rond loop is het mooi’. Nou kom daar nog 'n soort van mus, waarvoor sy geen naam kan kry nie. | |||||||
[pagina 124]
| |||||||
Ik zal het beschrijf.... Moeijer het toch opgelet dat in Grahamstad dikwijls de gekleurde meisjes die ook hoedjes draag, rusie krijg, nou moet moeijer jou een denkbeelt maak, denk dat na hulle uitbaklij het, hulle weer afmaak, en vind dan dat hulle hoetjes stukkend gescheur is, en dat hulle dan een van die hoetjes die de minste gelei het, zusterlijk in twee stukke verdeel, voor iedereen een stuk, en daar het moeijer nou die ding wat hulle op de kop draag. Klaas zeg het is jammer dat zulke mooie meisjeskinders hulle lieve gezigges zoo leelijk maak. Die Boesmansmeide breek haar teepot en 'n piering; klein Tryna gaan saam met haar pa in dorp toe en moet hierdie dinge aankoop. Sy gaan by 'n seker dame aan en vertel haar van die moeder se opdrag. Die dame, wat haar dienste aanbied, verstaan onder piering die nuwe soort van hoed en nou word die hare onder proteste opgemaak en dit gaan na die winkel. By tuiskoms gesels die ma so oor oom Jan en sy politiek, dat die besigtiging van die gekogte sake agterwee bly. Maar Trynatjie het ‘haar kappie op gehow de heele avond en toe ik haar vraag waarom zeg zij, zij het de ambeijen en (in) de kop, well de ander ogend het zij weer de kappie op en weer ambeijen....’. Eindelik moes sy met die saak uitkom en vertel dat die piering onder die kappie sit en so word die rede van die ambeie ook duidelik. Die kappie kon nie langer die piering-mus, wat Tryna al aan haar moeder beskryf het, verberg nie, en om dit te kroon, kos dit boonop nog niks meer as £ 1.10 s. Od. nie! Dit is
‘.... een zoort van een strooi mat heeltemaal plat en maak hulle met een doek vast op de kin, moeijer kon well denk wat ik gemaak het. De Piering en de vuur en de Tee Pot uitmakaar, en hemels naam waarom moet sulke mooje meisje menschen als op de dorp is, hulle zo leelijk maak’.
Nou kom die kostelike in haar laaste brief:
‘.... Klaas het ook weer een piering gekoop, en hij dwing Trijna moet het draag, en onze Schoolmeester zeg het staat mooi; en het zal voor mij ook mooi lijken. Maar moeijer moet nie praat nie daarvan; ik het ook voor mij een laat kom, om bij de kerk te drage(!!!). Ons praat altoos tegen die Uitlanders, maar onse mense aap hulle daarom alles na’.
Die verskoning wys hoe 'n menslike mens hierdie dame is. Die eg-vroulike (en ook manlike) toegewing aan die eise van die mode is voorwaar 'n stukkie prettige lewe en veel meer as 'n snaaksigheid. | |||||||
[pagina 125]
| |||||||
Netso goed is die uitlatinge teen tante Saartje se ‘grokie’ wat Klaas al begin te prys het in die laaste brief. Wat kon nie alles hieruit nog ontwikkel het nie! Dan is sy nog verder iemand wat 'n verbasende selfstandige oordeel vir 'n vrou oor landsake daarop nahou. Sy be- en veroordeel die vredespolitiek van Oom Jan, (grenspolitiek) en die uitgawes gaan vir haar ook te hoog. Dit geskied alles met die tiepies-vroulike manier van voorstelling. Herhaaldelik hoor ons dat ‘Klaas sê’, en dan kom die opienie, wat nog weer versterk word deur die bewondering vir haar man ‘moeijer weer Klaas is maar 'n moeilike eintje mens en as hy 'n ding zeg dan doen hij dit....’. Die hart dra die Afrikanervrou egter op die regte plek, en kan onder meer Sir Philip Wodehouse en sy sendelingepolitiek nie haar goedkeuring gee nie; die volksetimologisering in ‘Woed-huis’ is bepaald nie van die slegste wat daar in ons taal is nie. Die kaffers is ‘swart velle’ of ‘stertrieme’. Die bloubeks (bluebacks, Vrystaatse papiergeld) en die moeilikheid in verband daarmee bring sy in alle opsigte baie beter voor die gees as Bramley met sy tafelpere as munt in hulle nuwe ryk wat hy, Viljoen, Houl (Howell), Meijer en Goossen moet gaan stig. Haar moeder moet vir haar ‘een pont goud en een halve kroon, silling en zespens zulver stuur’, sodat hulle weer kan sien hoe harde geld lyk, en dan, op ontvangs, ‘banje mense, engelse ook, het kom kijk, en Tjaart het daar door een gat gebore regt in Victori (Koningin Victoria) haar oog, en draag het nu aan zijn horlogie ketting en stap daarmee net als een pauw manatje’. Nog een aanhalinkie moet gegee word. Dit gaan teen Oom Jan wat die mense straf wat nie gehoor gegee het aan die oproep om op kommando teen die Basoetoes te gaan nie. Vroeër het sy hom dit aangevryf dat hy hom vlei in die besit van die vertroue van sy volk, maar dat hy later nog mag uitvind waar ‘Bartel de mostert het gaan haal’, nou sê sy: ‘Als het so aanhou, zeg Klaas, dan kom maar een dag een ding; want alsmaar 40 boere zeg ik wil nie, of ik wil, wat kan oom Jan doen? hij zal zijn handen maar moet vrijven, en hoop dat alles zal regt kom.’ en Dit word duidelik waarom sy opgehou het met haar briewe toe die naam bekend word: dit was 'n raak skoot. Natuurlik | |||||||
[pagina 126]
| |||||||
kan die persoonlike soort van aanvalle nie altyd gebillik word nie, en bevat dit maar meesal nie die werklik-komiese nie, maar dat sy opgehou het om te skryf is te betreur, want sy het net begin om haarself te vind, en oral het die ware en tiepiesmenslike uitgeborrel, en selfs so natuurlik dat ook sy deur sy niksontsiende pyle geraak word. Daar is nie 'n ewolusie in haar taal, soos dit die geval met Bramley was nie, maar wel in inhoud en in die gees daarvan. 'n Onpartydige Opmerker van die Bramley - v.d. Bosch-saak sê dan ook onder datum 18 Desember, 1867, toe Oktober en die briewe van Trijna al 'n hele eindjie agter die rug gele het: ‘.. ik wensch liever dat Trijna Snaaks met haar snaaksheid (die een ander correspondent zoo ongegrond afkeurde) voortga, als zulke stukken, waarin personen van hun eer en krediet beroofd worden, zoo als ook het geval is met den heeren Bramley en van den Bosch’. Daar was dus genoeg mense wat haar bydrae gelees en waardeer het en met leedwese die verdwyning opgemerk het. Die verdienstelikheid van haar artiekeltjes lê in die inhoud, die frisheid en lewendige natuurlikheid, in die vloeiende geselstrant, en dan nog in die tyd van die verskyning daarvan in Afrikaans. Sy moes 'n sterk karakter gehad het, om trots vooroordeel die begin te maak, al het iemand haar die mond later gesnoer. Die Nederlandse skryfgewoonte, of spelwyse, het sy nie probeer afskud nie. Dit op homself is egter nie die groot saak nie; immers spelling is heeltemal 'n konwensionele, en so in die algemene saak, 'n sekundêre iets. Die dubbele nie, woorde soos Gehombog, die verafrikaansing van persoonsname, en die sinsbou en die vorme van die woorde (bv. die werkwoord), getuig hoe sy haar kon aanpas, en dan weer die gees van idealisering in haar kritiek, en die strewe om in die mode te bly, en om die land te sien vooruitgaan, naas die gemoedelikheid (oom Jan en tante S.), staan as 'n vaste getuigskrif van haar vermoë om in hierdie aanpassing die eie persoonlikheid vry te bewaar van dorre eensydigheid. | |||||||
IV. Reanneksasie (1868).In die hele jaar 1868 het die ‘Tijd’ net vier stukke in Afrikaans publiseer, een daarvan is 'n brief van Dom Hans en die ander drie is samesprake. Die datum lees 25 Jan. 1867: hy is maar | |||||||
[pagina 127]
| |||||||
net 'n jaar te laat maar verdien tog nie daarom die epiteton van Dom nie. Hy stel 'n klompie vrae, waarop hy kamtig 'n antwoord verwag, en stel hom nou dom voor. Dit is weer in die gees van Bramley se geskryf. Oom Kornelis het hom kwaad gemaak; as laerkommandant is hy baie goed, maar as veggeneraal deug die ‘ou’ glo nie. Sy taal is nie sleg nie. ‘Nou wort die buit verkoop op drie maande uitstel. Die drie maande al wel drie jaren wort, dat die gelt in die tijt verslijt is en schoon op is....’. Die drie samesprake is van meer belang. Dit lyk of die woord ‘Zamenspraak’ hom vir goed gevestig het in die vroeëre geskiedenis van ons taal in sy skriftelike gebruik. Hulle is deur dieselfde persoon geskryf en gaan onder die baniere:
Die skrywer is 'n Hollander. Sy woordgebruik verraai dit ten duidelikste, soos: - wel sabels!; zulke knaape; die schraalhans van de Kaap; met die ruwe byl daarin kap; ens. 'N Boer sou ook nie van ‘Hoe vaar jy nog?’ of van ‘ik word kwaa’ praat nie. Sy taal is betreklik suiwer Afrikaans, bv. in: -goeie morre; as; nou; scrap en burgerskap, hoedit meesal sch- is; reg; opgereg; ens.. Voorbeelde sal dit verder verhelder. Nommer 1 vertel van die brief wat sy Jannie uit die Friend met 'n vraagteken elke slag daarna) uit Engels ‘overgetranslateer’ het. Jannie is op die Bloemfonteinse Kweekskool en is al slim. Bewuste brief is van die hand van iemand wat hom ‘Machunga’ noem. Daarin trek hy ten velde teen die President, en bepleit federasie met die Kaap. Nou lug die ou pattriotte hulle veragting teen die wat aanmaan om ‘ons aan die Engelse te verraai’ en dit klink dan uit in oom Gert se lofrede van Brand. ‘....maar ik voor mijn part zeg jou mijn hart reguit, zoo lang as onze God en Jan Brand nog voor ons zorg, zal het met ons alles reg gaan en daarvan krijg geen mensch mij af, mijn neef’. Die Friend(?) word nou herdoop in Vijand van den Staat, na aanleiding van 'n suggestie vervat in 'n brief in Ned., wat net kort tevore in die kolomme verskyn het: F(r)iend of the Free State, en in II het hy dit nou teen Machunga, wat in 'n spinnekop ('n soort treppie) saam met 'n Engelse daam, van haar net deur die hoepelrok geskei, gery het, 'n ontmoeting | |||||||
[pagina 128]
| |||||||
met 'n slang gehad het, die daam uit haar floute met brandewyn moes haal, en toe weer met spoke te doen gehad het; die spook is dan Belsebul (sic) wat snags oorkom om hom en die Editeur in die nodige kunsgrepe te onderrig ten bate van die Vyand van die Staat. So sterk is die toewyding van hierdie twee here aan die ‘oubaas’ dat die biskop se blaasbalk hulle niet van die dik ketting kan bevry nie. Dan kom hulle na die vermaaklikhede terug op federasie: (Oom Piet)....‘wat dink neef daarvan?’ No. 3 is die beste van die lotjie in sy bou. Neef Jeems is 'n Ier wat met 'n boerevrou getrou het en nou in gesprek met neef Tom sy opienies rond uitspreek oor die memorie met 170 naamtekeninge daarop en aan ou ‘Philip’ gerig met die versoek om inglyf te word onder die Kaapkolonie. Hy is darem nie so beslis as Neef Frits waar dit tot 'n uitspraak kom nie: ‘.... daar zal ons voor oppas laat die Britsch onderdanen durf bij ons kom, met hulle memorie, om ons te vragen om te tijken voor annexatie, ons zal hulle de deur uitschop en die achteros-sambok geef voor hulle moeite; want het die lunsriem niet van Natal gezeg, als dit in zijn mag was zou hij eenige duizend soelas breng en ons verjaag uit die verowerde grond van ons. O ons moet tog oppas dat ons toch uit hulle handen blij en hou onze vrijheid vast’. | |||||||
V. Ander (1870).Nou volg die laaste jaargang wat in die argiewe rus. Hierin is die oes net so skaars as in 1868: drie gevalle is al wat te vind is. Daar was nie baie dinge wat die gemoedere opgesweep het nie, die kwessie met Niklaas Waterboer volg eers teen die uitgang van die jaar. In die begin daarvan skyn dit asof die Boere tog nie in die erns van die Engelse in die wederregtelike vervreemding van hulle eie gronde geglo het nie; dit sou meer net die bedrywigheid van 'n klompie geluksoekers wees. Teen die grys- | |||||||
[pagina 129]
| |||||||
heid van die jaar sou hulle ook die gryse afgeleefheid van hierdie goeie geloof in die sterkere moontheid gestel moes leer ken. Hulle opponent was 'n handeldrywende nasie wat uit was op wins. In die heellaaste aflewering van ‘De Tijd’ van 1870 (29 Des.) begin die tekens van misnoegdheid hulle in die geskryf-in-Afrikaans te vertoon. Klaas Waarzegger Jnr. is dus nie die enigste wat in hierdie taal die tema behandel het nie. Daar is egter 'n groot onderskeid in die manier van behandeling tussen hom en die skrywer van Zamenspraak tusschen Divad Tonra en Nicholas Waterboer. Hoogenhout het die voordeel van 'n later datum aan sy kant gehad en kon aan die toon van waardigheid die gesag van meerdere kennis paar. Hierteenoor stel die skrywer van die ouer samespraak (en die korte) die gesindheid van 'n spotter; en hy toon op 'n eenvoudige manier hoe die witman na die oë van die basterhoofman kyk en aan sy wense gevolg gee. Vroeg die oggend verkeer Divad Tonra (lees D. Arnot, die agent wat deur sy kafferliefde in hierdie saak 'n vername plek in die geskiedenis van die diamantkwessie aan sy politiek verbind het) en Niklaas in 'n tweegesprek, waarin die hoofman nie veel geloof aan die welslae van hulle onderneming heg nie maar tot handeling deur die advokaat, wat alle innuendo's hondgedwee vir soetkoek opeet, aangepor word en bemoedig word met die heenwysing op die kanse om die koningin se hulp in Engeland te gaan inroep. Nou kom die kwessie van geld om die reis soheentoe te maak, ter sprake en terwijl Waterboer hieroor peins kom die opdrag aan die man wat sy van agterstevoor kan in druk sien (soos sy politiek vir die Boer dan ook voorgekom het): ‘Arrie, nou dat ik van geld praat, denk ik daarom, dat ik nog een klompie van die Vrijstaats ze blaauwbeks heb, schrijf dan aan ou President Brand dat hij dit vor mij wil wissel.... Nou morre jong ik wil gaan kos soek, ik denk die ou vrou ze brekfis is klaar’. Net so tiepies is ook die openingswoorde van die samespraak om die idee van verbroedering wat daar tussen die twee bestaan het of sou bestaan het goed te laat uitkom: ‘Goede morgen, Niklaas, hoe gaat dit met jou, ou zwaar?’ en die ‘oubaas’ (term van Tonra) antwoord sonder sku ‘Zoo op twee beene, ou broer, maar ik kan bijna nie meer 's nachts slaap nie oor die Kembel ze gronden....’ (lees Campbell). Daar is nie te veel opvallends oor die taal te sê nie, dit gee 'n heel goeie indruk van die gebruik daarvan in die tye. Maar | |||||||
[pagina 130]
| |||||||
wat spelling betref en die suiwerheid van die medium in vergelyking met ons vorm van nou, word dit ver oortref deur die Zamenspraak tusschen Neef Gert Kiviet en Piet Onverzaag. Na die inhoud is hier nie veel te sê nie. Neef Piet het 'n klipmuur vir 'n rijk ‘kerel’, 'n besitter van 'n winkel, maar sonder liksens, gemaak en nou het hierdie rykerd van ‘riemlant’ hom ‘maar sleg behandeld’, want ‘jij weet ik is mos so goet van vertrou, ik ziet 'n mens voor zijn kop, maar nie in zijn krop nie’. Nou vertel by net vir Neef Gert dat hy nie juis rede het om te kla nie, wildebeeste en blesbokke is volop, net ‘Ou Jakop’ drup 'n bietjie gal in sy lewe. Dit lyk of hy maar in alles berus en nieteenstaande, geen wens verpleeg om die ou geldsak in die Wilgerivier 'n onderdompeling te gee nie. Sy styl is besonder vloeiend; dis in die natuurlike gesprekstrant en orals straal die gemoedelike warmte deur. Die laat vir dat as voegwoord by selfstandige-naamwoordelike bysinne is hier reeds in gebruik: ‘hy wil mos.... laat ik hom 40 riksdaalders betaald’. Die eerste brief wat in hierdie jaargang in Afrikaans verskyn, is eintlik weer 'n tweeslagtige taalproduk. Dit lyk soms meer asof die redakteur afgesien het van die reg wat hy hom voorbehou het, volgens sy herhaaldelike aankondiging in die algemene bekendmakinge, dat hy veranderinge kan aanbring in taal en styl, o.m. Ons volstaan met 'n blote verwysing na die brief in die uitgawe van 17 Feb. en met verder net te sê dat die effek wat hy bereik met die naam Tom Poddingkop, wat die optree van die jonge fungerende landdros ‘Viljee’ in die afneem van die getuienis van die wilkelinbreker O'Brien in Engels as 'n gelukkige voorbeduidenis van vooruitgang aanprys, - soms te verander in Puddingkop, inderdaad humoristies is.
Dis waarlik te betreur dat die ander nommers van hierdie blad nie te krye is nie. Wat alles in 1871, die jaar toe die verontwaardiging oor die afneem van die westelike deel van die Vrystaat deur die sterkere uitgebars het (bv. soos blyk uit Oude tijden in de Vrijstaat, Muller), moontlik verskyn het, lê in die gebied van die moontlike, voorlopig, totdat dit kan kontroleer word. Daar moes wel 'n tyd gewees het toe daar ander stryers in die veld was. Hulle mag hulle miskien van die Hollandse taalvorm bedien het, maar dat hulle lesers gehad het en | |||||||
[pagina 131]
| |||||||
dat hulle deur baie hoog aangesaan was, getuig 'n paar van die korrespondente baie onomwonde. Bramley wens dat Jantje Reguit die pen wou voer teen die misbruike wat daar in die Volksraad sou heers, en Trijna Snaaks vra met verlange waar die helde Boniface, de Lima en Maatje Hoffman dan sou bly met hulle gesange en beskouinge oor die nuwe mode. Daar was heelwat geskryf, (waarskynlik), in ‘De Tijd’, in Afrikaans, en wat nou nie kan vasgestel word omdat die nommers nie almal in ons argiewe 'n tuiste gevind het nie. Pietermaritzburg. G. Nienaber. |
|