De Nieuwe Taalgids. Jaargang 17
(1923)– [tijdschrift] Nieuwe Taalgids, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 294]
| |
'n Paar Afrikaanse eienaardighede.Die Imperfek Passief.Dat Hollandse taalgeleerdes meer en meer aandag gaan wy aan Afrikaanse eienaardighede, is 'n bemoedigende teken vir die Afrikaanse taalwetenskap, en kan vir die algemene taalwetenskap allig belangrike resultate hê. Uit grammatikale oogpunt beskou is Afrikaans die verstgevorderde van alle Germaanse tale, miskien van alle tale ter wêreld, en die grootste deel van dié ontwikkeling het onder histories betreklik gemaklik waarneembare omstandighede plaasgevind. Die huidige verhoudinge tussen Afrikaans en die ander tale in Suid-Afrika, nl. Engels en verskillende inboorlingtale, maak dit 'n vrugbare terrein vir die waarneming van ‘taalvermengings’-prosesse. Tog is ook hier, wat die geskiedenis betref, genoeg afwisseling van lig en donker. Die historiese bronne wat die Afrikaanse taalkundige ten dienste staan, is byna net so skaars as waterbronne in sij cie land, en is net so dikwels droog. Waar hy 'n beeld wil kry van die Afrikaanse oertaal, die taal van die laer Hollandse volksklasse van die 17de eeu, laat die Hollandse wetenskap hom dikwels in die steek, en moet sy verbeelding hom help oor die kloof wat daar moes bestaan het tussen die taal van Bredero en die van 'n analfabetiese matroos op die Reiger, die Drommedaris of die Goede Hoop. As die Afrikaanse taalhistorikus hy is lekkerlyf gelijkstel met hy is platzak, of ons is wat ons is vergelijk met hun zijn d'r niet gewees, dan word van hom geëis dat hy van die Hollandse uitdrukkinge ook nog 'n verklaring gee. Daarom verwelkom ons, na Prof. Hesseling, ten seerste die hulp wat 'n Hollandse taalgeleerde soos Prof. Bouman op Stellenbosch in staat is om ons te verleenGa naar voetnoot1) en hoop ons om groot voordeel te trek van sy Hollandse taalkennis, veral op die gebied van die sintaksis. Die Neerlandikus wat hom op die studie van Afrikaans toelê, sal egter ook eienaardige moeilikhede op sy weg vind, veral op die gebied van die sinsbou. Hier word nie alleen 'n intieme | |
[pagina 295]
| |
kennis vereis nie, maar 'n sekerder Afrikaanse taalgevoel, 'n dieper inlewe in die Afrikaanse taalgees, as wat nodig is byvoorbeeld vir die Afrikaanse etimoloog of historikus. En aan hierdie Afrikaanse taalgevoel ontbreek dit Prof. Bouman voorlopig, soos blyk uit die voorbeelde wat hy behandel. Toe ek (t.a.p. XVI, 227) paardekraal as voorbeeld van 'n Afrikaanse samestelling lees, het ek gedag dat dit wel 'n drukfout sou wees vir perdekraal, maar vlak daarby staan nog kraal van paarde, paarde se kraal, kraalpaarde: 'n lapsus dus, maar een wat te dinke gee. Prof. B. besef sy gebrek, maar meen dat hy dit kan ophef deur sy aandag voorlopig te wy aan geskrewe taal, en daarby die spreektaal as toets op die skrijftaal aan te wend. As dié metode by ander lewende tale betroubaar geblijk het, soos hy sê, dan moet dit wees omdat die geskrewe bronne met meer voorsigtigheid gekies en beter aan die spreektaal getoets was. Om as feitelik enigste bron 'n dagblad te kies, lyk my onverdedigbaar. Mog dit al - wat ek betwyfel - vir Holland geld: ‘wanneer de geschriften aan het grote publiek worden voorgelegd en zonder bezwaar worden gelezen, dan is dit reeds bewijs genoeg dat ze niet tegen het taalgevoel der non-scribenten indruisen’, vir Suid-Afrika is dit seker nie die geval nie, omdat ons Afrikaanse joernaliste tot onlangs geen opleiding in Afrikaans geniet het nie, meestal op skool alleen Engels en Hollands geleer het. As ek die uitdrukkinge, onder die eerste groep behandel: hoe die geleentheid aangegryp gemord is; 'n skoolorder waarin dit neergelê geword het; de la Rey was Volksraadslid en werd belas geword met die leiding van ....; die party het ontstaan geword; hy sal deur die nakroos steeds hoër word verrys, aan my spreektaal toets dan is daar geen enkele wat as Afrikaans kan deurgaan nie. Die cerste twee uitdrukkinge is voorbeelde wat in die geskrifte van 'n sekere kring dikwels aangetref word. Daar kan Afrikaans van gemaak word deur geword is en geword het te vervang deur is. Die ander drie voorbeelde is indiwiduele geradbraak, 'n gevolg van sogenaamde kontaminasie. Waar dit my veral te doen is om te wys op die metodiese fout, die gebruik van onbetroubare materiaal en slegte skryftaal aan te sien vir ‘typies Afrikaans,’ is die beroep op my eie taalgebruik allig onvoldoende. Daarom wij ek verwijs na Prof. D.F. Malherbe se Afrikaanse Taalboek, war o.a. gesê word: ‘Die gebruik van geword as hulpww. in die verl. tyd (passief) | |
[pagina 296]
| |
is onnodig en kom in die gewone spreektaal heel selde of nooit voor nie .... Hierdie omslagtigheid wat dikwels in toonaangewende geskrifte voorkom, kan vervang word deur is. Net in een geval is geword het onontbeerlik, nl. in verbinding met 'n modale hulpww. b.v.: dit kan nie verander geword het nie; die bome moes lankal gesnoei geword het (in hierdie geval kan toevallig gewees gestaan het); die wet sou nie oortree geword het nie, as dit net bekend was’ (3de druk, p. 67). Hiermee is ek dit heeltemal eens, behalwe dat ek ‘onontbeerlik’ geen gelukkige woord vind nie. In al twee die laaste gevalle kan gewees staan vir geword; die bome moes lankal gesnoei gewees het is vir my gevoel selfs die enigste gebruiklike konstruksie in die spreektaal. Gewoner as: dit kan nie verander geword het nie, klink vir my: dit kon nie verander word nie. Buitendien, soos ek straks sal aanstip, staan ‘onontbeerlik’ hier nie gelyk met ‘gebruiklik’ nie. Maar die eerste en die laaste voorbeeld van geword het na 'n modale hulpwerkwoord kom seker in die spreektaal voor, hoewel selde. Ons het hier te doen met 'n interessante proses: Hoewel Afrikaans bij die hulpwerkwoorde had, kon, mog, moes, sou, was, wou nog 'n imperfekvorm besit, het die vorm werd verlore gegaan. Nou is die moeilikheid om te voorsien in die behoefte aan 'n imperfek passief. In Afrikaans is die passief nog minder gebruiklik in die volkstaal as in Hollands, sodat die behoefte aan die imperfek passief veral in die skrijftaal gevoel word. Die verskillende maniere waarop geprobeer word om hierdie moeilikheid op te los in min of meer Afrikaanse gees is seker interessant, maar tot nog toe kan hulle beswaarlik tiepies Afrikaans genoem word. Die konstruksie geword is + pp. is m.i. 'n Hollandisme (ontleen aan die skrijftaal). Die konstruksie geword het + pp. beskou ek met Prof. B. as 'n Anglisisme has been + pp. (A été + pp. kom nie in aanmerking nie, omdat ons te doen het met Afrikaanse skrijftaal, en Afrikaanse skrijwers staan nie onder Franse invloed nie). Die konstruksie werd geword + pp. (b.v. werd belas geword) kan verklaar word as 'n indiwiduele verwarringsproduk van werd + pp. en is geword + pp. (werd belas en is belas geword). Het ontstaan geword is ook so 'n indiwiduele verknoeiing, miskien onder invloed van bijgedagte aan het of is gebore geword. Die sin: hy sal deur die nakroos steeds hoër word verrys is taalgeradbraak (terwille van die rym?) soos ook wel in Hollandse skoolopstelle | |
[pagina 297]
| |
sal voorkom. Die digter (!) dink waarschynlik aan verhef of 'n ander oorganklike werkwoord, wat om metrum of rym nie bruikbaar was nie.
Ek het bo gesê dat in die onderhawige geval ‘onontbeerlik’ nog nie beteken ‘gebruiklik’ nie. Dit vorm 'n direkte weerspreking van die stelreël dat 'n taal ‘eers dan vormverskeidenheid prijsgee wanneer daar nuwe maniere van uitdrukking ontstaan is wat dieselfde diens doen.’ Die fout in die redenering sit dan natuurlik daarin dat ‘taal’ in die een geval beteken ‘skryftaal,’ in die ander geval ‘spreektaal.’ ‘Onontbeerlik’ slaan dan op die skryftaal, ‘gebruiklik’ op die spreektaal. Die passief word in die Afrikaanse spreektaal betreklik selde gebruik, in die verlede tyd so goed as nooit. Dit is sonder meer duidelik dat 'n imperfek passief, so nie onontbeerlik is in die skryftaal nie, dan tenminste 'n hoognodige lukse! Hoe kan hierin in Afrikaanse gees voorsien word? Die enigste oplossing is m.i. die gebruik van die historiese praesens ook in die passief. Dus b.v.: hoe die geleentheid aangegryp is; 'n skoolorder waarin dit neergelê is (Hollands werd + pp), sodat toe het hulle hom gevang in die passief omgeset word deur toe is hij gevang. Dit is in die gees van die Afrikaanse taal. Maar die historiese praesens is nie altyd moontlik nie. In die aktief kan die verlede tyd op twee maniere uitgedruk word: deur het + pp. en deur die historiese praesens, b.v. hulle het hom gevang naas toe vang hulle hom. Die eerste konstruksie druk uit wat Prof. Bouman noem ‘'t effektieve perfektum.’ Hierdie ‘effektieve perfektum’ kan uiteraard nie deur die historiese praesens vervang word nie, en dus in Afrikaans in die passief nie uitgedruk word deur middel van is + pp. nie. Daar is geprobeer om deur ontlening: a. van die anglisisme het geword + pp.; b. van die Hollandisme is geword + pp.; c. van die Hollandisme werd + pp. uit die moeilikheid te kom. Ek meen nog altyd - ek het dit in 1916 as stelling verdedig - dat van die drie euwels die laaste die voorkeur verdien, en wel op grond van die oorweginge dat dit die eenvoudigste oplossing is en dat, met die oog op die ander Afrikaanse hulpwerkwoorde met 'n imperfek, dit nie eens so ver buiten die kader val nie, al sluit is geword + pp. miskien makliker aan bij is + pp.
Ek twyfel of Prof. B. meer voorbeelde van die drie laaste | |
[pagina 298]
| |
sg. ‘uitbreidingsgevallen’ kon opgenoem het. In elk geval klink hulle 'n Afrikaner haas net so vreemd in die ore as 'n Hollander. Die Afrikaner kan hulle alleen miskien gemakliker verklaar omdat hij gevocliger is vir die vreemde invloede (Hollands en Engels) wat tot hulle ontstaan, al is dié ook persoonlik en indiwidueel, bygedra het. Die waarde van die artickel van Prof. B. is vir my dan ook veral daarin geleë dat dit lig werp op die psigologiese prosesse wat 'n rol speel bij sintaktiese ontlenings. As dit Prof. B. te doen was om ‘usuele’, ‘typiese’ konstruksies ontleen aan die Afrikaanse spreektaal, dan het hy beter gedoen deur sy voorbeelde te ontleen aan Malherbe se boek. | |
Die dubbele nie in Afrikaans.Ook in sy artiekel oor De dubbele Ontkenning in Afrikaans behandel Prof. B. alleen voorbeelde uit die skryftaal, weer byna uitsluitlik voorbeelde ontleen aan 'n dagblad. Ook hier geld van die ‘gevallen van usurpatie’ wat hij aanhaal, dat hulle nie ooreenkom met die gebruik in die spreektaal nie, dus as skryftaalfoute mag beskou word. Ook hierdie skryftaalfoute moet m.i. as kontaminasieprodukte beskou word. Dat hierdie kontaminasie alleen in die skryftaal voorkom - ‘skryftaalkontaminasie’ dus - kan daardeur verklaar word dat alleen lang, ingewikkelde sinne aanleiding gee tot verwarring, en dat sulke lang sinne in die spreektaal vermy word. So ontstaan uit die konstruksies: 1. Net in een ding, dit is daardie onderhoud wat die stakers met genl. Hertzog op Witbank gehad het, is sy verbeelding nie sterk genoeg nie en 2. Net in een ding is sy verbeelding nie sterk genoeg nie, dit is daardie onderhoud wat die stakers met genl. Hertzog op Witbank gehad het ontstaan die geskrewe kontaminasieproduk: Net in een ding is sy verheelding nie sterk genoeg nie. Dit is daardie onderhoud wat die stakers met genl. Hertzog op Witbank gehad het nie. Prof. B. erken trouens self dat een van die voorbeelde nie normaal Afrikaans is nie, en verklaar ook self 'n ander voorbeeld deur kontaminasie: 1. hier is geen selle of geheime nie en 2. hier is geen selle of geheime om te vertel nie gee aanleiding tot hier is geen selle of geheime nie om te vertel nie. Hierdie voorbeeld kom ook in die spreektaal voor (is ook nie ingewikkeld nie) en word tereg deur Prof. B. verklaar as 'n volledige sin: hier is | |
[pagina 299]
| |
geen selle of geheime nie, aangevul met die nagedagte: om te vertel, waarna die Afrikaanse ritme die afsluiting nie vereis, wat deur die vertraging van die nagedagte te vroeg gebruik is na geheime. Prof. B. sê egter ‘het laatste nie is logies volkomen overbodig.’ Dit is in so ver juis dat albei nie's logies oorbodig is, maar vir die Afrikaanse taalgevoel is hier juis die eerste nie oorbodig, die twede noodsaaklik. Waar Prof. B. ‘uit de geboden zinnen’ konkludeer dat ‘in grotere perioden met negatieve strekking er een aaneenschakeling plaatsvindt van groepen, elk met een eigen ontkenning aan het eind voorzien, welke in organies verband met elkaar staan’, is die deur my gekursiveerde bepaling wáár alleen van die ‘geboden zinnen’, druis egter in teen die spraakgebruik, wat in sulke gevalle 'n nie vereis alleen aan die slot van die periode, selfs al val daar positiewe sinne onder, mits die verband tussen die onderdele nou genoeg is. Die derde van die deur Prof. B. opgetekende sinne: maar ten spyte van sy beswaar het minister Malan tog ook nie weer anders kon doen dan te erken nie dat daar veel vir die verdaging te sê was, sou ek wil normaliseer deur nie aan die slot te skryf in plaas van na erken. Na doen, soos Prof. B. aan die hand gee, lyk my minder juis, hoewel veral die skryftaal hier genoeg voorbeelde van kan aanwys. 'n Duideliker geval ter illustrasie van die ritmiese eis van nie aan die slot gee ek uit Malherbe se Taalboek: laat ons nie vergeet dat die hoë ouderdom van parlij mense geen waarborg is vir ons om te dink dat ons nie jong sal sterwe nie.
Na hierdie ‘waardering’ van die verskynsel gaan Prof. B. daartoe oor om 'n historiese verklaring daarvan te gee. Ek vind die verklaring so weinig duidelik dat ek die leser na die artiekel self (De Nieuwe Taalgids, XVII, pp. 19-23) moet verwys. Uitgaande van kindertaal en primitiewe taal in die algemeen en in die besonder van wat die skrywer noem die ‘dubbele hik’Ga naar voetnoot1) in Hottentots, kom hij tot die konklusie dat ons te doen het ‘met een geval van konvergentie tussen twee | |
[pagina 300]
| |
talen, waarby het produkt dus niet op ontlening van de ene uit de andere berust, maar het resultaat is van aanpassing door beide partijen.’
Die verskynsel van dubbele ontkenning is algemeen genoeg en kom voor nie alleen in onbeskaafde taal nie, maar ook in kultuurtale soos klassieke Grieks en Frans. En alle Hollanders wat sê niks geen behoort nie tot die onbeskaafde sprekers nie. In die volkstaal van Holland, Engeland, Duitsland is die dubbele ontkenning heel gewoon. Dat dit in die skryftaal selde aangetref word, is seker nog 'n uitwerking van die redelike grammatika. Die verskynsel is dus, goed beskou, nie beperk tot primitieve of kindertaal nie, en selfs as die Afrikaanse dubbele nie ooreenkoms vertoon het met die ‘dubbele hik’ of 'n uitbreiding daarvan, was dit nog onnodig om na Hottentots te gaan vir 'n verklaring daarvan. Prof. B. eis te veel van ons geloof as hy wil hê ons moet glo dat ‘Neen, ik weet het niet’; ‘Neen, dat kan ik niet doen’ vir Nederlanders ongebruiklike antwoordvorme is (t.a.p., p. 20). Liewer stem ons met hom in dat ‘dit verschijnsel van zo 'n herhaling in 't algemeen niet onbekend (is) in 't Nederlands, en zijn eigen aard (meebrengt) dat men het in alle menselike taal zal kunnen aantreffen’ (p. 21). En daarmee verval m.i. die hele teorie van die dubbele hik. In Engels, wat tog ook as inwerkende taal in aanmerking kom, is die gebruik van no voor 'n ontkennende antwoord ook heel gewoon. Maar die dubbele nie in Afrikaans is in wese nie alleen 'n heel ander konstruksie as Frans ne .... pas, of Hollands niks .... geen, Engels nobody .... never nie, maar kan m.i. onmoontlik beskou word as 'n uitbreiding van konstruksies soos Hollands ‘Neen, ik geloof het niet’, Engels ‘No, I won 't’, Afrikaans ‘Nee, ek ken hom nie’ of ‘, ek weet nie’. Die verbreidheid van hierdie laaste gevalle toon aan dat ons te doen het met 'n taalverskynsel wat op algemene psigologiese gronde berus: 1. oordrewe neiging tot duidelikheid, wat agter alle toutologie, pleonasme, hieperbolie sit en 2. afkeer van onbeleefde beknoptheid. Op die vraag: ‘Weet jy waar meneer Langenhoven woon?’ sou dit - in alle tale - onbeleef wees om te antwoord: ‘Nee!’ of ‘,’ of selfs alleen ‘Ek weet nie.’ In die reël lui die beleefde antwoord tog altyd ongeveer: ‘Nee meneer, (dit spyt my, maar) ek weet nie.’Teenoor die algemene karakter van die gewone dubbele | |
[pagina 301]
| |
ontkenning is die Afrikaanse nie .... nie 'n min of meer op sigself staande verskynsel, wat vermoedelik op 'n okkasionele psigologiese werking berus. Bestaan daar buiten Afrikaans 'n parallel? Prof. B. kla oor slegte dokumentasie, maar as hij bekend was met die reeds deur Prof. du Toit in Afrikaansche Studies aangehaalde voorbeelde uit Hollands, dan het hy seker nie sy toevlug geneem tot die Hottentotse ‘dubbele hik’ nie. Al die faktore wat bygedra het tot die resultaat, en die resultaat self, is nl. reeds in Hollands te vind. As voorbeelde van primitiewe taal hoef in hierdie geval geen Hottentots of Bantoe geneem word nie. Ek meen nog dat my verklaring (Afrikaans en Maleis-Portugees, pp. 83-84) uitgaande van dubbele ontkenning in Hollands soos geen ... niet, niks ... niet, niemand ... niet, niet eens ... niet, en eindelik veral die Utrechtse niet ... niet afdoende en die enigste histories juiste is. Behalve die algemene gronde wat gewoonlik aangevoer word ter verklaring van dubbele ontkenning, moet m.i. in die spesiale geval van die dubbele nie nog kontaminasie aangeneem word. Dié opvatting word versterk deur die verklaring wat deur Prof. B. en hierbo deur my van die uitbreidingsgevalle in Afrikaans gegee is, en verder deur analoge konstruksies in Hollands. Om b.v. die Hollandse en Afrikaanse volkstaalkonstruksies soos: hy is al lank al weg; hy loop uit die huis uit te verklaar, kan, behalwe die neiging om nadruklik te wees, nog aangeneem word deurmekaarloop van die cenvoudiger konstruksies: hy is al lank weg, en hy is lank al weg; hy loop die huis uit en hy loop uit die huis. Net so in eerste instansie by die dubbele nie. Die sin wat Prof. du Toit op outoriteit van Dr. Beets uit die Utrechtse volkstaal aanhaal: je mot het niet gelooven niet, kan verklaar word as kontaminasieproduk van geloof het niet! en je mot het niet gelooven. Gek word je niet, die emfatiese vorm van je wordt niet gek, kan deur kontaminasie met hierdie twede, meer gewone vorm, aanleiding gegee het tot die ontstaan van die sin deur Prof. Vercoullie opgeteken uit Den Gewaenden Weuwenaer met het Bedroge Kermiskind van 1709Ga naar voetnoot1): Je word niet gek niet. So kan Afrikaans ek sal nie gaan nie verklaar word as kontaminasie van ek gaan nie en ek sal nie gaan. Die uitbreiding en gebruiklikword van die dubbele nie in | |
[pagina 302]
| |
Afrikaans bied verder geen moeilikheid nie, in elk geval nie meer by hierdie verklaring as by 'n ander nie. Of die Hottentotse }, die Franse ne ... pas ens., hierby 'n direkte of indirekte, of enige, rol gespeel het, kan alleen gegis word. Om die dubbele nie in Afrikaans te verklaar is hulle hulp nie nodig nie. Dr. Beets is so vriendelik om my nog op die volgende parallel in Sweedse volkstyl opmerksaam te maak: inte vet jag, om jag vill hen honom inte (ek weet nie of ek hom wil hê nie), en hij ag ook hier deureenloop van twee konstruksies moontlik. Hierdie Sweedse parallel pleit ook vir die spontane ontwikkeling van die Hollands-Afrikaanse konstruksie.
Die kwessie van die dubbele nie is dus nie spesifiek Afrikaans nie. Sou daar ook nog Hollandse taalgeleerdes wees wat daar belang in stel en hulle mening wil uitspreek? Dit sal veral interessant wees om te verneem of die Utrechtse dubbele niet, wat Dr. Beets twintig jaar gelede gehoor het, vandag nog bestaan in die Utrechtse volkstaal, en moontlik ook nog in ander dialekte.
Heveadorp (G.) D.B. Bosman. |
|