De Nieuwe Taalgids. Jaargang 16
(1922)– [tijdschrift] Nieuwe Taalgids, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 113]
| |
Afrikaanse taaltoestande tijdens Jan van Riebeek.Die posiesie wat Jespersen in Progress in Language aan Engels wil toeken op grond van sij eenvoudige vormleer, kan met net soveel of meer reg aan Afrikaans toegeken word. Die eenvoudigheid wat Afrikaans in sij werkwoordelike sisteem bereik het, onderskei hierdie taal van al die ander Germaanse tale, Engels inbegrepe. As in aanmerking geneem word dat dié verandering van karakter, altans wat die hoofsake betref, sig waarskijnlik in 'n groot honderd jaar voltrek het, dan gee dit Afrikaans die reg op meer belangstelling van die kant van Europese taalgeleerde as dit tot nog toe ontvang het. Weliswaar is die lijs van Europese geleerde wat aandag aan Afrikaans geskenk het nie onaansienlik nie - ek noem Changuion, Mansvelt, Schuchardt, te Winkel, Hesseling, Meyer, Kruisinga, van Ginneken - maar ek geloof dat dié aandag vir die grootste deel moet toegeskrijf word aan stamgenootskaplike belangstelling. Bij Prof Hesseling egter weet ek dat die belangstelling wetenskaplik en nie van 'n verbijgaande aard is nie. Die studie van Afrikaans kan vir die taalkunde in die algemeen hierdie belangrijke resultaat hê, dat dit lig werp op die kwessies van taalvereenvoudiging en taalvermenging. Ek meen dat veral op die laaste punt die wetenskap behoefte het aan meer gegewens. Watter rol moet b.v. aan taalvermenging toegeskrijf word bij die verklaring van die klankverskuiwinge? Alleen wanneer die resultate van taalvermenging in histories makliker kontroleerbare tijd vasgestel word, kan op sulke vrae meer lig gewerp word. Die studie van die ontwikkeling van Afrikaans bied egter eienaardige moeilikhede. In die eerste plek is daar bijkans geen literatuur wat die geleidelike veranderinge weerspieël nie, omdat 'n min of meer suiwer Nederlands die algemene skrijftaal was totdat, in die twede helfte van die neentiende eeu, Afrikaans as 't ware volwasse-gebore sij verskijning maak. Waar taalkundige bronne ontbreek, is ons dus aangewese op die bronne van die | |
[pagina 114]
| |
volksgeskiedenis. Maar hiervan berus die oorgrootste deel nog onuitgegewe op die argiewe in Kaapstad en Den Haag, en die grootste deel van die gepubliseerde bronne - in die werke van Theal en Leibbrandt - is in die vorm van Engelse vertalinge. Vir die taalkundige is dit onmoontlik om die honderde dik foliante op die argiewe deur te snuffel, waar hij op die duisend bladsije folio miskien, as hij gelukkig is, een bladsij van taalhistories-interessante aantekeninge kan maak. Dank sij die Utrechtsche Historische Genootschap besit ons egter in die Dagverhaal van Jan van Riebeek, aangevul deur die uitstekende werk van Prof. Godée - Molsbergen (Jan van Riebeeck), gegewens genoeg om altans van die tijdperk 1652-1662 - die tijdperk waarin die lijne aangegee word vir die ontwikkeling van die volgende twee en 'n half eeue - 'n vrij duidelike beeld te vorm, ook wat die taaltoestande betref. Ek stel mij ten doel van hierdie toestande 'n oorsigtelike skets te gee wat berus op offisiële dokumente, sodat later ondersoekers hulle volle aandag kan wij aan ander tijdperke. Die twee genoemde bronne haal ek in die vervolg nie weer telkens aan nie. 'n Ander belangrijke werk, waarvan deur sij seldsaamheid weinig gebruik gemaak is tot nog toe, is The Record.... of the Native Tribes of South Africa van D. Moodie. Dit bestaan uit 'n reeks vertaalde uittreksels uit argiefstukke aan die Kaap. Leibbrandt se Precis of the Archives of the Cape of Good Hope word deur die naam genoegsaam aangedui. Met Kol. Arch. No... verwijs ek na die ‘Brieven en Papieren gecomen van Cabo de Bonne Esperance’ en bewaar in die Koloniale afdeling van die Rijksargief in Den Haag.
Gedurende die Kommandeurskap van Jan van Riebeek - en dieselfde geld vir later - kan ons aan die Kaap drie taalgroepe onderskei: die oorspronklike inwoners, die blank aankomelinge en die swart of gekleurde aankomelinge. Van hierdie drie groepe was alleen die eerste enigsins gelijksoortig wat taal en afstamming betref, hoewel ook hier seker aansienlike dialekverskille moes bestaan het. Reeds voor die aankoms van van Riebeek het hulle die naam ontvang van Hottentoos of Hottentotte. Geleidelik leer van Riebeek onderskei tussen die verskillende stamme. Uit alles blijk dat die verskillende stamme na aanmekaar verwant is, blijkbaar verskillende famieliegroepe vorm, so ongeveer as die clans van die Skotse | |
[pagina 115]
| |
Hooglande. Die eerste stam waarmee van Riebeek in aanraking kom, heet die Goringhaikonas onder hulle opperhoof Autohoemao. Al vroeg was die stam verdoop tot Strandlopers. Hulle opperhoof blijk 'n bereisde man te wees en reeds 'n verkristelikte naam te besit. Op 'n Engelse skip het hij vroeër 'n waarskijnlik gedwonge reis na Indië meegemaak, bij dié geleentheid 'n klompie Engelse woorde geleer en die naam Harry of King Harry gekrij. ‘Herry, de Ottentoo die wat Engelsch spreekt,’ was natuurlik die aangewese persoon om as tolk te dien in die latere onderhandelinge met verder afwonende Hottentotstamme, en as sodanig is 'n tijdlang van sij dienste gebruik gemaak, met as beloning 'n goeie ‘buyckvulling’ en af en toe 'n span tabak en 'n sopie arak, waarvoor die Hottentotte onmiddellik 'n groot liefde opvat. Ongelukkig blijk Herry mettertijd ‘een slimme schelm’ te wees - omdat hij nog nie rijp was vir die Engelse beskawing waarmee hij in aanraking gekom het nie? - en beland dan ook uiteindelik op Robbeneiland, die destijdse bandietestasie van die Kaap. Maar intussen het van Riebeek 'n niggie van Herry ‘bij ons genaempt Eva, out omtrent 15 a 16 jaren en van den beginne bij des Commandeurs vrouw aengehouden, mitsgaders nu vast hier blijvende, ende fray duyts beginnende te leeren spreecken’ opgelei om Herry te vervang. Op voorgang van die Engelse neem Rijklof van Groens 'n ander Hottentot met die bijnaam Doman (alias Dominee) mee na Indië, waar hij dan ook vandaan terugkom met 'n sekere kennis van Hollands en van skietgewere. (Die laaste tot groot ongerief van die koloniste, omdat die Hottentotte onder leiding van Doman die koloniste se vee weggeja het wanneer dit reent en die ou pangewere nie wou werk nie!) Vier jaar na die stigting van die kolonie kan van Riebeek egter al in sij joernaal vermeld dat die Hottentotte in die onmiddellike nabijheid van die fort ‘de duytsche tale al redelijck fray beginnen te spreecken, insonderheyt de jonge kinderen; maer willen niet bij ons in huys inwonen, slaghten de vogels, die liever in 't wilt vliegen als de beste coninghs zalen bewoonen’. Onder datum 20 Februarie 1657, heet dit verder dat die Hottentotte ‘al veel van de Duytsche tale cunnen verstaen ende spreecken, ja sommige wel soo veel, dat se voor 't vercopen ende leveren al genouchsaem vrij sijn’. Hiermee het ons 'n taalhistoriese feit van die grootste belang vir 'n goeie begrip van die latere ontwikkelinge vasgestel: dat | |
[pagina 116]
| |
die inboorlinge aan die Kaap Hollands leer praat, terwijl daar geen aanduiding is dat die blanke die taal van die inboorlinge leer nie. Eva blij nog lang dien as tolkin bij onderhandelinge met ander Hottentotstamme, en tot die end van die 17de eeuw is daar tweemaal sprake van blanke wat Hottentots leer, nl. Wreede en Grevenbroeck, maar ons het geen bewijs dat hulle dit verder gebring het as die saamstel van beknopte woordelijste nie. Wat origens die omgang van blanke en Hottentotte betref, het ons net gesien dat die inboorlinge nie graag bij die blanke wou inwoon nie. Die rede gee van Riebeek treffend aan. Uitvoeriger wei Tachard later uit oor die vrijheidsliefde van die Hottentot. Ek haal sij woorde in die oorspronklike aan omdat geen vertaling daar reg aan kan laat wedervaar nie. Hij sê van die Hottentot in die algemeen ‘il ne pouvoit s'assujettir à la gêne d'une vie régleé’ en is van mening dat ‘les Hollandois & semblables nations étoient les Esclaves de la terre, & que les Hotentots en étoient les maitres, qu'ils n'étoient point contraints d'avoir continuellement le chapeau sous le bras & observer cent coûtumes incommodes, qu'ils mangeoient quand ils avoient faim, sans suivre en cela d'autres régles que celle de la nature’. (Voyage de Stam p. 100). Iedere kenner van die Hottentot moet jaloers wees dat reeds Tachard dit so duidelik gesien en so onverbeterlik gesê het! Of die vrijheidsliefde van die Hottentot moet toegeskrijf word aan sij luiheid, dan wel wel sij onwilligheid om te werk aan sij vrijheidsliefde, mag ander uitmaak. Ek wil hier net daarop wijs dat in sij natuurstaat die besigheid van die Hottentot was om vee op te pas en te jag. Al die ander werk moes sij vrou verrig. Is dit dan 'n wonder dat hij onwillig was om vir die blanke vloere te skrop en potte te was? Maar lui was hij! En die tragedie van sij lewe was die strijd tussen sij luiheid en die lus vir die brandewijn en tabak wat hij met werk kon verdien. Gewoonlik werd die moeilikheid opgelos deur die kinders te laat werk vir die drink- en rookgoed van die ouers. Dit spreek egter vanself dat hierdeur die aard van die volk mettertijd moes verander, en dit is dan ook alleen van die vroegste tijd tot op sekere hoogte waar dat die Hottentot geen vaste werk wou verrig nie. Dikwels genoeg blijk, soos ons kon verwag, dat toe die veeboerderij aan die Kaap in swang gekom het, die Hottentot die veewagter bij uitnemendheid was. Deur die hele geskiedenis en vandag nog geld die Hottentot | |
[pagina 117]
| |
vir besonder vlug om 'n vreemde taal aan te leer. Hiervoor haal ons, ook nog om 'n ander rede, die getuienis aan van 'n man ‘van groot opmerkingsgawe en wetenskaplike aanleg’, H.A. van Rheede, wat in 1685 aan die Kaap was as Kommissaris-Generaal van die Oost-Indiese Kompanjie, deur Prof. Blommaert in Die Huisgenoot van September 1921 gegee, en deur Mnr. le Roux in 'n vorige aflewering van De Nieuwe Taalgids bespreek. Van Rheede sê: ‘Het is seker dat als men haer (nl. die Hottentotte) sal oordeelen aan dat uyterlijke, niet goets kan werden gegist, maer hebbende een grondigh onderwijs van haer leven en gedachten men haer anders sal bevinden, 't welck niemand hebben kan dan die haer taele verstaet en sprekende door vragen en antwoorden eerst bequaem soude wesen dat volck te konnen recht beschrijven, hoedanige aen de Caep onder d'Ed. Compagnie niemand is. Hier is een gewoonten onder al ons volck dat lerende dese inlanders de Nederduydsche spraek en dat deselve die op haer manieren seer krom en bij nae onverstandelijk spreken, soo volgen de onze haer daer in nae, ja soodanigh de kinderen van onse Nederlanders haer dat mede aenwendende een gebroken spraek gefondeert werd die onmogelijck sal wesen nae de hand te verwinnen, veel min onder de Hottentots de Duydsche tale in te voeren, daer het deselve niet en gebreekt aen bequaemheyt, sprekende alle woorden prompt uyt, sonder eenigh gebreck, indien men haer die wel voorsegt, waer omtrent wel nodigh was wat meer agt geslagen wiert’. Van Rheede se stijl is 'n bietjie ingewikkeld, maar sij feite is so duidelik, dat dit onnodig is om meer te doen as op die belangrijkheid van hierdie meedeling te wijs. Hier word m.i. duidelik aangegee in watter rigting die verklaring van die ontwikkeling van Afrikaans moet gesoek word. Hiermee kan ons afstap van ons eerste taalgroep.Ga naar voetnoot1)
Die twede taalgroep word gevorm deur die blank aankomelinge, al gou die nuwe meesters van die Kaap. Watter taaltoestande vind ons onder hierdie groep? Die vraag kan bij benadering beantwoord word deur die herkoms van die eerste volkplanters, soos in die Kaapse monsterrolle aangegee, na te gaan - | |
[pagina 118]
| |
bij benadering, omdat die hawe van inskeping dikwels as plaas van herkoms aangegee word en b.v. Amsterdam hierdeur seker 'n te groot persentasie krij, en ook omdat dit dikwels onmoontlik is om uit te maak watter van twee of meer gelijknamige plekke bedoel word. So kom die naam Bergen 'n hele paar maal voor. Het ons dan te doen met 'n Hollander, 'n Belg, of 'n Noor? Dan is daar altijd 'n klompie name waarbij die plaas van herkoms heeltemal nie aangegee word nie. Buitendien is staatsgrense lang nie altijd taalgrense nie! En gesteld dat ons al dié moeilikhede bevredigend kon oplos, dan moet bij so 'n berekening nie alleen getel word nie, maar ook geweeg, want die sosiale posiesie van één man kan as taalfaktor opweeg teen die numerieke oorwig van drie. En gesteld dat 'n groepie van tien koloniste bestaan uit vier Hollanders, twee Duitschers, een Belg, een Fransman, een Engelsman en een Deen, almal van gelijke stand en invloed, dan sou ek geneig wees om aan Hollands 80%, aan Duits 10% en aan die res tesame 10% taalinvloed toe te ken. Hierdie oorweginge moet bij die volgende sijfers dus nie uit die oog verloor word nie. Ons sien dan uit die eerste Kaapse monsterrol, dié van 1656 (Leibbrandt, Precis, deel 111, p. 283 vlg.) dat sowat ⅔ van die besetting uit Nederlanders bestaan, ⅙ uit Duitsers en die res uit verskillende ander nasionaliteite. Vir 1662, die laaste jaar van van Riebeek, is die verhouding ongeveer ½ Nederlanders, ¼ Duitsers en die res van ander nasionaliteite (t.a.p., p. 303 vlg.) Vir die gemak, en omdat dit in die resultaat nie veel onderskeid maak nie, neem ek hierbij die teenswoordige staatsgrense aan. Bij hierdie sijfers val op te merk, dat die lijs van 1656 al die blanke aan die Kaap omvat, die van 1662 alleen die Kompanjiesdienare, d.w.s. soldate en matrose. Van 1657 af bestaan 'n deel van die Kaapse bevolking nl. uit sogenaamde vrijburgers, die vaste element dus van die bevolking, teenoor die min of meer vlottende garnisoensbesetting. Vir ons doel is 'n ondersoek na die herkoms van die vrijburgers dus van meer waarde. Ons besit uitvoerige lijste van persone aan wie van 1657 tot 1662 vrijbriewe uitgereik is, en uit dié lijste (t.a.p., p. 264 vlg.) blijk volgens Dr. Colenbrander dat daar gedurende die tijd van van Riebeek ‘167 Compagnie's dienaars ontslagen en van vrijbrieven (werden) voorzien: 104 Nederlanders, 40 Duitschers, 13 Vlamingen, 5 Zweden en Noren, 3 Denen, 1 Franschman en 1 Waal’ (Afkomst der Boeren, p. 126). Hierdie sijfers moet onvolledig wees, | |
[pagina 119]
| |
want Leibbrandt gee 192 name van vrijburgers, waaronder 2 Skotte en 1 Engelsman. Aangesien ek bij mij eie ondersoek van 25 vrijburgers die plaats van herkoms nie kon vasstel nie - van 7 is dit nie aangegee nie en die ander plaasname kan ek nie tuisbring nie - en mij resultate verder vrijwel ooreenstem met die van Dr. Colenbrander, wil ek mij bij hierdie sijfers hou. Ons krij dan die volgende persentasies: Nederlanders 62%, Duitsers 24%, Vlaminge 8%, ander nasionaliteite 6%. Hieruit blyk dat die taal van die blank bevolking aan die Kaap in hierdie tijdperk suiwer Germaans was. Watter verder gevolgtrekking kan ons uit hierdie lijste maak? In die eerste plek natuurlik dat Nederlands, veral as ons Vlaams onder Nederlands reken, verweg die grootste invloed gehad het. As ons in aanmerking neem dat die Nederlanders nie alleen die grootste groep gevorm het nie, maar ook in alle ander opsigte verweg die grootste invloed moes uitgeoefen het, dan kan ons gerus aanneem dat die taal van die eerste Koloniste bijna suiwer Nederlands moes gewees het. Nie egter dat die Nederlands van die Koloniste suiwer was nie! Daarvoor was daar te veel verskil tussen die Nederlandse dialekte onderling. Vir die 17de eeu omvat die term Nederlands nog meer en sterker afwijkende dialekte as vandag, terwijl selfs onder die opgevoede klasse van 'n algemeen-beskaafde taal seker weinig sprake kon gewees het. Waar twee dialektsprekende boere uit Seeland en Groningen mekaar vandag uiters moeilik of glad nie verstaan nie, en waar ons sien dat ses van die twaalf ‘raadtspersonen’ van van Riebeek hulle naam met 'n kruisie teken (Dagv. 1, p. 242), daar mag ons gerus aanneem dat in werkelikheid die Seeu en die Groninger, die Fries en die Geldersman, wat taal betref, haas net sover van mekaar gestaan het as die Hollander en die Hoogduitser, om nie te sê die Vlaming en die Deen nie. Nou is dit wel duidelik dat 'n sterk toenadering moes plaas gevind het in die beperkte omgewing aan boord en later rondom die fort aan die Kaap, maar ook dat vir 'n lang tijd 'n groot onvastheid moes bestaan het in die taalgebruik van hierdie gemeenskap, 'n onvastheid wat blijk uit die Dagverhaal. In 1658 word Pieter van der Stael van Rotterdam aangestel as skoolmeester ‘dewijl seer goet ende prompt in 't lesen is van recht Hollants Nederduyts’. Reeds van die datum 19 Desember 1654, besit ons 'n brief van skipper Jan Symonsz. waaruit ek die volgende sinne afskrijf: ‘hoe dat sijn sinnen ende gedachten | |
[pagina 120]
| |
geweest heeft’; ‘de robben waren soo mager dat er geen speck op en wassen’; ‘als dat wij swack van volcq was’; ‘sanderdaeghs voeren wij na het eylant daer onsen volcq op was en haelde ons volck daer aff’. As ons hierbij in aanmerking neem dat skipper Symonsz. onder die helpers van van Riebeek 'n skrifgeleerde was, daar hij nie alleen sij naam kon teken nie, maar selfs 'n brief kon skrijwe, dan begrijp ons dat daar aan die Kaap nog ander taalvorme bestaan het as ‘recht Hollants Nederduyts’! Die verhouding waarin die verskillende Nederlandse dialekte in die tijdperk onder behandeling bijgedra het tot die vorming van die nuwe taal aan die Kaap, kan ook ten naaste bij uit die lijs van vrijburgers opgemaak word. Ook hier geld dieselfde moeilikhede wat ons bo genoem het. Afgesien van getalle, sal hier die Hollanders, in die nouere betekenis van die woord, die swaarste gewig in die skaal lê. Die Kaap immers werd beskou as 'n Amsterdamse stigting in die tijd van van Riebeek (Godée-Molsbergen, Jan van Riebeeck, p. 173). Die 104 Nederlandse vrijburgers - die getal kan ook 'n paar meer of minder geweest het, sonder dat dit in die verhouding veel onderskeid sal maak - kan as volg onder die verskillende provinsies verdeel word: Suid-Holland 31, Noord-Holland 27, Utrecht 15, Overijssel 7, Gelderland 6, Seeland 5, Noord-Brabant 4, Groningen 3, Friesland 2. Enige name kan ek nie indeel nie. Is b.v. Lagelant - op die lijs staan trouens Legelant - in Groningen, Gelderland, Noord- of Suid-Holland te plaas? Wat hierbij sterk opval is die lae persentasie Seeue - en die sijfer is waarskijnlik nog geflatteer, want ek neem hierbij aan dat met Elserzee en Douburg van die lijs bedoel is Elkerzee en Domburg, terwijl vir hierdie groep tweemaal presies dieselfde naam voorkom, dus waarskijnlik één persoon bedoel word. Uit die lijs van stamouers bij Colenbrander vind ek vir die periode 1652-1712 die volgende verhoudinge: Noord-Holland 45, Suid-Holland 28, Seeland 20, Utrecht 17. Hier kom Noord-Holland en Seeland beter tot hulle reg. Tog is dit duidelik dat nie al te veel nadruk op die Seeuse invloed mag gelê word nie - soos dikwels gebeur - want hier weeg die eerste loodjies die swaarste! As ons 'n sirkel beskrijf met Gouda as middelpunt en Gouda-Amsterdam as straal, dan sou daarmee die gebied aangegee wees waaruit die meeste Nederlanders na Suid-Afrika verhuis het. Volgens die lijs van vrijburgers tot 1662 staan Amsterdam (11), Utrecht (9) en Woerden (5) bo aan. Uit die lys van stamouers | |
[pagina 121]
| |
tot 1712 is die posiesie: Amsterdam (33), Middelburg (15), Utrecht (11) Leiden (9), Haarlem (7), Rotterdam (6). Hiermee meen ek aangetoon te hê dat die Hollands-Frankiese dialek as grondslag van Afrikaans moet aangeneem word. Miskien mag dit bevreemding wek dat ek bij hierdie berekeninge 'n paar maal 1712 as eindpunt aanneem. Dit geskied uit die volgende oorweginge: Van 1652 tot 1712 is 'n tijdperk van twee geslagte. Teen dié tijd kan ons aanneem dat die eerste geslag van Kaapse kinders al self ouers of grootouers was, sodat daar omstreeks 1700 al sprake kon geweest het, en miskien al was, van Afrikaners. Dit blijk ook daaruit, dat volgens die lijs van Colenbrander die oorgroot meederheid van stammoeders van na 1700 aan die Kaap gebore is, en die toeneming deur geboorte dié deur immigrasie van die tijd af oortref. Ook meen ek dat omstreeks 1700 die skeiding tussen Nederlands en Afrikaans moet gemaak word. Gewijsigde Nederlands in die mond van Europeane kan ons geen Afrikaans noem nie, en tot hierdie tijd was die in Europa geborene in die meerderheid aan die Kaap. Maar sodra die kinders van sulke Europeane hierdie gewijsigde Nederlands aan hulle kinders begin oordra, krij ons die begin van die Afrikaanse taaltradiesie. Ek is wel oortuig dat na 1700 nuwe wijsigingsfaktore in die spel kom, maar meen tog dat die belangrijkste taalveranderinge òf reeds hulle beslag gekrij het, òf ten minste in kiem aanwesig was, nadat twee geslagte groot geword het onder die taaltoestande van 1652-1700. Voordat ons oorgaan tot die laaste taalgroep, moet onder hierdie hoof nog 'n kwessie bespreek word. Prof. Hesseling het gemeen (Het Afrikaansch, p. 34 vlg.) dat in hierdie tijd aan die Kaap een of ander vorm van Portugees 'n belangrijke rol gespeel het, nie alleen as slawetaal nie, maar ook as handelstaal. Ek het elders aangeneem (Afrikaans en Maleis-Portugees, p. 15) dat die kennis van Portugees in die reëel - Dr. Boshoff (Volk en Taal van Suid-Afrika, p. 52) lê mij in die pen: alleen - onder die offisiere van die Oost-Indiese Kompanjie sou te vinde gewees het. Hiermee in ooreenstemming is dat b.v. van Riebeek, Simon van der Stel en van Rheede Portugees geken het, terwijl van die 14 lede van die ekspediesie wat van Riebeek (Dagv. 111, p. 447) na die binnelande gestuur het, geen een dié taal kon praat nie. Ek het ook gemeen dat Rijklof van Goens se | |
[pagina 122]
| |
verbod om dié taal te gebruik aan die Kaap, bedoel was as voorsorgsmaatreël. Prof. Hesseling het daarin gesien 'n ‘bestrijding van een toestand die reeds dadelik bestond’ (Nieuwe Taalgids, 1917, p. 25). Ek kom hierop later terug. Hier wil ek volstaan met te herhaal wat ek vroeër gesê het: ‘dat 'n Nederlandse matroos, op 'n Nederlandse skip waarvan die bemanning vir 75% uit Nederlanders bestaan het, nie 'n vreemde taal sou gepraat het nie, behalwe in hawens waar dit nodig was’ (t.a.p., p. 15). Was dit in Tafelbaai nodig? Gedurende die tijdperk 1652-1662 het daar in Tafelbaai aangekom 305 skepe, waarvan 18 Engels en 7 Frans was, die res Nederlands (Godée-Molsbergen: Jan van Riebeeck, Bijlage XXII) - dus nog geen drie vreemde skepe per jaar nie. Selfs as ons aanneem dat in alle gevalle van vreemde skepe die verkeerstaal Portugees was, kan ons vir die Kaap in hierdie periode die invloed van Portugees as handelstaal buite beskouing laat, want dit is onnodig om verder waarschijnlik te maak dat in die handelsverkeer in hierdie Nederlandse hawe die handelstaal Nederlands moes gewees het - wat ook al die toestand in Nederlandse hawens in die Ooste was, waar Portugees voor die koms van die Nederlanders al pos gevat het.
Hiermee kom ons tot die laaste taalgroep: die ingevoerde gekleurde of swarte, d.w.s. in ons geval, die slawe. Daar was ook enige bandiete in die tijd van van Riebeek, maar die getal was te klein - 4 in 1662 - om in aanmerking te kom. Buitendien was daar ook nog blanke onder, en was hulle invloed beperk tot Robbeneiland. Oor die slawe aan die Kaap besit ons uitvoerige gegewens. Ek bepaal mij tot die belangrijkste. Op 31 Mei 1657 is daar 3 slawe en 7 slavinne aan die Kaap (Kol. Arch. No. 3969, fol. 388). Hiervan kom 4 van Batavia, 3 van Madagaskar, 2 word dan eens Arabiese, dan weer Abissienniese meisies genoem, van een is die nasionaliteit nie aangegee nie. Ag hiervan behoort aan die Kommandeur, daaronder 3 ‘Bataviase slavinnen’. Ons weet ook dat die Hottentottinetjie, Eva, van die begin af in die huis van die Kommandeur opgevoed is. Hierdie nietige besonderhede blijk later van belang te wees. Dit is duidelik dat hierdie klompie slawe veel te klein was vir die behoefte van die bevolking - en om mee te tel as taalfaktor. Die toestand word egter gou anders. Uit Guinea en Angola | |
[pagina 123]
| |
kom daar in 1658 twee skeepsladinge slawe aan, sodat daar 30 Mei 1658, aan die Kaap was 98 Kompanjieslawe en 89 slawe van partikuliere en vrijburgers, teenoor 166 blanke, bandiete nie meegetel nie (Dagv. 11, p. 407). Dit is van belang om iets te weet van die taal van hierdie grootste deel ‘deses Caepsen ommeslaghs’, soos van Riebeek dit uitdruk. In die Dagverhaal word verskillende min of meer onduidelike gegewens hieromtrent verstrek, sodat Prof. Hesseling gemeen het om 'n sekere kennnis van Portugees bij hierdie slawe te mag veronderstel (Het. Afr. p. 53). Ek meen te kan aantoon dat hierdie veronderstelling ongegrond is. Soos bo aangehaal, sien Prof. Hesseling in die dekreet van van Goens van 1657, waarin die gebruik van Portugees aan die Kaap verbied word, nie 'n voorsorgsmaatreël nie, maar 'n bestrijding van bestaande toestande. Dat hierdie opvatting verkeerd is, blijk m.i. uit die woorde van die instruksie self: ‘Met de compste van de slaven sal UE. seer sorgvuldig zijn geen portugeese tael hier in te voeren, maer t' zelve met alle middelen voorcomen, vooral met de officieren een goet voorganger zijnde, alsoo hier aen veel geleegen leijdt, ende sal UE. geen tael als ons moedertaal tegens de slaven gebruijcken, en niet gedoogen dat se andere spreecken, dat bij verloop van jaeren gerustheijt sal connen geeven’ (Kol. Arch. 3969, fol. 464-465). Ek vestig ook die aandag op die woorde ‘vooral met de officieren een goet voorganger zijnde’ in verband met wat hierbo oor Portugees as handelstaal gesê is. Nou kan daar nog twijfel bestaan of die slawe tog nie, voor hulle aankoms aan die Kaap reeds Portugees geken het nie, en die middel was om dit te versprei ondanks die verordening van van Goens. Deur 'n gelukkige vonds in die Argief kan ek ook hierdie veronderstelling weerlê. In 'n ‘Memorie ter Informatie’ wat van Riebeek in 1662 aan sij opvolger nalaat, kom nl. die volgende voor: ‘De slaven leeren hier niet als duyts & oock de Hottentoos, sulcx hier geen ander tael gesproocken wordt, ende soo in ordre blijvend een fraije saecke sal sijn, om Portugesen & andere altijt stom te doen staen voor dese natie & deselve daer door te min te cunnen verleijden etc.’ (Kol. Arch. 3974). Hierdie drie uittreksels: uit die instruksie van van Goens van 1657, uit die memorie van van Riebeek van 1662 en uit die joernaal van van Rheede van 1685, behoort tot die belangrijkste gegewens vir die Afrikaanse taalgeskiedenis. | |
[pagina 124]
| |
Intussen vertel van Riebeek in sij memorie aan Wagenaar nie die hele waarheid en niks as die waarheid nie! Prof. Hesseling het daar nl. op gewijs dat in die Dagverhaal herhaaldelik vermeld word dat die Hottentottin, Eva, Portugees geleer praat het aan die Kaap. Tot nog toe is hiervan, sover ek weet, geen voldoende verklaring gegee nie. Mij vroeëre verklaring dat sij op een of ander manier, in die woorde van Prof. Hesseling, ‘privaatlessen in vreemde talen’ moes gekrij het in die huis van die Kommandeur (Afr. en Mal. - Port. p. 20) kon nie oortuiend genoeg gemaak word nie, bij gebrek aan nadere gegewens aangaande die leermeester(es). Om mij verklaring oortuiender te maak, wil ek nou ook waag om die leermeesteresse aan te dui, nl. die drie ‘Bataviase slavinnen’ in die huis van die Kommandeur, waarvan bo sprake was. Dit is natuurlik nie uitgesluit dat van Riebeek self met hierdie slavinne Portugees gepraat het nie, en dan kan die woorde van van Goens ‘vooral met de officieren een goet voorganger zijnde’, ook nog as 'n steek onder water aan die adres van die Kommandeur beskou word! Op hierdie manier sou ook die gebrek aan kennis van Portugees bij die bo aangehaalde ontdekkingsekspediesie 'n verklaring vind. Die memorie van van Riebeek mag hierom egter nie beskou word as 'n verdraaiing van die waarheid nie - al was dit alleen maar omdat sij opvolger al te gou sodanige verdraaiing moes ontdek. Ek neem aan, op grond van al die ander gegewens, dat die rol wat Portugees in sij tijd aan die Kaap gespeel het, van so geringe betekenis was, dat van Riebeek dit nie die moeite van die vermelding werd geag het nie. Ten slotte kan dit miskien nodig wees om te waarsku teen 'n moontlike opvatting dat die taaltoestande onder van Riebeek, soos hier geskets, kan geprojekteer word vir die res van die geskiedenis. Vir die 18de eeu in elk geval sou so 'n projeksie beslis verkeerd wees, met name ten opsigte van Duits en Maleis-Portugees. Vir die res van die 17de eeu sou dit nie so gevaarlik wees nie, hoewel die oorgang tot die 18de eeu natuurlik reeds in die 17de val, en ons buitendien teen die end van die 17de eeu rekening moet hou met die aankoms van die Franse Hugenote. Soveel kan egter met gerustheid vir die hele tijdperk van die landing van van Riebeek tot die Engelse okkupasie gesê word, dat net soos onder van Riebeek, die Nederlanders, in casu Afrikaners, nooit in groot getalle die | |
[pagina 125]
| |
taal van watter ander groep ook gaan leer het nie, en dat dus oor die hele lijn - totdat Engels op die toneel verskijn - so goed as uitsluitelik indirekte inwerking van vreemde tale op die ontwikkeling van Afrikaans in aanmerking kom.
D.B. Bosman. |
|