Streven. Jaargang 85
(2018)– [tijdschrift] Streven [1991-]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 305]
| |||||
Podium
| |||||
[pagina 306]
| |||||
en my skuldgevoelens wees - 'n onthutsende gedagte. | |||||
Hoe kan heimwee met afkeur gepaard gaan?In my kop retireer ek in my voetstappe. Terwyl ek na Goldblatt se nugter en matter-of-fact foto's van landskappe, mense en momente gekyk het, het ek, ten spyte van my afkeur oor die ingebedde inhoud, die strukture van ‘my wêreld’ herken. Te midde van 'n vreemde omgewing sien ek, as immigrant-toeskouer dus iets waarop ek 'n gemaklike greep het - bekende landskappe, bekende plekke, bekende situasies - en my ontheemding word gevul deur affiniteit. Affiniteit bring warmte en roep heimwee op. Maar, terselfdertyd sien ek soos Goldblatt dit self beskryf, ook ingebed in die ‘bricks, mud, stone, wood, plastic, cardboard, steel, aluminium and concrete of all the structure in South Africa, [the] choices we and our forebears have made’. Heimwee dus, maar dan verstrengel met die weersinwekkende realiteit van apartheidsgeskiedenis waarbinne ek groot geword het: of ek wil of nie wil nie, ek is deel van hierdie misdaad, ek hoort by the site of the crime; binne die omtrek van hierdie mentale en fisieke strukture is ek gevorm, het ek grootgeword, is ek deur my ouers vertroetel en versorg, dit is die plek en tyd waar my geborge kinderherinneringe gemaak is, toe nog sonder 'n benul van ‘embedded choices’. Ek sit verlam en kyk na die ingangsportaal ver onder my. Die mense daaronder voel vreemd en ver. Die stad daarbuite voel oneg. | |||||
Goldblatt as dokumentêre fotograafGoldblatt het in die mynstadjie Randfontein, wes van Johannesburg, grootgeword as die seun van Joodse winkeliers. Hoog bewus van sosiale en politieke kwessies wat om hom afspeel, het hy in die vroeë sestigerjare sy 'n eie gestroopte styl binne die tradisie van dokumentêre fotografie ontwikkel, aanvanklik met foto's van Afrikaner boere en van die myne op die Witwatersrand. Later van tyd met onder meer foto-reekse oor Johannesburg en die swart township Soweto; en ten ooste daarvan die middelklas blanke stad Boksburg; en swart pendelaars se sieldodende lang reise vanaf hul tuislande waar hulle gedwonge moes woon na die wit stede waar hulle moes werk; en 'n uitgebreide reeks oor bou- en woonstrukture oor die land en die tyd heen. Goldblatt: ‘It is my serious concern to try to grasp and convey with the greatest possible economy, the tremendous complexity of the world of what is.’Ga naar eind1 Daarin is hy ook suksesvol: sy foto's beeld verslingerde kontraste en kompleksiteite uit met 'n treffende nugterheid wat byna onaangedaan oorkom. Goldblatt het nog nooit, ook nie ten tye van apartheid, sy kamerasluiter as die ‘trigger’ van 'n wapen beskou nie, maar as die ‘trigger of an act of thinking’Ga naar eind2 - kritiese denke gestol binne 'n visuele moment. Hy fotografeer sonder sigbare sentiment, estetiesering, en | |||||
[pagina 307]
| |||||
selfs sonder die behoefte om te oortuig. Hy sê: ‘I want the most with the least: straightforward photography leading to what Borges, in regard to writers and writing, called “a modest and hidden complexity”’Ga naar eind3 Goldblatt het homself dus nooit as 'n aktivis in die anti-apartheid stryd gesien nie, veel eerder as a ‘dissident intellectual’ wat met ingetoë beelde en woorde vraagtekens in die kop van die kyker plaas, hulle hul eie denke onder kruisverhoor laat neem. Hy sien sy foto's as ‘een dialoog met mezelf en mijn landgenoten.’Ga naar eind4 Dikwels is sy afwysing van aktivisme hom kwalik geneem. Maar dit was Goldblatt wat al in die 1950s die eerste sigbare tekens van apartheid - die verdeling van die publieke ruimte tussen wit en swart - vasgelê het in vier foto's van Johannesburg-stasie. Dit was ook Goldblatt wat die eerste protes-aksies teen rassistiese wette gedokumenteer het. Een vir een kragtige analitiese observasies van apartheid-Suid-Afrika. Nog 'n voorbeeld hiervan is sy reeds-genoemde reeks foto's oor swart pendelaars tussen hul woonplekke in KwaNdebele en hul werksplekke in die wit stede, onmenslike reisure uit mekaar verwyder. Ivor Powell beskryf hierdie reeks as ‘a vision of an apartheid hell on wheels’: ‘[these] photographs record the more than six hours, daily, that workers were forced to spend travelling [...] on cramped and crowded buses, in a state of perpetual exhaustion, so they could clock in for another long day's hard work [...] some of these photographed would return home only after 9 o'clock in the night, only to have to get up again in time to catch the 2:45 bus to make the start of their jobs at 7 in the morning’Ga naar eind5 Goldblatt se foto's wat volgens Powell soos vraagtekens binne die Suid-Afrikaanse landskap staan, het dus 'n belangrike rol gespeel om die destydse sosio-politieke siektetoestand van die land te belig. ‘To engage with the land as a subject’, sê Powell tereg, ‘is to engage at the same time with its history and ultimately the soul of the society at large.’Ga naar eind6 | |||||
Sosiale betrokkenheidTerwyl Goldblatt nooit betrokke wou raak by kollektiewe bewegings nie, was sosiale betrokkenheid vir hom 'n prioriteit. So het hy onder meer in 1976 saam met Carole Hacker die Market Theatre Photographic Gallery in Johannesburg tot stand gebring - 'n tentoonstellingsruimte waar, teenstrydig met die destydse apartheidswette, kunswerke ten toon gestel is ongeag van die ras van die kunstenaar. Hierdeur is baie nuwe kunstenaars, veral swart kunstenaars, bekend gestel aan 'n publiek waartoe hulle andersins nie maklik toegang sou kry nie. Ook buitelandse kunstenaars is hier ten toon gestel waardeur 'n nuwe generasie Suid-Afrikaanse kunstenaars meer te wete kon kom van wat op kunsgebied in die buiteland aan die gebeur was - iets wat tydens die kultuurboikot problematies was. Uit hierdie inisiatief het die nou bekende Market Photo Workshop voortgespruit, met o.a. beurse vir minderbevoorregte jongmense. | |||||
[pagina 308]
| |||||
Sosiale betrokkenheid en humaniteit is nie los te dink van die ‘daad van denke’ nie, soos Ziebinska-Lewandowska in haar essay aantoon: ‘It is thanks to and through this act that our humanity is produced and our individual responsibility enacted. Winking is a state of vigilance and independence of mind, which, on the individual level, enables us to oppose any system that might take on an oppressive character. Winking thus becomes a necessity, as it enables or reinforces our capacity for judgement and independence in the face of any ideology.’ (blz. 27) | |||||
Woord en beeldGoldblatt het ook 'n slag met woorde. By hierdie tentoonstelling voeg hy 'n treffende narratiewe dimensie toe met sy eie gedetailleerde byskrifte, asook muurtekste by elkeen van die nege onderafdelings. By die reeks ‘Some Afrikaners Photographed’ verskyn die volgende muurteks, waarin Goldblatt die gelaagdheid van die menslike wese verwoord: ‘Apartheid was a grey matrix of legislation and regulation hanging over the country, penetrating, restricting, controlling, cramping every aspect of life. Nothing and no one escaped it. Wose who conceived and made it manifest [...] supreme in their conviction of national and racial superiority, were mostly Afrikaners. / In my father's clothing shop in Randfontein I served many Afrikaners. Wey tended to be austere, upright, unaffected people of rare generosity of spirit and earthy humour. Possibly most, I surmised, were supporters of [...] apartheid. I had great difficulty in getting my head and heart around these contradictions.’ By elke afdeling van die tentoonstelling is ook 'n indringende kort film waarin Goldblatt stilstaan by die verhale rondom 'n paar foto's wat hom na aan die hart lê. Sy vertellings is byna monotoon en onaangedaan, maar intens en kragtig. | |||||
Vanaf apartheid tot nouGoldblatt se foto's en narratiewe kommentaar registreer, soos PowellGa naar eind7 opmerk, die volledige katastrofe van apartheid, vanaf begin tot einde. Maar dit registreer ook die Suid-Afrika van vandag. So was Goldblatt in 2015 met sy kamera by toe proteste by die Universiteit van Kaapstad uitgebreek het rondom die standbeeld van een van die grondleggers van die universiteit, die negentiende-eeuse imperialis, Cecil John Rhodes. Goldblatt lê die moment vas as die enorme beeld van Rhodes van sy voetstuk verwyder word. 'n Jaar later is hy weer by wanneer studente aan dieselfde universiteit, in protes teen die nog te ‘wit’ universiteit, kuns begin vernietig, waarna die universiteit self ongeveer 70 potensieel omstrede kunswerke verwyder - kuns van wit kunstenaars se uitbeeldings van swart mense of mans se uitbeeldings van vroue. Goldblatt: ‘Wat de studenten deden was onvergeeflijk. Ze wilden heersen met hun vuisten, met hun lucifers. Maar in een democratie praat je. Het werd nog erger toen de universiteit onderschreef wat de studenten | |||||
[pagina 309]
| |||||
hadden gedaan door de eigen kunstcollectie te censureren. Dat was voor mij de ultieme terreur.’Ga naar eind8 Al het geen van Goldblatt se werke gesneuwel nie, het hy die kontrak om sy argief aan die universiteit te bemaak, opgehef en onderhandel nou met Yale. ‘Had ik mijn werk in Kaapstad gelaten, dan had ik passief bekrachtigd wat de universiteit aan het doen was... beknotting van de vrijheid van meningsuiting. Dat kon ik niet.’Ga naar eind9 Na die beëindiging van apartheid het Goldblatt veel in kleur begin fotografeer, maar met hierdie onlangse foto's weer teruggekeer na swart-wit. ‘Ik ben heel boos over sommige zaken, net zoals in de apartheidsjaren. Ik wil de dingen niet verzachten door kleur te gebruiken.’Ga naar eind10 Ten spyte daarvan dat hy sy nalatenskap nie meer aan Suid-Afrika toevertrou nie, sal hy self nooit immigreer nie: ‘Ik realiseerde me hoe diep ik betrokken was bij Zuid-Afrika en dat ik die betrokkenheid nooit ergens ander zou kunnen hebben.’Ga naar eind11 Die ineenstrengeling van affiniteit en afkeur is dus geen vreemde geval nie, besef ek as ek die stad weer inloop, as mens maar nie ophou vrae vra nie, nie alleen aan jou omgewing nie, maar ook aan jouself. Tereg sê Ziebinska-Lewandowska: ‘Never stop questioning the causes that have led to a situation, regardless of whether it is a given or whether you participate in it. Never see things as obvious, and remain constantly surprised’Ga naar eind12 Fototentoonstelling: David Goldblatt (21 Februarie - 12 Mei 2018). Centre Georges Pompidou, Parys. | |||||
Literatuur
|
|