Spektator. Jaargang 1
(1971-1972)– [tijdschrift] Spektator. Tijdschrift voor Neerlandistiek– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 451]
| |
T. Lijphart
| |
[pagina 452]
| |
van resitasies (in die laerskool) behoort soos Die beste, of wat op musiek gesit, deur iedereen op skool gesing is, bv. Lenteliedjie, albei van Leipoldt. ('n Groot aantal van Breytenbach se baie Bybelsitate is van hierdie soort, hoewel veel daarvan, veral in verse met 'n religieuse motief, nie anders funksioneer as sitate normaal in die daaglikse gebruik doen nie: bv. 'n argument krag bysit deur die beroep op 'n erkende outoriteit of juis die outoriteit bestry, as springplank dien vir die ontwikkeling van nu we of teenoorgestelde idees).
Hoe die Afrikaanse wêreld as gevolg van hierdie soort sitate te voorskyn kome, laat Woordkasteel sien. Langs die gedig is 'n aantal versies waaruit aangehaal word. Woordkasteel
Sondag en Maandag
Sterdag en Donderlag
Femme Cochon Con
Gosse en Trosse
Bos,
House Tree Water
Brood en Botter
auch eine kleine Nachtmusik
Soveel tale soos jy kan
Zoveel malen ben je man
Moenie huil nie
o moenie treur nie
voor in die wapad
brand 'n skilpad,
klim op sy huis
en ry huis toe
of vang vir jou 'n posduif
en voer hom jou brief
Pa sit en wag
regop in sy graf
Sterrelag en Duinsag,
ma bewaar jou koejaels
in die koelkas
Gaan jou nie te buite
aan sterk Drank nie,
Let op jou Gebooie
klap jou Sweep
wees gereed
waarom sal jy dweep
met Aasvoëls en Krappe?
ook die Posduif
het 'n dooie Saad-oog
Sondag en Maandag
anderweek in Woensdag
Donderdag kan ons weer lekker lag
want oormôre is mos Saterdag
Saterdag is ons weer vry
dan maak ons soos ons lekkerkry
Moenie huil nie
o moenie treur nie
Die Stellenbosse Boys kom weer
(o.a. as refrein by Bobbejaan klim die berg).
‘Voor in die wapad brand 'n lig’
(Gedig van A.G. Visser oor Pres. Kruger; gevleuelde woord in bv. toesprake).
hier kan ek nie bly nie
want hier is niks van my nie
die wa-pad is my woning
en die skilpad is my koning
| |
[pagina 453]
| |
Maaiers en Lied
Huis Paleis
Pondok en Luis
Boland donde esta
Snakker en old Chap
Hvala en Prego
Es gab zu viel Merde
et Kabaal,
Môre vroeg kry jy
van soet pap 'n maal
Woensdag en Oktober
Fly by South Adrican AirwaysGa naar eind(3).
Huis, paleis, pondok, varkhok,
(Aftelrympie).
Slaap pikanini ons vee's in die kraal
Almal ons skapies en bokkies.
Môrevroeg kry jy van soetpap 'n maal
(word dikwels op skole gesing).
Die dubbele verwysing in die verse ‘voor in die wapad/ brand 'n skilpad’ verklaar ten eerste die vreemde brandende skilpad, en vorm ten tweede die oorgang tussen die klaarblyklik vergeefse poging tot selfgelding deur veeltaligheid (vele wonings?) en die netso vergeefse pogings, op allerlei onpraktiese tot mislukking gedoemde maniere aangewend, om kontak met ‘tuis’ te soek, om huis toe te gaan - die wapad sélf is ‘my woning.’
'n Selfde proses vind plaas in die grimmiger gedig Die appel van die liefde waar die eerste gedeelte spottend vertel watter visioene ‘ek’ eens ‘by ontstentenis van 'n liefde’ sou gehad het: om heelhuids in die Hemel te kom
waar die engele met veel heimwee
soos kiewiete op 'n Maandag
My Sarie Marais op goue harpe speel
en die kindergesiggies
reiner as pêrels
blom
in Jesus se kroonGa naar eind(4).
Uit 'n bekende Sondagskoolliedjie: en die kindergesiggies
soos die sterre se liggies
is die hemel se pêrels
in Jesus se kroon
Die tweede deel van Breytenbach se gedig reageer fel teen hierdie droom.
Wanneer in plaats van sulke anonieme versies die woorde aangehaal word van 'n ‘egte’ digter, maar dan uit 'n gedig wat op dieselfde wyse bekend veronderstel word as hierdie versies, word daar nog 'n dimensie toegevoeg tot dié addisionele betekenis ‘afkomstig uit 'n bepaalde sfeer’ wat so'n sitaat reeds besit. Leipoldt se ‘al die velde's vrolik’ is 'n uitbundige en feestelike LenteliedjieGa naar eind(5). Van musiek voorsien word dit gesing as ‘al die | |
[pagina 454]
| |
veld is vrolik’, en in hierdie laaste vorm gebruik Breytenbach dit. In sý gedig word die lente erg somber beleef: die eerste wolk sleep reeds or die dak
angstige hand sonder vingers
en die blomme staan op
met die ritsel van verstywende
organe
bloeisels: akne
kortom dit lente
dit lenle
en dwarsboom die dood
oral is al die veld vrolik
en die insekte skree (arme donders)
dil help nie om te ween nieGa naar eind(6).
Deur die feit dat dit 'n aanhaling is, en deur die ironiese manier waarop dit hier aangebied word, word Leipoldt se woorde gerelativeer. 'n Uiters ekonomiese werkwyse: sonder dat daar verder oor uitgewei hoef te word, speel die Lenteliedjie 'n kontrasterende kontrapunt met Breytenbach se gedigGa naar eind(7). Nog 'n herinnering aan Leipoldt, nou aan sy reeds genoemde ‘resitasie’, Die beste, gee 'n heimweegedig waarin die kontras tussen toe en nou beskryf word, en wat begin ‘38 maande lank reeds woon ek in die winter’: hoe durf ek kon vergeet dat my drome my murg verrot?
38[regelnummer]
maande lank reeds hunker ek my oë deursigtig
hortensies rooi by die hortjiesGa naar eind(8).
Die eienaardige sinsbou herinner aan Leipoldt se ‘aalwyn rooi op die voorste randjie,’Ga naar eind(9) 'n besondere evokatiewe vers vir wie ooit 'n aalwyn so sien staan en blom het. Sonder om eers genoem te word, is die wilde rooi aalwyn - en kompleet met rand en lusernlande - net so goed aanwesig in Breytenbach se gedig as die ‘jaart’-blomme wat met soveel woorde gegee word. - So kom 'n rits Afrikaanse digters aan die beurt: Celliers, Eybers. Opperman, Toerien. en meestal betekenisvol aangehaal.
Soms val die aanhalings op deur hulle lengte. Dikwels word hulle ook parodieë - met 'n ernstige inhoudGa naar eind(10). Aan Breyten se verhaspelings ontbreek die komiese meestal maar kritiek op die oorsponrklike gedig kan wel aanwesig wees. Op 'n gegewe woord, frase of selfs 'n hele gedig skryf hy 'n variasie deur 'n kleinigheid te verdraai of om woorde te verwissel vir ander wat baie soos die oorspronklike klink. Dit is nie alleen die lot van sitate nie, maar 'n veel voorkomende tegniek in baie van sy gedigte. Een van die fragmente uit Ars poetica bv. lui: ek eg die ego:
uit die are kom 'n eggo
waarmee ek my in die eg
| |
[pagina 455]
| |
'n Bekende uitdrukking verander hy so: ‘wat die hart vol van is loop van mond tot oor’Ga naar eind(12). 'n Geval waar 'n hele gedig op die manier bewerk word, is die volgende: Die kranksinnige
In hierdie sel
agter die grense
van die vel
en die hoë
vensters van die oë
is twee mense
die een is gek,
die ander, ek.
Dis hy wat kerm en gil
maar ek is bang en stil.
In elke klein uur van die nag
veg ek teen hom met minder krag
en as hy wen dan skree hy luid
sy wrok teen God en wëreld uit.
In hierdie klein vertrek
van vlees en been,
is twee. Die een
is gek,
die ander, Ek.Ga naar eind(13)
Die pragtige slagter
(op 'n tema van S.J. Pretorius)
(Geknel in hierdie bel
agter die vensters
van die hel
en die oë
vensters van die oë
is twee lense:
die een is ek,
die ander, ek.
Dis ek wat derm en ril
maar ek is bang en bril
in elke glasvol uur van die nag
en dag,
vleg ek in ek met nog meer prag
en as ek wen dan spoeg ek uit
my wrok teen Mens en Magdom en ruit.
In hierdie klein bestek
van vrees en been
is een.
Die een is gek,
die ander stapelgek.)Ga naar eind(14).
'n Geliefde slagoffer van hierdie behandeling is N.P. van Wyk Louw, van wie daar reeds in Die ysterkoei moet sweet 'n gedig onder hande geneem word. Ignatius bid vir sy orde
Dat pyn bestaan, is nodig, Heer,
sodat U aarde vol kan vloei
van rykheid, en die soet geduld
óók aan U vreemde boom kan bloei.
Maar gee vir óns die lot van smart
tot aan die einde van U dae;
laat daar aan ons gepynig word,
maar ons nooit pyn maak nie of klae.Ga naar eind(15).
| |
[pagina 456]
| |
breyten bid vir homself
Dat Pyn bestaan is onnodig Heer
Ons kan goed genoeg Daarsonder leef
'n Blom het nie tande nie
Dood is wel die enigste vervulling
Maar laat ons vleis nuut soos vars kool bly
...
En geleidelik sal ons wegvrot soos ou skepe of bome
Maar hou pyn vér van My o Heer
sodat ander dit mag dra
In hegtenis geneem sal word, Verbrysel
Gestenig
Gehang
Gegésel
Gebruik
Gefolter
Gekruisig
Ondervra
Onder huisarres geplaas
Die kromme note mag haal
Tot dowwe eilande verban tot die einde van hul dae
Wegkwyn in klam gate tot groen slymerige smekende bene
Hul koppe vol spykers, maaiers in die mae
Maar nie Ek nie
Maar ons nooit Pyn gee of klaeGa naar eind(16).
Breytenbach se kommentaar op Louw se gedig is duidelik genoeg tot by die laaste vers wat plotseling dubbelsinnig is, 'n Mens sou verwag dat daar moet staan: ‘Maar gee ons nooit pyn of klae,’ en sonder Ignatius op die agtergrond, sou jy dit waarskynlik ook in dié sin lees, maar hoewel Breyten se gebed tot op hierdie punt Ignatius s'n omkeer, gee die woordorde van die laaste vers te denke. - 'n Fragment van H. Petrus word heeltemaal omgewerk. My land, my dor, verlate land:
íets wens olyve groei in jon;
dat alles klein, Latijns, gaan word
en kalk-wit kerkies bou.Ga naar eind(17).
In bruin reisbrief gerig aan ‘liewe Afrikaner’ in Oorblyfsels, 'n protes teen ‘jou blindelingse apartheidsléér die Hel in,’ skryf Breytenbach: My broer, my dor, verlate broer:
iets wens dat mens weer in jou groei
dat alles groots, Afrikaans, gaan word
en jy ook in mensbruin mense bloei
Hier word 'n aaneenskakeling van assosiasies aan die gang gesil. Die vervangde woord ‘Latyns’ wat tog in die geadapteerde sitaat op die agtergrond | |
[pagina 457]
| |
aanwesig is, speel terug na die lys wat eerder in die bruin reisbrief opgesom is: die Liguur van die Noorde, die Italioot,
die eenkant-boer Etrusker, die Griek en die Romein
saam gesuiwer in die smeltkroes van die eeue
Verder is die kombinasie bruin- Latyns- meditereens aanwesig in meer gedigte uit Tristia sodat Breyten se vier verse vir die goeie verstaner veel meer sê as die blote letterlike betekenis op die eerste oog laat vermoed.
Ten slotte kan nog net daarop gewys word hoe die digter deur as 't ware sy eie verse aan te haal, deur die herhalings nie net die gedigte van die afsonderlike bundels nie, maar sy totale digwerk tot 'n geheel konstrueer. So is die vers ‘die mond is te geheim om die pyn nie te voel nie’ uit die eerste gedig van Die ysterkoei moet sweet weer die titel van dié bundel se derde afdeling, en kom nog 'n keer voor in 'n gedig, agter vensters, uit die afdeling. In Hoe om 'n gedig te skrywe...uit Die huis van die dowe word die titel aangehaal van want dood begin eers by die voete uit Die ysterkoei. Die gedig Kouevuur siteer nogmaals die eerste gedig uit Die ysterkoei: ek het gesê laat die bitter eende
op my graf kak in die reën.
Lotus afdeling 7 het as motto 'n vers uit verwoesting, die wrak, ook uit Die YsterkoeiGa naar eind(18).
Breyten siteer links en regs in sy poësie; ook in sy skilderye kom ‘sitate’ voor. Die aanhalings varieer in omvang van 'n los woord of frase tot hele gedigte. Hy haal aan o.a. uit Marx, Verlaine, Lautréamont en vele andere. Maar hier wou ek een aspek van sy werk aanstip wat vir die Nederlandse leser waarskynlik verlore moet gaan: die Afrikaanse weerklanke wat alomteenwoordig is in die poësie van hierdie man wat nie meer in Suid-Afrika kom nie. |
|