| |
| |
| |
Breyten Breytenbach
wintervers
daar onder loop die autoroute du Sud (A6)
gonsend vol vragmotors, lorries en kleiner karre
(veelkleurige insekte net na die reën)
en dáár staan modernistiese woonblokke
en die dradespel van kragsentrales
en effens hoër spoel daar wolke deur 'n lug
nader is daar bome aangeplant: kroonden en populier
en is die grasperke bruin besmet van winter
want spatsels sneeu lê nog hier en daar
en nader nog die stapels houtstutte en hope steen
óm die skelette van 'n onvoltooide boue -
hier is mens op die ‘mure’ van die stad
en verder as die oog se ryk lê lui die see
en verder as die oor se hoor wieg die berge
ek sit in 'n leunstoel voor die venster
en rook my pyp en hou dit alles dop
met op my knieë die ‘Pays de Neige’ van Jasoenari Kawabata
-ek lees nou juis van die afskeid by die stasie
terwyl kraaie kras: bodes van die laaste sterwe -
en ek kras notas van my laste en my bates
(ek staan op die stasie maar die fluitjie wil nie blasie)
en verwonder my so óór die wonder van my doodgang
| |
| |
| |
beskrywing
(vir Sole M. Ate)
die venster is nie 'n wond nie
vy, den, plataan, loekwart, reus, kastanje, wind-
en vlugtigrig heuwels met hitttete torings tonge
met tempels met tepels met slagpale
ook stilte en lug en die wit
waterskamerigheid van hitte
waar sjinese hul olifante aan die horings lei
waar hul teen die lig bly staan
om bly met hande vol hamers
teen koperkannetjies te bly kamer
is duifgroen vensterrame en -banke
(die venster is nie 'n wond nie)
| |
| |
die mure het die sweem van 'n droom van oranje
die plafon is ver wit, lampkap'n blom groei af
en 'n klein olifantjie in sy torinkie vlees
'n lam hangkas bruin van buite en binne
dis waar deftigheid en dasse en motte hang
twee stoele en die een is geel soos van gogh
en die bed is onder haar blougevryde beddoek
met op die marmervloer rondom
korsterige smeersels vrou-oue bloed
om die vlees onder die knie te kry
daar is niks met ons verkeerd
wat die dood nie reg kan maak nie
die venster is geen wond nie
(Bologna, 13 Julie)
68
| |
| |
| |
klein matinale raga
dit weet mens sedert lankal
die hemel is in die Suide geberg
die vlieë is bataljonne engele
(Séderon)
| |
| |
as jy dan uit die pers berge ry
(ieder berg met sy skaduwee wit wolkie
dan kom jy baie skielik na
benede op die moerassige vlakte:
ek bedoel, die lug is veel soeter
en dikker hier, en jy mis eers
die yl en ydele verfyning van die Berg
links en regs lê landerye rys,
maar wat opval is die breedvoerige
waar dooies in die pap gebrei is
met bo-oor engele en christusse
en ander geestelike versiersuiker in klip
meeste armes leef beter na hul dood
‘Ek het vir die Wurm gesê:
U is my moeder & my suster’
(Blake: Die Paradys se Poorte)
daarom Liefling: ek is gereed
en bid dat jy my mag verorber
| |
| |
| |
mysticism is an infirmity of the mind
daar is iets omtrent die wakkerword van stede in die suide
die hortjies wat oopgegooi word
soos voëls wat teen die môre vlieg
die strate vars en klets al in die lig
en oor balkontralies in binnehowe
waar minnaars laasnag aan mandolienes gepik het
omdat die maan 'n roos was
om die lamwitte lakens uit te hang
- wat help dit nou om agter gordyne te kots
met die bewerige mes van vrees in jou hand?
'n swaeltjie knip soos 'n bliksnyer die ruim
oor die bergvesting wat halfpad tussen hemel
maar dis die rooi van die son in mure
voorwaar die palmbome is televisievoelers vir hulle
daardie dooies van so bitter lank gelede
geledig en bitter soos die dooies maar is
na die flikkerseine van swart lig moet lê en kyk
met die glimlag van alle ewigheid
soos visse in die visbak van 'n skedel
| |
| |
- asemhaling is 'n verdowingsmiddel -
in die wit van die mure van die son
in die lug se ou blou hoed
en sy skaduwee kuier swart soos 'n ster of so swart
soos ek my eie skaduwee in die donkerste nag
in 'n bos van skaduwees altyd uit sal ken
om dan nogeens vir oulaas
opsy en afsonderlik te herroep
soos mens ontmoet en afskeid neem
want netnoumaar lê jy lig in die grond
met 'n mondjievol geurige stof in die mond
sonder skaduwee sonder koelte sonder sonde of stront
...ek sal 'n veertjie in my blou hoed steek
en my skaduwee in die arms see toe dra
tot daar waar swami's met baarde al langer as visse
handeviervoet in die golwe staan
om die liggaam se komme en gane uit te was
en daar sal ek my donkerte op die spieëlstrand lê
sodat hy gesond en blas kan brand
en ek sal my uit oor hom strek
enkeld en sterk genoeg te mag wees
in die verskietende ster van sterwe
| |
| |
| |
die heiden in die heining
die lug is toe eers opgehang aan die galg van die son
maar in die nag is die Blouding met swart besmeer
en het net die dood nog in hom bly hang
soos die maan in die droom
(want die twyfel is dààr)
maar as die sterre in die lyk net gaatjies is
waardeur die lig van 'n onsterflike dag val
en as die vlees wat nag is
dat mens by daardie vlamme kan sien
hoe ruiters met bloed gedoop oor dié berg galop
waar sìèners onderstebo gekruisig wag
met hulle koppe pers en swaar eksotiese piesangblomme
en al die baie voëls soos piesangs aan die stronk
om sterre aan die hemel te pik?
van wagkamers vir derdeklas pawasiers omring
| |
| |
want uit die baie dooie gisters
wat jou inkhart sal laat baar
selfs die mensekop is eetbaar
as jy hom maar omdraai en aan die ore
om van agter af die tande in die harsings te sink
want van voor lyk hy darem te veel
lyk hy hopeloos te veel soos 'n lyk
van alles moet jy afgesonder kan leef -
selfs die nederigste vlieg
word 'n aantyging en buitesmart
en sy gezoem vertel van wonde in die lug
want as jy die blou siel uit jou trek
en hom in die buite neerlê
word hy donker, krul om en sterf
soos 'n seester op die strand
'ek sou so onsterflik wou wees soos 'n hond
wat die hond in alle honde is
onsterflik is tussen nêrens en die niet
en ek draai my pens na die son
en vergeef julle al die leed my aangedoen
tot in die verdoemenis in...
‘hierdie drol wat stoomwit uit my blom
maar tog ook net die ysberg se spits’
| |
| |
siende ek tog nou in Rome is
en dat die dag blou oopgevlek lê
het ek gevra of ek God mag spreek
oor die nietige aangeleentheid
maar hy was nie te sien nie
miskien om die bloed van sy hande te was
of dalk somaar op die verleentheid
in die enigste goddellike posisie
| |
| |
| |
Drang nach Tod, en my tong is slang
ja, toe sien ek hoe die waters van lewe alles oorstroom
ja, daarom het ek van verse vir my 'n paal gesny
om hoog en droog die lewe te oorleef
Bruidjie Breytenbach aap op die paal
sy kop is stukkend sy wurms is kaal
uit die perke van hierdie paal vir my'n boot haal
boontoe na waar maan se droewe oewer vloei
|
|