Pogen. Jaargang 1
(1923)– [tijdschrift] Pogen– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 281]
| |
Afrikaanse humor
| |
Blyspele.Aan sy blyspele kan ek hier nie veel aandag wy nie. Die komiese daarin is fris en fonkelend en die taal suiwer en eg Afrikaans. Die Famielie-Saak is 'n knap intrige-stukkie, bring Afrikaanse tiepes op die tooneel. Ons maak kennis o.a. met ou Kootjie Hoogspraak, wie se ‘hebbens’ en se ‘zyns’ ook krioel ‘soos papies | |
[pagina 282]
| |
in 'n perd’; ou Antjie Taterat (kekkelbek, skenderkous, nuusdraer), ou Katoo, die kaffermeid. Pragtig word die fatale swakheid van die swart goed om hul mond verby te praat uitgebring in haar tewoordstaan aan Tant Antjie (p. 16). Ek wil 'n staaltje van haar kaffertaal aanhaal uit 'n ander blyspel: Die Wereld die Draai. Sy en haar ou man is deur die swart sendeling ‘verkeerd’ (bekeerd) en die kierie (stok) van oubaas maak kennis met die astrante Masbieker (soort kaffer). Katoo, die kaffer meid, is besig om voorhuis uit te vee. Hoe sien ons hier die ou meid vlak voor ons in al haar gelaatstrekke en gebare van haar ronde lyf, wyl sy besig is om die voorhuis uit te vee. Kostelik is haar gedagtewêreld ons geopenbaar in haar goed gelowigheid, Masbieker-trots, selftevredenheid, realisme en plastiek, wat dikwels die taal van die naturel kenmerk. En stel jou die haastige oubaas voor teenoor die ‘verkeerde’ Masbieker wat hom sy ‘broer’ reken. Vervolgens wil ek U 'n voorbeeld gee van knapheid in taalverdraaiing. Ek kies uit tallose voorbeelde die onderhoud tussen 'n Engelsman en die nukkerige ou Karel: Henry: (wil vriendelik wees): | |
[pagina 283]
| |
Henry: (knik): Yes, dry. 'n Latente humor spreek uit die woorde van Ou Karel, as hy eindelik sien dat die Engelsman 'n ‘witman’ is en dubbel en dwars sy agting verdien: sy norsheid word nou 'n masker vir 'n teerder gevoel. Ou Karel: (gee vir Henry die hand): Henry, a nee, ek sê a nee; waarom het hulle nie van die beging af pure van jou klas Engelse hierheen gestuur nie? Waaragtig om jou ontwil, verstaan jy my, sal ek jou vervlakste nasie minder haat in die toekoms.... In die mooi gedig aan die end vind ons die berustende en kinderlikvertrouwende houding van die humoris tot die loop (en draai) van die ou wereld. In hoeverre sy blyspele kuns is laat ek daar, maar wat die komiese en humor betref sit daar karakter in, nes daar karakter is ‘in die biltong en wors en bladjang en soutribbetjie wat die voortbrengselsel is van die kuns van die Afrikaanse vrou’. Ons weg deur die Wereld breng 'n skat van skerts en vrolikheid, geestigheid en humor; maar ook stille meditasie en rype lewenswysheid. Ek sou U so graag voorbeelde van elk wou voorlees, maar die tyd ontbreek. Sien hier 'n Brief van sy Ouers aan Jan op die Kollege, waar 'n ernstige vaderlike vermaning geklee is in humoristiese taal, waarin vaderlike trots en liefde agter die kwasieteleurstelling en waarskuwing spreek. Die ou baas se sonde met die bure word in kragtige taal geskilder: Skut-misère, water-verdriet, dippery-gefoeter en Hotentot-beproewing. Hy is nukkerig en | |
[pagina 284]
| |
kort van draad: hy ransel die seuntjie van die man wat sy vee skut toe stuur; die jong van die baas wat sy water steel, slaan hy oor die korrelkop en rol hom dan in die voor vir lafenis, ens.; en tog is hy ons baie sympatiek geteken. Ik lees twee fragmente, uit die brief van die vader en die naskrif van die moeder: ‘In die laatste koerant het my oog toevallig op 'n rapport geval van 'n voetbalwedstryd in die Kaap.... Jy moet 'n soort van Kaatjie van die baan gewees het by die spulletjies; en die opmerkings wat die koerant maak oor die begaafdheid wat jy daar aan die dag geleg het sou jou tot groter eer gestrek het, was dit 'n edeler doel waar die begaafdheid aan bestee was. Hoe dit ook sy, ek neem jou nie kwalik dat jy aan dié bogspulletjie deelneem nie. Sorg maar dat ek nie dokters-rekenings kry wanneer hulle éen van die dae, soos ek verwag, jou twee knieskywe afskop nie. Ek kan verstaan dat jy die liggaamsoefening waar jy min van skryf, nodig het om die geestesinspanning, waar jy baie van skryf, nou en dan te laat blaas. En as jy met die aanstaande vakansie huis-toe kom sal ek sien dat jy meer van dié onontbeerlike liggaamsoefening geniet. Dit sal net wingerd-skoffeltyd wees. Naskrif (in vrouehand): Moeder se kind, ek het weer die koevert oop gemaak om vir jou stilletjies hier 'n vyf pond noot in te sit. Moenie laat jou Pa dit agterkom nie;... ek verlang tog te veel al. Hessie is tog te 'n liewe kind, sy laat groetnis weet. Dit reënt so baie daar op Stellenbosch; kyk tog dat my kindjie nie met nat voete in die skool gaan stil sit nie; en dra gereëld die flannel onderhempies wat ek vir jou gemaak het.... Jy ken jou Pa se manier. Hy skryf verniet so onverskillig nes een wat niks omgee nie. Hy is maar tog te hoogmoedig dat dit deur jou is dat die Afrikaanse voetbal-span die Engelse gewin het en dat jy so 'n hoë naam in die koerante en oor die hele land gkry het: byna net so hoogmoedig as toe jy eerste op die lys was by die laaste eksamen. Maar moenie so hard leer nie, my kind, dat jy naderhand kapot word nie, en wees tog versigtig met die voetbal dat hulle my kindjie nie seermaak nie. Honderd soentjies van, | |
Jou moeder.Veel humor bevat ook die skets Meester. Die Hollandse onderwyser het dit alles so nobel bedoel en tog het sy onpedagogiese ywer vir Nederlands met ‘suiwer aksent’ tot groteske dwaasheid gelei waaroor die skryver sy stille glimlag laat gaan vol innige | |
[pagina 285]
| |
medelye. Die komiese en verhewene word hier opgelos in die juiste stemming van humor, wat onmiddelik uit die situasie oprys. Ek gee een strofe van 'n vertaling van Scott's Lochinvar wat Piet ('n entoesias vir Nederlands) eendag vir Meester op skool voorgelezen het: Hy gaf om geen doorn, hy geef om geen kip:
Hy jaag deur den vuur en hy joeg deur die wip;
Maar eer hy den hek van zyn liefste behool,
Heeft ander jong boggie zyn meisje gestool!
Een vrotsige vryer en papbroek-bekleier
Had Elsie gevroeg, en sy heef nie geweier!
..............:...
Na 'n liefdesroman en liefdestragedie Ie meester’ nou onder die groen sooi daar op die Afrikaanseboere plaas, vèr van die vaderland..... ‘Arme Meester! Hoe sou hy sy hoof nie skud oor die Hollands waarmee sy leerling hom hier ont-eer nie.’ Dit is die pragtigste aanklag toen die ou regime van Nederlandse taalonderwijs in Suid-Afrika. In Twee Oues van Dae, maar veral in sy eenvoudige gedig Ag wat, dis maar 'n Hond tree sy liefde vir diere en veral sy hond voor die dag. Hierdie gedig, 'n beetje triviaal hier en daar, gee in sy geheel tog so 'n troue beeld van die humoris dat ek 'n paar strofes daarvan wil aanhaal. Die vrolike aard van sy hone word beskrywe, sy pret en vermaak, sy ondeunde streke, maar ook sy trou én vriendskap: So maak hy ons die lewe lig;
Hy 's altyd klaar vir speel -
Nooit Nuk'rig of neerslachtig nie -
Sy plig is nooit te veel.
Maar is dit ek wat treurig is,
Hy voel en deel my smart:
'n Natte neusie in my hand
Bring troos uit hondehart
............
met die tragiese humor van die slot is: En is jou trouwe diens verby
Met laatste levensstond,
Dan gooi jou baas jou uit sy pad -
Wat is 'n dooie hond?
Maar is dit hy wat eerste gaan,
Dan leg jy op sy graf.
En pas sy rustplaas op, en wag
Vergeefs 'n weersiens af.
| |
[pagina 286]
| |
Helaas, kan ek U nie meer Langenhoven laat sien in sy rustige beskouing nie, so vol kinderlike naiewiteit en reinheid van siel, soos geopenbaar in sy Fantasieë, wat tot ons mooiste Afrikaans moet gereken word. Hier spreek die ware humoris. wat bo die pessimisme kan uitkom en in vrye selfheerlikheid die lewe en homself kan beskou met rustige glimlag. Die teenstrydigheid van die moderne onrus en die rustige skonnheidsgenieting in die vrye natuur word opgelos in die gloedvolle lieriek van sy gemoed. In die skets oor Die Ou Wa wind ons die liefde van Langenhoven vir die beminde voorwerpe van sy jeug: weemoedig is sy afskeid van wat hom eens so diensbaar en lief was. En saggie gaan sy humor oor die geskiedenis van die ou wa - vol soete geur en lief - weemoedige herinnering. Hoe teer voel hy weer die gelukkige kinderjare, toe hy gemeen het dat sy Pa by die skaaf bank net vir hom die krulletjies gemaak het: En dan moes jy hom sien sit in die hoop krulle, self met 'n weelde van wit sye krulletjies, baie fyner as die houtkrulle en baie mooier, op die koppie en oor die skouertjies af, en om die oortjies en vóór die bloue ogies, sodat hy hulle kortkort moes wegvee nes 'n noointjie’. Uit die hele skets spreek weemoed en verlange, maar geen sinisme nie. Hy is geen blinde laudator temporis acti nie, maar kan die teenspraak wat hy oorals opmerk tot 'n oplossing bring in die rustige wete, dat die hoëre ideë van die verlede ook in die verlede ook in die vrye bewussyn van die hede kan voortlewe. Die ou wa voel dit: ‘ek verbeel my hy is nie so ongelukkig in die nuwe wereld as hy wil uitmaak nie’. Maar soos Alph. Daudet en Lamb soek hy, as die nuwe werkelikheid van die leve te seer knel, na vertroosting en krag in die stille drome van sy verkwikkende fantasie..... Die geestigheid van Langenhoven voral in verband met sy duisend en meer maximes bespreek ek elders breedvoerig. Hier kan ek enkel 'n nuwe gesigspunt, 'n nuwe kompleks van waarneminge, gedachte- en beelderykdom, spelende fantasie en fonkelende styl van onse outeur met 'n enkel voorbeeld illustreer. Met Langenhoven is ons Afrikaans reusagtig vooruitgehelp in rykdom en krag, lenigheid en lusiditeit. In hom is die afrikaner te vind: geestig, vernuftig, heldersiend, maar vooral haastig en saaklik in gesprek: praat gou neef, want die huis lê vèr: Langenhoven staan met bye sy voete op aardsvaderlike grond, al bly sy gees ope en fris vir wysheid van elders. Hy is ons mees rasegte kunstenaar en met die minste direkte invloed van buite. Sy Afrikaans is pittig en waar en suiwer van beeld en helder soos ons suiderlug | |
[pagina 287]
| |
Waar Rabelais sê dat wetenskap sonder gewete die ondergang van die siel is en Montaigne daarby voeg dat wetenschap sonder eie oordeel die ondergang van die gees is, daar word dit by Langenhoven: Soos 'n skeermes in die hand van 'n aap, so is geleerdheid in die kop van 'n dwaas. Vir 'n gesonde neus moet die vuiligheid nog erger stink, as dit sy eie persoon besoedel, sê Montaigne (Essais III - No 8) en Langenhoven: Of neem 'n ander uitspraak van Montaigne: Dit is nie vir die dood wat ons ons voorberei nie, want die doodstryd is so kortstondig: 'n kwartiertjie ly sonder erge gevolge verdien nie sulke besondere voorskrifte nie (III-12). By Langenhoven: Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns: die beste kry dit nie altyd reg nie (daarom reken ons dit nie die moeite werd om dood te gaan nie). Ek laat nog een paar spreuke volg: Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is die wat reeds te vore gewys het dat hulle kan byt. (En daar is honde wat niet eers hoef te knor nie, dooies bevoorbeeldGa naar voetnoot(1). Daar is mense wat hulle oë so knaend daarbo op die hemel gevestig hou dat hulle nie sien hoe min goed hulle honde hier onder op die aarde doen nie. (Wat hulle hande doen is om vas te klou aan die aarde om nie op te val hemel-toe nie.) Die man wat die meeste besorg is dat sy bure se byle moet blink, is die wat slypstene het om te verkoop. (So is die man wat 'n preekbundel wil verkoop meer beangs oor sy bure se saligheid oor sy sie). Die luiaard is die enigste man wat van sy slaap sal moet rekenskap gee. (Al het hy gedroom dat hy wakker was). Hou jou glimlag vir jou vyand, jou trane vir jou vriend, jou hart vir jou ewemens, jou oordeel vir jouself, en jou gewete vir jou God. (Hou jou vermoë, hou jou geloof, hou jou naam, hou jou skoon, en hou jou bek). Koop 'n blous wat nie pas nie en reken hy sal regkom met die | |
[pagina 288]
| |
dra. Trou 'n jongentjie wat nie deug nie en reken dat hy sal verbeter met die getroude lewe. (Van die blous kan jy nog 'n lyfie maak. Van die jongetjie mag jy nie eens 'n lyk maak nie). Sonde met die Bure: Bring ons grotesk-komiese ondervindinge op reis, uitbundige skaterlag om die koddig-komiese situaties, eerder dan die weemoedige glimlag wat ons by humor kry. 'n Frisse windje waai deur hier die grappig beskrewe avontuur en die lagwekkende is so pragtig volgehou en die uitwydings en skerts oor bestaande toestande so lewendig van ingewing en fonkelend van steeds nuwe verrassinge, dat dit tot ons beste komiese literatuur behoort en voortreffelik ons opgewekte volksaard illustreer. Doppers en Filistyne: gee gemoedelike en ook vlymende satiere op maatskappelike toestande by ons. Voortreflik is die kostelik vrolike siening van ons Afrikaanse wêreld en die dramatiese krag, wat my altyd laat verlang na die groot blyspel van Langenhoven; want suiver humoris is hy nie, soos dikwels blyk uit rein komiese behandeling en sterke sekondêre funksie. Ons vind hier die botsing tussen oud en nuut, platteland en dorp, bekveld en sosaaiete, Doppers en Filistyne, ens. Deur die Filistynse gees wat sy vrou besiel, is Oom Stoffel, 'n Takhaar-boer, van sy grond af en in die dorpsmisère verval. Sy ‘sagmoedige’ gedienstigheid onder pantoffel-heerskappy en sy teenspartel (voor die leser!) is kostelik uitgebeel. Hy wy uit oor die sonde met sy nuwe bure, veral met die ou Skotsman Makpaatrie en die Afrikaanse renegaat en Missies James Wènderbaail (Koos van der Byl of ou James, soos Oom Stoffel hom verkies te noem). Hy haat die ander party tot in sy siel, maar dan kom opeens die ‘Versoening’ en Oom Stoffel vertel ten slotte hoe hy so geeindig het, was die teenparty nie sy vriende geword nie. Oom Stoffel is met baie liefde geteken en is 'n pragtige humoristiese karakter. ‘Die simpathie behoort Langenhoven in staat te stel om ook die langsame groeiproses van die versoening in Oom Stoffel se gemoed uit te beeld’ skrywe iemand oor hierdie werk, sonder egter die eintlike humor daarvan te begryp. Hier is geen sprake van soo 'n langsame groeiproses nie, eenvoudig omdat Oom Stoffel - onversoenbaar is en die humor is juis dat hy homself wysmaak dat hy versoend is met sy nuwe vriende. Pragtig laat Langenhoven dit uitkom, waar hy na 'n lang afkamming van die ander party deu Oom Stoffel die ou laat sê:’ En nou vandag is hulle harte togreg, wat ook nog buite verkeerd bly. Ek vergewe 'n man baie as sy hart reg is.’ Is dit nie kostelik | |
[pagina 289]
| |
nie? Plaas Oom Stoffel naas Wenderbaail of selfs naas sy eie vrou en sien die verskil van hart! En wat sy uiterlike houding betref, daarvoor bied die stuk genoegsame motivering en- suggestie. Maar ek moet U tog 'n staaltjie gee uit hierdie boek. Ek neem voor die hand die gesprek van Oom Stoffel met 'n Dominee wat saands Engels in sy kerk preek: ‘Maar hoe is dit moontlik, Dominee? Ons hou dan Engels dienste in die Hollandse kerk? Ek het gedog dat daar so 'n wedersydse reëling was om die gemeentes saans te laat omruil tot bevordering van die broederskap en samewerking van die twee rasse waarvan ons Engelse landgenote met sooveel liefde vir ons altijd preek.’ ‘Broeder,’ sê die Dominee, ‘ons moet hulle tot voorbeeld wees. Dan is ons hulle meerdere.’ ‘Ja, Dominee; ons was nog altijd hulle meerdere. Daarom aap hulle ons in so baie opsigte na’ ‘In watter opsigte?’ vra die Dominee. ‘Kyk, Dominee; die Engelse predikant, die Reverand John, praat teenswoordig niks as pure Hollands in sy huis. Hy laat sy kinders met Hollandse name doop; en die wat reeds voor sy bekering Engels gedoop is, die se name het hy vertaal. Sy dogters Ivy en Violet is nou Klimop en Vijool. Hyself is die Eerwaarde Hans. Hy laat sy kerkdiens herhaaldelik sluit met die speel op die orgel van die Tranvaalse Volkslied. En hy bid smôrens vir Oom Paul.’ Ten slotte Loeloeraai (1923). 'n Venus-(ster) bewoner van die naam daal naar die aarde toe in sy goue sfeer. Hy is 'n edel wese, wat deur sy hoëre beskawing, wetenskap en veral sy groter liefde ons die weg wys naar hoër geluk op die ondermaanse. Hy dwing die stille hulde af van 'n ieder, behalve die maghebbers en moet gou weer laat vat. Met hom doen die Langenhoven-famielie met Oom Stoffel, natuurlik, 'n reis naar die maan. Oom Stoffel is weer pragtig humoristies in sy Takhaar-naiewiteit weergegee. Neelsie wil homself moed vir die reis inpraat deur te beweer dat hy minder bang is as die goeie Oom Stoffel: ‘ek weet mos darom meer as hy van die sonnestelsel en sulke dinge en familiarity breeds contempt (p. 87).’ Laat ons afskeid neem van Langenhoven met een laatste sitaat. In die hemelruim herken hul die oppervlakte van die draaiende aarde en Oom Stoffel is bekeerd tot die nuwere wetenskap. Hy laat weet aarde toe op Loeloeraai se telefoon: ‘Sê | |
[pagina 290]
| |
hulle moet tog asseblief aan Soetlief telegrafeer ek is perdfris en ek stuur liefdegroete en die vervlakste Engelse het gelyk: die aarde is rond en hy draai en sy moet vir Adoons sê hy laat nie my vleiland versuip van luiigheid nie en as ou Galbroek Hawerhaas daar kom steek hy hom onder die klippe en hy laat Steekbaard sy laatste draad van sy broek afskeur.’....... 'n Gevoeliger toon en diepere humor kry ons as hul uit die ewige ruimte verlangend na hulle eie ou plekkie op die aardbolletjie soek. ‘Alle wereld,’ aê ek, ‘die tyd gaan hier gou om. Kyk daar is Madagascar en Arabië, en die Hoek-land daar by die Persiese Golf...’ ‘Afrika, Papa,’ skree Engala. ‘Ja, my kind, ons eie land - Maar nog die verre oostelikste punt daarvan.’ En toe word ons ongeduldig. ‘Dit lyk vir my hulle het nou briek aangedraai,’ sê ou Stoffel. Maar eindelik dan darem tog - dit moet die Drakensberge wees... en kyk daardie strepie stippels wat uit die skaduwees begint uit te kyk en oos en wes loop. ‘Vroutjie, vroutjie - dis die kruine van die Swartberge en die witste kol is Toorkop. Die son kom op op Oudtshoorn!’ ‘Ek hoor die toringklok lui,’ sê vroutjie. ‘En ek sien my ou man met die koppie koffie en met Jakhals die kamerdeur inkom.’ Ek kyk na Loeloeraai. Hy vee 'n traan uit sy oë. ‘Ek deel julle gevoelens, vriende. Kyk daar by die rand van die aarde verby - daardie blinkste van al die sterre. Ook op my tuisplekie skyn die son.’ | |
Dr. C.L. Leipoldt.Daar is skrywers wat in eie sieleweedom soms enkel nog kan uitsnik in woorde vol van saamgeprangde ontroering soos Brero of Verlaine. Daar is ook andere wat die diepste menselike lye die skeurendste menselike smart en die skrynendste herinnering van gans 'n nasie weer kan deurleef; maar met byna bowe-menselike mag, die stormende ontroering kan bedwing in heldhaftige strewe na berusting, waar haat en bitterheid verstom: ‘Bedaar, bedaar my hart, al kraak jy ook:
Ons moet die drumpel oor al breek ons dood!’
So een is my ook Leipoldt. By hom meer as by enig ander, vind ek die gekonsentreerde oorlogsleed van gans ons smart- | |
[pagina 291]
| |
verlee. En die magstigste uiting daarvan in Oom Gert Vertel en Andere Gedigte. Tog kan ek U juis uit die tragiese sange van Leipoldt ook die tragiese humor met 'n enkel voorbeeld ilustreer. Ek laat sover moontlik die digter vir homself spreek. | |
'N nuwe liedjie op 'n ou deuntjie.Dit is 'n lokasieliedje en die digter sing dit 'n sterwende kindjie toe in die vrouekampe van die Oorlog: Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie. Siembamba!
Vou maar jou handjies saam, my kind:
Hoor tog hoe huil die noordewind!
Hier in die kamp is alles stil.
Net maar die wind waai soos hy wil;
Net maar jyself kan kreun en steun:
Niemand sal hoor nie, niemand seun!
Almal is besig: Oor die land
Drywe 'n wolk van die noordekant -
Swart as die rook uit die skoorsteen puil,
Swart as die nag, en as roet so vuil:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies en sê ame!
In die tweede strofe oorval die digter eindelose jammer en leed, maar teen die slot is sy stemming weer meer berustend. In die laaste is daar selfs plaas vir 'n glimpie van humor: Siembamba, Siembamba.
Mame se kindjie, Siembamba!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar -
Twee in een kissie, 'n bruilofspaar!
Alles vir ons wat die oorlog hou,
Alles vir ons en niks vir jou:
Jy het van ons jou plig geërwe -
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al wat jy wen is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies,
En sê - ame!
Voel U iets van 'n lugubere spel, waar 'n kinkhoes- en teringlyertjie moet ophou kreun omdat almal besig is en niemand tog kan luister nie en maar weggesus word na 'n-bruilofskissie toe op die deuntjie van 'n kafferlied! In Oom Gert Vertel weer voorbeelde van deur humor gebroke tragiek. Die ou man is nog lank nie sy smart te bowe nie, maar wil | |
[pagina 292]
| |
dit nie voor andere toon nie: elke keer moet hy 'n knop insluk en haastig 'n lugtige opmerking maak om nie deur die smart van herinnering oorstelp dit luid uit te snik nie... Dan moet Gerrie, sy dogter, dit doen of dat doen; dan weer vertel hy allerlei minder saaklike details, of verval in uitwijdings en herhalings om tog maar nie op die vreeslike gebeurtenis te kom nie: twee jong kêrels, een sy peetseun Bennie, verloof met Gerrie en deur almal gelief, as rebelle op die mark voor hul familie opgehang. Die kwasie-onverschillige houding van die ou Boer, sy treusel, syn langsaam opdreef raak, sy gevoel van magteloosheid teenoor die smart wat in hom oprys, sy poging dit met 'n norse opmerking te verdrywe of aftelei met 'n beuselagtige opmerking oor koffie of hoenders... dit alles is so smartvol-realisties uitgebeel, dat die tragiese deur die onderbrekende humor nog intenser word in subliem gevoel. Oom Gert vertel: Ja, neef, wat kan ek oumens, jou vertel?
Jy wil die storie van ons sterfte hoor?
Nou goed!
..................
..... ek weet maar uit my eie siel.
En kan maar grawe uit my eie hart.
..................
'n Lang geskiednis is dit! Treurig ook.
Want daar gaan snikke en trane deur, ou neef!
Wil jy dit aanhoor? Goed!
Maar sit, man, sit:
Ek kan jou nie vertel nie as jy staan.
Sit daar, (En, Gerrie, gee hom wat te drink,
En pa kan ook 'n slukkie koffie sluk).
Hoor hom oor die kolonel wat sy Bennie tot die dood veroordeel het: Sy naam, nou Gerrie, wat was ook sy naam?
Jones? Nee kind, dit was maar sy offisier -
Jy weet, die aap met strepies op sy mou -
Ek het dit! Wilson was die vent se naam:
'n Dik vet kerel, met 'n grysgeel snor,
En lang slagtande, en rooi in die gesig.
.................
Langsaam vorder sy verhaal: ........... Maar kom,
Ek gaan te vinnig met die saak vooruit.
Hier op my stoel het ek gesit, en daar
Waar jy nou sit, het Bennie ook gesit.
En Johnnie vlak naas hom. Ek sien hom nog,
| |
[pagina 293]
| |
'n Opgeskote kêreltjie, nog nie
Heel droog agter die ore was hy toe,
Nogal astrant en sniprig met sy mond,
Die jaar nog aangeneem. (Gerrie, my kind,
Haal tog die album.) Hier is sy portret,
En hier is Bennie syne; daar's die lyn
Wat sy oorlede ma geskrye het
Die dag na - na - sy dood. Jy kan dit lees
My bril die pas nie mooi, en in die rook
Kan ek so goed nie sien nie. Lees maar voor
‘Barend Gerhardus Barends’ - Reg! en nou?
‘Geboren op den zesden Mei’ - Ja reg!
‘Ge-’ - Maak die boek maar toe: ek weet dit al!
(Hartlam, kom neem dit weg. Wat staan jy daar
Beteuterd as 'n kat? Kom, skink weer in;
Ons het mos melk genoeg en suiker ook,
En Martjie LouwGa naar voetnoot(1) is nou nie in die dorp!)
En as hy oor Bennie verder praat word Gerrie weggestuur: Jy sien sy is nog nie goed oor die bult.
Gou sal hy sy eie smart ook nie meer kan keer nie. Hul word gevang en ter dood veroordeel. Die môre kom die hoofkonstabel sê:
‘Die kolnel stuur sy komplimente!’ - God!
Sy komplimente, hoor! Het jy verstaan?
Verstaan jy neef? Sy komplimente!
Bedaar, bedaar, my hart, al kraak jy ook:
Nee!
Ons moet die drumpel oor al breek ons dood!
Maar gou weet hy hom weer deur lugtigheid te herstel. Die hoofkonstabel - Nichols was sy naam:
Hy 't later in die Vrystaat lood geeet
En dit nie goed verteer nie......
En eindelik!... Die Kakies wil 'n mus oor Bennie se gesig trek, ..., ..., maar Bennie vra -
En nog op Engels ook: hy kon dit praat -
Of hulle hom nie sonder dit kon hang.
Die kolnel knik; en toe -
Nee neef, laat staan!
Wat vat jy weer my hand? Laat bly my hand!
Vervlaks, hoe kan ek nou vir jou vertel,
As jy my somaar afbring van my rym?
Blaas net jou rook uit na die ander kant:
My oë is te oud vir jou tabak!
(En, hartlam, haal vir pa 'n sakdoek).
|
|