Pogen. Jaargang 1
(1923)– [tijdschrift] Pogen– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 243]
| |
Afrikaanse humor
| |
[pagina 244]
| |
trekke beminlik is. So het die humoris deur ey menslikheid hom die stemming verwerf van vergewende spot. Dit kan van nut wees alhier tog enige definiesies van humor te laat volg om verskillende kante daarvan treffend aan te toon, al sal ons nooit sy vliedende gestalte met 'n beperkte aantal woorde kan omvat nie: ‘l'humour échappe à la science parceque ses éléments caractéristiques et constants sont en petit nombre et surtout négatifs, alors que ses éléments variables sont en nombre indéterminé’Ga naar voetnoot(1). Dit is nodig hierop veral te let om ons van teleurstelling en oppervlakkigheid te hoed. Op die gemoed of die gevoel word als volg die klem gelê: humor is ‘das Gefühl des Lächerlichen auf Grundlage der Sympathie’ (Hoffding in sy Psychologie). ‘Erst das Gemüt ist es, was den Narren humoristisch macht, das warme Herz das unter seinen Narrenjacke schlägt’ skryf Hartmann in sy Aesthetik (p. 461). En daarom is dit dat ons dikwels 'n traan in die oog van die humoris gewaar, wyl op sy lippe nog die glimlag leGa naar voetnoot(2). Maar die vernaamste is wêreldhouding of wêreldbeskouwing, waarin na versoening tussen ideaal en werkelikheid gesoek word. Reeds Jean Paul het daarop gewys. In die inleiding van sy Quintus Fixlein praat hy van drie weë wat naar geluk toe lei: Die idealisme wat die reële wêreld minag: die hartelike humor wat hom verklaar tevrede met die oneindige kleinheid wat sy lot is, omdat hy aan sy mikroskopiese wêreld al die prestige van die gees en die verbeelding toebring: en 'n kombinasie van hierdie twee standpunte. Lansgenoemde is praktiese humor, volgens hom. Die humoris is ook in hierdie opsig dus geen ‘grensmens’, geen ‘Natur mit zwei AbgrundenGa naar voetnoot(3)’ nie. Die wêreldbeskouwing van die humoris is uit volheid van voel en belewe geskep. Mooi wys J.H. Shorthouse op die liefdevolle, begrypende gees van die humoris: die humoris bring ons ‘die gelouterde lag, die vrolikheid, verfynd tot 'n vreugde, ingegee deur teerheid en liefde - die wat ons dikwels opmerk by mense wat sorg geken het’Ga naar voetnoot(4). | |
[pagina 245]
| |
Luister verder naar die definiese van Baldensperger waarin hy die vereniging van luim en erns in 'n mooi-franse beeld bring: ‘l'humour est le baiser que se donnent la joie et la douleur; il a dans son blason une larme souriante, il est coiffé d'une marotte garnie d'un crêpe, il est chaussé du cothurne tragique et du socque comique... et nous savons enfin que la joie et le chagrin, s'étant rencontrés dans la forêt nocturne, s'aimèrent sans se connaître, et il leur naquit un fils, qui était l'humourGa naar voetnoot(1). BrunetièreGa naar voetnoot(2) was geneig om die vernaamste gewig op die vrolikheid (gaîté) te lê, en inderdaad is dit 'n sterk sprekende trek in alle humoristiese siening, sy dit in ons kostelike Reinaert, in sy heerlike spot met logge arrogansie en sy verheerliking van geslepe geestigheid en lenige beweging (die onoortreflike humor van outomatisme en du mécanique dans du vivant); in die Sentimentele Reis van Sterne of in die jubelende natuurliefde van Pallieter. Tog moet nie vergeet word nie, dat grondtrek van die ware humoris ook tevens 'n sekere melankolie of tenminste weemoed is, 'n gebrochenheit der Seelenlage. Ek kan geen oppervlakkige optimisme in verband met humor denk nie; ‘Depression of spirits’, en liggaam-like siekte klaag die meeste humoriste oor. Maar wat die humoris altyd weer die gemoedelike glimlag op die lippe bring en tevredenheid en sy berustende blik is die gawe hom in buitengewoon grote mate gegee om die betreklike van alle dinge te sien. Sy liefdevolle hart doen hom dan so veel vergewe waaroor 'n ander sou getoorn het, sy geloof in die goeie vul hom met lankmoedigheid, sy oog vir skoonheid in natuurGa naar voetnoot(3) en karakter gee hom lewensblyheid, al moet hy dan daarnaas meer lelikheid ook konstateer, as die gewone mens. Sy siel strewe na harmonie in homself. Maar lank nie altyd is hul in ewewig nie. Hul spelende fantasie en hul gevoelige hart neig naar die een of die ander kant. Die stemmingskleur wat die spelende willekeur of die deelnemende beskouwing onder verskillende omstandighede kan aanneem kan hier enkel as baie varierend aangedui word. Essensieel bly vir die humoris om as kenner diep in die lewe deur te dring en die teenstrydighede zien en te behou ‘le sens de | |
[pagina 246]
| |
la vie réelle, le contact direct avec elle. L'éloquence, la poésie, l'esprit, peuvent être parfaitement abstraits, exister à une grande distance des choses. L'humour à besoin de s'appuyer sur elles’Ga naar voetnoot(1). So is dan die roeping van die humoris ‘to laugh and smack, but with pity and show likenese with oneself and others in the world’: Waar die komiese die geestelike lag gaande maak, die satiere slae van spot uitdeel en die ironie, gebore uit haat, jou onder 'n streling sy angel wil toebring, daar is dit humor alleen wat kan vertroos. Die humor los alle vaste dinge op in sy geestige vogtigheid. Beperkte nature sonder sin vir humor sou ons ewe passend droog kan noem. | |
Satieriese en tragiese humor.Die ergste vyand van humor is huigelary en met skynheiligheid lê hy dadelik oorhoop. Sy harde spot klink dan satieries en die reine element van die komiese bevryding is nie geheel aanwesig nie. Dit word dus nodig alhier 'n onderskeid te maak tussen die gemoedelike, sentimentele humor van die kring van humoriste bo deur my bespreek en deur Hazewinkel behandel in sy Bydrage tot de Psychologie der Humoristen en die gebroke, ernstiger of hartstogtelike soort. Wie bittere lewenservaringe deurgemaak het en die lege ydelheid van die lewe of van die maatskappy of van 'n bepaalde orde in naakte lelikheid aanskou het en genoegsaam bo sy verskeurdheid en hartstog kan uitsteig om sy lag te laat gaan oor die ongeregtigheid en huigelary, die ondank en laagheid van die mensdom kan oneindig hoër in kuns, maar nie in liefde nie, te staan kom, bo die sag-vrouelike nature, vol teer en innig gevoelens en mooie vergewensgesindheid. So kon Aristophanes sy spot oor 'n sedelyke wereld met humor paar, Shakespeare sy diepere deurskouing van menselike laagheid en voosheid in brandende humor uitbeeld. So kon ook Breero in skrijnende humor en met droefweemoedige lag sy blik laat gaan oor 'n bloeiende en tog sinkende wereldstad, vol liederlike skraapsug, afskuwelike goorheid en skrynende mensenwee. Maar Querido nog heerliker in sy gigantiese siening van 'n geheel eie mensenras, | |
[pagina 247]
| |
met al sy dolle lewensjolyt, weemoedige beklemming en galbittere sinisme: ‘pôferblomme in de maneschijn, alles larie en apekool, waterverf en dun spoelsel’ ..... waaroor tog weer die begrypende, berustende glimlag lig van wie in eie siel groter is as milieu, selfs die van 'n donker geteisterde Jordaan-buurt. Ja, daar is humor wat ons sag en week stem, ons die lewe en die wêreld laat liefkry; daar is ook humor wat as die grotesk lugubere van 'n droewe komedie ons aandoen en tog sonder bitterheid is en ons kan versoen met die lewe. Maar dit vermag alleen die begenadigde eenling. Bo pessimisme en teleurstelling met die bestaande moet daar 'n ander gevoel te staan kom; dit moet tot 'n oplossing geraak van die tragi-komiese, dan pas kom die bevryding, waar liefde selfs nie uitgesluit is nie en wat karakters as Hamlet, Jerolimo, Manus Peet of Oom Gert laat ontstaan. Op dieselfde grond was van die verbitterde Swift b.v. niks anders es donkere sinisme te verwag nie en bittere ironie. (Wordt vervolgd). |
|