Sangiro en de Zuid-Afrikaanse jeugd.
In de vorige jaargang plaatsten we een artikel over het werk van Sangiro. Hoezeer deze schrijver ingang vindt bij de Zuid-Afrikaanse jeugd, bleek uit de dit jaar gehouden taalexamens. Een van de onderwerpen voor een opstel, dat de candidaten voor deze examens maken moesten, luidde ‘My nouste ontkoming’. De meeste candidaten die dit onderwerp kozen, wisten te woekeren met de bij Sangiro opgedane avonturenschat.
Het Aprilnummer van ‘Neerlandia’ haalt een passage aan uit het verslag van een der examinatoren, dr. Malherbe, waarin deze het hierboven vermelde verschijnsel als volgt omschrijft:
Van alle Afrikaanse skrywers is die invloed van Sangiro op hierdie jong stiliste verreweg die opmerklikste wat inhoud, styl en woordeskat betref. Omtrent driekwart van die noue ontkomings was jagawonture met ‘arnosters’, maanhaar-’ en ‘kraagmannetjie leeus’ - na willekeur. Byna sonder uitsondering het elke leeu ‘oor die hoë gras aangesuis gekom soos 'n inspirasie!’ om dan te sterf deur die koeël van die jagter, met of sonder ‘die rou geroggel van 'n sterwende leeu.’
Die onderwerp ‘my nouste ontkoming’, het bewijs gelewer dat onder ons skoolgaande jeug daar baie ontluikende Baron Münchhausens is. Om darem binne vyf minute agtereenvolgens deur 'n tier, (= een tijger) 'n krokodil en 'n maanhaar-leeu aangeval te word, met die uiteindelike resultaat dat die krokodil die leeu verslind en die tier die vlug neem, is darem vir ons held 'n noue ontkoming!
'n Ander seun-jagter spring weer op die rug van 'n wilde kraagmannetjie (wat hy per abuis vor sy gewonde bok aangesien het), en ja op hom myle ver totdat die koning van die diere eindelik oor 'n boomstam struikel en sy nek breek! ‘So ry ek jul almal nog die ewigheid in!’ is die triomfkreet waarmee hierdie groot jagter sy bloeddorstige geskiedenis sluit!