| |
| |
| |
Boekbespreking.
Ampie deur Jochem van Bruggen. Die natuurkind. Uitgawe van Swets en Zeitlinger, Amsterdam, in die jaar MCMXXIV. Prijs f 4.
Dit is dan eindelik daar, ons Afrikaners kan dan ook eindelik sê: U, Hollanders, het u ‘Jaapje’, ‘Geertje’, ‘Boefje’, siedaar ons ‘Ampie’! O, ek wil direk erken my trots sal waarskynlik oordrewe, my grootsheid oor ons eerste, waarlik gawe, psigologiese roman wat naïef, my lof te groot wees - maar vir my was dit 'n heerlikheid, die vervulling van 'n alreeds lang naar gehunkerde verwagting, toe ek ‘Ampie’ in die hande kon neem, en kon lees, lees, deurtintel en geboei deur die beheerste, beeldrijke, vaste, suiwere taal van v.. B; gekluister aan sy haas strakke, altyd heldere en sekere uitbeelding van die wese en wording van hierdie boefie van die veld: Ampie.
Met vertroue en trots het ek my Hollandse vriende nog altyd kon sê: Poësie in Afrikaans? Lees Celliers, Leipoldt, Langenhoven, Totius. Sketse, novelle, korte verhale? Lees Langenhoven vir sy heerlike humor en satiere; Jochem van Bruggen en Léon Maré vir hul diepere sielkundige indringing, gevoel en humor. Ja, en ek kon hul ook wys op ons unieke en héel eie besit, die boek van die Afrikaanse veld en dier: ‘Sketse uit die Oosafrikaanse Dierwereld’ van Sangiro, met sy meesterlike uitbeelding van die dierpsiege, van leeu en renoster, soos alleen nog dusverre 'n Jack London, dit gedoen het. Maar as ek 'n roman moes opnoem, die groot epiese uiting, die groot rekorder van mensgeluk en menseleed, die psigologiese roman van ons kompleks moderne tijd - dan moes ek swyg. Want al is daar dusverre wel genoeg romans in Afrikaans voortgebring, was dit van die tiepies romantiekerige verhaalsoort wat wel goed in die gewone volksmaak val en veral in ons taalstryd grote diens bewys het, maar allesbehalwe grote kuns kan genoem word. 'n Mooi, vlot, pakkende verhaal, 'n taal glad, maar met weinig eie kleur of krag, hier en daar 'n aardige greep in die Afr. volkslewe - dit was die hoogtepunte bereik in die romans van Ds. S.J. du Toit, J. de Waal, Malherbe, du Biel, Krüger, e.a. Die meerdere deurdringing in die diepste roersele van die mensesiel, die uitbeelding van handeling as logiese gevolg van 'n psigologiese proses, die durf om groot op te set en die krag om dit uit te voer - het totnogtoe ontbreek, 'n Eerste, maar swakgeslaagde proewe in hierdie genre was ‘Japie’ van ‘Kleinjan’ van Bruggen, broer van ons outeur. In ‘Ampie’ egter kry ons weer 'n proewe in hierdie rigting, wat m.i. ook met groot sukses bekroon is. O, nog nie so groots van siening as ‘Geertje’ of ‘Boefje’ nie, nog nie
so breed opgeset, so volmaak afgewerk nie. Maar tog, hoewel in kleinere formaat - trouens Ampie se persoon en omgewing is vanself al 'n kleinere kompleks - vlees van daardie vlees, bloed van daardie bloed, eg-Hollands in die liefde tot die werklikheid.
Die verhaal self is maar eenvoudig. Ampie is die produk van 'n fase in ons Afr. volksgeskiedenis, wat homself veral na die Anglo-Boerenoorlog gedug voelbaar laat maak het, die fase van ‘armeblankedom.’ Die kleinkinders van die stoere Voortrekkers, oorrompel deur die weë van jarelange oorlog en 'n te snel tempo in die wisseling van beskawingstoestande, van 'n patriargale, pastorale vrije gemaklike lewe tot 'n gejaagde, moderne maatskappy van intensiewe landbou in georganiseerde betrekking tot grote industriële stede en 'n Europese mark, het gemaak dat 'n groot deel swakkere broeders en susters agter geraak het in die meer gespanne lewensstryd, en deur verarming en verwaarlosing eers op die land en toe in die veel harteloser stede, gou-gou tot 'n skrikbarende lae peil gesink het. Ampie is 'n tiepe van die laagste trap in hierdie maatskaplike insin- | |
| |
king op die platteland. Die oudste seun van ‘Goor’ Dawid Nortje en ‘Simpele’ (d.w.s. half-idiote) Bettie, word hy, self egter by sy positiewe, saam met 'n talryke kroos van half-idiote broers en susters, uitgebroei in 'n murasie, waarvan die halfte vervalle is, en groei hij op in 'n vuilheid en liederlikheid van huis en liggaam erger as 'n kafferkrot. Van liefde is daar haas geen sprake; sy atmosfeer is een van dierlike stryd teen sy vader en die maatskappy van wie die hoogste magsuiting vir hom brute geweld is. Lafhartig en listig as wat hij kan wees teen iets sterkers as homself, so wreed kan hy wees teen iets swakkers - dit sy 'n os wat geslag word of 'n masien wat hom teenstaan. En tog lewe in hom 'n sterke drang naar liefde, kan hij baie teer weer soos ons sien in sy liefde vir ou Jakob sy esel, wat altijd egalig is, en vir Annekie wat - begrypelik - nie altyd so egalig is nie. En hierdie liefdes is die groot stimuli in sy lewe, wakker sy ambiesie aan om meer te hê en meer te wees. Tereg karaktiseer Kasper Booysen, sy toekomstige baas, hom:
‘Baar, as 'n Vaalpenskaffer, vuil as 'n koeliemeid; maar dis 'n witman, 'n Afrikaner-kind, en sy wil is goed, soos dit my lyk.’ En so gee v. B. ons dan te sien die ontwikkeling van A. van 'n verwilderde vuile, driftige, listige natuur, met die wil tot maar haas nog sonder enige self-respek, tot iemand met bewuste selfrespek, 'n selfrespek ontwikkel deur meer fatsoenlikheid van uiterlike voorkome en doen, (vgl. die Nuwejaarsfees, P. 180), deur 'n gevoel van verantwoordelikheid op B. se plaas (vgl. P. 132), deur die aansporende liefde om allebei ou-Jakob en Annekie te besit.
Ons maak kennis met A, alreeds 'n 20-jarige boerseun, as hij op die vendusie kom om ou-Jakob, sy esel, te verkoop op las van sv pa. Skerp en helder van die staanspoor uit, doem die bonkige, roue, half-dierlike en tog ook menslike figuur van A. op: sy gekrenkte eergevoel en wrok teenoor die Jood wat kom nie hand wil gee nie - A. weet ook wat ‘hoort’ - sy entoesiasme soos dit oplaai as hy moet praat oor ou-Jakob wat hy so lief het, sy intense leedvermaak as die afslaer van die muur wil afval of ou-Jakob die Jood byna raak skop. Dan - die smart as ou-J. weg is, die eb en vloed van drif en redenering wat hom doen besluit nie weer naar huis te gaan nie, maar Annekie te groet en in die dorp 'n verdienste te gaan soek by die slagpale tot hy Annekie kan kom haal met sy eie trollie en ag donkies naar die dorp waar hul ‘sal vlees eet dag vir dag en lekker saam lewe.’ Want stywe mieliepap maar altyd.... Hy sal Annekie ook 'n ring bring ‘net soos die tietser (onderwijzeres) hare.’ Heerlik naïef, materiële idealisme!
A. kom in die dorp, die geld van die donkie verdwyn alles in die sak van die gladde, listige ou-Moosa, die koelie in ruil vir 'n ring en andere sake hoofsaaklik snoepery! Fyn teken v. B. die boerseun wat dink dat hij die koelie ‘onderdeurspring’ (fopt) en altijd self goed gekul word. A. se uiterlik boesem egter geen vertroue in die poliesie agente in nie, en as hij eiemagtig 'n paar sinkplate ‘optel’ om hom 'n dak te verskaf in sy verblyfplaas in die sloot, word hy opgepak en opgesluit vir die nag. Dan volg 'n gevangenisscène. A. in sy skrik, wanhoop en magteloosheid doen sterk aan die ooreenkomstige scène in Brusse's ‘Boefje’ dink. Origens egter moet die invoeging van die twee onwettige drankverkopers en die duidelike tendens wat daaruit spreek teen drankwet en regeringsbeleid, as een van die swakste gedeeltes vandie boek beskou word. A. word vrygelaat en keer met sy vader wat hom kom soek het, en onderweg byna verwurg oor die verkwiste geld van die donkie, naar huis terug. Gevoelig geteken is sy ontvangs deur die onrustige, half-idiote moeder - geheg aan haar oudste seun vir sover sy dan tot liefde in staat is. A. se liefde tot ou-J. dryf hom om te probeer in die diens kom van Kasper Booysen, 'n gegoede boer en die nuwe eienaar van ou-J. Booysen self sien dit ook graag want hij het hulp nodig en die goeie kern van A. het hy al lankal ontdek. Onder B. se verstandige leiding begint dan ook die wedergeboorte van A. - 'n sindeliker, eerliker, hardwerkender, beheerster A., gelukkig as bywoner in die diens van B. met 'n lappie grond van sy eie en Annekie as sy vrou. Mooi is hierdie ontwikkeling uitgebeeld, die horte en stote waarmee dit gaan. Boweal logies. Want die A. aan die end van die boek is nog
| |
| |
allesbehalwe 'n volmaakte mens. Maar die kieme tot verbetering is gewek, en ons sien die sterke groei, sodat ons 'n redelike hoop kan koester dat die betere nie alleen tydelik sal triomfeer oor die kwaaie nie - maar ook duursaam. Trouens die feit ook dat hierdie deel ‘Die Natuurkind’ genoem word, is dit 'n aanwysing dat v. B. die verdere groei van A. die man nog wil vervolg?
Ek het met opset enigsins breedvoerig by die hooffiguur stil gestaan, om hom duideliker te laat uitkom. Maar ook die byfigure is almal kostelik en raak geteken: die sterke maar gulsige, luie, viese brute figuur van ‘Goor’ Dawid, die seurlewe en geestelike dreuntoestand van Simpele Bettie, wat egter soms kan oplaai soos 'n vulkaan; Flip Staander, so goed van hart, maar so swak in en gekwel deur sy geldmoeilikhede; Bettie sy dogter, vir wie in haar krag en netheid Ampie 'n tijdlang 'n wonderlik tere, idealistiese en louterende liefde koester om natuurlijk wreed ontgogel te raak; Annekie met haar ‘vaste lyfie’ en ewe vaste wil; Bart, haar broer slu en listig as 'n slang omdie gevoel van A. vir Annekie tot sy eie voordeel te eksploiteer; K. Booysen self, wat A. begryp en hom as 'n stil mag beheers en lei opdie weg tot 'n betere lewe. Ook mevr. Booysen, met haar meer beperkte insig in A. se ware natuur, meer vrouelike instinktiewe opstand teen A. se vuilheid, mindere verdraagsaamheid, grotere agterdog en snibberigheid dog ook met grote meegevoel vir wie dit weet te wek is, alhoewel fragmentaries, goed geteken; so ook ou-Moosa in sy oosterse koopmanslistigheid.
In sy tekening van A. staan v. B. op vaste grond. Hij ken die armeblankelewe deur en deur, en A. is 'n figuur soos mens meer kry in Transvaal. Hij vergoeilik niks, oordryf niks nie; in grote impressionistiese trekke leer ons die figuur van A. ken. Soos grote kleurvlakke pak op my viesie same die verskillende grotere ontledinge van uitstaande, kritieke fases of gemoedstoestande in A. se lewe tot die duidelyke en skerpe komposiesie wat A vir my geword is.
Nooit vertroebel v. B. van siening of gevoel me. Rijke humor, wat soms wrang kan wees, - die ou Statebybel is per slot van rekening al so onverstaanbaar geword vir vele van hierdie kinders van die veld, die heg van Ampie en konsorte aan wat ‘hoort’ en d.g. - maar nooit tot spot verval nie, laat ook hier sy koesterende warmte voel in die groot begrypende menslikheid waarin v. B. sy skepping sien. Manjifiek is eenvoudig die uitbeelding van A. se woede en smart as Annekie hom afsê (P. 146 v. v.); sy wanhoopsgevoel in die tronk (P. 47 v.v.); en hoog ook styg v. B. in tragiese uitbeelding b.v. die dood van ou-Jakob, pragtig vooral as kulminasiepunt van A. se drukkende vrees dat ‘iets gaan gebeur’ in die onheilswangere atmosfeer van die broeiende onweer, A. se smart soos ons dit sien in die weerkaatste gevoel van K. Booysen!
Ek sou nog tal van kleinere trekkies kan noem wat getuig van die skerpe waarneming van v. B. b.v. die sterk-seksuele verbeelding van hierdie byna of half-idiote, die bygeloof (toorgoed in liefde) ens. Genoeg egter as ek net nog wys op v. B. se grote vermoë van plastiese kragtige beskrywing in die vendusie (P. 5 v.v.), die muisejag (P. 141 v.v.), A se strijd met die snijmasien (P. 144 v.v.), die onweerstemming (P. 188), die veldbrand (P. 204 v.v.) 'n Heerlike ‘Lied vandie Ossewa’ het ons op P. 134.
Beeldryk, gespierd en suiwer is ook die taal en styl van v. B. Elke woord lê as 'n gehoue steen op sy plek - onvatbaar vir vervanging, bijvoeging of afdoen. Dis van die klaarste, kragtigste Afrikaans wat ek ken. Leon Maré sou ook miskien in hierdie verband genoem kan word.
Ek moet egter ook nog op iets wys wat m.i. v. B. seer seker as 'n fout kan aangereken word: v. B. se eie redenerende beskouinge oor sy held of armeblankedom. (b.v. P. 14, 19, 57, 107), wat soms maar al te duidelik tendensieus is. Ek kan v. B. verseker sy uitbeelding van A, en wat by hom hoort is gelukkig kuns genoeg om ons dit alles vanself te laat gewaar word. Sulke uitweidinge is nodeloos hinderlik en onderbreek alleen die gang van die verhaal.
Die verskyning van Ampie is 'n gebeurtenis in ons letterkunde - 'n epiese uiting van armeblankedom. Met vooruitgang in hierdie rigting sal ons Afr. romankuns, om die woorde van Booysen aan A. te gebruik, ook gou ‘oor die bult kom.’
F. Bosman.
| |
| |
| |
Een voorbeeldige vrouw, door Roger Avermaete, Amsterdam, N.V. Prometheus. De Gulden Sonne. Antwerpen, 1924.
Een smerig boek, waarin veel haat tegen de R.K. godsdienst en veel liefde voor viezigheid aan de dag gelegd wordt, terwijl de auteur in de gauwigheid ook nog gelegenheid heeft om te bewijzen, dat hij niet schrijven kan.
v. H.
| |
H.J. Heijnes: Kinderen Noord-Hollands, W. ten Have - Amsterdam.
Van de weinige predikanten, die in dezen tijd belletrie schrijven, is Ds. Heijnes m.i. de meest realistische. Ge kent misschien zijn vorige werkjes: ‘Bij ons in Noord-Holland’ en ‘Noordhollandsche menschen en dingen’ waarin hij zich uitsluitend gaf als auteur. Zooals ge misschien weet, schrijft Ds. Heijnes: pour le plaisir d'être auteur. Dat is dus iets geheel anders dan evangeliseeren. Ge bemerkt dan ook heel spoedig, dat het den auteur dàar niet om te doen is. Hij moet het aardig vinden, een aangename afwisseling, zoo nu en dan eens met heel bedachtzame volzinnen over zijn Noord-Hollandsche menschen te schrijven, met wie hij elken dag omgaat. Eerlijk gezegd, blijft er van zijn ‘menschen’ niet heel veel goeds over. Hun materialisme geeft hij, dit voelt ge het geheele werk door, juist zooals het is. Ds. Heijnes doet dit op een min of meer satirische wijze. Hij kijkt heel vaak glimlachend op zijn volkje neer, en ondanks alles bemerkt ge, dat hij toch van z'n menschen houdt.
Zijn werk is meer indringend dan Keuning's novellen, en dichter bij de werkelijkheid dan het zoele Oostloorn. Waar Keuning's taal, als hij geen dialect schrijft, mat is, blijft Ds. Heijnes steeds even puntig en frisch.
In Keuning's dorpsverhalen vindt ge vaak een zachten humor, echter in dit werk komen vele passages voor waar ge in den lach schiet, omdat Ds. Heijnes meestal humoristisch is.
Soms blijft er niets meer over dan karikatuur (bijv. 't bezoek van den dominee aan G.zoon.)
Deze auteur is een doodnuchtere Hollander, die telkens raak uit den hoek komt.
Zijn realisme kon iets meer getemperd zijn, gezien de detail beschrijving van het bezoek van Sytje aan haar visscherman, met de oogenblikken van groeiende onrust en schermutseling tusschen dartelheid en braafheid. Blijkbaar voelde Ds. Heijnes de noodzakelijkheid (als Christelijk auteur) niet, om sober te blijven. Al lezende, vragen we ons onwillekeurig af: Is Ds. Heijnes een kunstenaar, een dichter? Ik geloof - dat deze auteur - hoewel misschien ongewild - vóór alles moralist is, die, ook in de oogenblikken, dat hij zich laat gaan als auteur de plaisir, doorgaans nog met beide beenen op den Noord-Hollandschen bodem blijft staan. Wij hebben in hem een nuchteren Hollandschen opmerker, die niet van mooidoenerij houdt, die maling heeft (ja, een afkeer!) van woordkunst doch die bewezen heeft, dat hij kan schrijven als Hildebrand.
Zijn dialogen zijn dikwijls raak, doch evenzoo vaak onnatuurlijk. Dat komt, omdat Ds. Heijnes meestal beschrijft. En dan is het louter verstandswerk.
Ge vindt bij hem den waren ‘copieerlust des dagelijkschen levens’.
De vorm waarin hij z'n werk geeft, wijkt geheel af van het moderne ‘genre’ en doet vaak ouderwetsch aan.
Hij schrijft niet ‘literair’ en heeft maling aan compositie. Dikwijls draagt z'n stijl het stempel der Staten-vertaling. Bijv.: ‘Zekere vrouw, die huurlinge was’. ‘Dit gezegd hebbende....’, ‘Toen nu deze zich verzadigd had - -’ enz.
Van de herberg zegt hij dat zij tot alle dingen nut is, en dus op bevredigende wijze de plaats der Godzaligheid onder hen vervult. Of zulke bijbeltaal 't meest aanbevelenswaardig is, om als auteur de plaisir te gebruiken bij 't schrijven van novellen, ook al is hij dominee, betwijfel ik sterk.
Niettemin - als ge eens eenige frissche, aardige boeken wilt lezen, koop dan de werken van Ds. Heijnes. Je kunt er hartelijk om lachen. Zijn humor is van beter allooi, dan het onbenullige quasi-humoristische gedaas van de Sinclair.
P.J.R.
| |
| |
| |
Serie Voordrachtkunst. Onder leiding van Dr. J. van der Valk. Uitg. Hollandia-drukkerij Baarn.
We ontvingen van de uitgever enige weken geleden reeds no. 9 van de serie voordrachtskunst, terwijl no. 1 nog niet is aangekondigd. Nu is dat niet zo gek als het lijkt. De uitgever had met de toezending niet de bedoeling, dat we een oordeel zouden vellen over de auteurs Molière, Scribe, Körner, de Balzac, - de geschiedenis heeft daar al een oordeel over uitgesproken -, maar dat we iets zouden zeggen van zijn plan, of het plan van Dr. van der Valk, om uit te geven een serie stukken, die geschikt zouden zijn om door dilettanten, vooral leerlingen van middelbare scholen of daarmee gelijkstaanden, te worden opgevoerd.
Velen hebben zich al over deze poging uitgelaten. Sommigen zijn verontwaardigd en hebben met theatraal gebaar uitgeroepen: daar gaan onze jongens en meisjes onder leiding van Dr. van der Valk, inplaats van zich te oefenen ‘in alle Christelijke en maatschappelijke deugden’ de planken op.
Anderen hebben uitsluitend naar twee stukken gekeken, die van de leider zelf, hebben spottend zich afgevraagd, wat verbeeldt die zich naast Molière en de Balzac. En ze hebben die 2 stukken onder de loupe genomen, die - jammer genoeg - geen meesterstukken waren, en het hele plan was er mee geoordeeld. Aan onze kant heeft men 't hoofd geschud en gevraagd: ‘Waar gaan we naar toe?’ en aan de overzij heeft men gegniffeld: het ‘Christelik toneel! het Lintje en de Goudmijn! Van v.d. Valk begint de Victorie!’
En wij hebben de stukken wat laten liggen en nog niets gezegd, 't Was misschien goed nog een poos te wachten. Niet om de mensen, die van de toneelschrik nog niet bekomen zijn. Als we over deze dingen schrijven, is er altijd een helft, die applaudisseert en een helft, die zich afwendt, wat we ook zeggen. Maar 't wachten zou goed zijn, omdat deze serie begonnen is om een einde te maken aan de verlegenheid naar geschikte stukken en dit tekort natuurlik nooit door negen stukken kan worden aangevuld. Ik moet nu een sprong beoordelen, terwijl ik nog niets anders kan zien dan het aanloopje.
Als ik enigszins ingenomen ben met de serie, dan is het omdat de deeltjes elkaar nog al snel opvolgen; want willen deze boekjes aan hun doel beantwoorden, dan moeten er veel komen. Aan tien of twintig van dergelijke deeltjes hebben we nog niets. Als we werkelik wel eens voor de moeilikheid hebben gestaan om te kiezen uit een dergelike stof, zullen we dat begrijpen. Er zijn zooveel dingen, die zo'n keus moeilik maken.
Als ik de verschenen deeltjes van ‘Voordrachtkunst’ voor me leg, dan is er misschien één stuk, misschien twee stukken, die ik met jonge mensen zou durven opvoeren, en dan nog niet eens in volle vrijmoedigheid. Dat ligt niet aan Dr. van der Valk en zijn medewerkers, maar aan het feit, dat toneelstukken nu eenmaal niet geschreven zijn voor akteurs en aktrices van 16 en 17 jaar. De hele stof past meestal niet bij hun jaren. Zij kunnen de intrigue aardig vinden, maar zij kunnen de personen niet beleven. Ik herlas nog eens Mercadet dezer dagen dat als no 9 in deze serie is verschenen. Er is geest genoeg in dit brillante bedriegersstuk, komiese situatie in overvloed, maar telkens merk je zo onder het lezen, dat de personen al heel wat achter zich hebben, een verleden hebben zelfs; dat kan een halfvolwassen jongen of meisje niet aanvoelen, 't is goed ook, dat ze dat niet kunnen. De Balzac heeft nog iets meer gemaakt van zijn personen dan bv. Langendijk in Het Wederzijdsch Huwelijksbedrog en dat meerdere ligt buiten het bereik van het kind. Afgezien nu van de vraag of het goed is jonge mensen zich zo te laten inleven in een spel van bedrog, vind ik het op zichzelf verkeerd hen zo lang bezig te houden met wat vreemd is aan hun jaren. Er is een levensrijpheid in de personen van Mercadet, die buiten de kindernatuur ligt. Een ander voelt dit misschien niet zo, maar stoot zich aan iets anders.
Daarom, als we wat aan deze serie hebben zullen, moet ze geven veel keus en moet er nog meer gelet worden bij de keus op de personen voor wie het bestemd is.
v. H.
| |
| |
| |
Met Kerstmis naar Huis. Het Geluksland, door Jörgen Falk Rönne, vertaald door A.E. Huber. Amsterdam - Uitg.Mij. ‘Elsevier’.
Door verschillende omstandigheden bleven deze boeken in ons blad onbesproken. Wij twijfelen er niet aan of de meeste onzer lezers hebben ze reeds in eigendom. De boeken van den Kopenhaagschen Predikant zijn een succes voor den uitgever geworden, maar niet minder een kostelijk bezit voor het lezend publiek in Holland. Met deze aankondiging willen wij volstaan - er komt nog wel eens een gelegenheid, een artikel aan het werk van Rönne te wijden.
P.J.R.
| |
In Efratha's Velden door J.A. Visscher. Nijkerk. G.F. Callenbach
Dit verhaal doet erg vertaald-aan. 't Zou, om z'n strekking, beter passen in een Evangelisatie-bibliotheek. ‘Toen de Heide riep’ - staat hooger, dan dit boek,
Wil men gaarne goede christelijke lectuur met literaire waarde lezen, dan kan ik u dit werk niet aanbevelen. Met dit boek werkt de uitgever dan ook niet volksopvoedend. P.J.R.
| |
J.P. Zoomers - Vermeer. Kleine Levens. Uitgegeven te Amsterdam. door de Uitgevers-Mij. ‘De Gulden Ster’.
Hoewel een boek óver kinderen, werd het niet vóór kinderen geschreven Het is een deerniswekkend boekje: verhalen uit een kinder-ziekenzaaltje. Arme-stumpertjes, in ellende geboren, opgegroeid om in een schoon wit bedje te sterven. Ze hebben het niet koud meer in het tuinhuisje, waar de lijkjes nog boven aarde staan. Op vele bladzijden kruipt de ontroering naar je keel, zoodat je bijna moet ophouden met lezen. En wonderlijk - rondom dit lijden nog humor van de zaal- en werkmeisjes, 'k Denk aan Pietje, die als tegenwicht voor al het getreiter van de directrice, in haar hart de warme gedachte koestert: 's avonds met me - Willem, naar de zang te gaan.
Mevr. Zoomers-Vermeer schrijft zeer direct. Zij bezit de gave om met enkele trekjes zooveel weer te geven, waar andere auteurs bladzijden analyse voor noodig hebben. Het is daarom nooit vermoeiend, haar werk te lezen. - Zij is een vrouw, met een hart dat wel vaak ontroerd moet zijn om de armoe van het leven. Wel is waar ontdekt zij schoone zielen onder grove kleederen, maar de ondertoon blijft diep tragisch. Kàn mevrouw Zoomers-Vermeer voor de gebrokenheid van het leven geen heelmeester vinden?
P.J.R.
|
|