Opwaartsche Wegen. Jaargang 2
(1924-1925)– [tijdschrift] Opwaartsche Wegen– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 130]
| |
Iets oor Totius
| |
[pagina 131]
| |
Dan soude ick segghen: Vader mijn,
Wanneer suldij mi halen,
Uit dese allende op aertrijck
In uwer hoochster salen?’
Dan kom die, reeds lang voorbereide, Reformasie, die breuk is daar, weg is die heerlike eenheid, van nou af is dit stryd en konflikt en probleme. Nog is daar 'n geestelike kuns: daar is 'n geloofsheld soos Marnix van St Aldegonde; hard, bruut is hy soms in sy spot, maar hoe klein, hoe bewend is smeekstem nie in sommige strofes van die Wilhelmus. Teenoor die ‘Biëncorf’ staan egter ‘Het Offer des Heeren’ waaruit by die geloofsmoed al die sagtheid en liefde van die lydende Protestantisme spreek. Ons kom in die sewentiende eeu met die groot middeeuer Vondel, in wie die mysteriespel kulmineer; ook vir hom is die soen-offer van Christus die sentrale punt waarom die wêreldgebeure draai; Vondel, die digter wat opstyg in die hoge ruimtes ‘waar draaiboom sluit noch hek’, die magtige stroom wat uitvloei in die groot oseaan: die Eeuigheid. En die sewentiende Eeu is ryk aan religieuse digters: Revius, Dullaert, Camphuysen, Luycken. Dan kom die agtiende Eeu met sy onverskilligheid, sy slappe gees; maar teen die end doem die reusefiguur van Bilderdijk op, wat die hele lewe en denke van sy tyd voorskadu. Die negentiende Eeu, 'n eeu van stryd en twijfel, van die Reveil en van manne wat van hulle geloof alleen 'n gees van vroomheid oorhou. Maar ook hier weer 'n kragtige verskyning, 'n profeet: Da Costa; ook hier weer kunstenaars van innige vroomheid: Alberdingk Thijm en in Vlaanderenland Gezelle. En nou kom ons in die moderne tijd. Ook vandag word hier en daar nog 'n stem gehoor hoewel baie yl en swak dikwels. Daar is nog Thompson, Jacq. van der Waals, G. Gossaert veral, van de Merode, Gitsche Ritschl. Daaar is nog - Totius. Maar sy stem word hier te weinig gehoor. S.-Afrika en Nederland staan nog te ver van mekaar af, voel nog te weinig kontak en saamhorigheid en die noodsaaklikheid vir beide partije om saam te werk. Slegs hier en daar verkondig 'n idealis téoriëe hieroor - maar die twee volke voel dit nog nie. Suid-Afrika is aan Nederland baie dank verskuldig, put nog steeds uit haar kulturele rykdom. Maar daar die ouere kultuur sou ook daarby wen as hy die verfrissende invloede van 'n jong, veerkragtige volk op hom laat inwerk. In Totius besit Suid-Afrika (en dus ook Nederland en Vlaanderen!’) 'n Kalvinisdigter, nie 'n skryver van 'n bundeltje stemmingssonnette nie, maar 'n digter van visionêre siening, wat met 'n profetiese blik die hele lewe | |
[pagina 132]
| |
omvadem - en tegelyk 'n tere mistikus wat ontroerd fluister van sy gemeenskap met sy God; die Afrikaanse da Costa en Gezelle verenig. Die bedoeling van hierdie opstel is nie 'n uitputtende studie te gee nie. Ek wil slegs trag om U die digter Totius nader te breng. Laat ons dus vir hom in sy ontwikkeling nagaan - ek sal daarby 'n ruime gebruik maak van sitate en sodoende dus die digter vir homself laat spreek. Dr. J.D. du Toit (‘Totius’) is die seun van die geniale Ds. S.J. du Toit, die siel van die eerste Afrikaanse Taalbeweging en die stuwkrag van die Afrikaanse geesteslewe teen die end van die vorige eeuGa naar voetnoot*. Hy is teologiese professor van die Gereformeerde kweekskool te Potchefstroom, 'n begaafde kanselredenaar en een van die leiers van die Kalwinisme in Suid-Afrika. Sy eerste bundel was ‘Bij die Monument’ 1908. ‘Vir my is die eerstelinge van ons literatuur so heerlik as die geluid van die eerste reendroppels na 'n langdurige droogte’ sê heel sober in sy voorrede President Steyn. Ons kry hier al dadelik 'n kiem wat by die latere digter tot rypheid kom. Dis 'n bundel sange, waarin vertolk word die weemoed oor die Boer-oorlog, 'n gevoel van vertrap, van vermorsel wees; weemoed is die grondtoon, maar ook 'n onverwoesbare moed, taaiheid. Al dadelik die natuursimboliek van Totius. Hoor die kragtige aanhef: ‘Hoor hoe sing ik my lied op die osse se pas
Met my klanke dan skel, dan weer diep in die bas.
Op die straat, so gelyk, wordt my klank nog gesmoord,
Maar daar vér op die grootpad, daär word ik gehoord;
En ik sing, met geweldige klem my geluid
Oor die wije, die luistrende grasvlakten uit.’
Maar later: ‘Maar my stem is al hees, my geluid al so dof,
na die jare van worstling met sonbrand en stof.
nou ik rol na die kamp word my stem doodgesmoord
deur 'n aaklig geklaag uit my tentjie gehoord!
Nee, my stem nie alleen maar van honderde nog
soos ons saam word verknog tot die treurende tog;
en ons trek soos 'n lange begraafnisstoet,
'n begraafplaats traag-slepend sal trek in gemoet.’
| |
[pagina 133]
| |
Hierdie verse is nie vlekkeloos nie - ‘soos ons saam word verknog’ (dit van ossewaens!) is 'n lelike wanklank. Totius se werk, veral in die begin, maar ook later, bevat maar al te baie van sulke dissonante. Maar wat 'n sobere krag sit daar in hierdie verse, wat 'n ekspressiwiteit in die laaste twee verse met die klagende, slepende a's. Maar die bundeltjie eindig nie met 'n klagtoon nie. Die besembossie, dis die Afrikaanse volk; hulle kan vir hom vertrap en verniel, maar sy doodkry is min: ‘Laat dan mense en diere en droogte en viere,
met al wat hul kwaad het versin,
maar kom om te kap, te brand en te trap -
ik leef en sal leef: mij dood-krij is min.’
Tiepies van Totius is die simboliese siening van die natuur, tiepies van hom is ook die opset van die boekie, die verdeling in drie sange: ‘die Kind’, ‘die Vrou’, ‘die Vader’. Daar sit al 'n strewe naar 'n hogere eenheid in - hierdie eenheid sal ons steeds hegter, inniger, meer uit innerlike noodsaaklikheid gebore sien word. Hier is dit nog meer uitwendig. Ek wys nog op die bewerking van Goethe's ‘Haidenröslein’. ‘Die howenier besog toen weer
sij rosie en sij gaarde.
Daar lag sij op die slingerpad;
en snikkend sei die blommeskat:
“og was u hier,
o howenier,
dan had ik nog mij waarde”!’
teernaieve vertolking van 'n doorleefde werklikheid! Die volgende bundel was ‘Verse van Potgieter's Trek’ (1909). Ons vind hier sterke invloed van da Costa - ditselfde geëksalteerde leef in die wêreld van ideës, dieselfde naspeur van God's hand in die geskiedenis, dieselfde enigsins retoriese styl. Voor ik verder gaan, wil ek nog die nadruk lê op twee punte: die poësie is glad nie vry te pleite van smette, van geswolle of valse beeldspraak nie, van metriese foute of van hardheid van klank of stroefheid van taal. Maar dis nie op hierdie gebreke wat ek in wil gaan nie. My doel is Totius se goeie kwaliteite as digter aan te toon; wie daardeur tot die lese van die digter mog kom, kan self die keersijde van die medalje sien. Ek wil alleen aantoon, dat ons hier 'n waaragtige digter het, deurhuiwer van die misterie van die menselewe en van God's bestiering daarvan - 'n digter wat aan sy volk 'n boodschap te verkondige het. | |
[pagina 134]
| |
Die krietiese leser, en veral die Europese leser, gewend aan die moderne Europese poësie met sy subtiliteit van beeld en klank en ritme, wil ek egter op een gevaar wys: oordeel nie te haastig nie, praat nie te gou van 'n stroewe, harde taal nie, sien niet te gou geswollenheid of valsheid van beeldspraak nie. Bedenk, dat woorde en klanke, wat uiterlik ooreenkom met Nederlandse woorde en klanke, by ons baiemaal 'n ander gevoelswaarde en ander assosiasies het En, voor alles, bedenk, dat u hier 'n Kalwinis-digter lees en dat die Afrikaanse volk grotendeels 'n kalwinistiese volk is, dat sy taal deurtrokke is van daardie gees van kalwinisme, dat woorde en beelde en sinswendinge wat in Nederland holle frases klink in Afrika die dragers is van waarlik gevoelde gedagtes en emosies. Die Afrikaanse taal is die taal van 'n volk, wat gevoed is met die Bybel - die taal van die ou statenbybel, daardie stoere, kragtige taal is innig saamgegroei met die gedagtegang en uitingswyse van die knoestige Boerevolk. Om terug te keer tot ons bundel - Potgieter is vir Totius die groot trekkersheld, die sterk persoonlikheid, wat vér in die toekoms blik en weet wat hij wil, en met 'n onverwoesbare vryheidsug. Die figuur van Potgieter word 'n profetefiguur. Hier dus al weer die eenheid, die breë opset. ‘Want kijk! daar kom hij aan, al voor die liglijn spiedend,
en aan uw suidergrens: word lig! skuif op! gebiedend -
die trekker met sij roer, sij os, sij wa, sij Boek,
wat in uw binneland sij dure vrijheid soek.’
Hoor hoe die trekker die Vlakte ingeneem het: ‘So stil en gestrek leg sij soo voor hem uit,
die wije, weg-wieglende akker;
'n sweepslag weerklink, en 'n aasvogel vlieg
Vèr weg ... en die vlakte skrik wakker!
Met hoor sij 'n lied aan haar grens, o so skoon, 'k Denk aan U, o God! in 't klagen,
Uit de landstreek der Jordaan.
Van mijn leed doe 'k Hermon wagen;
'k Roep van 't verst gebergt U aan.
'k Zoek daar kolk en afgrond loeit,
Daar 't gedruis der waatren groeit,
Daar Uw golven, daar Uw baren,
Mijn benauwde ziel vervaren.’
| |
[pagina 135]
| |
Maar daar is invloed van da Costa, Totius het die ‘Slag by Nieuwpoort’ gelees. Goed, dis waar - maar erken dat hier verwantschap is en geen blote navolging, dat hier plastiek is, breedheid van golwing en gedragenheid van klank. Totius sing soms in retoriek - maar dis besielde retoriek, uit innerlike noodwendigheid gebore. Wat denk U van die volgende skildering? ‘Hoe rustig stap hij aan
die edel jukgediert!
hoe waggel hij die kop
met horings swaar gesierd
en stewig ingestrop.
Hoe rustig stap hij aan
so sonder tuiggetooi,
met matte doffe plof,
sij vel trek plooi op plooi
rondom die breeë skof.
So stap hij rustig aan
Vol kalme majesteit
en ongesmukte prag -
beeld van stilswijgendheid
èn selfbewuste krag.
Weer invloed van da Costa (zijn Kemel) en veral van Gezelle maar wat 'n oorspronkelike viesie, wat 'n soberheid, wat 'n krag van plastiek. En laat U nou nie afskrik deur 'n vers as ‘die edel jukgediert’, praat nou nie dadelik van kanseltaal nie; Totius mag dikwels daarvan nie vrij te pleite wees nie, maar hier is dit die egte, natuurlike taal van Totius self, hier word die emosie voorgestu deur so'n vers. Ons stap van hierdie werk af - ek wijs nog net op ‘Kafferlied’, waarin ons die kaffertemperament pragtig vertolk vind in die eentonige dreun en die naiewe gedagtegang. In sij soort is hierdie gedig onoortroffe. Die volgende bundel kan ons verbijgaan: ‘Wilgerboom-bogies’ (1912). Net een liedjie haal ek aan - 'n tere liedjie, stemmingsvol, melodieus, sangerig. ‘Ik ken 'n kleine sprokie,
wat so naar waarheid klink -
dis dat die tortel immer
sij water troewel drink.
Kom hij bij klare plassies,
dan sal hij drinkend neig
as eers, na sagte roering
die modderwolkies stijg.
| |
[pagina 136]
| |
Dáárom sing hij so droewig
van donkre vogelleed;
dáárom tooi hij sig stemmig
met dowwe verekleed.
So is daar sombre siele
waar hij mij aan laat dink,
wat, soos die tortel, troewel
die lewenswater drink:
Vir alle lewensliefheid
vir vreugdesang bevrees,
drink hulle geen genoegens
of dit moet troewel wees.’
Laat so'n vers, mutatis mutandis en die gevoel van proporsie goed bewaar, in sy fyne musikaliteit nie denk aan die suiwere musiek van 'n Paul Verlaine wie? Hier is ook invloed van en verwantskap met Gezelle. Nou kom ons by die grotere werke van Totius - en ons staan verbaas oor die ongelooflik snelle ontwikkeling. ‘Wilgerboombogies’ is van 1912; ‘Rachel’ verskijn in 1913. In ‘Rachel’ het ons 'n reeks sange waarin die smart van Rachel besing word - pragtig het Totius hem ingeleef in die oudtestamentiese gees en milieu; ons sien die woestijnvlaktes met hulle hygende kemels, ons sien die eensame graf verlore lê in die wydse ruimtes waardeur die pad as 'n dun streep slinger. Maar Rachel is meer as lydende moeder, sij word die Allydensmoeder, Totius siet in haar die lyde van die hele mensheid, die lyde ook veral van die Afrikaanse moeder. Ons krij hier twee reekse sange deur elkaar gevlogte - in die eerste word die droewige Bybelverhaal besing, in die twede word die verband, soms meer soms minder direk, gelê met die lyde van die Afrikaanse Rachel. Feit is dat sommige van hierdie laaste sange in baie losse verband staan met die hoofmotief, maar ook bevat hulle die mooiste verse van die hele gedig. Deemoedig ruis die aanvang van die gedig: ‘Daar ruis 'n lied van lang verlee,
en stemme singend kom van ver;
en immer ruis mij siele mee
met stemmelied uit lang verlee,
uit d'eeuwe her.
O, kom tot mij uit lang verlee
sangstemme kom uit droomgebied
deurreis mij siel as awendbee
van westewind, as verre see
s'n golwelied!’
| |
[pagina 137]
| |
‘Rachel’ is vol skone verse, waarin die stem van die digter verstik is deur trane, verse ontroerend deur die algemeenmenslike. Treffend is weer hoe vir Totius die natuur 'n simbool is van die algemeenmenslike - hij het 'n ope oog vir die natuur, maar hij sien hom anders as Celliers, hij gee ons nie mooie, liewe pastelle nie, vol van son en lig en lug, oorgloor deur die Afrikaanse son. Bij hom het al die verskijninge 'n diepere sin. As die karavaan deur die woestijn trek, in die middel die kemels: ‘terwijl die late ligstraal speel
hul deur die lange bene, en slaan
op son-deurglansde stofwolke heel
'n lewendheid van skaduw-baan’
aan die kante die vee: ‘Aan weerskant trek die kudde swaar
van allerhande vee; hul wei
in haastigheid, dan hier dan daar,
'n mondvol af en gaan verbij,’
dan voel 'n mens al aan die landskap, dat daar iets wreeds, iets onverskilligs gaan gebeur: ‘Verbij ook langs olijwe, wat
in onverskilligheid staan staar
op al die roering in die pad:
als oue manne staan hul daar!’
U sien hoe tekenend die taal is, van wat 'n impressionistiese krag die beelde is. Ons sou nog baie kan siteer van sulke verse, sulke ligflitse oor die misterie van die Syn. Mooi is die beskrywing van Rachel in die tent op haar kemel: ‘terwijl haar mooie vroue-hoof
sig heen en weer in saal s'n tent
beweeg as hoge bomeloof,
van sagte wind op maat gewend.’
Hoe 'n meester van die vorm toon Totius hom in die metrum van die volgende verse: ‘as verder deur die rije gaan
'n droef gerug; Rachel is krank!’
| |
[pagina 138]
| |
Intens van viesie is die volgende beeld: ‘Die son het as verlepte blom
van winterhemel afgeval.’
Maar ek hou op met los verse te siteer en haal u nog aan (ek het u gewaarsku, dat ek baie aan sou haal!) die mooiste sang van die bundel, waar ons Totius sien in al die diepte van sy digterskap: ‘Die Oue Put’. As landskapskildering staan die gedig hoog, maar wat die gedig nog hoëre waarde gee, is die diepe simboliek daarvan. Hier volg daardie sang op die liefde: ‘Ginds op 'n knoppie, wijdgelege,
vèr van die woel'ge werf en wege,
armoedig lê en skaars beskut
in middagslaap die oue put.
G'n vogel laat sijn lied daar klinke,
g'n doringboom sijn skaduw sinke
op leiklip-brokkies, wat lê braai
in middaggloed s'n ligte laai.
Verwaarlosing z'n ongenade
spreek uit die stukke pale en drade,
waarbinne staan 'n slingerwiel:
die toegang tot 'n diepe siel.
...............
Intusse daal van hemeltinne
deur sombre skemering, daarbinne
'n langgespanne silwerdraad,
wat afglans op haar stil gelaat.
...............
'n Wijle en 't is al ontroering
en al te wrede rus-ontvoering;
want opeslaan die deksel, wat
ontsluit geheel haar koele skat.
...............
Dit put maar en sij gee maar immer,
dit put maar en sij weiger nimmer,
gelijk 'n moeder, so opreg,
gee zij haar laaste druppel weg!
Haar lewe is as die moederlewe:
bij ondank immer blij te gewe;
maar 'k hoor, as hul is heengegaan
dieponder tap ... 'n watertraan!’
| |
[pagina 139]
| |
Ek moet afstap van ‘Rachel’, maar dit kos my moeite; die boekie is so vol heerlikhede; daar is ‘Herderslied’ met sij juigtoon: ‘Oerdag bespoel hom die goue gloed
van die son as 'n see;
's nags blink goue sand
van die sterre-strand,
of maanlig duine-skynsel gee.
............
Sy blydskap is g'n blommetuin
maar die morre laggend voor die trek;
die morre wat sy arms verbrei
naar elke sy
en sê: hier's veld, hier's gras, hier's plek!
Nog een aanhaling - 'n primitieve paneeltjie: ‘Weldra gaan sy in moederpijn
Dan sal, die koppe bijmekaar
en in groot oge lampeskyn,
die diere dom-verwonderd staan
op Jezus-kindjie by die voer
en jonge moeder herbergloos!’
Ons kom by die laaste groot werk: Trekkerswee’ (1915). Die liriek het hier epiek geword, nie suiwer, strenge epiek nie, maar dit groot lyn is 'n epiese. Ons het hier die verhaal van 'n Boer wat op die Witwatersrand kom woon, kort daarna kom die moeilikhede met Engeland, die goud word ontdek, die Boer verkoop sy plaas, sy dogter word die slagoffer van die plotseling opwoekerende ‘beskawing’ en die end is droewig. Heel eenvoudig die verhaal dus - maar weer simbolies; dis die geskiedenis van die Afrikaanse volk wat U hier sien. Nes ‘Rachel’, verdien ‘Trekkerswee’ in 'n aparte opstel behandel te word. Hier kan ons die gedig slegs vlugtig deurloop. Die verleiding om baie te siteer sal weer sterk wees! Die werk is verdeel in drie sange. ‘Silwere Strale’ begin met 'n heerlike natuurbeskrywing, waarvan die eerste twee verse die ‘Leitmotif’ is wat deur die aanhef van die twee ander sange loop: | |
[pagina 140]
| |
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sovêr 'n mens in oog kan speur;
grasheuwels, waar ook riwwe gaan,
met enkle stroompies tusse-deur.
Daar is gin hoë berge nie,
want hoog is daar die wereld self;
en luggies waai daar dun en fris,
of dit stroom uit die bloue gewelf.
................
Maar somers is dit heerlik op
die Rand; dan lê in sonnegewaad
die heuwels soos ramme te sluimer-slaap
langs strome, wat lag en praat.
Dan reen die wolke so maar as
hul swaar skuif oor die hoge land,
en die dak van Transvaal se geute spuit
die water weg naar alle kant. - -
Daär in die hoe wildheid met
sy huppelende heuwelskoon
het jarelang 'n trekker met
sy vrou en kind gewoon.’
Dadelik kom daar die liefdesmotief by. Oom Koos stuur sy seun Willem naar Oom Gert om af te spreek om gesamentlik naar Pêrdekraal te trek. Dina maak oop vir Willem. ‘Sy skuif verby met mooie buig
en stap met vlugge voetstap weg.
Die vreemdeling sien skrams nog net
haar volle wese en hare vleg.’
Mooi word ons hierdie ontluikende liefde geskets. Wíllem het die nag gedroom! Dan die more op die boereplaas, 'n toneel vol lewe en kleur en klank met hierdie Troyon - viesie daarin: ‘Maar kijk hoe staan die osse met
groot oge naar die trek te tuur,
| |
[pagina 141]
| |
totdat die ware hinderpaal,
word uit die mikstok uitgehaal,
waaraan hul soons hul lywe skuur.
Die son gaat op, die vee verdwyn.
net in die onverstoortre vert'
'n ossespan stap voor die ploeg,
en agteraan die man wat swoeg
by 'n rukkerige stêrt.’
Die voorbereidsele is gemaak, hulle gaan op weg langs oom Gert se plaas na Perdekraal. Willem is onbegryplik haastig, die arme osse moet net draf! In 'n enigsins losse verband met die geheel staan die mooie sang: ‘Ik hoor van vreemde lente melde’. By ons op die Rand geen sang. geen geure, geen kleure in die lente; maar tog, ons lente: ‘Tog leer sy ons verblyd te singe
Van taaiheid en van moed.’
'n Mooie liefde ontstaan tussen Willem en Dina, daar waar die gesellige laer lê uitgesprei met sy intieme kampvuurtjies. En hoor nou weer die mooie simboliek: Twee witte kappe in die veld:
'n wa en tent daarnaas gesteld,
tweeheid tot eenheid saamgesmelt
in sware stonde
Die wa - 'n sterke man is hij
Die tent - 'n taaie vrou is sij.
Jul het die nasie uitgelei
sij boei ontbonde.
Oom Gert hou 'n toespraak en hier is dit die boetprofeet Totius wat sy volk op roue toon toeskree: ‘Jul weet hoe God gered het Denk
aan Lang Nek, aan Ingogo en
aan Amajuba's hoge kranse.
Wee ons as ons weer God vergeet,
soos Israël by Sinaï
Om voor 'n goue kalf te danse!’
| |
[pagina 142]
| |
‘Silwere strale,’ die idielle, eindig met 'n bruilofsang. Nou kom die Goue Gode.’ ‘Die heuwels, heuwels, heuwels net
sovér 'n mens s'n oog kan speur;
dis of voorheen 'n monsterploeg
die wêreld stukkend het geskeur.
God s'n almagte Hand het toen
daaroor gegaan met groot geswaai,
sodat 'n ganse goudveld werd
in d' aard s'n boesem uitgesaai.’
Die Goud is ontdek! ‘Hoor! dis g'n vooros-klok gewis
wat lui op d' anders stille Rand
Die klankgeluid is ander, dis
die stamper op die Vijselkant.’
Uit is die idielle. Oom Gert beswijk vir die aanbiedinge van 'n spekulant en verkoop sy plaas maar hy voel ongelukkig en hy soek sterkte by God; hier 'n moment van fyne, tere mistiek: Als die siele peins aan God ....
...............
Die siel doet als die blomkelk dan,
wat die blaartjies sluit by nag
en stil-alleen op die son staan wag -
so peins die siele aan God.
Sy doet gelijk die voël bij nag,
wat die vlerk nie vliegend meer wil strek,
maar die koppie in die dons gaan dek -
so peins die siele aan God,
Dis doen en doen en owerdoen
totdat van bo die saalge woord,
van skuldvergewing word gehoord,
wijl die siele peins aan God.
Dan voel sij sig aan wijding rijk
en beef stil opwaarts-heen
met groot verlange; aan God alleen
peins dan die siel.’
| |
[pagina 143]
| |
Oom Gert moet vertrek - die goudstad verrijs; en in die stad gaan Dina sedelik ten onder. Die oorlog kom - alles is verlore; vrede is gesluit: ‘Die nuwe tyde hooggeloofd,
word met gejubel ingeluid.’
‘Grouwe Grawe’ is die tietel van die laaste sang. Weer sien ons heuwels, maar dis die gryse sandheuwels, die fijngestampte goudrotse. ‘Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sovér 'n mens s'n oog kan speur.
maar heuwels sonder struik of gras
en droewig, vaal, nes as gekleur.
..............
Die heuwels lijk soos duine, wat
in blankheid rijs aan verre strand -
dáár rijs hul uit die diepe see,
hier uit die aard s'n ingewand.
Hier 's ook 'n dreuning as die dreun
van sag-bewoge wereldsee,
en winde wend, dan hier, dan daar
die diepe dreuning met hul mee.
..............
Maar waarom is die heuwels dan
so hoog en ook so bleek?
en waarom is die dreun so diep,
so droef as een wat smartlik smeek?
Hul sê die duine aan die strand is die
grafheuwels van wie sterwe in see;
en daardie diepe dreuning is
die klag van wees en weduwee.
Maar hierdie heuwels, heuwels dan
wat ook so hoog is en so bleek?
en hierdie diepe dreuning dan,
wat klaag soos een wat smartlik smeek?
Na die oorlog het alles sig gou weer herstel, 'n Mooi stad verrijs - daar word feeste gevier ter ere van die Unie van Suid-Afrika. Ou oom Gert | |
[pagina 144]
| |
voel maar net die holle van dit alles en hij wag op Dina, sy gevalle dogter - eindelik kom sy. Nou kan hy sterf, maar sterwend profeteer hy: - - - - - - die wederkeer
van al mij volk tot God en eer.
Leg op mijn graf g'n sooi met gras,
maar dek dit met die heuwel-as;
want daarso lê begraaf jouw eer
en van die boervolk van weleer.
Ja, dáárom is die heuwels hoog,
en dáárom is hul skijnsel bleek,
en dáárom is die winddreun diep,
so droef soos een wat smartlik smeek!
Maar eens herleef die nasie weer,
waarvan ik sterwend profeteer.
Eens word die grijse heuwels klein,
as God alleen weer groot sal sijn.
In sij ‘Pensées’ skrijf Sainte-Beuve: ‘L'esprit critique est de sa nature facile, insinuant, mobile et compréhensif C'est une grande et limpide rivière qui se déroule autour des oeuvres et des instruments de la poésie, comme autour des rochers, des forteresses, des coteaux tapissés de vignobles et des vallées touffues qui bordent ses rives. Tandis que chacun de ces objets du paysage reste fixe en son lieu et s'inquiète peu des autres, que la tour féodale dedaigne le vallon et que le vallon ignore le coteau, la rivière va de l'un à l'autre, les beigne sans les déchirer, les embrasse d'une eau vive et courante, les comprend, les réfléchit; et, lorsque le voyageur est curieux de connaître et de visiter ces sites variés, elle le prend dans une barque, elle le porte sans secousse; lui developpe successivement tout le spectacle changeant de son cours.’
Die rol van die leser is hier deur Sainte-Beuve wel baie passief opgeneem. Ook maak hierdie opstel geen aanspraak daarop suiver krities te wees nie. My doel sal bereik wees as ook Totius sy plek geken word in die landskap van die Dietse lettere en às so nou en dan iemand in 'n bootjie self die verskole hoekie sal gaan opsoek. |
|