| |
| |
| |
Volk, Taal en Letterkunde van Suid-Afrika.
deur F. Bosman M.A.
I.
Toe in die jaar 1806 die staatkundige band tusse Nederland en S.-A. vergoed geskeur is, het dit nog by verreweg nie beteken dat ook alle kulturele en verwantskapsbande verskeur was nie. Inteendeel. Nogaltyd is daar belangstelling teenoor mekaar gebly - sy dit dan van die eb- en vloed-aard. Nederland se taal en kultuur, Nedl. se letterkunde, en Nederlanders self was, - en is vandag nog enigemate - vir die Afrikaner 'n groot bolwerk in sy stryd teen die Engelsman gewees, ook in sy strewe wat daartoe gelei het dat hy eindelik vandag sy eie voete gevind het as nasie, as besitter van 'n eie gelykwaardige taal, van 'n eie gedugvooruitstrewende letterkunde. Nedl. se taal was immers nog tot nie solank gelede nie, die enigste taal van die Afrikaner se Bybel, die hooftaal van sy predikante, volksleiers, offisiële stukke en onderwys - in sover Engels dit op hierdie gebied nog nie ingeneem het nie; veel ook was die kragte wat S.-A. van Nederland gekry het in die helaas, so kortstondige bestaan van sy twee boere-republieke. Vandag is Afrikaans besig om die plek van Nederlands in te neem, ofskoon selfs daar die proses, b.v. op kerk- en staatgebied, nog bijverre nie afgeloop is nie; is Afrikaans ook besig om die terrein te herwin wat Nederlands in sy stryd teen Engels b.v. op skool- en letterkundige gebied, moes prysgee, Nedl. as boek- en geleerde taal teenoor Engels, 'n lewende, sterk kulturele spreektaal. Maar groot bly die dienste van Nederland se taal en volk vir S.-A. in sy onmondigheid, groot kan dit nog bly en wees vir S.-A. in sy frisse mondigheid. Die ‘Hoe’ en ‘Waartoe’ is egter die vraag op die oomblik. Nie langer is dit die strewe van die Afrikaner tot gelykmaking met die Nederlander in taal en kultuur, soos voorheen die geval eintlik was nie; nee, dis nou 'n erkende saak van differensiëring geword, omdat
| |
| |
dit nou eenmaal so is en nie anders kan wees nie. En die groot vraag is geword hoe kan die Afrikaanse taal wat in S.-A. floreer en die Nederlandse taal wat in Nederland floreer, mekaar help in die bloei van die Dietse stam, in die bloei van hulself, en tog elkeen op homself. In die vraag lê ook miskien al 'n deel van die antwoord. Ons gaan dit in elk geval nie hier probeer antwoord nie. Maar hoe aktueel die kwessie geword is in die laatste tyd, blyk uit die besoeke b.v. van manne soos prof. Pont en Casimir aan S-A., wat in grondslag feitlik niks anders is as wetenskaplike studies van die Afr. volk nie, om die nuwe, haas onbekend geworde Afr. volk, met sy jonge taal en letterkunde, te leer ken en verstaan, om dan weer hand in hand te werk, die een met die ander aan die ophou en opbou van die gemeenskaplike stam van Dietse bestaan en kultuur. Waar Nederlanders dus in die laatste tyd, as gevolg van 'n verblyf in S.-A. hul beskouings oor die Afr. volk ten beste gegee het, wil ek in hierdie opstel, as Afrikaner in Holland, probeer om aan Nederlanders 'n kort en bondige uiteensetting van die ontstaan en wording van die Afr. volk, taal en letterkunde te gee. Vir diepere kennis kan 'n lys van boeke geraadpleeg word, wat ek aan die end van hierdie geskrif sal byvoeg.
Die Afr. letterkunde is haas onbegryplik sonder 'n kennis van sy noue samehang met die wording van volk en taal. Vooral uit kultuur-historiese oogpunt, om sake in hul regte miljeu te sien, moet die volk, taal en letterkunde tesame beskou word.
Laat ons eers bietjie die wording van die Afr. volk beskou. Vandag - en dit sal u miskien verwonder om te hoor hoe groot die gebied is - word Afrikaners gezind en Afrikaans gehoor in bij uitstek die Unie van S.A., in Afr. neersettings, in Angola, Suid-Wes-Afrika, Rhodesië, Portugees-, Brits- (voorheen Duits-) Oosafrika, Sentraal Afrika; in sendeling-famielies in N.-Afrika; in kolonies van Afrikaners na die 2de Vrijheidsoorlog, in Argentinië en Meksiko en - natuurlik orals in Europa. Want waar tref 'n mens nie Afr. studente dáár nie? Offisiëel egter is Afrikaans natuurlik alleen erken in die Unie van S.A., en waar ons van Afr. praat, bedoel ons die taal soos daar gepraat.
In 1652 het die Ned. O.I.K. sy neersetting onder Jan van Riebeek aan die ‘Cabo de Bona Esperanza’ gestig, suiwer uit 'n ekonomiese
| |
| |
oogpunt en wel om as 'n tussenstasie - as verversings- en herstellingsoord op die lange, ongesonde seetog naar Indië - te dien. Daaruit sou egter teen die bedoeling en teen die sin van die O.I.K., eers 'n aparte gemeenskap en dan 'n aparte nasie hom ontwikkel. En juis die maatreëls wat die O.I.K. soms sou neem, om, of homself te bevoordeel, of die uitbreiding van die neersetting van ontwikkeling tot aparte gemeenskap te vermy, sou nog meer lei tot 'n stryd en 'n kloof tussen die twee groepe, waarvan die een, bewus of onbewus, alleen die plek waar hy woon as sy ‘home’ erken; die ander dieselfde plek alleen as eksploitasiegebied beskou. Die jaar 1657 kan ons beskou as die geboortedag van die Afr. volk, want in daardie jaar vestig die eerste - maar verreweg nie die laatste nie - ‘Vrijburgers’, as mense uit die diens van die kompanie, en dus as die eerste ware koloniste hulself aan die Kaap, om daar verder hul lewensbestaan te soek, daar te leef en daar te sterwe. Want tot 1657 was alle blankes aan die Kaap alleen amptenare.
In die tydperk 1657-1807, as die Engelse die Kaap dan vergoed in hul besit neem, en daar heeltemal nuwe toestande ontstaan, waardeur die ou bevolking dikwels in lynregte botsing met die nuwe bewind kom te staan, moet ons die wording van die Afr. volk sien, die daadwerklike, ja, maar egter nog geheel onbewuste wording. Uit die eerste ‘Vrijburgers’ en andere immigrasie het die Afr. volk gegroei dusdanig, dat, eerstens wat betref rasseoorsprong dit bereken geword is deur Dr. H.T. Colenbrander, dat die bloedmenging van die Afr. volk as volg kom te staan: ruim 50% Nederlands, 27% Duits, iets meer as 17% Frans, 51% ander nasionaliteite.
Vanwaar was die Immigrante en waarom het hulle verhuis?
Allereers natuurlik uit Nederland.
In die Nederlandse element kan ons verskillende lokale en sosiale taalgroepe onderskei. Trouens haas elke gebied van Nederland, en selfs ook Vlaandere, het koloniste opgelewer. In volgorde van belangrikheid kan ons egter vasstel as Groep I: Amsterdam, Rotterdam, Goeree en Middelburg, as Groep II: Seehawens soos Hoorn, Enkhuizen, Vlissingen, Antwerpen en Harlingen. As provinsies meer staan Noord-Holland, Suid-Holland en Seeland vooraan - wat betref lewering van
| |
| |
stamvaders en stammoeders. Want verskeie kere het ook heel fatsoenlike klompies weesmeisies geëmigreer, en dit hoef haas nie gesê te word nie, dat geen een van hulle oujonknôi gebly het nie. So kry ons dan parallel met die oorheersing van Holland en Seeland as provinsies in die stateorganisasie van Nederland in die tyd, ook die oorheersing van die taal en mensegroep uit Holland en Seeland onder die Ned. koloniste; 'n belangrike feit ook in verband met taalwording in S-A. As welbekende Nederlandse name kan ek b.v. noem: v.d. Merwe, v. Vuuren, de Wet, ens.
In die Duitse element kan ons onderskei 'n Hoogduitse en 'n Platof Nederduitse groep, waarvan laasgenoemde groep egter die meerderheid en belangrikste vorm.
Die Franse element het suiwer bestaan uit Hugenote, wat na 1685 met die Herroeping van die Edik van Nantes so veel uit hul land gevlug het; en nie weinige skuilplaas in Holland gevind het nie. 'n Groep hiervan het ook na S.-A. met behulp van die O.I.K. geëmigreer en was 'n aansienlike aanwins vir die kolonie van weë hulle kennis op gebied van boerdery, hulle ywer en hoogstaande karakters. Name soos de Villiers, Malherbe, Joubert ens. is alledaags in S.-A..
Die 5½% andere elemente het bestaan uit Switsers, Dene, Swede, Belge (= Wale), Nore, Russe, Engelse, Portugese, Oostenrykers en - 1 Pool, 1 Hongaar en 1 Italiaan. Van slawe- en inboorlingbloed kan nie eers 1% bewys word nie. Die Afrikaners, in teenstelling vooral met die Suid-Amerikaners is 'n volkome wit nasie gebly.
Hieruit blyk dus dat Nederland die hoofstamland van volk en taal was, en dat die andere elemente, ook deur die dienstydmedium van die O.I.K., of deur verblyf in Holland alreeds 'n sekere mate van proselietering tot Nederlands in gewoontes en taal ondergaan het, vóór hulle koms in S.-A., selfs 10 van die 17% Franse word bewys alreeds 'n vorm van Ned. geken te hê, toe hulle in S.-A. gekom het. As ons bybedenk dat 15 van die 27% Duitsers Neder-Duitsers was, dus nou verwant op taalgebied met Nederlands, kan ons vrijwel die Nederduitse taalgebied in wyer en die Nederlande, die ‘patria’ vandie reisjoernale in enger sin, as stamland van ± 75% van ons Afrikaanse stamouers aanneem.
| |
| |
Maar wat sou hulle motiewe tot verhuising gewees het? Vir die Franse het ons alreeds gesien, het dit gelê in die godsdienstige vervolging wat hulle in Frankrijk moes verduur het. Op die manier het S.A. sy beste land- en tuinbouers ryk geword.
Die Duitsers weer was meestal mense wat deur die politieke woelinge en onrus veral van die 30-jarige Oorlog, of gedrewe deur fortuinsug, Duitsland verlaat het, en meestal na diens in die O.I.K. in S.A. te lande en tot rus gekom het.
Wat betref Nederlandse emigrasie egter het daar nie motiewe van ellende of armoede of vervolging gegeld nie. Miskien was dit maar dikwels die dadedrang van die tijdperk, die nuusgierighad, die sug om dit nog beter te hê as wat hulle dit alreeds had. Die meeste Nederlandse neersetters was ook ou-dienaars van die Kie. Hulle het miskien nop beter vooruitsigte en 'n lekkerder lewe in S.A. gesoek as wat in Nedl. die geval sou wees. En as 'n mens eers eenmaal jou in die Kaap gevestig gehad het, was loskom en wegkom in daardie dae van lange reise nie so maklik en aantreklik as in hierdie dae van stoomskepe nie. Dis te sê as jy nog van loskom, na jy die betowering van S.A. se son en veld geraak het, kon praat. So in elk geval het S.A. sy bevolking gekry. Wat was egter die tydsorde van die immigrasie en hoe het die verskillende groepe kultureel en sosiaal op mekaar ingewerk? Van 1657-1807 onderskei ons 5 periodes van 20-30 jaar elk:
(1.) | 1657-1687. Byna suiwere Ned. immigrasie. |
(2.) | 1687-1717. Sterke Fransche inenting in 1688, maar Ned. stam en verdere Ned. immigrasie verreweg oorwegend; Franse vorm 17% van koloniste en 12½% van blanke bevolking. |
(3.) | 1717-1749. Duitse bymenging, (vgl. parallel vermeerdering van Duitse soldate en matrose in O.I.K. diens in die tyd) word in getalsterkte byna gelyk aan Ned. voortsetting. Franse immigrasie opgehou. |
(4.) | 1749-1777. Duitse immigrasie word aanmerklik sterker as die Nederlandse. |
(5.) | 1777-1807. Duitse immigrasie nog sterker as Nederlandse, maar meerderheid is nouliks merkbaar. |
As ons die kulturele invloede van die groepe onderling nagaan let ons op, dat die Duitsers kultureel nie so belangrik was as volgens
| |
| |
numerieke verhouding nie. Dit was meestal bejaarde mense, wat dus nie so vrugbaar was as die Franse in die eerste, en die Nederlanders in die 2de plek nie. Verder was dit meestal Platduitsers, wat na jarelange diens in die O.I.K. dus byna Nederlands gepraat het en boonop met Ned. meisies aan die Kaap kom trou het. Dus nog op taal- nog op kultuurgebied sou mens groot invloed verwag.
Die Franse egter het waarskynlik 'n groter invloed op die volkswording van die Afr. gehad. Want hulle het uitgekom of as famielies of as jongmense, het hulle eie samelewing dus meegebring en ook as groep uitgekom met vir 'n tijdlang hulle eie kerk en skool. Maar hulle het egter gou-gou Ned. gepraat en die kinders, eers aan boord en later op skool, het waarskynlik gou hulle eie taal verwaarloos, tengunste van die meer gebruiklike Ned. taal, temeer waar die Franse maar so'n klein persentasie van die bevolking gevorm het. Ook in die algemeen waar byna alle vroulike immigrante Nederlands was, spreek dit vas vanself, dat uit die geleidelike uitgestrekte aard en orde van die immigrasie die absorbering van die verskillende nasionaliteite, eweas as die gelykmaking van taal, alleen 'n kwessie van tyd was. Inkort, 'n grote ‘Ausgleich’-proses, waarin taal en volk in hoofsaak Nederlands sou bly.
In gemeenskaplike aanpassing aan nuwe toestande, in die eenheid van bedryf - haas almal was ‘Boere’ - sou ook eweëens lokale en sosiale distinksies onder die blywende, under mekaar introuende inwoners, gou weggevaag word. En ook sou hulle byna vanself kom te staan as 'n aparte groep teenoor die vlottende, waarskynlik beter opgevoede amptenaarspersoneel van die Kie wat meer per se Nederlanders was, met suiwerder Ned. taalgebruik.
As ons ook onthou dat die koloniste nie somar Jan Rap en sy maat was nie, maar dat 'n man bewys van goeie sedelike gedrag moes lewer, voor hij vryburger kon word, en die nuwe moeilike lewe op homself somar gou die swakkes sou uitskud, kan ons sien dat die Afr. ras in S.-A. inderdaad op 'n hegte fondament gebou is, kan ons enigsins begryp waarom hy nie met die inboorling verbaster het nie en begryp waarom hy nie hoef skaam te wees op sy voorouers nie. In die jaar 1679 was die bevolking van S.-A. 289, in 1807 toe taal en
| |
| |
volk klaar gevorm was 26.159. Voorwaar ‘multum in parvo’! Mooi het Langenhoven hierdie samensmeltingsproses uitgedruk in ‘die Pad van S.-A. Hy praat deur die mond van Pieter Retief die voortrekker:
‘Druppeltjies sink in die klipdorre berg.
Uit 'n sypeltjie hier en 'n lekkie daar,
Loop daaronder 'n bekie wat dreun deur die kloof. Die klowe se bekies kom bymekaar,
En stroompies by stroompies tot strome by strome vergaar,
Maak die grote Oranje Rivier. Wie sal die druppeltjies tel nou daar,
Of die bekies weer éen vir éen ken? Uit die grote skaar
Wat hier om my staan - wie sal die bloed onderskei in die aar,
En sê dis 'n Geus of 'n Duitser die, en daardie 'n Hugenoot?
My broers, laat eerbied en dankbare roem, die lewe nie soek by die dood.’
Tot 1807 het ons dan nagegaan die onbewuste wording van die Afr. volk. In 1807 sou 'n Afr. hom waarskynlik nog as 'n Nederlander beskou het. Maar van 1807 kan ons langsaam die selfbewuswording sien, eers van nasie dan van taal. Ek bedoel die Afr. taal. Dis in die begin van die 19de eeu dat ons eerste die benaming ‘Afrikaners’ van kinders in S.A. gebore, tref. Tot dan egter is nasionaliteitsgevoel nog heeltemal onbewus, 'n gevoel wat ook waarskijnlik teengehou was deur die geleidelike geografiese uitbreiding en die stryd vir die bestaan, wat alle gedagtes in beslag geneem het. Die botsting met die Bantoes dusverre het ook alleen nog die besef van wit teen swart sterk laat uitkom. Bewus of onbewus het die Afr. hom nog as Nederlander beskou. Maar dan kom in 1807 die nuwe bewind. Nederland word heeltemal uitgeskakel en die Afrikaner moet geheel en al op eie bene staan in sy stryd teen 'n politiek, wat op kleurlingen naturellegebied lynreg gekant staan teenoor sy eie opvatting, ervaring en veiligheid en verder sy hardste probeer die Afr. te angliseer, deur hom alle taalregte te ontneem, en sy onderwys uitsluitend Engels te maak. Want die Engelse het 'n Rousseau-beskouing van die naturelle gehad, dat hulle onskuldige natuurkinders ens. was; die Boer het geweet dat die naturel 'n barbaar in die volle sin van die woord was, en wou hom met krag van geweld teen die naturel verdedig, nie deur nutlose
| |
| |
praatjes en verstandelose verdrae nie. Onder druk egter van die Engelse politiek wat die Boer se lewe en bestaan alsoluut onmoontlik en onveilig gemaak het, het die Grote Trek in 1836 begin onder die hoofleiding van Piet Retief, die eerste man wat doelbewus die wildernisse ingetrek het om 'n nuwe land vir 'n nuwe nasie te soek. So begin ons dan die groei van negatief-bewuste Afrikanerdom tussen 1806-1836, tot al meer en meer positief-bewuste en erkende Afrikanerdom tussen 1836-1902 te kry. Eers probeer Retief 'n Republiek stig in Natal. Hij word vermoor (1838) deur die Soeloes, maar onder Pretorius, na die slag van Bloedrivier, 1838, kom die tot stand. Die Engelse sien egter die gevaar van die nuwe Republiek met sy eie seehawe vir hulleself in en annekseer Natal, waardeur die Boere al hul lye en ellende en ontberings tot vrugteloosheid gedoem sien en, om vry te wees, genoodsaak word om weer terug tekeer oor die Drakensberge, Vrystaat en Transvaal toe. Daar word dan aanvanklik ook met veel moeilikhede teen die Engelse en Kaffers, die twee Republieke van die Transvaal (1852) en O.V.S. (1854) gestig. Hier het die gevoel en begrip toe onstaan van Transvalers en Vrijstaters teenoor Kolonialers en Natallers, maar nog nie Afrikaners nie. Die begrippe Afr. volk en Afr. taal het vir die eerstemaal eers 'n bewuste uiting en propaganda gevind in ‘Die Patriot’-beweging in die Kaap Kolonie, die s.g. ‘Eerste Taalbeweging’ onder leiding van Ds. S.J. du Toit in die Pêrel, wat vir die eerste keer doelbewus daarnaar gestreef het die Afr. volk te behou en op te bou, deur beoefening van sy taal. Dit was eintlik die begintekens van die duidelike bewuswording van die psigologiese eenheid van Afrikaners, en van Afr. volk en taal. Dit was die eerste gedreun van die storm wat na die Anglo-Boere Oorlog van 1899-1902 so heerlik weer sou
uitbars in die 2de Taalbeweging. En soos die begin van byna alle grote dinge, was dit ook vereers gelokaliseer tot 'n klein sentrumpie, die Pêrel in die K.K.; en tot 'n klein groepie, destijds haas as fanatieke beskou, Ds. S.J. du Toit en sy paar medewerkers. Dit was egter die eerste gisting van die suurdeeg wat nog die hele S.A. sou deurtrek. Vir die bereiking van die toestand was nog nodig eers die 1ste Vrijheidsoorlog van 1881, toe Transvaal hom losgeskud het vandie eerste Anneksasie deur Engeland, en orals in S.-A. aan die eenkant verontwaardiging ontstaan
| |
| |
het teenoor die ongewettigde skending deur Engeland van die vryheid van 'n staat deur homself gewaarborg; aan die anderkant die regmatige trots van alle nie-Engelse in die roemryke stryd van die Transvalers, waardeur nog meer die gevoel van almal ‘Afrikaners’ gegroei het.
En toe kom daarop die 2de Vryheidsoorlog van 1899-1902, toe die twee Republieke die onderspit moes delf. Verreweg die meeste het hierdie oorlog gehelp om rypheid te bring. Toe het dit 'n saak geword deur die hele S.A., waarin almal betrokke was, 'n saak van suiwer rasseverskil, van Engelsman teenoor Afrikaner; 'n geval van ‘Die niet voor my is, is tegen my’. Hieruit het ook die gevoel van stamverwantskap maar politieke onsamenhorigheid met mekaar, van Afrikaners in Kaap en Vrystaat en Transvaal vóór 1902, tot klaar en duidelike gevoel van één nasie en politieke samenhorigheid na 1902 gegroei. Die Unie van die 4 Provinsies van S.-A. in 1910 het in sy eenheid van staatsvorm, die idee en die werklikheid verder in die hand gewerk. Dis nie meer Kolonialer Vrystater, Nataller of Transvaler nie: dis Afrikaners geword. 'n Bewuste en doelbewuste nasionale beweging wat streef vir die behoud en versterking van die Afr. volk deur die opbou van sy eie kultuur, en as die magtigste wapen in hierdie stryd die gebruik van sy eie taal om 'n letterkunde op te bou, wat berus op sy verlede en sy land en sy toestande. Deur die politieke versaking van sy eie ideale het Ds. S.J. du Toit die 1ste Taalbeweging baie laat verswak. Die 2de Vrijheidsoorlog, wat al die kragte van Afrikaners in beslag geneem het, het aan die beweging tydelik en oppervlakkig beskou tenminste, 'n einde gemaak. Maar alleen tydelik en oppervlakkig beskou. Latent het dit sterk en diep tog nog altijd in die hart van die volk gelewe, en toe die eerste verslagenheid van na die oorlog verbij was, toe die langsame herstel weer ingetree het, toe die wapenstryd oorgegaan het in 'n politieke stryd vir die behoud van volk en taal na die oorlog, is die 2de Taalbeweging, die beweging van vandag, as 'n groter en mooier Feniks uit die as van die eerste verrys; en is, eweas in België, die
stryd vir volksbehoud één geword met die stryd vir taalbehoud. Onafskeidelik inderdaad is die stryd vir volksbestaan en volkstaal, veral later, in S.-A. gewees; op sy eerste is die Afrikaanse volksgevoel en sy letterkunde ontvlam in die 1ste Taal- | |
| |
beweging, op sy heerlikste weer in die 2de Taalbeweging, nou dat die besef deurgedring het dat Afrikaners één nasie vorm; dat beoefening van en stryd vir sy taal ook stryd vir en opbou van sy volk is.
Uit die beskouings oor die wording van die Afr. volk, is ook al 'n hele paar deduksies te maak oor die wording van die Afr. taal. Die kern en grondslag is b.v. onteenseggelik Nederlands, en in hierdie Nederlands moet ons weer hoofsaaklik die spraak van Holland en Seeland as ondergrond soek. Maar wat sou dan die hooffaktore wees, waaronder die Nederlands van die 17de eeu tot so'n ander vorm sou gaan ontwikkel het as in Nederland? Immers op gebied van deflektering, funksieverandering, verdwyning van geslagte ens., is Afr. die mees analietiese Germaanse taal op die oomblik. Is selfs Engels ver voorby. Laat ons eers so'n kykie neem op party van die kultuurinvloede wat gegeld het gedurende die vormingsperiode van Afr.
(a). | Gedurende die periodes 1652-1795, 1802-'06 was Ned. die enigste offisiële taal van die Kaap, en was dit 'n strewe tenminste van alle amptenare en vooraanstaande mense, selfs nà 1806, in sover Engels nie in gebruik gekom het nie, so suiwer moontlik Nederlands te skryf en te praat, veral by gewigtige geleenthede en in die publiek. Selfs vandag nog leef die tradiesie voort in S.-A. - alhoewel dit vinnig aan uitsterf is. Nederlands was ook die taal van kerk (handhaaf homself daar vandag nog taamlik sterk in S.-A.) en skool, ofskoon op hierdie gebied skole van betekenis alleen vir baie lang tyd voor en na 1806 in Kaapstad en Stellenbosch was. Na 1806 ook het Engels hand oor hand toegeneem en het Ned. maar altijd 'n sukkelende bestaan gelei tot die opkoms van die 2de Afr. Taalbeweging Ned. se plek kom inneem het en ook tewens terrein teruggewen het van die Engelse. Op die platteland het weggeloopte Nederlandse matrose en soldate lang die onderwyskragte gevorm, en al wat van hulle vereis was, was dan ook eenvoudig die kinders so ver te bring dat hulle Bybel en Katekisasie Boek kon lees en leer, en op 'n manier kon skrywe en reken. Waar hierdie ‘onderwysers’ kort gekom het, het die ouers self die onderrig verskaf. 'n analfabetiese volk is die Afrikaners egter nooit genees nie. |
(b). | Die invloed van die Ned. lettere was weinig of niks. Die vrye ope lewe, selfs die aard van bestaan so grotendeels nomadies, die
|
| |
| |
| warme klimaat, het gemaak dat alleen die Bybel, wellig ook 'n paar stigtelike boeke (altijd was die Boere stoere Kalviniste), en so'n bietje Vader Cats gelees geword is. Vir die res het die mense nie tyd gehad nie. Talryke Bybelse spreekwoorde, uitdrukkinge ens. leef dan ook in die Afr. taal. Egter is daar heelwat ongeskrewe litteratuur in die vorm van volksliedjes, rympies, raaisels ens., uit die stamlande, vooral Nederland, bewaar gebly. |
(c). | In Afr. volksgeloof, -gebruike, -vermake, -geneesmiddels, in kort in die benaminge nodige in die daaglikse lewe, is 'n oorwegend Nederlandse, hoofsaaklik Holl., woordeskat-ondergrond te bespeur. |
(d). | Altyd was daar inboorlinge in diens van die koloniste, maar veel meer nog slawe, hoofsaaklik uit die Maleise Argipel en uit Madagaskar. Met hierdie lui was daar egter alleen aanraking, nooit samensmelting nie: en ook as laëres teenoor hulle meerderes is daar haas geen kultuurinvloed van hulle op die blankes uitgeoefen nie. |
(e) | Die monopolie van die O.I.K. was meer 'n despotisme op handels- as op andere gebiede. Deels egter deur die aard van hul boerdery - met vee; en deels om weg te kom van knellende bepalings van die O.I.K. het die natuurlike uitbreidings-, die trekbeweging begin, wat so baie bygedra hat tot versterking van die individualiteitsen vryheidssin van die Afr. Immers, hy moes meestal as man alleen staan in sy stryd teen natuur, wilde dier en barbaar. |
By 1802 was die wordingsperiode feitlik afgeloop, en dit op 'n baie kleiner landgebied as 250,000 vk. Eng. myle, in die Kaap Kolonie. Want alleen uit hierdie eenheid van bakermat kan ons die heden bestaande eenheid van taal nog verklaar, daar deur die Grote Trek wat daarna gevolg het anders 'n groot verskil moes ontstaan het.
Ons kan egter 'n verskil trek tussen die taal van Kaapstad en onmiddellike omgewing en die taal van verder afgeleë streke. Kaapstad, as administratiewe sentrum, hoëluiswereld en brandpunt van verkeer het altijd 'n ‘betere’ Ned. daarop nagehou as die res van S.A. En vandag nog probeer die ouere Hollandsprekende inwoners van Kaapstad 'n betere ‘Hollands’ praat as die buitemense.
Dit wat betref kultuurinvloede.
Daar is al verskillende teorieë geopper om die besondere wording
| |
| |
van Afr. te verklaar. Waar Dr. W.J. Viljoen betoog het dat Afr. op die volkstaal van Noord-Holland berus, en Dr. G.J. Boekenoogen sy mening bestry het, kan ons alleen tot die gevolgtrekking kom dat wat betref woordeskat moet alle Nederlandse en selfs Platduitse dialekte in aanmerking geneem word, ofskoon aan Holland en Zeeland die grootste betekenis moet toegeken word.
Daar is ook in S.A. dikwels beweer geword dat Afr. 'n ‘Hotnotstaal is, dus 'n vorm van Nederlands in die mond van Hottentotte, inboorlingdiensvolk, wat dan tot die blankes sou deurgedring het as spreektaal. Ook deur Duitse geleerdes soas Hahn en Meyer-Benfey, wat egter ook die invloed van slawe wil byreken, word hierdie “Sprachübertragung” als hoofwordingfaktor aangeneem.
Hierteen het Drs. D.C. Hesseling en P.J. du Toit gepolemiseer insoverre as hulle aan Maleis-Portugees, wat die taal van die slawe en ook 'n soort seemanstaal sou gewees het, die grootste invloed wou toeskryf. Dr. E. Kruisinga weer het beweer dat Afrikaans is het geadapteerde Hollands van de inboorlingen en vreemde Europeanen’, en Ds. W. Postma dat Afrikaans 'n natuurlik-ontwikkelde aanpassing van die Ned. van die 17de eeu aan 'n nuwe omgewing was, met die kind as grootste taalvormende aktiwiteit daarin.
Dr. D.B. Bosman in sy proefskrif het die adaptasieteorie as volg verbreed: ‘In soverre nou as Afr. nie die spontane ontwikkeling van Ned. is nie, is dit 'n ontwikkeling van Ned. onder invloed van die geadapteerde Ned. van vreemdelinge’ wat verder volgens Bosman wil sê dat: ‘In sover nou as Afr. nie die spontane ontwikkeling van Ned. is nie is dit 'n gedeflekteerde ontwikkeling van Ned. onder invloed van die fleksielose geadapteerde Ned. van vreemdelinge’. 'n Gesegde wat soos Dr. S.P.E. Boshoff aantoon dan sou berus op 'n taamlik uitgebreide en aangenome taalbeskouing, nl. dat by die adaptasie van 'n taal deur vreemdelinge, die buigings- en vervoegingsuitgange in die eerste plaas nie nagevoel word nie dan verward en verswak word en uiteindelik verdwijn.
Wordt vervolgd.
|
|