Opwaartsche Wegen. Jaargang 1(1923-1924)– [tijdschrift] Opwaartsche Wegen– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 81] [p. 81] Welkom door F. Bosman. Daar blink in die oog van mij liefste, 'n Traantjie soos helder kristal; Dis reiner nog as die druppel dou Wat van n blompie val. Daar kom op die wang van mij liefste Die somer se môregloed: Dis net so mooi soos die vlugtig rooi Wat oor die hemel spoed. Daar beef op die mond van mij liefste, 'n Woordjie van klank so soet: Dis sagter nog as die ademtog Van die windjie se welkomsgroet. Vorige Volgende