Ontmoeting. Jaargang 13(1959-1960)– [tijdschrift] Ontmoeting– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 105] [p. 105] Lorenz Schultz Herfsreis deur Holland I Heer, die tyd het weer gekom van sterwe vir die groot gousblom. Die wolke met hul somber vragte gly onmerkbaar-langsaam van hul oewers los. Aan die heuwelhange swel die druiwetros. Skenk hom nog net drie warm nagte, sodat hy soet word met die suiker van 'n moederbors - Heer Jesus, les my dors. [pagina 106] [p. 106] II Messelaar, ek het geen huis - sal nooit, miskien een bou en sal nog heel lank eensaam bly. Teken nou 'n dak oor my, of ek moet doelloos heen en weer - 'n droë blaar - voor die blou wind deur die kaler lanings skeer. Heer, teken nou U Kruis oor my. [pagina 107] [p. 107] III Ek sien, Jesus, U voete weer soos toe U nog 'n jong seun was, en hul bly gehuppel het in nat, groen gras - hoe verward was hul toe in my hare, Heer! Nou is hul geen voete meer maar kleinwild, opgejaag in 'n doringbos - Heer, maak U voete uit my hare los! Vorige Volgende