Ons Erfdeel. Jaargang 36
(1993)– [tijdschrift] Ons Erfdeel– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 741]
| |||||||||||||||
KOntemporêre Swart Afrikaanse gemeenskapstoneel: dienswillig die uwe...
| |||||||||||||||
I. InleidendHierdie artikel is 'n ekserp uit die D. Litt.-verhandeling, Kontemporêre swart Afrikaanse gemeenskapstoneel in die Kaapse Skiereiland: 'n ideologies-kritiese besinning, wat ek in 1987 aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi het. Enkele kernaspekte van die navorsing wat ek vir die verhandeling gedoen het, word hier aan die orde gestel. Uit mediadekking, onderhoude en vraelyste blyk dit dat 'n beduidende aantal mense aangespreek word deur en betrokke is by swart Afrikaanse gemeenskapstoneel ('n toneelaktiwiteit wat ek verderaan met die afkorting ‘SAG’ sal aandui). Sedert die vroeë jare sewentig toe Adam Small en Dramsoc U.W.C. en in 1973 Cape Flats Players haas die enigste prominente eksponente van toneel in swart Afrikaanssprekende gemeenskappe was, het groepe veral in die dampkring van die 1976-versetaksies geprolifeer. SAG het 'n dinamiese kulturele proses geword wat sigself in verskeie betekenisvolle fasette manifesteer. Skrywers, groepe, individuele deelnemers, die aard en omvang van hul deelname, die wyse waarop hulle hul uitspreek deur middel van en buite hul werk, bywoning, mediadekking | |||||||||||||||
[pagina 742]
| |||||||||||||||
ens. gee beslag aan 'n gemeenskapsaktiwiteit wat nie geïgnoreer mag word nie. Veral vir die akademikus wat weier om hom af te sluit van sy sosiale bestaanswêreld, is 'n poging tot begrip van daardie bestaanswêreld ook deur sy omgang met 'n kulturele verskynsel soos SAG 'n verpligting. SAG is nie sinledig nie en verdien nie die bewustelike miskenning wat tot dusver aan die orde was nie. Die navorsing vir my verhandeling is onderlê deur die uitgangspunt dat die apartheidsgeordende bestel eksploiterend, onregverdig, ondemokraties en repressief is en dat opponente van hierdie sisteem op alle gebiede behoort mee te werk vir die totstandkoming van 'n regverdige bestel, vir 'n werklik demokratiese Suid-Afrika. Dat die studie juis vanuit die Departement Afrikaans en Nederlands aan die universiteit van Wes-Kaapland gedoen is en spesifiek op 'n dialektiese wyse, veronderstel reeds 'n spesifieke ingesteldheid. | |||||||||||||||
II. StatistiekUit 'n magdom gegewens wat uit vraelyste, onderhoude en mediadekking verkry is, blyk dit onder meer dat ongeveer twintig skrywers (onder wie Adam SmallGa naar eind(1), Melvin Whitebooi, Andries Oliphant, Peter Braaff, Peter SnydersGa naar eind(2) en Peter Kaleb) tientalle dramas geskryf het wat in die jare sewentig en tagtig opgevoer is. Hulle kan bestempel word as eksponente van die grootste komponent van SAG, die sosiaalpolitieke drama (die dramas wat sosiale problematiek en eksistensiële stryd aan die orde stel met implisiete of eksplisiete toespelinge op politieke kwessies). Dramas in hierdie kategorie sluit in Episodes (Willie Adams), Min genade (Peter Snyders), Dit sal die blerrie dag wees (Melvin Whitebooi), Townshipworries (Leonard Koza)Ga naar eind(3), en Inkululeko (Andries Oliphant). Groepe wat uitsluitlik sosiaal-politieke dramas opvoer, is onder andere Dramsoc UWC, Cape Flats Players, Chosen Few, Unison Players en Belhar Cast. Enkele kerkorganisaties en individuele skrywers is betrokke by periferale toneelaktiwiteit wat bestempel kan word as religieusdidakties (dramas wat vanuit 'n ortodokse vertolking van die Bybel die aanhanklikheid van die mens aan die reddende genade van God dramatiseer), en sentimenteel-romanties (dramas wat sonder politieke toespelinge liefdesverhoudings dramatiseer, meestal met 'n ‘happy ever after’ einde). Die prominentste eksponent is PA. Jacobs van die groep Alpha Omega. Hierdie skrywer het al byna dertig dramas geskryf, onder andere Die hart van die mens, As die galgtou weer swaai, en Die koms van lord Gladstone. Ander dramas in hierdie twee kategorieë is onder meer So eg die liefde (Jacobs), Man van smarte (Keith Fredericks) en Die satan se opinie (Salie Gertse). | |||||||||||||||
III. 'n Ideologiese verrekening van SAGDit is besonder betekenisvol dat SAG 'n bloeitydperk beleef terwyl daar periodiek groot kommer uitgespreek word oor die gebrek aan belangstelling in die wit Afrikaanstalige toneelwêreld. Eweneens behoort daarop gelet te word dat daar teen verskeie dramaturge wat Engels as medium benut in swart gemeenskappe ideologiese supervisie toegepas is, wat 'n remmende invloed op kulturele aktiwiteit in daardie gemeenskappe het. Gevalle van ideologiese supervisie sluit in die arrestasie en huisarres van eerw. Mziwandile Maquina van New Brighton, wie se dramas die een na die ander verbied is; Gibson | |||||||||||||||
[pagina 743]
| |||||||||||||||
Cape Flats Players: ‘Dit sal die blerrie dag wees’ van Melvin Whitebooi.
Kente se aanhouding sonder verhoor; die verbod op dramas van Don Mattera en Matsemela Manaka. Dit blyk dat SAG veral in tydperke van verhoogde politieke konflik prolifereer. Die meeste dramaturge/groepe wat sosiaal-politieke dramas opvoer, lewer getuienis hiervan. Dit strook ook onteenseglik met skrywers/groepe se intensie om 'n bydrae tot die progressiewe stryd te maak deur middel van hul toneelproduksie. 'n Opvallende diskrepansie bestaan egter tussen ideaal en werklikheid. Overgeset synde beteken dit dat SAG sodanige kontradiksies bevat, dat dit oorweldigend as agent vir die behoud van die heersende orde fungeer. Die tema wat op enkele uitsonderings na 'n konstante aanwesigheid kry, is die uitsigloosheid van 'n townshipbestaan. In 'n poging om namens die townshipbewoner te protesteer teen sy erbarmlike lewe, is die dramaturg oënskynlik genoodsaak om die townshipbestaan te reproduseer. In die meeste gevalle is dit bloot ‘realistiese’ reproduksie van 'n kultuur van armoede, drankmisbruik, moord, permissiwiteit ens. Werkersklasmense wat uitgelewer is aan 'n townshiplewe word dus ook op kulturele gebied daaraan blootgestel. Inderdaad word in die meeste dramas op so 'n wyse gedramatiseer dat die gehoor die skynwaarhede (‘false consciousness’) soos deur middel van verskillende strategieë deur die heersende orde daargestel, bevestig kry vanuit eie geledere. Ten spyte van 'n herdefiniëring van heroïsme, die stigmatisering van die polisie en implisiete of eksplisiete protes teen die ‘system’, die ‘government’ of die ‘authorities’, word die uitsigloosheidstematiek op so 'n wyse aangebied dat die gehoor hul situasie en dus die bestaande orde as onveranderlik en onveranderbaar beskou. Die dramas fungeer dus oorwegend demobiliserend. In uitsonderlike dramas soos Die bose oog (Oliphant), waar die situering nie die township is nie en die hegemonie omvergewerp word, word die progressiewe invloed grootliks genegeer deur op humanitêre wyse 'n faset van heersersklas-rasionaal te reproduseer: Die ra- | |||||||||||||||
[pagina 744]
| |||||||||||||||
sionaal dat opponente van die regerende orde vreedsaam behoort te beding. Small, veral met Kanna hy kô hystoe, blyk 'n fenomenale invloed op SAG te hê. Die meeste temas wat in Kanna aan die orde gestel word, figureer konstant in die meeste ander dramas. Selfs Small-karakters soos die straatprediker, die gebreklike, asook situasies soos hofsake en verkragtings kom dikwels voor. Wat Small met Kanna bereik het met die aanvang van die dekade sewentig was om 'n leefwereld aan die orde te stel waarteen geprotesteer moes word. Intussen het die reële samelewingsdinamiek egter so radikaal verander dat wat slegs twintig jaar gelede ideologies progressief kon wees, tans as 'n jammerlike verstarring gereken moet word. Die progressiewe stryd het lank reeds ontwikkel van protes na aktiewe verset, maar laasgenoemde faset blyk 'n groot ‘stilte’ in SAG te wees. Byvoorbeeld: Die A.N.C., die U.D.F. en ander populêre organisasies asook individue van aansien soos Nelson Mandela, Oliver Tambo ens. figureer uiteindelik eers in toneelproduksies in 1986-1987 (Cape Flats Players se Senzinina en Aluta Continuo.). Insgelyks figureer die werksituasie nie as deurslaggewende terrein waar die verbintenis tussen kapitaal en klas gemanifesteer word nie. SAG word dus veral gekenmerk deur die afwesigheid van 'n tematiek wat die denke prikkel en mobiliserend op die gehoor inwerk. Hoewel verskeie produksies (opvoertekste) in wisselende mate 'n gehoorgerigtheid openbaar wat die skeiding tussen akteur en toeskouer ophef, staan SAG oorweldigend in die teken van 'n definisie van toneel soos deur die heersende orde daargestel en geperpetueer. Hierdie toneeldefinisie behels dat toneel bedryf word as 'n ‘verhewe’ kulturele aktiwiteit wat as sodanig deur die gehoor gewaardeer moet word. Die gehoor kyk in op die dramatiese gegewe deur die sogenaamde ‘fourth wall’ - die onsigbare muur wat die fiktiewe toneelruimte isoleer van die reële ruimte waarin die toneelgangers hulle bevind. In terme van Brecht en Boal se teoretisering het die toeskouer sy reg om op te tree aan die akteur gedelegeer. SAG openbaar 'n onvermoë om ten opsigte hiervan onder hegemoniese invloed uit te transformeer. Voorts blyk dat ander fasette van die heersersklaskultuur geassimileer word, byvoorbeeld die feit dat produksies in spesifieke lokale (en nie byvoorbeeld op straat of op 'n sportveld nie) gehou word, dat toegangsgeld betaal moet word, dat kaartjies en programme gedruk moet word, ens. Hierdie ingesteldheid herinner aan Memmi se beskrywing van die gekoloniseerde: ‘The colonized seeks acceptance in the fact that he does everything exactly as whites do. He wants to become ‘as white as possible’. (Aangehaal in M. Schipper, 1982, Theatre and Society in Africa, Raven Press, Johannesburg, p. 56). Vgl. ook die styl van die toneelspel, die benutting van dekor en rekwisiete, ens. Geoordeel onder andere aan die tematiek, die verbandhoudende vormlike kodes, die belang van die geskrewe (literêre) toneelteks, die kode-bevestigende benutting van die toneelmedium en die afwesigheid van ideologiese supervisie fungeer SAG ongetwyfeld as agent wat die hegemonie bevoordeel. Die ingrypende invloed wat kulturele aktiwiteit kan hê ten einde 'n veranderde samelewingsordening in die hand te werk, word nie naastenby gerealiseer nie. Die rede skyn voor die hand liggend te wees. Sonder die radikale transformering van toneel soos gedefineer en bedryf deur eksponente met | |||||||||||||||
[pagina 745]
| |||||||||||||||
Cape Flats Players: ‘Dit sal die blerrie dag wees’ van Melvin Whitebooi.
heersersklas-verbintenisse kan SAG nie hoop om enige noemenswaardige bydrae tot die stryd te maak nie. Toneel behoort gerevolusioneer te word. Dit blyk uit 'n studie van SAG dat nie net 'n alternatieve benutting van toneel moet plaasvind nie, maar ook dat die invloed van die intermediêre (middel-)klas op werkersklaseksponente van kulturele aktiwiteit getemper behoort te word. Die feit dat SAG oorheers word deur eksponente wat tot die intermediêre klas behoort - dit sluit in die sub-redakteurs van koerante, onderwysers, dosente en ander beroepslui - het 'n duidelike remmende invloed op die mate waartoe toneel gerevolusioneer sal word. Om klaarblyklike redes beskik die proletariaat oor baie meer revolusionêre energie as middelklasmense. Dit is in elk geval die werkersklas wat gemobiliseer behoort te word. By voorgenoemde sou nog in berekening gebring kon word die onnadenkende besetting van kulturele ruimtes, onnadenkende feesdeelname, die verswyging van progressiewe organisasies en figure, en die perpetuering van 'n etniese in teenstelling met 'n nasionale kultuur, wat genoegsame aanduiding is dat SAG veel eerder die heersende orde dienswillig is as dat dit as 'n fel antagonistiese agent fungeer. | |||||||||||||||
IV. 'n Normatiewe projeksieDie wyse waarop SAG fungeer, staaf kennelik nie die veronderstelling van baie toneelskrywers dat dit as 'n potente en effektiewe middel dien tot die transformering van die Suid-Afri- | |||||||||||||||
[pagina 746]
| |||||||||||||||
kaanse samelewing nie. Om hierdie besondere kulturele aktiwiteit vir die stryd teen dominasie en eksploitasie te mobiliseer, sal doelgerigte revolusionerende stappe geïmplementeer moet word. Daarom was 'n normatiewe projeksie 'n absolute vereiste om die navorsing tot konklusie te bring. Gesien teen die agtergrond van die grootskaalse mobilisasie teen ongelykheid, vooroordele, uitbuiting en onmenswaardige behandeling in die huidige era in Suid-Afrika, sou tot verdoemend veroordeel moes word as dit bly steek in blote vermaak, a-politiese evangelisering of sentimenteel-romantiese escapisme. SAG sou in gebreke bly om sy wesenlike verantwoordelikheid na te kom as dit nalaat om eksplisiet aan die progressiewe diskoers oor die afskaffing van die heersende orde deel te neem en op effektiewe maniere te agiteer teen die verdrukking van die mense van Suid-Afrika. 'n Naïewe beoefening van SAG kan selfs tot die voordeel van die verdrukkende stelsel in Suid-Afrika werk. Die eise wat hier gestel word ten opsigte van hoe SAG daar behoort uit te sien en hoe dit effektiewer sou kon fungeer, is direk ingegee deur die insigte waartoe my navorsing my gebring het. Die eksponente van SAG behoort in die lig van my navorsingsbevindinge by progressiewe popu lêre politieke organisasies in te skakel as kulturele werkers in die kulturele vleuels van dié organisasies. Toneel behoort by populêre byeenkomste soos saamtrekke gebruik te word om mense te politiseer, in te lig en bowenal te mobiliseer, te aktiveer. Saam met ander versetaksies moet toneel as deel van 'n ‘totale aanslag’ die klassestryd op kulturele gebied voer. Dit is die hoof- en mees revolusionêre eis, waarteen waarskynlik groot weerstand sal wees vanuit toneelgeledere. Daar behoort egter in daardie rigting besin te word deur die verskeie groepe/skrywers wie se werk binne die sosiaal-politieke drama ressorteer. Insgelyks behoort progressiewe politieke organisasies self kulturele vleuels te aktiveer. Intussen kan die volgende minimum vereistes gestel word:
| |||||||||||||||
[pagina 747]
| |||||||||||||||
My studie het bewys dat die intermediêre klas waaruit die meeste eksponente van SAG kom, nie die vermoë of die wil skyn te hê om toneel te revolusioneer nie. Ten opsigte van die hoofeis hierbo gestel,skyn dit onvermydelik te wees dat tersiêre opvoedingsinstansies geaktiveer moet word om uiteindelik toneel as kulturele vleuel van progressiewe politieke organisasies te bedryf. |