Ons Erfdeel. Jaargang 35
(1992)– [tijdschrift] Ons Erfdeel– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 99]
| |
Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika
| |
[pagina 100]
| |
vindingrykheid en inisiatief en selfs hul aanvanklike ekonomiese voorsprong bo Afrikaners verloor het. Hoewel Owen waarskynlik onnodig pessimisties is, steek daar tog 'n groot mate van waarheid in, as 'n mens daaraan dink dat die Afrikaanssprekende deel van die bevolking tydens die Dertigerjare maar 8% van die landsekonomie beheer het, terwyl dit tans meer as 50% beloop. Na 'n begin in die landbou en die staatsdiens, maak meer en meer Afrikaners die sprong na die privaatsektor om die vryemarkidioom hul eie te maak. Terwyl Engels steeds sy sterk tradisionele rol in die sakesektor behou, dring Afrikaans via Afrikaanse ondernemings egter oral in, en deesdae is 'n tipiese Afrikaanse tydskrif nie meer die Landbouweekblad nie, maar eerder Finansies en Tegniek, in mededinging met die Engelse Financial Mail. Afrikaanse uitgewerye het oor die afgelope twintig jaar van krag tot krag gegaan, in weerwil van die Afrikaans-vyandige boekverspreiding-establishment. Sonder dat Afrikaners dus vandag hoegenaamd daarvan bewus is, het huile reeds 'n ‘Derde Taalbeweging’ susksesvol afgehandel en is Afrikaans dermate in die handel, in die media, in die staatsdiens en in die kunste gevestig, dat slegs 'n rewolusie van die Pol Pot-tipe die taal en sy sprekers uit Suid-Afrika sou kon laat verdwyn. Aan rewolusionêre, waarvan sommige ook 'n veldtog teen Afrikaans sou wou voer, het Suid-Afrika op die oomblik helaas nie'n gebrek nie. Nietemin is die kanse op sukses vir Suid-Afrika se bont versameling popelende Trotskiste, swart nasionaliste en outydse koloniale Boerehaters wat almal om een of ander rede poog om Afrikaans se huidige status ongedaan te maak, nie baie groot me. Die grootste verloorders in die stryd teen Afrikaans wat daar in sommige geledere gevoer word, gaan juis die armste lae van die Suid-Afrikaanse bevolking wees, en by al die ander tragedies wat die land al getref het, sal 'n mens miskien iewers in die toekots die chauvinistiese kortsigtigheid van sommige intellektuele en politieke leiers moet tel. Dat Afrikaans al meer as 'n eeu staande gebly het naas die wêreld se vernaamste taal, is nie te wyte aan die ‘Wonder van Afrikaans’ soos die gemeenplaas lui nie, maar juis aan die belangrike kommunikatiewe rol van Afrikaans binne die Suid-Afrikaanse ekonomie en maatskappy. Dit spreek vanself dat kunsmatige pogings om hierdie rol aan te tas, ná die model van die Swaporegering in Namibië wat eenvoudig Engels as enigste amptelike taal aangeneem het in 'n land waar dit vir tagtig persent van die bevolking 'n onverstaanbare vreemde taal is, sou lei tot 'n versteuring van huidige kommunikasiepatrone in Suid-Afrika, en uiteindelik gaan hydra tot die werkloosheid en ongeletterde misère van 'n groot deel van veral die plattelandse SuidAfrikaanse bevolking. Paradoksaal genoeg, kan dit net die min of meer leidende rol van Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika versterk, omdat veral die arm swart bevolking nog verder agtergestel gaan word deur onvanpaste en ideologiesgeïnspireerde kulturele ‘social engineering’. Elkeen van die moontlike anti-Afrikaanse strategieë waarvan daar op die oomblik in Suid-Afrika sprake is, ly aan 'n ernstige berekeningsfout, en is daarom gedoem daartoe om skipbreuk te ly teen die realiteit. Na hierdie algemene opmerkings om die Europese leser ietwat te situeer, gaan ons kortliks in op enkele sodanige strategieë. | |
Die Ryksarend-strategie: ‘een Engelse volk in Suider-Afrika’Hierdie klassieke strategie waarvan die be- | |
[pagina 101]
| |
kende Lord Milner met sy ‘British South Africa policy’ aan die begin van die eeu die bekendste verteenwoordiger was, het waarskynlik nog enkele nostalgiese aanhangers in Suid-Afrika, maar hul geledere is waarskynlik beperk tot 'n geringe aantal bejaarde, afgetrede ‘Ryksarende’ waarna die digter Peter Blum verwys in sy bekende gedig ‘Rooinekke op Hermanus’. Trouens, die kleinerwordende deel van die Suid-Afrikaanse Engelstalige bevolking wat van Britse afkoms is, maak dit baie moeilik om op enige Engels-nasionale gevoel te speel. Die groot tekort aan Engelssprekende onderwysers - vyftig persent van die onderwysers by Engelsmediumskole is Afrikaners - sluit enige grootskaalse Milneriaanse verengelsingsveldtog deur middel van die onderwys uit. | |
Die Soweto 1976/onderdrukkerstaal-strategieIn hoe 'n mate die gebruik van Afrikaans by die dosering van sekere vakke in swart skole wel die vernaamste oorsaak tot die Soweto-onluste van 1976 was, is nog nooit wetenskaplik ondersoek nie. Die interpretasie van die Engelstalige pers in Suid-Afrika, wat Afrikaans nog nooit besonder goedgesind was me, is egter die wêreld ingestuur, en vele mense het voorspel, à la Olive Schreiner, dat Afrikaans ná Soweto finaal gedoem was omdat die swart bevolking dit verwerp het. Sommige Engelse intellektuele het wel hierdie ‘argument teen Afrikaans’ goed aangewend, maar die verwagte oplewing in die gebruik van Engels het uitgebly, veral toe die aanvanklike krisis rondom Afrikaans in swart skole uitgebrei het tot 'n totale krisis in die swart onderwys. Pleks dat swart skoliere dus in anglofiele verander het, het hulle prakties gesproke die onderwys as sodanig die rug gekeer, skole afgebrand, hul onderwysers afgedreig en hulself tot leeglêery en verwarde politieke aktivisme gewend. Op die oomblik is die vyandigheid teenoor Afrikaans wat kwansuis in Soweto in 1976 so universeel was, geheel en al op die agtergrond, en word daar gepraat van 'n ‘ongeletterde geslag’ waarvan die taalvoorkeure minder geredelik te bepaal is as hul totale gebrek aan kennis van enige van die twee Westerse tale. | |
Die demokratiese taal-opsie, ofte wel ‘English-only revisited’Die kru anti-Afrikaanse houding wat die gebeure van 1976 skynbaar geregverdig het, is veral ná die De Klerk-inisiatiewe kwalik meer verdedigbaar, en selfs me die mees anti-Westerse en anti-kapitalistiese aktivis sou dit nou waag om sonder meer Afrikaans in Suid-Afrika onder 'n nuwe bestel te wil ‘verbied’ nie. Daarom is selfaangestelde taalaktiviste nou besig om 'n ‘democratic language policy’ te ontwerp wat aan elke taal in Suid-Afrika 'n gelyke plek sal gee, behalwe dat, in Orwelliaanse terme, ‘some languages will be more equal than others’. ‘Demo kraties’ moet hier dus gelees word in dieselfde sin as wat die eertydse Oos-Duitsland die ‘Duitse Demokratiese Republiek’ was. Want, as 'n mens die skrywer Neville Alexander moet glo, dan is die bevordering van Engels onder die vaandel van 'n ‘demokratiese taalbeleid’ in Suid-Afrika sinoniem met die stryd teen kapitalisme en kolonialisme.Ga naar eind(1) Volgens Alexander is geen kultuur ooit staties nie, maar gedurig onderworpe aan 'n proses van verskuiwing en verandering. Dit regverdig taalbeplanning wat uitgaan van die behoefte om 'n volk in Suid-Afrika te bou. Ten einde oor die etniese grense heen te kommunikeer, is 'n lingua franca nodig. ‘Subject to consultation with legitimate and relevant organisations of the people, the most appropriate scenario appears to be one which assumes that English will be the lingua franca (in the sense of a universal second language) of a liberated Azania, regardless of the socio-economic system that will prevail’.Ga naar eind(2) Alexander is wel daarvan bewus dat Engels, soos Frans en Portugees, in Afrika 'n koloniale taal is, maar die bevordering van Engels word ironies geregverdig deur die antagonisme teen Afrikaans. In soveel woorde erken Alexander dus dat die enigste werklike regverdiging vir 'n anglosentriese taalbeleid in Suid-Afrika op die antagonisme jeens Afrikaans berus. As hy dan 'n pleidooi lewer dat daar in 'n tweede fase van taalbeplanning van Engels oorgeskakel moet word na 'n ‘gekonsolideerde Nguni (Xhosa en Zoeloe)’, dan word dit iets van 'n taalkundige utopie. Binne die konteks van die EEG sou dit | |
[pagina 102]
| |
daarop neerkom om aanvanklik Engels as lingua franca in te voer, en daarna van die EEG-burgers te verwag om oor te skakel na 'n gekonsolideerde moderne Latyn, 'n samevoeging van Frans, Italiaans en Spaans! Soos die ANC se aanvanklike ekonomiese beleid van grootskaalse nasionalisering van die mynbou en nywerheid in Suid-Afrika, wat intussen laat vaar is, lyk hierdie ‘progressiewe taalbeleid’ van mense soos Neville Alexander baie na 'n kombinasie van onkunde en outydse chauvinisme; boonop is dit onuitvoerbaar weens die bekende tekorte aan geld en Engelstalige leerkragte. | |
Die reaksie van AfrikanersHoewel sekere van die ‘linkse’ Afrikaanse tydskrifte soos Die Suid-Afrikaan Neville Alexander se opvattinge aangaande taalbeplanning min of meer beamend weergegee het, kan 'n mens nie sê dat daar hoegenaamd gevoel word dat Afrikaans die gevaar loop om in die nuwe Suid-Afrika op die agtergrond geskuif te word nie. Aan die kant van die establishment was daar die besliste reaksie van die gewese minister van Nasionale Opvoeding, Gerrit Viljoen, wat gesê het dat die posisie van Afrikaans as amptelike taal ‘nie onderhandelbaar’ was nie. Hierteenoor het sommige Afrikaanse intellektuele en skrywers in reaksie luidkeels te kenne gegee dat Afrikaans wel onderhandelbaar was. Veral die dosente in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland is blykbaar bereid om hul eie vakgebied op te offer in diens van 'n groter Azaniese volk soos wat mnr. Alexander dit voorstaan. Een van die huidige generasie Afrikaner-Marxiste - helaas, in Suid-Afrika het ons nog Marxiste - het hom bepleit vir die integrasie van die Afrikaanse letterkunde by 'n breër Azaniese/Suid-Afrikaanse letterkunde, wat uiteraard die posisie van Afrikaans as 'n afsonderlike skoolvak en studierigting op universiteit in gedrang sou bring. (Toevallig doseer dié Afrikaner-Marxis self Afrikaanse letterkunde op universiteit: óf hy is bereid om sy eie beroep saam met die Afrikaanse letterkunde op te offer, óf hy het nie baie ver gedink nie). Dog die meerderheid Afrikaners het 'n baie pragmatiese benadering tot hul taal en sy toekomsmoontlikhede, en die skynbaar argelose manier waarop hulle as 't ware die debat van onlangs aangaande die amptelike status van Afrikaans ignoreer, is waarskynlik eerder 'n aanduiding van 'n nuutgevonde selfversekerdheid as 'n werklike traak-my-nie-agtigheid teenoor hul taal. Die bekende joernalis en broer van die Staatspresident, Willem de Klerk, het in sy gereelde rubriek in die tydskrif De Kat gemeen dat Afrikaners meer beslis behoort te toon dat huile wel omgee oor hul taal en me sonder meer bereid sou wees om die amptelike status daarvan prys te gee nie. Maar, weer eens, is so 'n oproep ietwat onvanpas vir die huidige geslag gesofistikeerde en welvarende Afrikaners wat hul taal eerder as 'n vanselfsprekende instrument sien in hul daaglikse omgang, hetsy in die sakewêreld, hetsy in die kunste, as 'n kleinood om te verdedig en te bewaar. Om hierop uit te brei: myns insiens is daar onsigbare prosesse aan die werk in Suid-Afrika wat nie net die toekoms van Afrikaans verseker nie, maar ook links-konserwatiewe pogings tot kulturele ‘social engineering’ in die wiele gaan ry. Ironies genoeg het die sosio-politieke onstabiliteit in die onlangse Suid-Afrika veroorsaak dat 'n groot aantal opgeleide Engelssprekendes die land verlaat het. Om een voorbeeld te noem: in 1985-86 het 96% van die afgestudeer- | |
[pagina 103]
| |
de mediese dokters aan die Engelstalige Universiteit van die Witwatersrand na Kanada geëmigreer. Hierteenoor is daar geen noemenswaardige emigrasie van Afrikaanssprekendes me, wat veroorsaak dat hul gemiddelde peil van opleiding gedurig verbeter, terwyl die besgekwalifiseerde Engelssprekendes stadigaan hul eie gemeenskap rysmier en reduseer tot 'n versameling laer-middelklas-mense sonder noemenswaardige opleiding of inisiatief. Dieselfde kwasie-Darwiniaanse seleksieproses wat die vryemarksamelewings oor die gemilitariseerde sosialistiese régimes in Oos-Europa laat triomfeer het sonder dat dit hoegenaamd so beplan is, verseker dat die sprekers van Afrikaans meer en meer 'n onmisbare funksie in die Suid-Afrikaanse ekonomie en maatskappy vervul. Aktivistiese pogings om die swart bevolking te verengels loop op groot frustrasies uit, omdat die komplekse kommunikasiepatrone wat in die swart gemeenskap oor geslagte heen tot stand gekom het, versteur word en veral jonger swartmense me op die arbeidsmark kan kompeteer nie, in weerwil van die verdwyning van alle apartheidsmaatreëls, weens 'n gebrek aan goeie taalbeheer in Engels of Afrikaans. Indien daar deur oorhaastige ‘taalbeplanning’ 'n Engelse pidgin in Suid-Afrika tot stand kom, sou dié taal in status en uitdrukkingsvermoë dalk binnekort in dieselfde posisie teenoor Afrikaans verkeer as ‘Kaaps-Hollands’ tenoor Engels in die negentiende eeu. | |
Afrikaans en die huidige politiekOok op politieke gebied is dit duidelik dat ‘nasionale bevryding’ in die Afrika-sin nie in Suid-Afrika gaan plaasvind nie, en dat die huidige bewind tot aan die einde 'n ordelike oorgang na algemene stemreg en demokrasie gaan probeer verseker. Die ingewikkelde onderhandelings wat daar nog voorlê gaan veroorsaak dat die soort kulturele weerwraak op die eertydse koloniale heerser soos wat Swapo dit in Namibië toegepas het, of soos wat die fundamentalisties-Islamitiese beweging in Algerië nou afdwing in 'n poging om Frans uit dié land te weer, baie ver onder op die agenda gaan verskyn. Die afgryslike geweld in Suid-Afrika se swart woonbuurtes het ook die internasionale mediaklimaat radikaal laat verander sover dit Suid-Afrika betref, sodat die simboliese amputasie van Afrikaans deur 'n toekomstige swart regering eerder negatief ervaar sal word as 'n bydraende faktor tot die reeds byna onhoudbare vlak van etniese spanning in die land. Die enigste redelike alternatief tot die taalkundige status quo in Suid-Afrika sou juis wees om deur kulturele wisselwerking en veeltaligheid 'n versoenende klimaat te skep sonder om op kunsmatige wyse'n dominante lingua franca af te dwing. Vele Suid-Afrikaners - ook nie-Afrikaanssprekendes - is afhanklik van Afrikaans om hulleself as Suid-Afrikaners te definieer, juis omdat die taal so verweef is met die land, sy geskiedenis, en sy landskap. Die huidige leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, mnr. Joe Slovo, het na bewering by sy terugkeer uit Moskou ná 'n ballingskap van dertig jaar gesê dat die eerste woorde Afrikaans wat hy op die vliegtuig gehoor het vir hom geklink het as behorende tot die mooiste taal ter wêreld. Daar is sekerlik ander lede van die SAKP en ANC wat minder ontvanklik is vir die estetiese kwaliteite van Afrikaans, maar of daar met al die interne verdeeldheid wat daar binne dié twee politieke liggame heers 'n samehangende beleid téén Afrikaans gevorm kan word, is 'n ope vraag. Vergelyk 'n mens die intensiteit van die etniese konflik tussen ANC- en Inkathaondersteuners, wat min of meer in Xhosa- en Zoeloekampe verdeel, met enige reste van 'n anti-Afrikaanse gevoel in swart geledere, dan lyk die taalkwessie omtrent soos 'n kussinggeveg naas 'n atoomoorlog. Omdat Afrikaners in 'n groot mate via die Regering, maar ook via die Weermag en die Polisie, as skeidsregters en vredebewaarders moet optree in 'n konflik tussen swartmense, neem hulle meer en meer 'n neutrale posisie in op die politieke kaart van Suid-Afrika, en word hul taal en kultuur derhalwe toemend gedepolitiseer, in teenstelling met die Soweto 1976-episode. Behalwe die rol van linkse blanke intellektuele in die swart vakbondbewegings, het Engelssprekendes so te sê geen politieke rol meer te speel me, wat ook veroorsaak dat hulle weinig kulturele eise kan stel, soos by | |
[pagina 104]
| |
voorbeeld dat Engels die enigste amptelike taal behoort te wees. Opsommenderwys kan 'n mens sê dat Afrikaans gely het onder apartheid met al die vereenvoudigings en Manicheaanse verdelings wat dit in stand gehou het. Noudat apartheid me meer bestaan me, kom die verwikkeldheid van die Suid-Afrikaanse gegewe na vore, en verloor die simplistiese oplossings, ook op taalgebied, hul aantrekkingskrag. |