Ons Erfdeel. Jaargang 33(1990)– [tijdschrift] Ons Erfdeel– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 649] [p. 649] Elisabeth Eybers Afstand Under the hollow roof The strangers' voices come- The night is dark, and I Am far from home. Walter de la Mare Van tyd tot tyd nog steeds die vreemde vraag: jy - meestal u - het langsaamaan wel tuis geraak in hierdie land? Ek neurie nie die nag is donker ek is ver van huis maar knik welmenend vaag en vals. Ek wortel elders, hoe sou ek my hier kan tuis maak. Dinge en ek gaan aan mekaar verby sonder herkenning. Daarom laat hulle my met rus, versin geen hinderlaag, lê nooit beslag en daarom kan ek hulle goed verduur. Uit: Kruis of munt. [pagina 650] [p. 650] Stemming Weer herfs - hoeveel nog? - en ek trek my terug in 'n tweekamerspeelruim: ingeslote en vry. Weelde van heimwee, daar buite afwerende beelde, die ruite beslaan met 'n wolkestolsel, sintvitusgebare van bome wat oggend vin oggend verslonsder ontsnap uit die woekerende nag. Geruisloos sypel die sand... Verlede: seisoen van versuim Hede: dag van bestand Toekoms: die dag ná vandag. Uit: Bestand. [pagina 651] [p. 651] Deesdae Die muse skyn my deesdae te vermy. Niks aan te doen. Geduldig verder gaan. My kleinseun - vijf-en-'n-half - en ek verstaan mekaar. Laat maar, want jij bent oud sê hy wanneer ek blyk van onbehendigheid by die saamstel van 'n speelgoedhyskraan gee. Hy wil gaan fiets. Dit reent. Je hoeft niet mee, dan wordt je haar zo nat. Dis geen verwyt. Die dae wedywer om hom te laat gedy, elke kontoer word liefderyk afgerond, gepoets, albasterglimmend en gesond. Die dae het iets anders voor met my. Wat ben je stil vandaag. Geboë oor sy lego eis hy meer geselligheid. Ek sing 'n liedjie uit my kindertyd. Ben jij vra hy beleef ook lid van het koor? Hy sê opeens het duurt nog héél héél lang voor jij doodgaat - nog meer dan honderd dagen. Gulheid oorskry sy rekenkunde, skraag en vertroos ons, maak ons bly en amper bang. Uit: Dryfsand. [pagina 652] [p. 652] Miskien Die saaiste deugde wat jy kan bedink - uithouvermoë, selfontsegging - blyk ten slotte dwingend, kan nie meer ontwyk word wanneer elke tinteling versink. Onwrikbare voorbeskikking kom straks uit, die allesweters wis tóg, sal jy sien sodra jou sin en sintuie faal. Miskien is dit God self waarop jy eindelik stuit: die hiëroglief vir alles wat begrip en definisie uittart en ontglip. Maar wat vir jóú aan hierdie denkbeeld raak het iets met liefde en met musiek te maak. Uit: Rymdwang. Vorige Volgende