Ons Erfdeel. Jaargang 18(1975)– [tijdschrift] Ons Erfdeel– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 706] [p. 706] s.v. petersen bede Laat dit dan wees, O Heer, dat ek 'n duisend jaar gelee teen God en mens gesondig het... Dan weet ek nou, op U bevel is hierdie skurfte blootgestel: In watter dieptes, stankbesmet en met verrotte slym besmeer het ek nie daar versleg, dat selfs U, Heer, van my moes wyk... my nie wou reinig van die slyk? Laat my dan maar soos Lasarus tevrede wees, met streling van elk honger honde-tong: Dan weet ek tog, dis U besluit, die vloekstraf van 'n donker huid. As dit U straf is, dat ek so moet ly, dan wil ek swyg, o Heer; Leer my berusting dan; Laat my dan maar my kruisweg gaan, tot waar ek voor die donker staan... (Uit: Die Enkeling, 1944) Vorige Volgende