Ons Erfdeel. Jaargang 18(1975)– [tijdschrift] Ons Erfdeel– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 707] [p. 707] s.v. petersen riversdal Koddige sê-goed En ligte gespot Oor 'n man wat verbyloop Met skewe kalot. Bietjie-bietjie skinder Met skuinsweg 'n skimp En plek-plek 'n luide geskater By duusman se wasgoed Vuil in die water. By die rivier 'n Nege-tal Vroue wat kop aan kop Wieg oor die water Met seepsmeer en skerts En vrywe en spoel... Daar by die wal By die rivier Die nege-tal Wassende wywe Met wiegende lywe Wat seepsmeer en vrywe... (Uit: Die stil kind, 1948.) Sê-goed = spreuken, woordenschat Skinder = kwaadspreken Duusman = de blanke. Vorige Volgende