die keurbundel vestig opnuut die aandag op die omvang en gehalte van 'n baie belangrike verseproduksie in Afrikaans. Baie van hierdie gedigte het reeds klassiek geword in Afrikaans en neem eerder toe in glans as om met verloop van tyd te verdof.
Die tyd verleen 'n besondere perspektief aan die poësie van Krige: teenoor sy mede-Dertigers het hy deurgaans 'n eiesoortige digterskap beoefen. Hy het buite die tendense van die tyd gestaan, afsydig gebly van die kultus van de profeetskap en die verheerliking van die “fyn en silwer woord”, tegnies en tematologies 'n eie koers ingeslaan en deurgaans sy selfstandigheid bewaar. Hy het o.m. die mees alledaagse woord en beeld binne 'n geheel geïntegreer. Daardeur was hy voorloper van die Veertigers en hul nakomelinge; ook wat betref die aanwending van die gewone spreekvers, soos dit mettertyd voorkom in die poësie van Peter Blum en andere. Voeg hierby die sangerige verse; die speelse toon naas die “heilige” erns; die kwinkslag naas die versigtig ontgonne beeld; die deernis met die dupe van 'n situasie naas die verguising van elkeen wat hom aan veronregting skuldig maak. Talle ander eienskappe van die Krige-idioom bly onvermeld.
Na 'n noukeurige oorweging van alle poësie wat in die bekroningsperiode verskyn het, het die Letterkundige Kommissie besluit dat daaronder niks waardigers vir bekroning voorkom as juis dié van hierdie belangrike maar tot nog toe onbekroonde Dertiger nie. Hulle het derhalwe met 'n groot meerderheid aanbeveel dat die Hertzogprys (Poësie) vir 1974 toegeken word aan Uys Krige, en wel vir sy hele bydrae tot die Afrikaanse poësie.’
We kunnen die motivering grotendeels volgen, al is het ten zeerste de vraag of er in de ‘bekroningsperiode niks waardigers vir bekroning verskyn het’ en of Uys Krige inderdaad ‘in die eerste plek digter’ is. We kunnen ons zelfs met dezelfde C.J.M. Nienaber verbazen: ‘Net hierdie twee steekproewe (nl. met de eenakters Alle Paaie gaan na Rome en Die Sluipskutter) laat 'n mens jou afvra: Hoe is dit moontlik dat Uys Krige nooit die Hertzog-prys vir drama gekry het nie? En dan het Die Goue Kring hier nie eers ter sprake gekom nie’. Zie C.J.M. Nienaber, Oor Literatuur I, 1974, p. 95).
Persoonlijk sla ik ook het proza en de vertalingen van Krige hoger aan dan zijn poëzie. Het is dan ook niet vreemd dat prof. E. Lindenberg die deel uitmaakte van de Letterkundige Kommissie, maar zich van de meerderheid distantieerde de vraag stelt: ‘Het die Herzogprys 'n troosprys geword of 'n afskeidkus? Word dit “volledigheidshalwe” toegeken?’ De formulering kan hard zijn voor Krige, maar de vraag is niet helemaal ongegrond. Lindenberg heeft in een minderheidsverslag geargumenteerd waarom hij de prijs aan Breytenbach toegekend zou hebben. Ik citeer uitvoerig:
‘Gedurende die tydperk 1971-1973 het daar van Breytenbach twee nuwe digbundels verskyn: Skryt. Om 'n sinkende skip blou te verf, 1972, en Met ander woorde. Vrugte van die droom van stilte, 1973. Soos dikwels by sterk impulsiewe, liriese poësie, is die gedigte van ongelyke gehalte (maar bestaan daar êrens 'n volmaakte bundel?). By die beoordeling van 'n digterskap of 'n bundel gaan dit egter nie om 'n “gemiddelde” nie, maar om die peil van die beste gedigte: uit genoemde twee bundels sou ek 'n groep gedigte uitsonder wat nie alleen die allerbeste Afrikaanse verse uit die betrokke periode is nie, maar wat onmisbare bydraes is tot die blywende Afrikaanse poësieskat...
Ek sal hieronder verduidelik waarom Breytenbach se hele oeuvre vir die prys in aanmerking kom, al kan genoemde twee bundels m.i. reeds voldoende motivering vir bekroning wees. Belangriker bydraes tot die Afrikaanse letterkunde het miskien slegs Leipoldt, Van Wyk Louw en D.J. Opperman gelewer. Sy liefdespoësie sowel as sy heimweeverse is ongeëwenaard, veral as 'n mens sy verbluffende taal- en beeldvirtuositeit in aanmerking neem.
Breytenbach is die sterkste, die alles-oorheersende figuur in die hedendaagse Afrikaanse digkuns. Hy oorheers die toneel soos Van Wyk Louw en Opperman vóór hom, en sy invloed kan 'n mens duidelik aflees aan feitlik elke debuut sedert Die ysterkoei moet sweet. (Dit is Breytenbachs eigen debuutbundel, uit 1964). Naas lofuitinge van bekende digters soos Van Wyk Louw en Opperman en 'n kritikus van Antonissen se formaat, bewonder ook die jonger digters en kritici sy werk...
Dat die mens agter die boek sy bewonderaars dikwels in die verleentheid stel, val nie te betwyfel nie. Sommige van sy uitlatings oor die politiek klink ook vir my kinderagtig of aanstootlik. Maar: ten spyte van wat hy self of andere ook al sê, hy bly 'n Afrikaanse digter in murg en bloed; sy poësie is vir ons 'n groot aanwins en sal al die tydelike omstandighede oorleef. Sy werk verdien ruimskoots ons hoogste erkenning - en die Akademie behoort ruim genoeg te wees om bo die kleinlike en per-