skap wat opval is die monumentaliteit van die werke: elk is groots in opset, en selfs die linosneë van dieselfde onderwerpe toon dieselfde kenmerk. Die komposisie is ingestel daarop om hierdie monumentaliteit te verskerp, en die geometriese, liniêre en soms sterk dekoratiewe styl dra hiertoe by. Deur van vereenvoudiging van vorme en stilering gebruik te maak, verkry Pierneef 'n deurlopende geheel. Hiertoe sou al die noukeurige studies wat as voorbereiding gemaak is, grootliks bydra.
Die vernaamste oogmerk van die voorbereidingswerk tot die panele was die opbou van 'n ‘woordeskat’ of versameling temas en detailsketse, wat kon dien as bron waaruit die kunstenaar sy komposisies opbou. Daarom vind ons dat baie van die sketse vinnig en informeel geteken is, soms met notas omtrent die kleure, soms met die geheel onderverdeel in blokke vir die finale oordrag op die paneel, soms met 'n kleiner sketsie om die finale komposisie aan te dui, en soms met die komposisie volgens streng geometriese beginsels uitgewerk.
In sommige komposisies word die geheel opgebou uit dele van verskillende omgewings, waar ander panele direk volgens die voorstudie voltooi is. Dit is interessant om op te merk dat 'n tweetal studies vir Rondebosch die voorgrond van die paneel Tafelberg suggereer asof die kunstenaar hierdie skildery uit meer as een uitsig op Tafelberg saamgestel het. 'n Soortgelyke geval is die paneel Bosveld, wat bepaald uit Bosveldsketse uit verskillende lokaliteite opgebou is.
Die Stasiepanele-opdrag moes vir Pierneef self as hoogtepunt
Tafelberg door J.H. Pierneef.
in sy werk gedien het. Nie alleen het sy opleiding en ontwikkeling in die projek geleentheid tot verstewiging gevind nie, maar die onderwerpmateriaal het die kunstenaar so aangegryp dat hy 'n aantal van die temas herhaal het in muurpanele vir Suid-Afrikahuis (Londen), 'n opdrag wat gevolg het op die eerste, asook in 'n aantal skilderye wat vandag meestal aan private versamelaars behoort.
Pierneef het in 1936 die Ere-medalje vir Skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie ontvang. Verskeie ander opdragte het nog gevolg, sodat die kunstenaar in staat was om hom op sy plasie naby Pretoria te vestig en hom voltyds aan sy skilderwerk te wy. Hier het hy ook 'n pragtige inheemse tuin geskep om sy huis Elangeni. Hy het 'n hartaanval gehad terwyl daar aan die huis gebou was, maar het daarna nog baie tyd in die veld deurgebring met sketse van plantegroei en landskappe. Hy het ook nog heelwat gereis en geskilder. Hy is in Oktober 1957 op die ouderdom van 71 jaar in Pretoria oorlede.
Jacob Hendrik Pierneef kan tereg as 'n pionier op die gebled van Suid-Afrikaanse kuns be-