te skei nie. Saam met hom word ook die leser verwar; hy word betrek in 'n spel van onthullings wat tegelyk verhullings is. Waarlik 'n tour de force. En hiermee hang ook saam die ‘sirkelbou’ van die roman: b.v. dat An ‘ten slotte’ blyk reeds ‘aan die begin’ dood te gewees het, en dat dat die ‘slot’-toneel sowel 'n einde (dood) kan voorstel as 'n herbegin van die doellose maling van Delport se gedagtes.
Met Mahala en Duiwel-in-die-Bos het Chris Barnard in Afrikaans oorspronklike en aangrypende beelde gegee van die (moderne) mens in sy eksistensiële angs; hy gee in albei werke ook blyke van 'n bewuste en verantwoorde vakmanskap. Die Letterkundige Kommissie beveel aan dat die Hertzogprys vir prosa, 1973, toegeken word aan Chris Barnard vir sy roman Mahala, met spesiale vermelding van die verhalebundel Duiwel-in-die-Bos’.
Van de bekroningsplechtigheid in Durban, op 29 juni 1973, heeft Chris Barnard gebruik gemaakt om de Akademie aan te sporen aktiever te ijveren voor de vrijheid van het woord in Zuid-Afrika. De zijde kiezen van zijn volk, aldus de auteur, betekent niet: blind zijn voor wat verkeerd loopt bij dat volk. De Akademie moet literaire maatstaven aanleggen bij de beoordeling van een literair werk, geen politieke of welke andere maatstaven dan ook. De Akademie moet niet alleen de vrijheid van de wetenschappen beschermen, maar even krachtig de vrijheid van de kunst. Chris Barnard verwijst daarbij terloops, maar heel gevat, naar zijn befaamde volks- en naamgenoot, de chirurg.
Er zijn wel meer auteurs in Zuid-Afrika die hun ongenoegen met hun positie als schrijver geuit hebben, maar het kan niet altijd op zulke officiële plechtigheden gebeuren. Het lijkt me daarom zinvol het slot van Barnards rede hier in ekstenso over te nemen:
‘Geen letterkunde is volledig of kan ooit volledig wees nie. Wys op die hiate wat wel bestaan. Dis soms nodig. Bevraagteken die dinge wat 'n letterkunde sy normale verloop ontneem. Dis belangrik. Knoop die stryd aan teen
daardie gesteldhede wat 'n letterkunde verarm. Dis noodsaaklik. Maar werp jou lot in by die mense tot wie jy jou rig. Dis 'nvoorvereiste.
Terwyl u en ek daaroor saamstem, moet ons egter terselfdertyd onthou: dié saak het ook 'n keersy.
Om jou lot by 'n saak in te werp, beteken nie om alles goed te keur wat in die naam van daardie saak gedoen word nie. 'n Letterkunde is nie daar net om altyd saam te stem nie. Hy is nie daar om gewoon mooi te lyk nie. 'n Letterkunde hou hom nie nét besig met die sg. skoner en meer verhewe dinge nie. Goeie letterkunde is soms ook lelik; dis soms ook stroom-op, weerbarstig, onnutsig, selfs ‘gevaarlik’.
'n Volk wat dit nie kan begryp nie, nie wil aanvaar nie, is een wat opgaan in sy eie skyn-heiligheid; dis 'n volk wat net die een kant van die munt wil ken. Dat die massa dikwels nie van hierdie keersy wil weet nie, is seker begryplik. Maar 'n instansie soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns - van hom verwag 'n mens die soort insig en verantwoordelikheid wat sy rol van hom vereis.
Soos dit hoort is die toekenning van die Hertzogprys juis die Suid-Afrikaanse Akademie se verantwoordelikheid. En wanneer dit kom by die toekenning van hierdie prys, 'n letterkunde-prys, die hoogste letterkunde-prys, wat hierdie land aan 'n skrywer kan gee, dan verwag 'n mens van hom dat hy met die maatstawe sal meet waarmee die letterkunde gemeet word.
Indien die Hertzogprys die letterkunde wil dien, en ek glo dit is wat hy veronderstel is om te doen, lààt hom dit doen. Sónder voorbehoude.
Van die Akademie durf 'n mens dit verwag - van ander liggame miskien nie.
Daarom voel ek dis vanaand my plig om 'n beroep te doen op die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie. En ek doen dié beroep nie net namens myself nie - ek doen dit namens elke skeppende kunstenaar in hierdie land. Die kunste is dikwels die weeskinders van 'n samelewing; die wetenskappe is meermale