Tentoonstellings en Versamelings.
1947, 1949, 1950 en 1953 - Eenmanskoue in Johannesburg en Pretoria.
1955 - Van Riebeeck Driehonderdjarige-tentoonstelling.
1956 - Eerste Vierjaarlikse Uitstalling van Suid-Afrikaanse Kuns.
1956 - Verteenwoordig op die Venesiese Biennale en sedertdien is sy werke op elkeen van hierdie Biennales ingesluit.
1957, 1959, 1963 en 1969 - Verteenwoordig op die Sao Paulo Biennales.
In 1957 ontvang sy ‘Afrika Ritme’ 'n Eervolle Vermelding en in 1959 word 'n Bronsmedalje aan sy ‘Swart Konstruksie’ toegeken.
1959 - Royal Academy, Londen.
1959 - Kunstenaars van Roem en Faam, Johannesburg (Eerste Prys).
1960 - Tweede Vierjaarlikse Tentoonstelling van Suid-Afrikaanse Kuns, Johannesburg.
1963 - Reisende Uitstalling van die Sao Paulo Biennale in die V.S.A.
1963-64 - Amadlozi-groep in Rome, Venesië, Firenze en Milaan.
1965 - Johannesburgse Kunsfees Uitstalling.
1965 - Transvaalse Akademie, Johannesburg. (Silwer Medalje vir ‘Die Atleet’).
1966 - Pretoriase Republiekfees Kunsuitstalling.
1966 - Kunstenaars van Roem en Faam, Johannesburg.
1969 - Suid-Afrikaanse Bierbroueryuitstalling (Silwer Medalje vir ‘Afrika Beskermer’ (‘African Guardian’).
1969 - Transvaalse Akademie. (Goue Medalje en Olivetti-prys vir Beeldhoukuns).
Sy openbare werke kan besigtig word by die Universiteit van die Witwatersrand, die ‘African Guarantee’-gebou, die Koloniale Bankgebou, Rhodeanskool, in die tuine van Doromo-woonstelle en die Mediese Kunstgebou, Johannesburg, die Polana Hotel, Lourenço Marques, en die ‘African Guarantee’-gebou, Kaapstad.
Villa werk vandaag amper uitsluitlik in metaal. Sy argitektoniese werke word tans gesien waar hulle tot hulle reg kom, in die buitelug.
Toe Douglas Portway na Engeland verhuis het, het Villa sy huis in Kew, Johannesburg, gekoop waar hy nou met sy Griekse vrou, Claire, woon.
Edoardo Villa stel dikwels in Europa