Ons Erfdeel. Jaargang 11
(1967-1968)– [tijdschrift] Ons Erfdeel– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 170]
| |
skrywers (‘Sestigers’) wat bezig is om 'n nuwe verhaalkuns in Afrikaans te skep. Sy twee kortverhaalbundels. Dubbeldoor, 1963 en Vliegoog, 1965 bevat van die beste verhale in Afrikaans. In die bundels is daar geen tipiese plattelandse of stadsverhale nie. De Vries met sy unieke verbeeldingskrag en sy vernuftige stylvaardigheid skep in elke verhaal 'n nuwe onvoorspelbare wêreldjie.
De Vries is egter ook skrywer van reisverhale waarin hy op doodgewoon konvensionele wyse van wat hy gesien en ervaar het in ander lande, verhaal. Sy sketse in Dorp in die Klein Karoo staan so tussen sy reisboeke en sy kortverhale. Die gevolg is 'n nuwe bekoorlikheid in sy werk, realisme op die rand van die sprokie, fantasie en waarheid wat één word. In die eerste storie in Dorp in die Klein Karoo sê die skrywer self: ‘En nou nog kan ek nie verstaan waarom mense my vra of dié of daardie verhaal wat ek geskryf het wáár is nie. Natuurlik is hulle almal waar. Ek het geen verbeelding nie en ek hou nie van mense met verbeelding nie.’ Gebore in 1937, is Abraham de Vries een van die talentvolste jong prosaskrywers in Afrikaans. D.M. Greeff |
|