Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 218] [p. 218] In die Awenduur. Ek drink die stilte in die awenduur. Die sagte skemering bring salwing aan die siel wat in die aandlug tuur. Ek drink die wyding in die awendlug, en voel tevree. 'n Awendbee styg na omhoog waar 'n windjie deur die bome sny. Ek drink die teerheid in die awendstond, en ek bieg. 'n Reier wieg traag-eensaam na vanaand se rus, en om die huis fladder nog 'n late mossie rond. J.C. BOTHA. Vorige Volgende