Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 204] [p. 204] Karroo-Sonnette. 1. Vir my die glorie.... Gepunte blare van die silwerboom Wat deur die kille Kaapse newels boor Waar berge, deur die see se blou omsoom, Hul kruine ophef na die westergloor - Te bleek vir my die lug waar julle droom Wanneer die suidewind sy mag verloor En ver benee jul rusplek, stil en vroom, Die see sy sagte aandgebed laat hoor. Vir my die glorie van die groot Karroo, Waar na die son se val 'n bloedrooi kam Nog vurig oor die donker rante vlam En purper koeltes uit die koppies kruip Wanneer die balsemende stilte val Op wit pendorings langs die spruit se wal. 2. Geduld, o geduld. O sagte wening van die wilgerboom Wanneer hy, deur die môre-wind gewek, Sy arms oor die droë damvloer strek Waar asvaal modderkoeke, bars-omsoom, Die hoop op laafnis vir sy blare toom. O droewe ruising as hy t'rug moet trek! Sal ooit die môre-wind sy blare wek Om koel te duikel in 'n waterstroom? Kyk hoe die aalwee-kand'laars teen die hang Aan brand gesteek word deur die Westerson! Geduldig staan die garingboom en wag Op uitkoms by die opgedroogde bron; En swaar geteister lê die veld en smag; En wank'lend is die honger skaap se gang. I.D. DU PLESSIS. Vorige Volgende