Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 172] [p. 172] Slaaptyd. In die aand, in die aand, as ons oudjies gaan slaap, en die skottelgoed raas in die bak, is my oë styfvaak, wil my mond al maar gaap, want Klaasvakie kom aan met sy sak. Rekkebek! Oë-rek! - Na die muur, tureluur, tot die prente gaan dans en die muurpapier wals. - Hu! so'n maerklou Sefiel is geniepsig en vals! Hy't so waar, by my siel, my so amper verniel! Nou's hy weg! - Ja, hy's weg, En Klaasvakie kom weer met sy korreltjies sand en ek krul soos 'n kat, soos 'n kat in sy mand. Rekkebek, Oë-rek! - Effens nog tureluur na Sefiel op die muur. Dan vanself, 'k weet nie hoe, sluit my ooglede toe. - 'k Wil nog net sê - Ou Sefiel, jy is laat! Klaasvaak is my maat, So wê! KLEINJAN. Vorige Volgende