Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Motte. Waar kom die motte, die motte vandaan, as dit buite so reën, as dit buite so reën? Is die blare te klein om hul skuiling te gee, as die hemel so seën, as die hemel so seën? Waar kom die grys-groen motte vandaan? Ek dink hulle kom na die lig van 'n lamp, wat herberg gee as die strome so spoel, as die winde die blomme se stingels breek en die blitse die hemel deurwoel, deurwoel. Ek dink hulle kom om skuiling te soek by 'n liggie wat brand in 'n mens se siel. Want hul dons is so fyn en hul voelers so mooi dat sò'n liggie hul nimmer of nooit sal verniel. KLEINJAN. Vorige Volgende