Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 166] [p. 166] Simon van Cyrene. En hulle 't jou gedwing om ook Sy kruis te dra! - Jy sien Hom strompel teen die hang. Jy sien die druppels bloed die aarde vang. Die massa kook, en in jou ore suis gejouel, spot, - geween; die skerp rinkink van wapens skeur die lug; bevele snar; - Jou veldgemoed kan skaars meer dink, en star kyk jy Hom aan, wat deur die stofdamp blink. Jy sien Hom strompel teen die hang. - ‘Hier jy! Kom help die kruisbalk dra!’ - Gebreekte oë sê dank! - En skielik in jou diepste vlam 'n deernis, dieper as die mededoë vir vrou of kind... Vaag in sy donker kry Ook Afrika die Lig - en sien - die Lam. Vorige Volgende