Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Veldeensaamheid. Ek drink die ew'ge stiltes in Waar niks die vrede om my verstoor, waar ek die wêreld kwyt is en myself in eind'loosheid verloor. Ook in die verte is niks wat roer, die vee lê in die velde neer. My voet het ongemerk gaan staan, en my gedagtes dink nie meer. Ek kyk my in die vertes weg; wat in my eng was, word nou wyd, wat swaar was, lig... Is dit, my siel, geen oomblik uit die ewigheid? TOTIUS. (Uit ‘Passieblomme’.) [pagina *16] [p. *16] 3. UIT DIE DODEDANS IN DIE MARIA-KERK, LUEBECK (1463). Vorige Volgende