Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 150] [p. 150] Ons Dode. Hul kan nie alte ver wees, nee. En wat is vir ons denke verte, wat so geswind is soos die herte en lugtig swenk-swaai soos die ree? Net soos die herte, laat en vroeg, het rondgejaag in dorsversmagte my rustelose swerfgedagte; en nou is ek so moeg, doodmoeg. Want soos die hert wat skreeu van dors, gaan staan om na 'n stroom te luister wat pers in onderaardse duister terwyl dit voortbrand in sy bors, so 't ek gaan staan en was dit my toe 'k hoor die Lewensstroom se bruising, maar 't is 'n verre en diepe ruising, en 'k kan, helaas, nie naderby. Vorige Volgende