Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Dag Eindig en - - - Die aarde, sonversadig, droom vermoeid in sluimerrus. Deurskynend soos opaal dryf in die Wes 'n silwersee. Eksoties vreemd hef bome langs sy matgekleurde kus Sig vlammend rooi omhoog. 'n Trage boot seil na die ree. 'n Trots kasteel, 'n somber, groots gevaarte, sterbekroon Al, rys aan die linkerkant, swaardreigend en gedug. Is dit gemurmel van die gaste of 'n harp se toon Wat op die wind kom aandryf, heimlik, soos 'n ligte sug? Die beeld vervloei. Die nagkleed sweef die groue velde oor. Heel flou verskyn 'n goue punt, wat deur die duister boor, En uit geploegde lande wel 'n loue lug. Die stilte omhul my soos 'n swaargevoerde mantel. Ek Bly staar die vreemde donker in, met knieë opgetrek. 'n Kar maak in die verte knarsend 'n gerug. G. MES. Vorige Volgende