Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 72] [p. 72] De Profundis. I. Met loodswaar voete kruip die nag verby. Dof soos 'n dodeklok slaan elke uur Wat so onwillig deur die hede gly. Vergeefs om in die duisternis te tuur! Vir dié wat onderneem het om te stry, Verskyn geen letters op die donker muur; Om stil te werk en stiller nog te ly, Is al wat ek durf vra in hierdie uur. Vir ons die voorreg om te swoeg en buk; Vir ons die lewenslas en struikelgang. Vermetele wat na nog meer verlang, Vergeefs strek jy die hande om te pluk, Want onbereikbaar aan die takke hang Die blanke vrugte van ons sielsgeluk. II. Wanneer ons, uit dié afgrond teruggekeer, Waar ideale in die mis verdwyn En rooitong vlamme van die hartstog skryn, Ons hande strek na wat die kwade weer: Die hulp van vriende wat ons heil begeer En, sterker in die stryd as ons, die wyn Van medelye giet deur samesyn, Laat dit 'n troos wees: ons het ook probeer. Die lug weergalm van stemme wat ons roep Om, struikelend, tot die einde toe te stry; Al word die offerbloed vergeefs gepleng Om met die trane van berou te meng. Geen misdaad wat hier onvergeeflik bly Behalwe as ons weier om te stry. I.D. DU PLESSIS. Vorige Volgende