Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Sterre. Die heel aand lank het ons gepraat, gedelf in donker wysheidsmyn, en telkens het die skoon gelaat van waarheid verderweg geskyn. Die heel aand lank het sku die hart gehuiwer oor 'n diepe see en dof gevra: waarom dan smart om in dié koninkryk te tree? En om ons het daar fyn geswewe die yle rook en diep geskyn, soos 'n gepuurde, reine lewe: die sagte straling van die wyn. En toe ons buite kom, bevry opeens die hart hom van sy leed en sien die sterre; skugter-bly om in hul gang sy gang te weet. C.M. VAN DEN HEEVER. Vorige Volgende