Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 37] [p. 37] Seegeruis. Gee ons die rus - die branders ruis hul lied en sing herinnering in ewig-diep en swaar gedruis hier om die donker eensaam huis. Gee ons die rus - al bring die wind bo branderlied uit ver verskiet 'n ewigheid waarin ons vind ons heimweedrome as 'n kind. Gee ons die rus - of raak ons aan sag met U kleed, dan sal ons weet om soos die see daar voor die maan getrou ons ritmeweg te gaan. Vorige Volgende