Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933(1933)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Na die Dagtaak. Nou staar my siel soos op 'n wye see Waarvan die spieël deur geen rimpel word gebreek, Soos blanke boot, geanker op die ree, Soms toef 'n wyl, op reis na onbekende streek. Daar sweef 'n voël, loom van vleuelslag Verby, 'n wolk dryf in die vert met goud omrand En maak sereenheid van verbye dag Nog dieper van oneindigheid. Ek sien geen land. 'n Ruising, met 'n onbestemd geluid, Dryf sluiers voor sig heen, fluwelig swart, Wat alle dinge tot een vorm omsluit. Verraderlik peilloos loer voor my Die diepte, soos 'n vroumens sonder hart. Ontroerd hoor 'k kerkkloktone nadergly. G. MES. Vorige Volgende