| |
| |
| |
Proewe uit die Bantoe-Folklore.
Spreekwoorde van die Transvaalse Basotho.
(Vervolg.)
23. Mefaka e mefsa e sêxa diatla.
Nuwe messe sny die hande. |
Nuwe besems vee skoon, maar mens moet tog baie versigtig te werk gaan met 'n nuwe stuk gereedskap wat jy nie ken nie, dalk maak jy jou seer. |
| |
24. Batho ké bô-moôra-ò-tuka; wà tima, ba o tloxa.
Mense is van die wat hulle verwarm (aan die vuur) solank as hy brand; is hy uit, laat hulle hom in die steek. |
Gesê van mense wat êrens bly solank daar kos of drank is, en dadelik weggaan wanneer die voorraad ophou. |
| |
25. Moya-nameng o ya ka moxano.
Hy wat na die vleis gaan, gaan met 'n sening. |
As mens 'n stuk vleis wil vra, vra mens om 'n sening, dan moet die gevraagde maar weet wat bedoel word. |
As mens 'n groot guns wil vra, moet hy begin met 'n klein gunsie te vra en die res aan die gevraagde oor te laat. |
| |
26. Lentso la kxosi le axêlwa moraka.
Om die kaptein se woord word 'n veeposmuur gebou. |
Die kaptein se woord is heilig en word altyd verdedig. |
Mens moet altyd die regering ondersteun. |
| |
27. Marope rè tloxa re hlaba dithaka.
Ons gaan weg van die ruïnes en steek ons maats. |
Wanneer mense weggaan van (die ruïnes van) hulle ou tuiste, moet hulle op goeie voet kom met die mense van die plek waar hulle hul gaan vestig, en desnoods hulle ou tuiste en hulle ou bekendes slegsê. |
‘Off with the old, on with the new.’ |
| |
28. Tsa êtwa ké thsadi pele, di wêla ka lewá.
Die (beeste) wat deur 'n wyfie aangevoer is, het in die afgrond geval. |
As vrouens aan die hoof van sake is, gaan dinge verkeerd. |
| |
29. Selêpê xa se itheme.
Die byl kap nie homself nie. |
Mens kan nie regter wees in sy eie saak of in 'n saak waarin sy naaste bloedverwante betrokke is nie; hy sou hulle straf nie as dit nodig was nie. |
| |
| |
| |
30. Mafata-fatô a bô-kxwale ké a ka moswana.
Die nestebou van die patryse is die van die vroeë oggend. |
Die môrestond het goud in die mond. |
| |
31. Leputla-putla le ja podi; modikoloxa o ja namane ya kxomo.
Die haastige man eet 'n bok, die rustige man eet 'n runderkalf. |
As mens by 'n plek as gas kom en haastig is om weg te kom, doen hulle nie veel moeite om hom te onthaal nie, hulle slag maar 'n bok; maar as mens rustig en kalm is en nie jaag om weg te kom nie, maak hulle baie werk daarvan om hom goed te onthaal en slag 'n kalf vir hom. |
Haastigheid betaal nie. |
| |
32. Mo-nthsepedisa bosexo ke mo leboxa xò sile.
Die wat my in die nag laat loop, bedank ek as dit dag is. |
As hy my in die nag wakker maak om op reis te gaan, is ek ontevrede, maar as dit dag is en ek sien ek is al op die end van my reis vroeër as wat ek gemeen het, dan is ek hom tog dankbaar. |
Gesê as iemand mens 'n onaangename taak oplê wat tog vir sy beswil is. |
| |
33. Bahlale xa ba xwerane.
Knap mense maak nie maats met mekaar nie. |
Knap mense (b.v. toordokters, kapteins, ens.) maak nie maats met mekaar nie omdat hulle op mekaar jaloers is en buitendien bang is dat hulle van mekaar die kuns af kan kyk. |
| |
34. Bana ba monna ké marapô a thsukudu, xa ba apewe ka pitsa e tee.
Kinders van 'n man is soos die bene van 'n renoster: hulle kan nie in een pot gekook word nie. |
Die kinders van 'n man (d.w.s. 'n familie broers en susters, ens.) word vergelyk by die bene van 'n renoster wat nie in een pot kan gekook word nie, omdat die renosterbene te veel is om in een pot te gaan; hulle moet eers verdeel word; net so kan die familie nie baasgeraak word voordat hulle eers verdeel is nie. |
Vgl.: Eendrag maak mag, en ook Divide et impera. |
| |
35. Molamo xe o tl'o bolaya o kwala marethong.
As die knopkierie gaan doodmaak, hoor mens dit aan die swaai. |
As die kierie afgebring word met die doel om dood te maak, hoor mens aan die manier waarop hy deur die lug swaai dat dit die doel is. |
| |
| |
As mens werklik ernstig van plan is om iets te doen, hoor jy dit aan sy stem, merk jy dit aan sy manier van praat en doen. |
| |
36. Mobu e sexo wa Xeno o a hlaba.
Die grond wat nie jou geboortegrond is nie, verwond jou. |
In 'n vreemde land maak mens soms foute deur onkunde van die land se gewoontes - foute waarvoor jy swaar bestraf word. Tuis sou dit onmoontlik wees. |
Vgl.: ‘A Id iz in goluth.’ |
| |
37. Hlapi, holofêla leraxa; meetse a phsile, O a bôna.
Vis, vertrou die modder; die water is opgedroog terwyl jy kyk. |
Mens moet tevrede wees met wat hom oorskiet al is dit maar min, wanneer sy besit hom amper heeltemal ontneem is. |
Half a loaf is better than no bread. |
| |
38. Dikxomo xo latswana di boyá.
Beeste is almal van een haar as dit daarop aankom om mekaar te lek. |
Soort soek soort. Die beeste lek mekaar omdat hulle almal dieselfde soort haar het. |
| |
39. Motlwa o bowa ka nthô.
Die doring kom terug uit die wond. |
Die eggo kom terug uit die bos waarin mens geskree het. |
| |
40. Batho ké meriti ya diphaô.
Mense is die skaduwee van die heining. |
Mense draai net soos skaduwees: hulle is altyd aan verander. |
| |
41. Mahura a ngwana ké xo rongwa.
Die vet van 'n kind is om gestuur te word. |
Die plesier (vet) wat mens van 'n kind het, is dat mens die kind kan gebruik om boodskappe te doen. |
| |
42. Soana ya mosate, Wà e feta, O a ôba, Wà e xapa, O a ôba.
Die swart bees van die hoofstat, as jy dit verbygaan, is jy skuldig; as jy dit wegdryf, is jy skuldig. |
As mens 'n bees wat aan die hoofstat behoort, langs die pad kry, m.a.w. as dit verlore is, en mens gaan dit verby sonder om handelend op te tree, is mens skuldig aan onverskilligheid; dryf mens die bees
|
| |
| |
saam met hom weg, is jy ook weer skynbaar skuldig aan diefstal. |
Word gebruik van 'n moeilike keus tussen twee kwaaie. |
| |
43. Nama e rôba lesimôlô.
Die vleis breek die spit. |
Die vleis is te swaar, die spit breek. |
Word gesê as iemand 'n taak probeer verrig wat te swaar vir hom is, waarby hy moontlik meer kwaad as goed doen. |
| |
44. Thsipa xe e otile, molato o rêrwa ké peba.
As die wildekat maer is, word sake deur die muis beslis. |
As die persoon wat in 'n saak moet handel, dit nie kan doen nie, dan moet iemand anders maar in sy plek kom, hoe ongeskik hy ook vir die plek is. |
| |
45. Mafadi maxolo xa a nthse selo.
Die groot uitkrappers haal nie self iets uit nie. |
Die kaptein is die groot uitkrapper, hy krap die mense uit deur hulle te laat ‘uithaal’ - d.w.s. boete betaal. Maar die kaptein self betaal nie boete nie, hy staan bo die wet - dus, die groot uitkrapper haal self niks uit nie. |
| |
46. Mouma xa o letwe ké malêka.
Die moumo-boom word nie deur lompe bewaak nie. |
Die moumo-boom het eetbare vrugte; as mens hom bewaak (deur te verhinder dat voëls daaraan vreet), kry mens self die vrugte, trek dus profyt van die bewaak, staan nie in lompe nie. |
Elke behandeling bring sy eie profyt. |
| |
47. Maleka xa se makxônê: makxônê ké maboeletsa.
‘Probeer’ is nie ‘Kan’ nie: ‘Kan’ is ‘Terugkom’. |
As mens iets net eenmaal probeer, kan hy dit nog nie doen nie: hy kan dit eers doen na herhaalde pogings. |
Aanhouer wen. |
| |
48. Phiri e mekôka e mebedi e phatloxa nôka.
Die wolf van die twee paaie splyt sy heupe uitmekaar. |
Die legende is dat 'n wolf eenmaal probeer het om op twee paaie tegelyk te loop, en as gevolg intwee gesplyt is. |
Mens wat twee kante tegelyk wil dien, gaan verlore. |
| |
| |
| |
49. Kxori e bôna mae, moutlô xa e o bone.
Die pou sien die eiers, die strikval sien hy nie. |
As mens 'n ding baie begeer, sien hy nie die teen van die ding nie, alleen maar die voor. |
| |
50. Phaxa xa e rutwe xo boba; xo khutlola mahlo ké xa yôna.
Die wildekat word nie geleer om hom vir die sprong oor te haal nie, en sy oë groot maak is sy natuur. |
Teach your grandmother to suck eggs. |
| |
51. Diphôôfôl ô di bolawa ké dihlatse.
Diere word doodgemaak deur getuies. |
Mens wen 'n regsaak deur goeie getuies te hê. |
| |
52. Mokwa-thsêxô, tsoxêla mareneng!
Armoedlyer, op na die kapteins! |
By die kaptein is daar altyd iets te kry (in prysende sowel as in smalende sin gebruik). |
| |
53. MaseKama xo sekama a pele, a moraxo a tsea tsela.
Skeefganers is die eerstes wat skeef gaan; die laastes volg die pad. |
Die eerste mense wat 'n nuwe gewoonte aanneem, gaan skeef, kry die naam dat hulle eienaardig is; later is die gewoonte gekristalliseer, hulle navolgelinge is nou ewe natuurlik en konwensioneel as enig ander. |
| |
54. Molaya-kxosi o a itaêla.
Hy wat die kaptein raai, raai teen homself. |
Iemand wat die kaptein raai om iets te doen, b.v. 'n verbod uit te vaardig, 'n straf op te lê, 'n bevel te gee, moet daarom dink dat die verbod, die straf of die bevel hom ewe goed kan tref as enig ander. |
Wie 'n strik span, val daar self in. |
| |
55. Xo ukamêla ka lewa xa se xo rôbêxa.
Oor die afgrond vooroorbuig beteken nog nie verbrysel word nie. |
'n Slegte ding aankyk beteken nog nie dit doen nie. |
| |
56. Lento la maabane xa le hlabe kxomo.
Die woord van gister maak g'n bees dood nie. |
Verouderde beloftes help maar min, hulle word tog nie nagekom nie. |
G.P. LESTRADE.
|
|