Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 219] [p. 219] Bekering. (Horatius Carm. I. 34.) My diens van gode, karig-min; Onwyse wysheid was my leer; Nou dryf die Nood die dwaler in, En oor die weë van weleer Kom t'rug die eens verlore seun. Want Juppiter, wat ons verblind Met vuur en deur die wolke dreun, Het nou 'n donder-pad gevind Dwars oor die helder hemel rein; En Aarde stom, en swerwer-stroom En al die Skimme in hul pyn En seeë wat die Weste soom, Skrik van die skok. Want mag het Hy Om magtiges omlaag te bring; Skril fladderend vlieg die Lot verby: Een word verhef, sy maat verdring. T.J. HAARHOFF. Vorige Volgende