Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932
(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 189]
| |
Die Klassieke in Suid-AfrikaGa naar voetnoot1)DIE Klassieke in Suid-Afrika - ons kan sê: ‘Die Klassieke oor die hele wêreld’, waar dit gaan oor nuwe gesigspunte om lewe in die doodsbeendere te blaas. Praat ons van doodsbeendere, dan dink ons aan 'n bevangenheid van tradisie en onderwysmetodes wat nog 'n erfenis van die Middeleeue is. Prof. Haarhoff het ons 'n groot diens bewys deur in hierdie weldeurdagte werk nuwe lig op die studie van die Klassieke in Suid-Afrika te werp. Elke onderwysman wat iets met taaistudie te doen het, behoort prof. Haarhoff se verhandeling deeglik te bestudeer. En as ons kla oor die onderwysmetodes wat by die studie van die Klassieke toegepas word, kan ons daar seker van wees dat in die geval van 'n hele paar ander vakke die toestand nie veel rooskleuriger is nie. Oor die hele wêreld, soos ons gesê het, gaan daar stemme op om die studie van die Klassieke meer doeltreffend en lonend te maak. Daar was 'n tyd tot die Klassieke op die skole van die ou kultuurlande feitlik 'n alleenreg geniet het. Teenswoordig het die skoolkind met so baie nuwe vakke te doen, dat die studie van die Klassieke as 'n oorbodige en tydrowende weelde beskou word. Hierdie skerpe mededinging het die Klassieke heeltemaal in die gedrang gebring. En tog meen ek dat die Klassieke vir baie leerlinge en studente nog hulle nut het as ons maar net 'n bietjie meer modern in ons onderwysmetodes en uitgangspunte wil word. Maar dit geld nie net vir die Klassieke nie; ander vakke behoort ook opgeknap te word - vakke wat in die nouste verband met die Klassieke tale staan - Latyn en Grieks. Myns insiens is een van die groot oorsake dat Latyn en Grieks so baie veld verloor het, die feit dat net die taaistudie in hoofsaak beklemtoon is en nie die taalstudie as hulpmiddel om die bronne vir die kultuurhistoriese ontwikkeling van ons Westerse beskawing oop te lê nie. Eers as ons almal die moed het om rondborstig te verklaar dat dit geen kettery is om selfs vir Middeleeuse Latyn en Byzantynse Grieks belangstelling te toon nie, is daar hoop dat daar nuwe lewe in die studie van die Klassieke sal kom. Selfs prof. Haarhoff maak op baie skugtere wyse die voorstel dat die kind die Vulgaat moet lees - om sodoende van die bekende na die onbekende te gaan. Ons klem ons maar steeds krampagtig vas aan Cicero en Caesar - hoewel ons sien dat die golwe al oor ons slaan. Selfs in die opvoedkunde is dit goeie politiek om na bondgenote om te sien as die posisie onhoudbaar begin te word. | |
[pagina 190]
| |
Stadigaan kom daar meer belangstelling vir die studie van die Middeleeue. Dit verbaas my hoe ons geskiedenisleraars dit met die studie van ons Westerse beskawing tot by die Renaissance klaarspeel sonder enige bronnestudie waar kennis ten minste van Middeleeuse Latyn tog onontbeerlik sou geag word. Of is daar in werklikheid geen geskiedenis met bronnestudie aan ons Universiteite voor die opkoms van die Britse Koloniale Ryk nie? Wel, as alle historiese wetenskap by ons met hierdie tydperk aanvang, dan kan ons ook goed begryp waarom die studie van Latyn en Grieks vir so'n moderne mensheid van geen nut kan wees nie. Nee, daar is ongetwyfeld 'n toekoms vir die Klassieke as ons ook 'n bietjie aan ons geskiedenisonderwys gaan torring, om dit 'n nuwe rigting te gee. Kultuurhistoriese onderrig tot by die Renaissance moet Latyn en Grieks insluit. Dit is die twee bondgenote, aan die een kant. Daardeur sal die studie van Volkslatyn en Middeleeuse Latyn tot sy reg kom, en dan kom ons vanself tot die groot klassieke tydperk. Ons moet die taalontwikkeling as 'n eenheid betrag net soseer as wat ons die geestesuitinge as 'n eenheid moet betrag. Gelukkig breek ons so stadigaan los van die bande van die verlede wat ons opvattinge omtrent hierdie onderwyssake betref. Ons tref oral meer waardering vir Volkslatyn en Middeleeuse Latyn aan. Maar ons moet ons taal studie in die diens van die kultuurhistoriese stel: die een het die ander nodig. Miskien kom daar ook nog nuwe lewe in die studie van moderne tale. Hoe die vergelykende taalstudie dit sonder 'n grondslag van Latyn en Grieks kan klaarspeel, sal seker 'n onoplosbare raaisel vir almal bly wat nie die voorreg het om in hierdie duistere geheim ingewy te wees nie. Miskien mag ons binne afsienbare tyd verwag dat ook hier beter insigte sal seëvier wat getuig van helder pedagogiese momente. En dan die ou geskiedenis op sigself. Sal dit op ons skole nooit tot sy reg kom nie? Daar is die pragtige werk van die argeoloë wat nuwe beskawinge vir ons blootlê. Sal die studie van die Klassieke so'n dorre gedoente bly as ons die studie van die ou geskiedenis op ons skole tot sy reg laat kom? Ek vra my soms af of ons nie eers 'n argeoloog moet aanstel en dan 'n taalman nie. Kultuurgeskiedenis en taalstudie moet vir ons eers 'n eenheid word as ons belangstelling wil gaande maak. Hierdie eenheidsbegrip het die reusewerk van 'n Eduard Meyer moontlik gemaak en die geniale Wilamowitz aangevuur. Taalstudie en geskiedenis is die onafskeidbare bondgenote as ons Latyn en Grieks van nut wil maak waar ons in die aanvang van die bekende en die maklike uitgaan. Dit is net die regte metode en aanpassing wat ons wil hê, want as daar geen plek vir Latyn en Grieks in ons onderwysstelsel is nie, dan is dit 'n verskriklike aanklag teen die grondigheid en oorspronklikheid van ons studie in die geskiedenis, regte, teologie en moderne filologie. H.G. VILJOEN. |
|