Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932
(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 184]
| |
Die Nuwe Brandwag
| |
Legaga la Phalo: Die Grot van die OorwinningGa naar voetnoot1DIE oningewyde wat van Mooirivier langs Vaalrivier aan die Transvaalse kant reis in die rigting van Losberg, staan dikwels verbaas oor die talryke oorblyfsels van Kafferstatte wat hy hier aantref. 'n Menigte murasies op of teen die hange van die heuwels wat hy teëkom, getuig daarvan dat hier eenmaal 'n groot bevolking gewoon het. Reusagtige ashope, nou met gras begroei en wat soms die vorm van klein koppies aanneem, getuig van die ouderdom van die statte. Hierdie murasies, wat soos soveel powere grafstene van vergane grootheid en voorspoed staan, herinner daaraan dat Transvaal, tot kort voor die Groot Trek nog, die tuiste was van 'n talryke en welvarende naturellebevolking. Die oorgrote meerderheid van hulle het behoort tot die Bakwena-groep, wat, volgens die oorlewering, gekom het uit die verre noorde en hulle gevestig het veral in die vrugbare dele noord van die Magaliesberge en in Wes-Transvaal. Hulle was ongetwyfeld, voor hulle oorval is deur vreemde oorlogsbendes, meer beskaaf as die meer oorlogsugtige kus-Kaffers en selfs as die aan hulle verwante suidelike groepe. Hulle hutte was beter gebou, van binne en van buite mooier versier; hulle het uitgeblink in hulle pottemakery, houtwerk en ystersmedery; hulle het groter voorliefde getoon vir die landbou en was in besit van groot kuddes vee, wat hulle 'n aanloklike prooi gemaak het en grootliks bygedra het tot hulle ondergang later.Ga naar voetnoot2) Alhoewel die land in hierdie tyd dig bevolk was, was dit nie deurgaans eweredig bevolk nie. Daar was talryke middelpunte waar die stamme dig saamgeskool was, met groot oopliggende dele daaromheen en daartussen, die weiveld van tallose kuddes wild - 'n eienaardigheid wat ook deur die Potchefstroomse ruïnes geïllustreer word. | |
[pagina 185]
| |
Dis moeilik om bepaalde en vertroubare gegewens oor die Potchefstroomse Bakwena te kry. Die oorlewering is deur die tydsverloop vervaag en verward geraak. Hier en daar woon egter nog 'n ou skepsel wat meer weet as sy deursnee-rasgenoot. So iemand is Rapula, d.i. Vader van die Reent of Voorspoed, na skatting ongeveer honderd jaar oud, nog gesond van verstand en fris van geheue. Hy is die laaste van die ysterwerkers en vertoon graag aan die besoeker met trots sy ou Kafferblaasbalk (Mooba). Volgens hom het van Kliprivier tot in die buurt van Lindequesdrift die Bamotlatla gewoon, die mense of volk van Motlatla, die man, soos die naam aandui, wat homself losgeskeur het van die ander. Van Lindesquesdrift noordweswaarts oor Kraalkop en langs die rivier af tot ongeveer by Bushy-Bend het gewoon die Bamaraphogolo, terwyl aan die Vrystaatse kant by Ellemboogspruit die Bakhudu hulle tuiste gehad het. Die meeste naturelle weet egter net van die Bamotlatla, sodat aangeneem mag word dat hierdie stam die belangrikste was. Soos soveel ander, het ook hierdie Vaalrivierse stamme assulks spoorloos verdwyn. Dit het gebeur in die twintigtal jare voor die koms van die Voortrekkers, in 'n tyd van ongeëwenaarde beroering onder die naturellestamme. Dis bekend hoe in hierdie tyd Tsjaka oor die Drakensberge besig was om 'n magtige militêre ryk te bou met geweld en deur verowering. Onophoudelik het hy met sy volgelinge hulle assegaaie gewas in die bloed van die naburige stamme. Vanuit hierdie stormpunt het weldra die golwe heengeslaan oor die berge. Aan die oorsprong van die Wilgerivier, in die teenswoordige Harrismithse distrik, het 'n stam, bekend as die Batlokua, onder 'n regentes Ma Ntatisi gewoon. Deur die druk uit Natal was hulle die eerste aan hierdie kant van die berge om hulle stamlande te verlaat. Versterk deur 'n menigte ander vlugtelinge, het hulle Vaalrivier deurwaad en aangestorm op die ongeorganiseerde en deur langdurige rus en voorspoed onstrydvaardige Bakwena, wat gedurende twee lang jare met byna onvergelyklike wreedheid deur hulle geteister is. So groot was die skrik wat die Mantatese (die Makkatese van die Boere) verbrei het, dat die blote gerug van hulle nadering genoeg was om hele stamme ylings op die vlug te laat slaan. Eindelik het die onafgebroke suksesse van die horde, hulle fabelagtige dapperheid en wreedheid hulle merkwaardige leidster in die verbeelding van die naturelle omhul met 'n waas van bomenslikheid. Ver voor hulle uit het die gerug gesnel dat 'n onverwinlike skare in aantog was, gelei deur 'n vrou van reusegestalte, met slegs een oog in haar voorhoof, wat, as dier- en mensevleis ontbreek, haar krygsvolk voed met haar eie melk. 'n Voorbeeld van hierdie skrikbarende gerugte word gegee deur die reisiger George Thompson, wat in 1823 toevallig op Kuruman was toe die horde in aantog was. Hy vertel: ‘Gedurende mijn onderhoud met den | |
[pagina *24]
| |
RUINES VAN DIE STAT OM DIE GROT, WAARVAN DIE INGANG MET 'N KRUISIE AANGEDUI IS.
| |
[pagina 186]
| |
heer Melville over de stammen der Bechuanen in het Noorden, verhaalde hij mij, dat hem voor eenige dagen een vreemd gerucht ter ooren was gekomen, aangaande eene groote horde of bende van een uitgestrekt volk, die men zeide dat uit het Noordoosten kwam opdagen, het geheele land verwoestte en alles vernielde, dat zich tegen hen verzette. Deze berichten echter gingen gepaard met zulken buitensporige bijzonderheden, die b.v. de aanvallers afschetsen als blanke menschen met lang wit haar en lange witte baarden, door reuzen aangevoerd, die slechts eén oog in hun voorhoofden hadden, en dergelijke kinderachtige omstandigheden meer...Ga naar voetnoot3) Die Mantatese het die gebied van die noordelike Bakwena skaars aan die een kant verlaat, toe van die ander kant, uit die noordooste, 'n nog gevaarliker vyand opgedaag kom in die persoon van Moselikatse, eenmaal die gunsteling van Tsjaka, en nou, met sy volgelinge, die Matabeli, 'n vlugteling van voor die aangesig van sy heer. Teen die nuwe veroweraars, ‘die mense wat verdwyn’ (agter hulle skilde), wat byna naak geveg het, was die Bakwena nog minder opgewasse as teen die Mantatese. Hulle het die verwoestingswerk voltooi, totdat die Bakwenaland, eenmaal so mooi en welvarend, tot 'n byna onbewoonde woesteny omgeskep was. Kort na 1831 het die groot veroweraar sy hoofkwartiere gevestig naby Mosega, met ondergeskikte militêre statte in ander dele. Die sendeling Moffat het kort na die verwoestingswerk voltooi was, hierdie dele bereis en daarvan gelukkig 'n beskrywing nagelaat. Die land dagreise ver om Mosega, met sy beboste heuwels en pragtige valleie, waar 'n menigte verwoeste statte gespreek het van 'n eenmaal wemelende Kafferlewe, was 'n toonbeeld van ellende en verlatenheid. Die verarmde duisendes het, nadat hulle deur die Matabeli verstrooi is, nòg vee nòg statte besit, maar hulle skuilgehou waar hulle kon, en bestaan van sprinkane, veldkos en die opbrengs van die jag. Leeus, gewoon geraak aan mensvleis, het hulle vrees vir die menseoog verloor en hulle prooi bespring waar en wanneer hulle hom teëgekom het. Op een plek het Moffat 'n groepie Bakwena-families aangetref wat hulle hutte bo in die takke van bome saamgevleg het. Oordags het hulle neergedaal in die skaduwee van die bome, om snags weer op te klouter na hulle hoë slaapplekke. Die behandeling wat die Bakwena van die veroweraars ten deel geval het, kan skaars beskrywe word. Die Matabeli was nie tevrede met 'n blote roof van alle vee nie: niks minder as totale vernietiging kon hulle bloeddors bevredig. Wanneer 'n stat oorrompel was, is die verskrikte inwoners op 'n hoop gedryf, die oues en die getroude vroue gedood, die jong manne en dogters tot slawe gemaak. Dié wat teenstand gebied het, is soms in droë gras, deurweek met vet, toe- | |
[pagina 187]
| |
gedraai en aan brand gesteek. Klein kindertjies is agtergelaat om van honger om te kom of deur wilde diere verskeur te word.Ga naar voetnoot4) Hoe was dit in hierdie tye van verwoesting gesteld met die Potchefstroomse groep van die Bakwena? Die herinnering aan die Mantatese is merkwaardig flou. Dit kan wees dat dit oorskadu is in die volksvertelling deur die latere en langduriger Matabeli-dwingelandy. Dit kan ook wees dat die aktiviteite van die Mantatese effe meer weswaarts ontplooi is. ‘Die Vader van die Voorspoed’, Rapula, erken egter dat die stamme reeds voor die koms van die Matabeli beroof en verstrooi was. Maar, so beduie hy, dit was die werk van die Bapedi onder Malabuti, die vader van Sekukuni.Ga naar voetnoot5) In hierdie tyd het Noge, oudste seun van Sekhete, maar by 'n mindere vrou, en sy jonger broer Tete, seun van die hoofvrou, in 'n opvolgingsrusie geraak. Tete, die swakkere, het die hulp ingeroep van Malabuti, wat met 'n groot bende die gebied ingetrek het, baie gedood, nog ander verstrooi, en almal, vriend en vyand, met strenge onpartydigheid van hulle vee beroof het. Dit was ongelukkig heeltemaal onmoontlik om van hierdie verhaal enige bevestiging te verkry. In verband met die Matabeli-oorheersing is daar meer oorlewering, hoewel dié, soos te verwagte was, baie vaag en verward is. In hoofsaak word die indrukke van die sendelinge bevestig. Maar veral is in hierdie verband veelseggend die oorblyfsels uit dié tyd wat onlangs aan die lig gekom het. Die omgewing van Potchefstroom is ryk aan grotte, wat ongetwyfeld welkome skuiling gebied het aan groepies vlugtelinge. In 'n paar is daar merkwaardige aanduidinge hiervan. Op die plaas Holfontein, naby Losberg, is 'n groot grot met enige Kafferhutte, eintlik ommuurde afskortinge, daarbinne, waar 'n aantal mensegeraamtes gevind is. Volgens die oorlewering van die naburige naturelle het hier geskuil 'n groepie van die Bakhudu totdat hulle deur Matabeli-stropers oorval en doodgesteek of doodgesmoor is. Veel interessanter egter is 'n grot op die plaas Kleinfontein, naby Frederikstad. In 'n kom in die heuwels, op 'n knoppie teen een daarvan, gee 'n splèet in die rotse 'n loodregte toegang tot 'n ware onderaardse Kafferstat. Onmiddellik om die ingang verwyd die grot hom tot groot natuurlike sale, met magtige rotsgewelwe. Oral hierin, veral langs die kante, waar maar 'n beskikbare plek is wat ook by instroming van water droog sou bly, is daklose hutte met netjies afgepleisterde mure, ongeveer vyf voet hoog, gebou. Tussendeur lê nog die gemaakte gangetjies wat die voete van die bewoners in die | |
[pagina 188]
| |
stikdonker, waarskynlik slegs soms effe verbreek deur die skemerlig van grastoortse, moes lei. Die lug in die grot is taamlik suiwer; en, volgens plaaslike oorlewering, was daar vroeër nog 'n tweede ingang, nou toegeval, of, volgens sommige, deur die Matabeli toegestop, wat 'n suiwerende lugstroom deurgelaat het. 'n Paar assegaaipunte, 'n oorlogsbyltjie, 'n aantal potskerwe, stukkies volstruiseierdoppe vorm die enigsins patetiese oorblyfsels van die klompie naturelle wat hier eenmaal skuiling gevind het. Bo om die ingang van die grot is die fondamente van 'n aansienlike statjie, waar die families hulle in tye wanneer die gevaar geweke was, opgehou het, om by die eerste teken van die vyand langs 'n primitiewe leer, 'n boomstam met die mikke van uitgroeiende takke, haastig af te daal. Ou naturelle in die buurt vertel dat die Matabeli hard probeer het om die ingang toe te stop. Hiervan is daar nog aanduidinge in die massa los klippe onder in die ingang. Die besondere formasie het die poginge egter verydel. Die grot is owerigens moeilik toeganklik vir 'n aanvaller en maklik verdedigbaar. Dat die lewe in hierdie onderaardse stat 'n lewe van ellende en ontbering was, is begryplik. Sonder vee, sonder die rus om die landbou met sukses te beoefen, moes die bewoners hulle voed met veldkos, met volstruiseiers en met die wild wat hulle kon verstrik. Miskien het die nood hier, soos elders, ook soms gedwing tot kannibalisme. Wie weet? Een saak is egter seker: die groepie mense kon hulle hier gedurende jare handhaaf teen die verdrukker. Mnr. Muller, die eienaar van die plaas, vertel dat die ou volk hierdie plek genoem het Mapalo, wat, volgens hulle, ‘Oorwinning’ beteken. Met die hulp van die prinsipaal van die Potchefstroomse Naturelleskool kon ek vasstel dat dit sou gewees het Legaga La Phalo, die Grot van die Oorwinning. Passende naam! Ook vir hierdie skuilingsoekers was die koms van die Voortrekkers en die vernietiging van die Matabeli-mag 'n seën. Dit het vir hulle 'n nuwe en betere bestaansmoontlikheid beteken, al het dit dan ook 'n sekere mate van diensbaarheid meegebring. 'n Ou naturellevrou wat daarop aanspraak maak dat haar vader in die grot gebore is, vertel dat, ná die koms van die Boere, daar moeilikhede gekom het oor vee wat weggeraak het. Opnuut het die stammetjie sy toevlug tot die groot geneem. Hulle is egter met 'n lis uitgelok, in klein groepies verdeel en as bediendes deur die Boere aangeneem.
A.J.H. VAN DER WALT. |
|