Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende In Knysna-Bos. Hier in die oerwoud, in dié reuselaan - Pilare van 'n kille katedraal, Gegrondves in die afgrond, kolossaal, Natuur se kerk, wat nimmer sal vergaan - Hier, wyl die sagte strale van die maan Deur lowerdak op grasperk-altaar daal En wierookgeure uit die aandblom haal, Wil ek aanbiddend voor die Meester staan. God! Al-Skepper, Heerser, Oppergees! Kon ek die indruk hou van hierdie uur, Sou dit 'n rigsnoer vir die toekoms wees! Maar nee, die blaking van so'n felle vuur Is kragtiger as wat ek kan verduur: Slegs Hyself kan Sy werk gedurig lees! I.D. DU PLESSIS. Vorige Volgende