| |
| |
| |
Was Kruger 'n Amptenaar van Shepstone?
OP 12 April 1877 het Sir Theophilus Shepstone Transvaal geannekseer. Dit was die uiteindelike uitkoms van 'n agitasie wat vanaf 1869 stelselmatig gevoer is met die doel om die rykdomme van die Transvaalse bodem in hande te kry. Die Keate-uitspraak van 1871 en daarmee die anneksasie van 'n groot gedeelte van Wes-Transvaal, was die voorspel. Die Liberale Regering wat toe in Engeland aan bewind van sake was, het egter nie so 'n anneksasie-lus gehad nie. In die begin von 1874 het die Konserwatiewes aan die bewind gekom en 'n Regering gevorm onder Disraeli, die ‘Empire builder’, wat nie alleen die Suez-kanaal vir Engeland sou verower nie, maar wat ook die stoot sou gee aan die uitbreidingspolitiek in Suid-Afrika, en nog in dieselfde jaar van sy indienstreding, in 1874, het hy die inlywing van Transvaal op die program gehad. Oor al die kragte wat hiervoor in die werk gestel is, praat ons nou nie. Laat dit genoeg wees om te herhaal dat die Anneksasie op 12 April 1877 die uiteindelike uitkoms daarvan was. Shepstone het met die Anneksasie 'n baie lastige taak gehad. Hy moes dit só doen dat dit in Engeland nie 'n politieke krisis kon veroorsaak nie en ook só dat die Boere in Transvaal hulle nie sou verset nie, en daarom moes hy 'n reeks van valse voorstellinge die wêreld instuur - valse voorstellinge waaraan nou nog deur sommige mense waarde geheg word. Op 17 April het hy sy ‘despatch’ aan sy lasgewer in Engeland, lord Carnarvon, die Minister van Kolonies, geskrywe. Dit was feitlik 'n publieke skrywe, want hy het geweet dat dit sou gepubliseer word, wat Carnarvon dan ook gedoen het. Dit is te vinde in Blouboek C. - 1776, bls. 152-166. By hierdie offisiële ‘despatch’ het Shepstone 'n privaat skrywe gevoeg wat gerig was aan die Permanente Ondersekretaris vir Kolonieë, Sir Robert Herbert. In hierdie brief sê Shepstone onomwonde:
‘You will perceive that I had rather a difficult task in writing my despatch; I had to steer clear on the one hand of giving the Boers the idea that the Government (Burgers and Company) were consenting parties, and on the other of conveying the notion to readers at a distance that in fact they were not so.’
Shepstone erken dus hier, sonder dat hy doekies daarom draai, dat hy die Boere moes wysmaak dat hulle voormanne met hom saamgewerk het om die land onder Engelse vlag te kry. Die persone moes veral verdag en onmoontlik gemaak word, en wel president Burgers, dr. Jorissen en Paul Kruger. Oor president Burgers se houding in verband met die Anneksasie
| |
| |
word uitvoerig gehandel in 'n studie wat in die pers is, terwyl, wat dr. Jorissen betref, sy loopbaan gedurende die jare 1877-1881, die sprekendste getuienis is om hom van blaam vry te pleit. Ons wil hier alleen een en ander in verband met Kruger se houding ophelder.
Toe Shepstone op die punt gestaan het om die land te annekseer, het beide die Uitvoerende Raad en president Burgers teen hierdie voorgenome daad geprotesteer. Onder protes het die Regering hom onderwerp en tewens besluit om Kruger en Jorissen na Europa te stuur om die Anneksasie te probeer ongedaan maak. Dit was seer seker 'n baie groot fout van Shepstone dat hy toegelaat het dat die Regering geprotesteer het. Onder die protes sou die Boere 'n voortdurende lydelike verset voer. Hy was blykbaar bevrees dat hulle hom in Engeland dit sou kwalik neem dat hy die protes deurgelaat het, en daarom het hy van uit die staanspoor probeer om dit voor te stel asof hierdie protes niks meer as 'n skynbeweging van president Burgers was nie, en ook voorgegee dat Kruger en Jorissen nooit werklik na Europa sou vertrek nie. Toe hulle egter werklik sou gaan, het hy op 9 Mei aan die Kaapse Goewerneur, Sir Bartle Frere (die Boere het van hom gepraat as van Seur Bartjie Ferreira, of van ou Suurbier) geskryf:
‘Mr. Paul Kruger and his colleague Dr. Jorissen, the Commission to Europe, leave to-day. I do not think that either of them wishes the act of annexation to be cancelled.’
Dit was in Shepstone se belang om die voorstelling te wek, soos hyself aan sir Robert Herbert geskryf het, dat die Boere-voormanne dit in die grond van die saak met hom eens was. In sy ‘despatch’ aan lord Carnarvon op 17 April 1877 het Shepstone verklaar dat
‘The officers of the late Republic, including every member of the Executive Council except Mr. Paul Kruger, one of the delegates appointed to go to Europe, have all signified in writing their willingness to serve under the new form of Government.’
Op 1 Februarie 1881, weer, toe die Oorlog in volle gang was, het sir W.O. Lanyon (die Boere het hom ou Lang Jan genoem en vir Shepstone ou Slypsteen), die opvolger van Shepstone, na Downingstraat geskryf:
‘When the first deputation proceeded to England Mr. Kruger assured Sir Theophilus Shepstone, that he was only going to discharge an obligation which had been imposed upon him, and further that if he failed he would be found as faithful a subject under the new form of Government as he had been under the old.’
En verder:
‘Only one protest was received against the Act (nl. die Anneksasie) viz., that from the Executive, and its value may be judged from the fact
| |
| |
that all its members, save Mr. Paul Kruger, immediately accepted office under the new Government. Mr. Kruger himself was offered a seat in the Executive Council by Sir T. Shepstone, which however he neither accepted nor declined. In fact, he wished to leave the matter an open question, so that he might profit whichever way affairs turned. But, as I have already pointed out, he had no scruples about drawing his pay from Her Majesty's Government as a member of the old Executive even for some time after his term of office had expired.’ (C. 2891, bls. 4 en 5.)
Sir Percy Fitz Patrick vertel selfs in sy boek The Transvaal from within, 5e druk, 1899, bls. 25, die volgende:
‘During the occupation period Mr. Kruger took office under the British Government, also did Dr. Jorissen and Chief Justice (then Judge) Kotzé, and indeed all the officials who had protested against the annexation, except Mr. Piet Joubert, who declined to do so, and who, if actions be the test and not words, was the only honest protestant. Mr. Kruger retained his office for some time after he had concerned himself in the Repeal agitation, but finally resigned his post on being refused an increased remuneration, for which he had repeatedly applied.’
Al hierdie voorstellinge van Shepstone, Lanyon en Fitz Patrick is skewe voorstellinge en bevat halwe waarhede, met die bedoeling om Kruger, net soos Burgers en Jorissen, onmoontlik te maak. Die volgende is 'n weergawe van die gebeurtenisse in die juiste verband.
Op 23 Oktober 1874 is Paul Kruger deur die Volksraad verkies tot lid van die Uitvoerende Raad, en op 4 November is hy as sodanig ingesweer. Sy ampstermyn sou volgens Artikel 89 van die Grondwet oor 'n tydperk van drie jaar strek en dus op 4 November 1877 om wees. Sy salaris as Uitvoerende Raadslid het £200 per jaar bedra. Kruger was dus 'n besoldigde amptenaar van die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek. Op 7 Maart 1877 het die Volksraad 'n nuwe Grondwet aangeneem, waarin voorsiening gemaak is vir die betrekking van Vice-President, en die volgende dag, 8 Maart, het die Volksraad Kruger as Vice-President gekies, met die bepaling dat hy ‘onder denzelfden eed zal blijven als afgelegd als lid van den Uitvoerenden Raad.’ Daar hy reeds lid van die Uitvoerende Raad was, het die Volksraad dit nie nodig geag dat hy opnuut 'n ampseed moes aflê nie. Oor sy salaris as Vice-President het die Volksraad geen besluit geneem nie. Blykbaar was daar nie tyd om hieroor te handel nie, want op dieselfde dag het die Volksraad verdaag, met die bedoeling om oor twee maande weer te vergader. Intussen sou Kruger maar dieselfde salaris ontvang as lid van die Uitvoerende Raad. naamlik die som van £200 per jaar.
| |
| |
Onmiddellik na die verdaging van die Volksraad was dit meer as duidelik dat anneksasie onvermydelik was, en op 10 Maart 1877 het Kruger vir president Burgers en die Uitvoerende Raad skriftelik aan die hand gegee om by die Regerings van Rusland, Pruise en Amerika te gaan kla. Op 9 April 1877 het Shepstone aan die Uitvoerende Raad 'n brief geskryf dat hy nou gaan annekseer, en op 11 April het die Uitvoerende Raad besluit om voorlopig onder protes in die Anneksasie te berus, en onder hierdie protes Kruger en dr. Jorissen na Europa te stuur om te probeer om die Anneksasie ongedaan te maak. Dit het dus beteken dat daar slegs onder protes toegegee word, en dat die Anneksasie nie erken word nie, en dat die Boere ook nie hulle eie Regering sou opgee nie. Die machinerie van die Boere-bewind is slegs buite werking gestel. Nadat hierdie besluit geneem is, het Kruger die vergadering verlaat en in 'n afsonderlike vertrek van die Regeringsgebou 'n brief aan die Staatspresident geskryf en daarin gewys dat die Volksraad nie voorsiening gemaak het vir sy salaris as Vice-President nie, en daarom het hy versoek dat sy salaris op £600 in die jaar gestel sou word. Hierdie brief is te vinde in sy Amptelike Briewe, bls. 219. Die Uitvoerende Raad het sy salaris egter op £300 per jaar bepaal. Dit is 'n belangrike feit. Op die laaste sitting van die Uitvoerende Raad, toe die protes teen die Anneksasie reeds gereed was, besluit hierdie liggaam dat Kruger £300 per jaar as Vice-President sou ontvang.
Maar hoe sou Shepstone teenoor hierdie beskouing van Kruger staan?
En nou kom ons voor 'n baie snaakse geval. In die Anneksasie-Proklamasie het Shepstone beloof dat die amptenare hulle betrekkings en salarisse sou behou. Het Kruger ook onder hierdie groep geval? Nee en ja. Hy was 'n besoldigde amptenaar deurdat hy lid was van die Republikeinse Regering; en aangesien hierdie Regierung deur die Anneksasie opgehef is, het Kruger opgehou om lid te wees van hierdie Regering, wat nie meer bestaan het nie: hy het dus opgehou om 'n besoldigde amptenaar te wees. Die amp van Vice-President het opgehou om te bestaan. Maar Kruger het nie so gedink nie. Die Regering van die Republiek het nie opgehou nie. Die protes was die bewys daarvan. Die machinerie van die Republiek het net tot stilstand gekom, en hy het dit tot sy taak gereken om onder die protes so hard moontlik te werk om die machinerie weer aan die gang te kry. Hieraan moes hy al sy tyd en sy kragte wy, en daarvoor had hy 'n salaris nodig wat hy as amptenaar van die ou Republiek, waarvan die machinerie tydelik tot stilstand gekom het, uit die kas van die land moes ontvang. En, merkwaardig, Shepstone, wat geen mensekennis gehad het nie, het dit goed gevind! Dit is dan geen wonder nie dat Buckle in sy Life of Benjamin Disraeli (Deel 6, bls. 417) in 1920 skrywe:
| |
| |
‘Shepstone clearly had not the same insight into the Dutch mind and character as he had into the Native.’
Hy het Kruger bly erken as besoldigde lid van die Regering van 'n Republiek waarvan die bestaan deur homself vernietig is! Gereeld het hy Kruger se salaris as lid van daardie vernietigde Regering uitbetaal! Nie egter die som van £300, wat die Uitvoerende Raad hom op 11 April 1877, die dag voor die Anneksasie, toegeken het nie, maar die som van £200, wat hy voor 11 April ontvang het. Kruger se tyd as Uitvoerende Raadslid was op 4 November 1877 om, volgens die Grondwet. Hy het egter sy salaris bly trek tot Mei 1878, want hy het gemeen dat die Volksraad deur Shepstone se onregmatige Anneksasie nie in die geleentheid was om volgens wet 'n nuwe verkiesing van 'n Uitvoerende Raadslid te hou nie. Onmiddellik na die Anneksasie, vlak voor sy vertrek na Europa om daar te probeer om die Anneksasie ongedaan te maak, het hy by Shepstone aangedring om sy salaris van £200 tot £300 te verhoog - die som wat die Uitvoerende Raad hom in die laaste sitting toegeken het.
Shepstone, weer, wat vooraf 'n sirskap ontvang het as beloning vir sy poginge om Transvaal te gaan annekseer, het gereken om Kruger deur hierdie salaris van £200 per jaar in sy mag te kry. Reeds voor die Anneksasie het hy hom 'n pensioen vir lewenslank belowe as hy wou saamwerk. Eers langsamerhand het hy verstaan dat hy Kruger nie sou vang nie, en op 20 Mei 1878 het hy aan hom die volgende brief laat skryf (geregistreer in die Argief as No. 392-78):
‘Sir, - I am directed by the Administrator to inform you that in accordance with the provisions of the law under which you were appointed a Member of the Executive Council your tenure of that office expired on the 4th November last.
After the line of conduct which you have thought it right to pursue with regard to this Government and especially after the undisguised notification which you have given it in the letter addressed by you and Mr. Joubert of the 14th instant to the Administration that you intend to persevere in an agitation that threatens as you yourself believe danger and ruin to the country. His Excellency sees no advantage and does not feel justified in suspending the operation of the law any longer for the purpose of enabling you to retain that office and the pay attached to it.
I am also under the necessity of calling your attention to the fact that on the 8th January last when you personally applied to me at Pretoria to be paid the arrear salary due to you which according to law was at the rate of £200 a year you demanded salary at the rate of £300 on the ground that you had been promised that increased rate by the
| |
| |
Administrator before your first departure for Europe, and that I, relying upon your word and influenced by your urgency as well as by a desire to avoid the appearance ever of any breach of faith on the part of His Excellency, who was then absent from the seat of Government, paid you at this increased rate without further question and without authority. I now find that the only ground you had for preferring this claim was a private conversation with the Administrator in which you complained that your salary was inadequate whereupon he told you that he wished to retain your services to aid the new Government and that he would recommend that you should be retained permanently as a Member of the Executive Council to be called up for your advice when required, at a salary of £300 per annum instead of £200, to which you then were entitled.
The reply you made was that you were a representative man and must act accordingly to the feelings of those you represented, but that when you were relieved from those trammels you could act accordingly to your own convictions. You neither accepted nor rejected the proposal and nothing has since passed to renew or confirm it; therefore you were not justified in making the demand you did and I have made myself responsible for the payment to you without authority of the amount in excess of your usual salary.
I have the honor to be,
Sir,
Your obedient Servant
M. Osborn,
Secretary to Government.’
Hierdie brief is merkwaardig. Shepstone praat hierin van 'n ‘law’ waaronder Kruger benoem was en salaris getrek het. Hierdie ‘law’ was die Grondwet van die Republiek wat hy vernietig het! En Shepstone sê dat Kruger se ‘tenure of that office’ as ‘Member of the Executive Council’ was, die Uitvoerende Raad van die Republiek! Shepstone vernietig die bestaan van die Republiek, maar betaal tog Kruger se salaris as Regeringslid van daardie Republiek. Hy wou Kruger soet hou en hom deur die salaris aan hom bind, en eers toe hy sien dat Kruger bly ywer het vir die herstel van die Republiek, het hy opgehou om hom verder sy salaris uit te betaal, onder voorwendsel dat sy ‘tenure of that office’ op 4 November opgehou het, net asof die Uitvoerende Raad volgens Shepstone self nog sou bestaan het.
Kruger het homself as Vice-President bly beskou, en in Desember 1880 het hy openlik as Vice-President opgetree en die Uitvoerende Raad en die Volksraad van 1877 weer bymekaar geroep. Hierdie daad was dus geen daad van
| |
| |
opstand nie, maar slegs 'n nuwe inwerkingstelling van die Republikeinse Regeringsmachinerie wat hulle op 12 April 1877 onder protes moes laat stilstaan.
Waar Kruger dus tot Mei 1878 salaris uit die landskas getrek het, daar het hy sulks gedoen as amptenaar van die Republiek, as Vice-President, omdat die Republiek, volgens die opvatting van die Boere, nie opgehou het om te bestaan nie. En Engeland moes dit erken. Toe daar in Maart 1881 na die slag van Amajuba vredesonderhandelinge tussen die verteenwoordigers van Groot-Brittanje en die Transvaalse Boere gevoer is, moes Sir Evelyn Wood, namens die Engelse, eers verklaar:
‘Ik, Sir Evelyn Wood, neem aan de Boerenleiders, de heeren Kruger, Pretorius, Joubert en anderen, die tegenwoordig zijn bij deze bijeenkomsten te erkennen als wettig vertegenwoordigende het Volk van de Transvaal nu onder de wapenen.’
Sien die buitegewone uitgawe van die ‘Staatscourant’ van 30 Maart 1881.
S.P. ENGELBRECHT.
|
|