Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Bantu-Taal (Fragment). Net soos 'n klok met suiwer tong en asem uit 'n diepe long uit hoë toring, sprong by sprong, sy uit bors van brons, en dan uitwemel sag soos dons tot dit die omtrek ver deurgons - soos uit so'n bors van bronsmetaal so klink by oorvloed van vokaal die heerlik-ryke Bantu-taal. TOTIUS. [pagina 137] [p. 137] Vorige Volgende