Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 135] [p. 135] Lied van die Sugtende Skepsel. (Beryming van Rom. 8:19-27. Melodie van P. van der Burg.) Bo 'n donker see van eindelose wêreldwee verhef die skepsel hom - die kop hóóguit, om deur die nag te speur wanneer die gloriedag van al Gods kinders kom. Die skepping, uit die oor-ou tyd, is slaaf van die verganklikheid, maar nie gewillig; nee, terwille van die mensekind se eeuskuld is sy boei gebind in verste eeu-verlee. Maar nogtans het hy, diep in druk, altyd weer aan die boei geruk, sterksmagtend na die tyd dat hy weer los van die verderf die vryheid met Gods kind sal erf in onverganklikheid. Ons weet die ganse skepping sug - geluidloos deur die hoë lug en afgrond diep benee, maar yslik as die stormwind brul, of slagdier in sy bloedplas krul en kerm die ew'ge wee. Maar ons ook wat die eerst'lingsvrug uit God se Gees ontvang, ons sug; dit lyk so ver nog af dat ons ons kindsdeel vól sal kry: ons liggaam, van verderfnis vry, sal oprys uit die graf. [pagina *17] [p. *17] REMBRANDT. HENDRICKJE STOFFELS, † 1652. [pagina 136] [p. 136] Ons sug, want daar's geen oogbewys! Ons lééf, want Hoop het opgerys! En 't was ons reddingstyd! Want as ons sien, hoop ons nie meer; maar as ons hoop den leef ons weer en wag in lydsaamheid. En is ons swak en moedeloos, dan kom die Heil'ge Gees ons troos. Gods duif, so hoog van vlug, het diep gedaal om saam te smeek, in donker dal saam uit te breek in diepe bidgesug. En God wat in die hart kan lees, dié ken die sugstem van sy Gees, en neig in guns sy oor; en het die Gees, met regte bee vir ons by God weer ingetree, dan's ons gebed verhoor. Vorige Volgende