| |
| |
| |
Oor Boeke.
De goede moordenaar, door Antoon Coolen. N.V. Nijgh en Van Ditmar, Rotterdam.
Vincent van Gogh het vir ons die Noord-Brabander verewig in sy lugubere siening van ‘De Aardappeleters’ - die felle weergawe van 'n deur swoegende arbeid en armoede verstompte mensheid. Wat 'n primêre lewensdrang straal daar egter uit die verdierlikte tronies, uit die verswoegde lywe. Antoon Coolen beeld ons hierdie selfde mensheid uit, en sy siening is verwant aan die van Van Gogh - hoewel nie só fel, gee hy dieselfde elementêr-menslike weer.
'n Kort inhoudsweergawe sou seker nie die juiste middel wees om die boek te karakteriseer nie. Coolen teken die Noord-Brabander van die eensame klein dorpie as die onbewus lewende, in sy kleinlike sleurlewentjie versufte mens, wat egter plotseling onder die drang van sy oplaaiende drifte en instinkte hewige dade kan verrig en daardeur die instrument word van 'n meedoënlose noodlot, de bewerker van 'n grimmige tragiek. Die sterkste openbaring hiervan is die goeie sul Nol Bonk, wat Sondae gereëld klein bedraggies gaan steel by Marjanneke den Schilder as sy kerk-toe is. Pietje Pinksteren, 'n magtelose maar pittige ou mannetjie, betrap hom en bedreig hom onbevreesd met die veldwagter. Dan gaan daar ‘in die diepte van zijn binnenste traag iets aan het bewegen, aan het rillen, dat komt omhoog, het vloeit duister voor zijn gedachten. Hij steekt er zijn handen voor naar voren, alsof hij het af zal weren. Hy nadert Pietje dichter, zijn vooruitgestoken handen komen nou in eenen greep om Pietje Pinksteren zijnen nek terecht. Den Bonk zijn oogen staan zoo dof, zijnen mond gaat wijdter openhangen, hij zeevert, het kwijlt uit zijn mondhoeken. In den greep van zijn klamme handen voelt hij de magerte van den warmen hals van Pietje Pinksteren en het wringen en kraken der spieren. Mee een droevig pleizier dat hem bedwelmt tilt hij in de diepe vreugde van zijn groote trage kracht het manneke op en gooit hem mee eenen smak neer in den vloer.’ As die pittige mannetjie bykom en weer gaan dreig, ontwaak die demon in sy volle onkeerbare krag in Nol, en nou kry ons die beskrywing van die moord - nie so geraffineerd nie, maar met die lugubere felheid van 'n Dofstojewski. Ook Nol handel met die meedoënloosheid, met die waansinshelderheid van sommige van die groot Rus se slaapwandelaars-deur-die-lewe. En daarna die vertederde siening as die moordenaar nog een keer terugkeer om sy slagoffer te sien: ‘Het oude ventje heeft een been gestrekt, een been
opgetrokken in de knie, die oude beenkes, ze hebben nou iets kinderlijks, ze zijn in den dood zoo doelloos.’
Net so fel is Nol se onbedwingbare opwelling uitgebeeld as hy na sy vrylating die kluisenaar amper verwurg. Sy gevangenistyd word ons nie beskryf nie. Wel die lief en leed, die tragiek en die humor wat sig gedurende die jare in sy dorpie afspeel. Aangrypend is die foltering van die arme Fons deur sy tirannieke vrou, dikke Willemien van wie hy so'n lyflike afsku het. Op sy vreeslike siekbed het hy angsvisioene wat herinner aan die naturalis van die angs, Jeroen Bosch, aan wie Coolen hierdie boek opgedra het.
Die lokale kleur word versterk deur sinswendinge en woorde wat Coolen uit
| |
| |
die harde, stugge Brabantse dialek oorgeneem het. Tog kry ons hier nie ‘kleinmalerei’, 'n presieuse realisme nie. Die skrywer se aandag is daarvoor te veel op die dieper wese gerig. En sy roman styg ver bo die kleine, die toevallige van die milieu uit. Bo hierdie dorpie met sy duistere leed, sy troebele vreugde, draai steeds die meulewieke, ‘in geluidlooze kanteling’ - simbool van die ewige, die tydelose.
Pragtig beeld Coolen telkens in sobere trekke die ewige natuur uit, die raamwerk waarin hierdie verhaal speel. Hier het die gees van die Brabantse landskap in sy prosa gevaar. Ek haal hier 'n gedeelte aan uit 'n paar bladsye wat ek graag in hulle geheel sou oorgeneem het:
‘De lente kan zóó komen: de aarde gaat dampen. De bosschen in de verte worren blauw, boven hun nevelen komt de milde straling van de zon. Dan rukken de grauwe wolken aan, die bestormen den hemel. Voor de vlucht van den wind zwermt een kraai plechtig over de bosschen, die ruikt zeker het zaaizaad en de mest en de verschheid van den swarten blinkenden grond. Dan valt de kraai van de bosschen neer naar de vlakten der velden. Dan gaan het paard en de eg en den boer ineens in die rukken, in den breejen worp van den regen, de schuinse regenstrepen teekenen in hun sidderenden stand aarde en hemel. Het paard loopt er in te dampen en te wasemen, de bosschen trekken achter de regensluiers weg. Het dondert over den horizont, een blijde dreun, groot en helder. Aan den avond bloeit de hemel rood open, in den schoonen gloed zingt er een vogel verborgen en klaar.’
Net soos in hierdie natuurstemming, so vind ons ook in die triestige verhaal, in die siel van die karakters 'n enkele keer 'n glans van geluk. En die boek eindig met die ewigmenslike versoenende Hoop. Nol se half simpele vrou wat hom met haar kindse klag ‘'t is alzeleven eenen goejen mensch eene geweest’ die spotnaam ‘de goeje moordenaar’ besorg het, het met haar onegte kind by die kluisenaar gaan inwoon, wat haar met roerende trou versorg. As Nol teruggekom het van die gevangenis, en die kluisenaar afstand doen van al sy besittings ten bate van die herstelde gesin, en weer eensaam die sneeustorm ingaan, beken Hanneke haar skuld en haar nuwe moederverwagting. Swygend sit hulle bymekaar. ‘Weten zij, wat zij van elkander denken? De man kan daar gesloten en als eene afwezige bij zijn, de vrouw heeft haar geopende handen en haar hart van verwachting vervuld. Dit is het einde, deze sluimering, dit heiligend en ondoorgrondelijk begin. Deze schemering van licht dat, helderder dan de sterren, de aardsche duisternis doorbreekt.’
G.D.
| |
Jan Engelman: Torso. De Gemeenschap. Utrecht.
In ‘Torso’ het Engelman 'n aantal opstelle oor die beeldende kunste gebundel wat hy gedurende die jare 1923-30 vir verskillende tydskrifte geskryf het. Dat hierdie, meestal kort, stukke ‘vrij positieve meeningen’ verkondig, erken hy self, en hy verdedig dit ook in sy ‘Inleiding’: ‘al wordt er tegenwoordig veel voorbarige critiek geschreven, de geheelonthouding der historici tegenover het hedendaagse, hun betrekkelijke indolentie tegenover het verleden vindt in mij geen voorstander, integendeel, ik ben van meening dat het aannemen van een “objective” houding tegenover het kunstwerk tot de onvervulbare wenschdroomen behoort en dat het al te gewetensvol streven naar zulk een houding eerder verlammend dan bevruchtend zal werken op de creatie.’
Die werk bevat drie afdelinge. Die eerste afdeling ‘Uit een naby Verleden’ bevat o.a. opstelle oor ‘De aanbidding van
| |
| |
het Lam Gods’ van die Van Eycks, oor Jongkind, wat ‘die uiterst gevoelige zenuw had voor de schoonheid van het licht, van de atmosfeer, welke de groote Hollandsche landschapschilders van de zeventiende eeuw bezaten’, oor Jan Veth, wat hy miskien wel 'n bietjie onderskat, oor Toorop, oor Floris Verster, ‘de meest verinnerlijkte, de innigste der Hagenaars en Amsterdammers. Hij heeft, sterker dan de anderen, leeren zien met meer dan lichamelijke oogen. Hy heeft den schoonen schijn liefgehad, maar zich daaraan gelouterd en hem toen in zijn werk zelve gelouterd.’
Die belangrikste opstel uit die tweede afdeling ‘Uit het Heden’ is seker ‘Een nieuwe formule’, waarin 'n interessante en insiggewende beskouing gegee word oor die kubisme, waarvan hy die strewe en die swakheid baie simpatiek belig. Interessant is ook die essay oor Henk Wiegersma, wat 'n figuur van betekenis is.
Die derde afdeling ‘Architectuur’, bevat suggestiewe opmerkinge, maar stel teleur deur die polemiese en negatiewe karakter.
Soos begryplik is, laat die geheel 'n fragmentariese indruk na. Wat die waarde van die boek, veral vir die Afrikaanse leser, baie verhoog, is die vier-en-sestig reproduksies agterin.
Persoonlike indrukke soek uiting in 'n persoonlike styl. Onoorspronklikhede en ongedistingeerdhede soos die volgende versterk egter nie juis die persoonlike nie en herinner sterk aan die jargon van die skildersatelier: ‘In gebruikt badwater kan wel eens een bijzonder kind liggen’. ‘Treedt men uit zijn sfeer bijvoorbeeld in die van Breitner, dan voelt men direct hoe hier weer de ondefinieerbare “opdonder” wordt verkocht, die men bij alle diepwaarachtige, groot-ontroerende kunst ondervindt’. Van ondefinieerbaar gesproke, daaronder val seker ook ‘de beduimelde adem van het laïcisme’!
'n Interessante stelling poneer Engelman in die volgende: ‘Kunst is een mannelijke aangelegenheid. Want haar grond, haar kern is een werkelijkheid, een hervondene werkelijkheid, en geen droom’.
G.D.
| |
Paul Kenis: Een overzicht van de Vlaamsche letterkunde na ‘Van Nu en Straks’, met bibliografische aanteekeningen van Dr. R. Roemans. - De Maatschappij voor Goede en Goedkoope Lectuur, Amsterdam.
August Vermeylen het in sy mooi studie ‘Van Gezelle tot Timmermans’ 'n beeld gegee van die beweging wat gedra is deur die tydskrif ‘Van Nu en Straks’, wat kort na 1890 in Vlaandere die woord begin voer het. Vermeylen se uitgangspunt was Guido Gezelle, en hy het die nuwe Vlaamse letterkunde uitnemend gekarakteriseer en die hooffigure in enkel lyne duidelik geskets. Hierdie by uitstek individualistiese beweging hang ten nouste same met die Beweging van Tagtig in Noord-Nederland, en 'n leier soos Kloos moet op Vermeylen, as leidende kritikus in die Suide, groot invloed gehad het. ‘Van Nu en Straks’ het dieselfde verfrissing oor die Vlaamse Kultuurlewe laat gaan wat ‘La Jeune Belgique’ oor die Frans-Belgiese lettere gebring het.
Paul Kenis het in bogemelde besonder helder geskrewe werk vir ons, in aansluisluiting by Vermeylen se boekie, 'n beeld gegee van die Vlaamse letterkunde nà ‘Van Nu en Straks’. Hierdie Vlaamse letterkundige mag nie so 'n mooi, harmoniese, kleurryke prosa as Vermeylen skrywe nie, maar hy het 'n rustig betogende manier, en die skrywers wat hy vir ons teken, word vir ons simpatiek omdat hy hul werk so simpatiek belig. Sy taak was moeilik, want die ontwikkelingslyn van die Vlaamse Letterkunde oor die bitter oorlogsjare heen, is nie so maklik te volg nie, en tog skif die skrywer sy stof
| |
| |
so dat hy gedurig ons blik op die kernbelangrike laat rus.
By die uitbreek van die wêreldoorlog het die meeste skrywers van die geslag van ‘Van Nu en Straks’ dié graad van ontwikkeling bereik waarop daar van hulle geen nuwe impuls meer vir die letterkundige beweging verwag kon word nie. Streuvels, Teirlinck, Buysse, Vermeylen, Van de Woestyne, die leidende skrywers, het toe reeds werk gegee waaruit duidelik geblyk het wat hul artistieke persoonlikheid is. Hierdie talent sal later net verruim en verdiep word. Kenis skets die groepe skrywers wat om die tydskrifte ‘De Boomgaard’ en ‘Vlaamsche Arbeid’ geskaar was, ook die alleenstaande persoonlikhede. Dan belyn hy die oorlogs-literatuur en die skrywers wat veral uitdrukking gegee het aan die gevoel van wat deur die menseslagting gewek is. Hy gaan dan die toestand na wat onmiddellik nà die oorlog geheers het, behandel die modernistiese rigting en wys veral op Paul van Ostayen se gewaagde proefnemings in hierdie rigting. Van Ostayen het in sy opstel ‘Gebruiksaanwyse der Lyriek’ sy mening uiteengesit in verband met die nuwe poësie. ‘Volgens dit opstel is de lyriek slechts een zwakkere vorm van de extase; evenmin als de extase heeft de poëzie een ander doel dan het uitzeggen van het vervuld-zijn-door-het-onzegbare. Zoo kan een gedicht volkomen inhoudloos zijn. Want het is het woord, en niet de volzin in zijn intellectueele beteekenis, die bij machte is dat transcendentale voelbaar te maken. Niet het verstand van den hoorder, maar wel het verstand doorbrekend, het onderbewustzijn, is hier van tel. De klanken kunnen zoo volledig zijn dat men er niets dient aan toe te voegen. Het is door de meededeling van onbekende resonansen dat de dichter nieuw is en ons de dingen toont als splinternieuwe munt’. Nà hierdie rigting, wat direk in verband staan met die oorlogsmentaliteit, vind ons 'n terugkeer na die tradisie. Die skrywer gaan in sy slothoofstuk die ontwikkeling van die
Vlaamse toneel sedert die oorlog na.
In Vlaandere is die tydperke van ‘ismes’, van gewaagde proefnemings al weer agter die rug, en daar word na aansluiting by die tradisie gesoek. Daar is weer behoefte aan orde, en die jongste skrywers wil veral eenvoudig, direk en saakryk wees. In ‘Wachtvuur’, die jongste tydskrif van enkel skrywers, heet dit o.a. dat kuns, die kristallisering van die lewe van die kunstenaar, niks anders kan wees as die weergawe van sy diepste en innigste belewing nie. En die graad van skoonheid word bepaal deur die graad van vitaliteit van die belewing en deur die moontlikheid om dié bewoënheid te verstoflik in die enigste passende vorm. Dit moet die kunstenaar dan deur sy eie evolusie vind - maar die jongeres soek dit digter by die tradisie dan die geslag wat hulle voorafgegaan het.
Nà die lees van hierdie werk, waarin getuig word van 'n wakker lewe op letterkundige gebied, moet ons onwillekeurig vra: waar is die jongeres in Suid-Afrika?
C.M. VAN DEN HEEVER.
| |
De roos van Jericho, verzen van Reimond Herreman - A.A.M. Stols, Brussel en Maastricht.
By die beoordeling van poësie moet ons altyd versigtig wees om nie van 'n ander te verlang dat hy presies soos ons sal wees nie, dat sy werk in alle opsigte ooreenstemming moet toon met wat ons innerlike eis nie. Die taak van die kritikus hier is veral om hom volkome in te lewe in die poësie wat hy moet beoordeel, en om dan onbevooroordeeld daardie digter se poësie te karaktiseer. En tog het die kritikus net sy subjektiewe gevoel om hom te lei; daaronder is daar dan ook naas of in die objektiewe karakterisering die subjektiewe waardering of veroordeling.
| |
| |
TONEEL IN NOORD-TRANSVAAL, III.
O. KLING
| |
| |
Die gedigte in bogemelde bekroonde digbundel van die Vlaamse digter Herreman bekoor my persoonlik nie veel nie, en tog: in sommige kringe is dit baie geprys en veral geroem as poësie wat die lewe ‘tot op die draad’ gee. Dit is ligte werk hierdie; die kleure is nooit diep, die emosie vloei nooit wyd nie. Waar die diep ernstige jong Vlaamse digter Van der Voorde sonder omweg sy geestelike ervaring vir ons meedeel, daar doen Herreman dit nie. Hy spot altyd met eie verlange, hy is vol selfironie, en soos 'n belleblaser is hy net tevrede om die ligtende seepbel voor hom te sien en bly te geniet van sy kort bestaan, al is daar 'n vreemde onrus in sy hart oor die kortstondigheid van die skone.
Maar wat hinder in die gedigte is die gebrek aan 'n dieper toon, 'n voller agtergrond. Die digter wil in enkele verse 'n emosie konsentreer, hy soek na gespannenheid, na die flitsende wat in die korte, die intensiewe lewe. Maar ek vra my af wat in 'n gedig soos die volgende skuil:
Rook, die kronkelt naar de wind:
Zoo heb ik mijzelf bemind,
dat ik wankelde onder grillen.
Konden eens mijn driften stillen,
'k zou dan als een kerel staan,
die, met zonden wel belaan,
en op wien de vogels morsen,
toch den hemel tracht te torsen.
Het ons hier nie te doen met 'n opsetlik nagejaagde eenvoud - iets wat, b.v., vreemd is aan 'n gedig soos ‘Beatrijs’ - met 'n gebrek aan wesenlike erns wat die digter nie vry laat pleit van ligsinnigheid nie?
Ek siteer hier 'n gedig van Herreman se geesverwant Richard Minne en Herreman se lofrede daarop - dit tipeer hom as digter:
op de hoogvlakte van Pamir.
van zijn hand uw klaarheid schept.
schiet toe en geeft zich gewonnen.
‘Dit is het schoonste gedicht van Minne, een der schoonste die sedert Gezelle in Vlaanderen werden geschreven, en een der schoonste van de wereldlitteratuur.’
Miskien is ons nie gewoon aan hierdie soort gedigte, hierdie besonder soort uitdrukking met hulle intense uitdunning nie, maar ons soek tog maar almal na die geheimsinnige ‘trilling van die ewigheid’ in poësie, en as ons dit nie vind nie, sou dit altyd aan ons skeel?
C.M. VAN DEN HEEVER.
| |
Nuwe Afrikaanse kortverhale. Deur Sangiro, Jochem van Bruggen en Leon Maré. (No. III in die serie Die Kortverhaal onder Redaksie van M.L. du Toit). J.H. de Bussy, Pretoria, 1932.
Die jongste Afrikaanse kortverhale. Versamel deur M.S.B. Kritzinger. No. IV van ‘Die Kortverhaal’. J.H. de Bussy, Pretoria, 1932.
Hierdie twee bundeltjies maak Dele III en IV uit van die reeks ‘Die Kortverhaal’ onder redaksie van M.L. du Toit, wat in twaalf nummers kompleet moet wees. Die taak van die samestellers van hierdie bundels oorspronklike Afrikaanse kortverhale is bemoeilik deurdat hulle van party uitgewers geen verlof kon kry om verhale wat reeds deur hulle gepubliseer was, op te neem nie. Die stukke in No. III is dus, met uitsondering van die eerste wat vroeër in ‘Die Nuwe Brandwag’ verskyn het, op versoek van Dr. M.L. du Toit spesiaal vir hierdie reeks geskrywe; en No. IV is samegestel uit stukke wat in die
| |
| |
tydskrifte verskyn het, veral in die afgelope jaar, terwyl 'n paar bekende skrywers spesiaal 'n stuk vir hierdie geleentheid geskrywe het.
No. III bevat, behalwe die roerende, in ritmiese prosa geskrewe skets ‘Koors’ van Sangiro, nog drie sketse van Jochem van Bruggen en vier stories van Leon Maré. In die sketse van Van Bruggen teken hy die karakter en bedryf van plattelandse sukkelaars op sy gewone talentvolle manier met fyn psigologiese trekkies, die lewe uitbeeldende konversasie, lewewekkende gedagtepraat. Dat Leon Maré die gawe om met woorde te skilder in buitegewone mate besit, kom in hierdie stories van hom andermaal uit, maar by hom is die konversasie hopeloos onnatuurlik en slegte taal verstoor voortdurend die genot van die leser. Die onmoontlike romantiese inhoud van sy stories herinner aan die dae van D'Arbez. Skoolkinders sal ongetwyfeld altyd deur sulke stories geboei word; onder ernstige hedendaagse literatuur verdien hulle egter nouliks 'n plek.
In No. IV is nie minder as dertien stories en sketse opgeneem nie. Dis goed dat hierdie reeks Kortverhale begin het met bloemlesinge uit die Nederlandse en Skandinawiese literatuur. Dit sal die ernstige Afrikaanse student help om 'n skifting te maak in hierdie enigsins bont versameling, waarin party stukkies nog taamlik onryp is en ander nie beter beskrywe kan word as verdienstelike ontspanningsliteratuur nie, maar uit almal waarvan die strewe na iets hoërs tog blyk.
Oor die algemeen word uit hierdie bundeltjie duidelik dat ons skrywers van kortverhale nog baie te leer het. By party is daar te min konsentrasie op die hoofmotief, by andere te min styging in die spanningslyn, by nog andere ontbreek daar 'n stemming wat die hele stuk deurtrek. Veral in die kortverhaal, wat deur sy beperking geleentheid bied vir die uiting in beknopte vorm van gekonsentreerde en besondere gevoelens van die hoogste suiwerheid en reinheid, val dit op dat ons Afrikaanse skrywers nog glad te min werk maak van juistheid en raakheid van uitdrukking. Selfs by ons bekendste skrywers krioel dit b.v. nog van Anglisismes.
Ondanks hierdie kritiek bevat die bundeltjie egter 'n aantal werklik mooi verhaaltjies en sketsies. Behalwe Toon van den Heever se ‘Werkstaking by die Kleigat’, wat reeds min of meer klassiek geword het, wil ek spesiaal noem ‘Djakkalaas’ (E.B. Grosskopf), ‘Verbittering’ (C.M. van den Heever) en ‘Die Juweel’ (Anna de Villiers). In hierdie verhale word nie alleen lewende mense geskep nie, maar sonder storende oordrywing word 'n sterk, blywende indruk gewek wat nog lank naleef. Veral in ‘Verbittering’ is die ritmiese gehalte van die prosa ook treffend.
Die twee bundeltjies word hartlik verwelkom en kan vir verskeie doeleindes aanbeveel word, vir skoolgebruik, vir ontspanningslektuur, vir kunsgenot.
J.J. LE ROUX.
| |
Op die voorposte, deur G.C. en S.B. Hobson. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria, 1932.
Die kuns van die Hobsons het ingeset met 'n hoogtepunt. Hulle het gedebuteer met die suiwer en mooi werk ‘Kees van die Kalahari’, waarin die hele dierelewe van die Kalahari, met al sy bittere, meedoënlose wreedheid in die stryd om die bestaan, met al sy intieme gesinsliefde en trou, sy sluheid en geestige ratsheid, dramaties beleef word deur die outeurs en deur hul lesers en vanself simbool word van menslike stryd en liefde en begeertes, net soos die sober getekende ‘spel van minne’ van die twee rooijakkalse in die grootse, misterieuse Kalahari-natuur diep-menslike simboliek geword het. Dat ‘Skankwan van die Duine’ nie hierdie hoë peil sou handhaaf nie, was te verwagte: immers die Boes- | |
| |
man mis die tere prag van die dier en kan ook nie boei deur psigiese diepte nie.
In ‘Op die Voorposte’ verras die Hobsons ons met... 'n intrigeroman! Nogal 'n historiese roman! Dit speel in die troebele dae waarin die twee republieke Stellaland en Gosen tot stand gekom het, en het as held 'n karakter wat ge-inspireer is op die historiese figuur van die berugte perdedief Scottie Smith. Ons kry hier 'n egte intrige-roman: 'n held met al die deugde en vermoëns wat hom verhef bo sy medemense, 'n roofridder wat die verdrukte en onbevoorregte te hulp kom; en as milieu wat onbegrensde moontlikhede oplewer, die wettelose wêreld van die ‘wildebeesvreters’, waarin hy telkens op die mees onverwagte wyse kan ingryp vanuit sy misterieuse woonplek in die onmeetlike Kalahari. Aan spannende momente en avonture ontbreek dit dan ook nie.
En tog moet ons hierdie roman nie op een lyn gaan stel met ‘Johannes van Wyk’ en sy talryke nasate nie. Die pedagoog sal 'n vergelyking tussen hierdie boek en b.v. ‘Oorlog tussen twee Dokters’ van onskatbare waarde vind om die leerling die verskil te laat besef tussen blote ontspanningslektuur sonder enige psigologiese waarheid en 'n intrige-roman geskep deur 'n kunstenaar. In ‘Op die Voorposte’ is lokale kleur - uitbeelding van die tydgees; wat meer is: hier is dramatiek - die morele konflik in die siel van die held. Wel word Le Roi later te veel 'n wondermens, maar hy bly ons belangstelling behou deur die bitter stryd wat hy in sy siel uitveg en wat daarmee eindig dat hy, wat hom in die onbesonnenheid van sy eerste eensame jare besoedel het deur te lewe met 'n Barolong-meid, die ethos van die Boerevolk erken en verder weg trek die geheimsinnige Kalahari in. Hoe goed is ook die figuur van Oom Jan Viljee geteken.
Bo alles bied hierdie boek ons werklike vertelkuns; die kunstenaars het daar verrassend in geslaag om hulle stof te beheers, al die gebeurtenisse wat oor 'n tydperk van twintig jaar speel. Hulle besit die in ons literatuur nog so seldsame gawe om in 'n paar bladsye die uiterlike gebeurtenisse snel en hewig te laat afspeel in verband met die sielelewe en die stemminge van die held. Ek doel hier natuurlik op die eerste hoofstukke, want die laaste hoofstukke word alte romanties en avontuurlik -beter gesê: ons het hier met 'n eienaardige tweeslagtigheid te doen. Die eerste helfte gee kuns van 'n heeltemal ander soort as die tweede; die eerste deel bevat die belofte van 'n goeie karakterroman, die tweede deel is die slot van 'n intrigeroman. As slot van die eerste deel doen die tweede deel as te romanties aan. Die skrywers begin met 'n mooi tekening van Le Roi en sy stemminge, hulle wil ons blykbaar die mens teken, maar later gee hulle ons hoofsaaklik sy romantiese dade en lewe, wat blykbaar direk ge-inspireer is op hulle historiese figuur. Daardeur het die werk tweeslagtig geword, en die leser slaak die versugting dat die kunstenaars elkeen van hierdie konsepsies afsonderlik tot 'n harmoniese kunswerk mog uitgewerk het. Nou ontbreek die eenheid, en na die inleidende hoofstukke kom die romantiek van die slot as 'n teleurstelling, terwyl aan die ander kant 'n suiwere intrigeroman wat in ons eie verlede speel, 'n welkome aanwins sou gewees het veral vir ons opgroeiende geslag.
Ons bewonder die knapheid waarmee die skrywers ons sober maar indringend Ronald se stemming daar aan die pier van ‘Die Baai’ suggereer. Dan die kort hoofstukkies oor die lewe op Flinkfontein met die mooi uitbeelding van die plaaslewe en van Oom Jan as tipe van die rusteloos werksame boer. Wat 'n goeie tegniek in die vyfde en sesde hoofstuk, waarin die gebeurtenisse mekaar so snel opvolg. Wat 'n verfrissing, so'n verteltrant, na al die eindelose lang eksplikasies en temerig-uit- | |
| |
voerige verhale van die meeste van ons romans, waarin die vervelig in afgeslete beeldspraak moraliserende outeur self hinderlik op die voorgrond tree, en veral ook na die lywige produkte van die nie juis hewige fantasie van so baie skryfsters wat gewoonlik die verbeeldingskrag van hul lesers vermoor.
Die taal en styl is nog nie heeltemal vry van vlekkies nie - maar die plaasruimte ontbreek om daarop in te gaan.
Graag sou ek uitgewei het oor die kernagtige ‘spraak’, die suiwere Afrikaanse woorde en beelde waarvan die skrywers gebruik maak by hulle uitbeelding van die plaaslewe. Ook die dialoog is oortuigend deur die natuurlike idioom. Dit verras ons des te meer as ons bedenk dat die Hobsons self Engelssprekend is.
‘Op die Voorposte’ is 'n daling na ‘Kees van die Kalahari’, maar dit bring verrassende beloftes; dit kan die wegsak beteken wat aan 'n hoë sprong voorafgaan. Dis ook 'n welkome aanwins in die biblioteek van die algemene leser, vir wie daar op die gebied van die intrige-roman nog geen pitkos bestaan nie.
G. DEKKER.
| |
Virgilius' Herderszangen, naast den oorspronkelijken Latijnschen tekst, metrisch vertaald door Mr. P.W. de Koning, met een Inleiding over Virgilius en zijn Herderszangen, door Dr. J. de Decker, pp. 113. Uitgave N.V. Swets en Zeitlinger, Amsterdam, 1932.
‘Virgilius zou een groot dichter zijn, ook al had hij slechts de tien Herderszangen (Bucolica of Eclogae) geschreven, die ten allen tijde, maar vooral in de laatste jaren, een voorwerp van studie en bewondering zijn geweest,’ aldus Dr. J. de Decker in sy nugtere Inleiding - nugter, veral, wat sy interpretasie van die beroemde, maar vandag byna berugte Vierde Ecloga betref. Die religieus-historiese belangstelling wat hierdie Ecloga by manne soos Norden, Weber, Carcopino, ens., gewek het, het 'n nuwe spoorslag aan die bestudering van die jeugwerk van Rome se groot skeppende digter gegee. Ons is Mr. De Koning dankbaar vir sy getroue en goed versorgde vertaling. Orals tref ons die spore hoe hy met veel liefde geskaaf en gepas het om sy vertaling 'n weerspieëling van die Latynse teks te maak. Selfs waar ons die samegetrokke vorm ‘deum’ vind, word dit deur ‘Goôn’ weergegee. As proewe van sy werk haal ek uit die tweede Ecloga aan:
Kom toch hier, gij beeldschoone knaap!
Korven vol leliën aan; U plukt ook de
Bleeke violen en trotsche papavers en voeg
Bij van de geurige dil, die schikkende
Weeft erin kassie en velerlei kruid van
En schakeert anjelieren zoo teer met
Zelf, zelf lees ik U kweeperen, vaal, met
Tamme kastanjes te zaam: mocht Amaryl
Wasgele pruimen meteen: ook dat ooft
U, laurieren, ook pluk ik en U, naburige
Samengewassen opdat gij Uw lieflijke
'n Paar verse uit die Vierde Ecloga:
Dan (want reeds is het tijd) aanvaard die
Dierbaar kroost onzer Goôn, groot oir van
Zie, hoe 't heelal in het evenwicht trilt van
Alle de landen, de vlakten der zee en het
Zie al wat is van vreugde vervuld om die
| |
| |
Hieruit sien ons dat De Koning so'n weerbarstige versmaat soos die hexameter met veel sukses aangewend het. Die werk is goed gedoen, die druk is helder, en diegene wat hulle kennis van Virgilius wil verfris, sal hierdie uitgaaf van die Eclogae met vertroue in die hand kan neem.
Virgilius was die korifee van skeppende digters onder Octavianus - die eerste groot tydperk toe die Romeinse gees die Griekse gees oortref het met oorspronklike werk te voorskyn te bring. Maar spoedig het die dwingelandy van die Keisers die bedrywigheid van skeppende geeste gekortwiek. Ons dink aan Seneca en Lucanus onder Nero, en die skrik wat van Domitianus uitgegaan het. Had sy tirannie langer voortgeduur, dan mag ons ons wel afvra of manne soos Juvenalis en Tacitus koppe sou gehad om na boontoe te steek. Die respublica litterarum kon hier ook geen ander gesag duld nie en daarom het dit ook die onderspit gedelf.
Ons hier in Suid-Afrika sal dit seker toejuig as die vernaamste Griekse en Romeinse skrywers ook in Nederlands uitgegee kan word soos die Loeb Classical Library of die Association Budé om die geinteresseerde leek in die geleentheid te stel om sy kennis van die klassieke van alle roes skoon te poets. Wat formaat betref, verdien die Loeb Classical Library die voorkeur vir die liebhebber van die klassieke wat 'n skrywer van sy jeug in sy sak wil saamneem om in die wye veld te geniet.
In Engeland en Frankryk doen hierdie metode veel om belangstelling in die klassieke gaande te hou - kon Nederland nie sy kragte so saamspan dat die leek met 'n taamlike kennis van die klassieke ook in staat gestel sal word om op aangename wyse dit aan te vul nie? Af en toe kry 'n man van naam so'n bevlieging om iets te vertaal. Ons dink ook aan Boutens se werk vir Aischylos, dr. J.J. Terwen se vertaling van ‘De Aeneis’, dr. Timmerman se metriese vertaling van die ‘Ilias’, prof. Hesseling se vertaling van Epiktetos, ens., maar dis gewoonlik nie uitgawes wat bedoel is vir die sak van die spaarsame man nie. Die vakman sal nie veel hieraan hê nie, maar dis die breë lae wat bereik moet word as die klassieke op die duur gehandhaaf sal word.
H.G. VILJOEN.
| |
Vakwoordeboek: Scientific and technical dictionary. Deur dr. D.F. du Toit-Malherbe, professor in Chemie aan die Universiteit van Pretoria, ens., met die Medewerking van vyf-en-twintig vakgeleerdes. Deel I: Engels - Afrikaans/English - Afrikaans, pp. 353, dubbel kolom. Uitgewers Firma J.H. de Bussy, Pretoria, H.A.U.M. v/h. Jac Dusseau & Ko., Kaapstad, 1932.
Hierdie Vakwoordeboek van prof. dr. D.F. du Toit Malherbe is 'n gebeurtenis van die eerste grootte in die wetenskaplike en kulturele ontwikkeling van die Afrikanervolk en sy taal. Van onkundige sy het ons so dikwels die aantyging verneem dat Afrikaans geen taal vir die wetenskap is nie, omdat daar geen terminologie bestaan nie. In Amsterdam was daar kort voor die Groot Oorlog 'n wêreldkongres van fisioloë. Die Afrikaanse mediese studente het goedgunstiglik as tolk vir die Engelse besoekers opgetree om hulle tuis te laat voel. Een van hierdie wêreldligte uit die Eilanderyk kon sy verbasing nie verberg toe hy toevallig verneem dat die Afrikaners hulle voorlesings in Amsterdam nie in Engels volg nie, maar wel in Nederlands. Geen wonder dat sy landsman in Parys dit as die grootste openbaring ag dat elke Parysenaartjie van kindsbeen af Frans so vlot kan praat nie. Ook geen wonder dus dat die Fransman antwoord dat die Engelsman nie net op 'n eiland woon nie, maar elke Engelsman is ook 'n eiland. Deur die
| |
| |
opstel van hierdie Vakwoordeboek het prof. dr. D.F. du Toit Malherbe 'n diens van onskatbare waarde aan die gesag en bevordering van die Afrikaanse taal bewys. Niks het ek altyd meer betreur nie as dat die Nederlander so koud teenoor ordentlike leksikografie gestaan het. In stede dat die Nederlander met sy ou en onafhanklike kultuur op leksikografiese gebied dit verder as Prick van Wely se Engels - Nederlandse en Nederlands - Engelse Woordeboekie kon bring om ons in Suid-Afrika te help, vind ons nou die eienaardige verskynsel dat hierdie Woordeboek die beste van sy soort ook vir Nederland is! Waar die Afrikaner op Van Dale aangewys is, is die Nederlander nou op Malherbe as die beste van sy soort aangewys! Dit is ten minste die betekenis van prof. dr. Bokhorst se ‘Voorbericht voor Nederlands-sprekenden’: ‘Daar er echter in het Nederlands geen Vakwoordeboek van zulken omvang, alle exacte en semi-exacte wetenschappen, benevens de voornaamste techniese vakken, zooals luchtvaart, radio, enz., omvattend, bestaat, voorziet dit Afrikaanse woordenboek ook op de gewone Nederlandse boekenmarkt in een leemte. Nog nooit is door zulk een omvangrijke staf van wetenschappelike werkers getracht de Engelse vakterminologie te, verdietsen'.’ Dit is nou nie juis glashelder uitgedruk nie. Ons wil prof. Bokhorst nie die verwyt maak dat hy taalkwessies ook deur Engelse bril sien en die Engelse besoeker in Amsterdam byna gelyk gee nie. In hoofsaak is dit ons tog te doen om die Nederlandse ekwivalente, nie maar net 'n skepping van 'n nuwe woordeskat om die Engelse terminologie te ‘verdiets’ nie. Wat Afrikaans nou vir Nederlands doen, moet die Nederlander al lankal vir ons gedoen het. Maar die Nederlander, met sy polygottie, was alte dikwels tevrede met die vreemde sonder om op eie bene te leer staan - vandaar dat ons stryd in Suid-Afrika soms so uiters moeilik is, omdat ons aangewese bondgenote ons nie die nodige wapens kan verskaf nie.
Prof. Malherbe het met hierdie woordeboek ons een van die beste wapens in die hand geplaas om 'n suiwer wetenskaplike taal in Afrikaans op te bou.
Die steekproewe wat ons gemaak het, toon die deeglikheid van die werk. Maar ons moet ook daaraan dink dat die samesteller die hulp van vyf-en-twintig vakmanne gehad het. Ons vertrou dus dat iedereen hierdie Vakwoordeboek in die toekoms aan sy elmboog sal hê en tekortkominge sal aanvul en dit na die samesteller stuur, want ieder dag groei 'n taal se woordeskat, en daarom moet ons almal help om dit so volledig moontlik te maak. Leksikografie is 'n lewenstaak. Geleerdes soos Du Cange en Forcellini het as jong manne met hulle woordeboeke begin en as grysaards dit eers aan die drukker oorhandig. Die regte leksikograaf moet hom dus tot lewenslange dwangarbeid veroordeel as hy sukses met sy werk wil hê - en dit het ou dominee Trom ontgaan - sien Voorberig p. VII.
Die spelling van vreemde woorde is in Afrikaans 'n brandende kwessie. Die neiging was eers om die spelling van sulke woorde so veel moontlik te verafrikaans. Met die veelvuldige gebruik van vakterme vind die vakman dit uiters moeilik om voor die voet alle woorde te verafrikaans. Hy kom klanke teë wat, as hulle taamlik foneties in Afrikaans weergegee word, so vreemd daar uitsien dat die moed hom naderhand ontbreek om met verafrikaansing vol te hou. Die gevolg is dat vakgeleerdes meer en meer konservatief teenoor verafrikaansing staan. Hulle is die mense wat die spelling-moeilikhede die beste begryp, want die leek gebruik die vakwoorde maar by uitsondering, terwyl die vakgeleerdes daagliks daarmee in aanraking kom.
Prof. Malherbe het die grondslag van sy Woordeboek seker nog in die tyd van streng verafrikaansing gelê, en nou swaai ons sterk om na die konservatiewe
| |
| |
rigting. Spore van hierdie oorgangstydperk vind ons seker in die Woordeboek. Ch en k wissel mekaar af soos in Chlorose en kloroform, maar x word behou; dan, weer, word z in 'n s verander. Daar is nog baie ander puntjies insake die spelling van vreemde woorde wat die taalpape hoofbrekings besorg. Die Groot Woordeboek van prof. J.J. Smith, so ver ek weet, sal nader aan die Griekse en die Latynse spellingvorms staan. En dit lyk my of die vakgeleerdes meer en meer daarvoor voel. In 'n tweede uitgaaf sal prof. Malherbe allig ook meer konservatief word. Dit gee ten minste meer eenvormigheid. Nou het ons Chlorose, maar dan weer kloroform. Dit lyk my darem 'n bietjie te eklekties. Dit het maar net met die vorm te doen. Dit tas nie die eintlike groot waarde van prof. Malherbe se werk aan nie. Hier het ons een van die ou stryders vir ons taalregte wat met hierdie Woordeboek op daadwerklike wyse sy bydrae tot die opbou van ons taal lewer. Hier het ons die vrug van jarelange arbeid, 'n bruikbare werktuig wat die werk van die wetenskaplike aansienlik gaan vergemaklik.
Ook die uitgewers kom alle eer toe vir die netjiese wyse waarop die drukwerk uitgevoer is. Die letter is helder, en die band stewig en sterk.
Die Tweede Deel sal Afrikaans - Engels wees, en almal wat reeds met die Eerste Deel kennis gemaak het, sal seker met spanning daarna uitsien.
H.G. VILJOEN.
| |
Die Afrikaanse beweging, deur G.S. Nienaber. Deel I. Geskiedkundige oorsig. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria, 1931.
Die Eerste Beweging met sy voorgeskiedenis en sy politieke, maatskaplike en opvoedkundige agtergrond bly vir my altyd, ook in my lesse, 'n aantreklike terrein, waarvan 'n helder samehangende beeld, organies-uitgroeiend voor ons oë, nog geteken moet word. Persone en gebeurtenisse, maatskappy en ontwaking van volksbewussyn, eerste letterkundige stamelinge en groot-nasionale drome - dit alles saamgevat kraglynig en beheers! Met die wyer gapende tydsafstand tussen ons en hulle win elke belangelose daad, elke moeisame poging aan belangrikheid en waardering by ons jongeres wat geleer het om durf en wilskrag in ons eerste geesteliknasionale stryd te eer. En as 'n mens dan in ons teenswoordige mars die geskuifel en gestamp van voete verneem en die al te goedkoop basuingesketter, dan vra jy bekommerd of ons, man vir man, dieselfde moed en trou en geloof in ons omdra as dié wat die lang pad van nasiewording begin loop het. Die Eerste Beweging was tastend en wegbereidend, die Twede ingrypend en vervullend; die Eerste uiterlik, die Twede innerlik; die Eerste ekstensief, die Twede intensief; die Eerste was gans en al daad, die Twede besinking en geestelike ryping.
Al het die skrywer van hierdie monografie, wie se geesdrif en eie, tydrowende naspoor-arbeid op baie plekke merkbaar is, net die historiese sy behandel (die letterkundige aspek word in 'n volgende boek belowe), dit is die eerste poging waarby 'n so omvangryke en saamvattende perspektief van albei Beweginge gesoek word. Waarderend kan ek gewaag van verdienstelike inwerking deur die skets heen van heelwat aanvullende gegewens vergaar uit die joernalistieke bedrywigheid van vroeër en later. Hierdie nadruklegging op die joernalistiek open verrykende insig in die werk van persone en vereniginge en sal by voortgesette studie en oordeelkundige koördinering 'n kostelike middel word om die gang van ons nasionale oplewing te bepaal in die lig van beïnvloeding en uitbreiding, van aksie en reaksie, van bekamping en versoening, van stremming en voortstuwing. Meninge, verslae, briewe,
| |
| |
polemiek, vlugskrifte vorm hier 'n ‘Fundgrube’ vir die ywerige naspoorder. Veral die Twede Beweging met sy nuwe uitkyk, intensiewer werksaamheid en dieper ontginning van die bodem, wag ook nog op vaslegging in 'n voldrae beeld met regte verhoudinge en gefondeerde karakteristiek. Daarvoor sal die meer indiwidueel gekleurde gegewens van die hand van Adv. J.H.H. de Waal, wat op die oomblik in ‘Die Huisgenoot’ verskyn, nuttig kan wees vir bepaalde aksentueringe en winning van suiwerder perspektief.
In die boek van wyle dr. L.v. Niekerk is voorgeskiedenis en agtergrond feitlik afwesig. Persoonlike invloede moet hier in die begin goed onder die oë gesien word, en dit is 'n verdere verdienste van die heer Nienaber dat hy, ook veral gebruikmakend van wat in die loop van jare aan die lig gekom het, hierdie kant na vore bring. Met die oog op die wordingstyd van die Twede Beweging egter verdien die rol van die Vereenvoudiging in die lig van Goethe se woord: ‘Ich bin der Geist, der..... das Böse will und doch das Gute schafft’, veel meer en besondere aandag wanneer die verwikkeldheid van mening en invloed, van stroming en teëstroming, wat ons die agtergrond van die Twede Beweging noem, ontwar sal word. In verband hiermee wil ek wys op die houding van die Kaaplandse onderwysers teenoor Afrikaans op hul kongres (Somerset Strand, Des. 1906) waarvan 'n kort relaas te vind is in ‘De Unie’ en ‘Ons Land’.
Naas reeds deur my aangeraakte kapittels maak ek melding van ander soos: ‘Voorbereidende werk vir die Genootskap van Regte Afrikaners’ (G.R.A.), ‘Oor die G.R.A. en Afrikaans’, ‘Die verband tussen die Eerste en Twede tydperk’, ‘Oor Vereniginge en Afrikaans’, ‘Amptelike erkenning en algemene toepassing’, waarin die skrywer die gang van die Beweginge skets met invlegting van 'n menigte besonderhede in 'n boek bestemd vir studente en skoliere en geskrywe met die doel ‘om die hoofrigtinge van die Afrikaanse Taalbeweging in sy gang tot kragtige openbaringe aan te dui’. Volgens die gestelde bestek mag ons dus g'n grondleggende werk verwag nie; trouens so 'n werk sou heel ander afmetinge moet aanneem.
* * *
Of die werk my bevredig?
Die skrywer het 'n eie kyk, bied veel lesenswaardigs en aanvullende stof en beskouinge, lewer bewys van indringende en volhardende arbeid. Op verskeie plekke van die terrein is hy volkome tuis en beskik hy oor genoegsame feite. Maar ek mis in hierdie boek die helder beskouing, die skouende krag wat die eis is van alle oortuiende geskiedskrywing en wat met des te sterker sentrasie-vermoë straal na mate gestelde bestek beperk word. Ek mis die saamvatting van gegewens as veruitwendiging van geestelike dinamiek. Ek mis die kyk wat die groot momente van 'n beweging vat, en die warm, deurtastende karakteristiek wat hulle omlyn, hul aanstuwing en hul verflouing, in groeiende helderheid.
Rondom 1880 is so 'n moment in die gang van die Eerste Beweging. En omstreeks 1896 'n twede toe die rugsteuning van 'n jonger geslag tot nuwe styging bemoedig. Dit is die inluiding van 'n twede tydperk in die Eerste Beweging, 'n organiese groei-moment, en glad iets anders as die verkeerd opgevatte en ongegronde indeling van wyle dr. L. van Niekerk.
Die tekening van duidelike lyne waarby feite en gebeurtenisse in 'n regte lig tree, nadruklegging op die belangrike en ondergeskikmaking van die minder belangrike, waardeur alleen die oorsigtelikheid ontstaan, dit sou 'n metode wees wat 'n mag van besonderhede diensbaar kan maak aan die totaalbeeld sonder dat hulle hinderlik word. Dat die boek hierin tekortskiet, is 'n prinsipiële fout.
Die behandeling van die oorgang van die Eerste tot die Twede Beweging bly 'n moeilike taak. Om helder in die lig te
| |
| |
stel die oorsake van die skielike verskyning van nuwe skoonheidswaardes, daarvoor is nog noulettende studie nodig. Die leiers van die Ou Beweging het nie die flouste aanraking geken met die geestesverjonging in Nederland nie. Hulle was so onkundig van die literêre opbloei daar oorkant dat g'n straal van Nederland se nuwe son in hul esteties-benoude afgesonderdheid deurgedring het nie. En tog, plotseling omstreeks 1904-1905 klink verse op van glad 'n ander orde, die indiwiduele en gevoelde soos: ‘Daar rys soms stemme in die nag....’, ‘O land van sonlig en van sterre’, ‘Die Winternag’, en so meer.
Tussen 1896 en 1906 lê, afgesien van 'n sielskokkende oorlog, die geestelike voorbereiding van 'n jonger Afrikaanse geslag. In hierdie tyd ontwikkel waardevolle vormkragte in die Bolandse skool en universiteit en - - in die Pretoriase Gimnasium. Wie regte perspektief wil win, sal hierdie stuk agtergrond in sy volle omvang moet ondersoek.
Enkele opmerkinge van saaklike aard verdien hier 'n plekkie.
1. | By die opsomming van geskiedenisboekies in gebruik in die skole teen die end van die 19de een moet veral Sidwell nie weggelaat word nie (bls. 41). |
2. | Ek glo, die skrywer gaan veels te ver wanneer hy ‘die agteruitstelling van Pannevis’ toeskrywe aan sy ‘onbestendigheid en fanatieke oorywer’ (bls. 55), gesteld al dat die beskrywing op hom sou pas. Die saak is meer kompleks. |
3. | Alles wat gesê word in verband met die stigting van die A.T.V.-tak op Stellenbosch (blss. 136-137) is onjuis. Moontlik dink die skrywer hier o.a. aan my voorsittersrede op die A.T.V.-kongres (Des. 1907 in Kaapstad). |
4. | Die ‘Tydskrif vir Wetenskap en Kuns’ is sedert ongeveer twee jaar nie meer die offisiële orgaan van die Akademie nie (bls. 147), hoewel hy om begryplike rede nog geldelike steun van dié kant ontvang. |
5. | Prof. Kluge was nie 'n ‘stofdroë taalkundige’ nie (bls. 172), maar stof wat vir leke droog mag lyk, het hy op geniale wyse in voordrag en geskrif laat lewe. |
6. | Vir ‘ag jaar’ op bls. 38 lees ‘agtien jaar’. |
In 'n boek bestemd vir gebruik op skool en aan die universiteit, mag 'n mens, al wou jy ook die resensie-mode in ons land veronagsaam, sekere tekortkominge in taalgebruik nie deur die vingers sien nie. Enige kursivering is op rekening van die resensent.
In die sin op bls. 16 beginnende met: ‘Vandag slaan die meeste geleerdes...’ en eindigende met: ‘die slawe inkluis’, waarin die Vreemdelinge-Nederlands-teorie onaanneemlik geformuleer word, is die tussensin: ‘of die natuurlike vorming dan altans net bespoedig kan wees,’ sintakties nie in orde nie.
In: Dit sal opvallend wees hoe min Afrikaners van geboorte aan hierdie bedrywigheid bewus deelneem ‘en lewer nog 'n bewys hoe gering hulle hul eie spreektaal geag het’ (bls. 21) is die onpersoonlike ‘dit’ van die eerste deel nie die onderwerp van die gekursiveerde sin nie.
Op bls. 70 (in die middel) sou die sin liewer moet lees: ‘Juis die besef van die noodsaaklike ondergang’ ens.
‘In die valtyd (lees: “tyd van verval”) was die kenmerkende neiginge naas die konsentrasie van mag in die hande van een heerserspersoon die politieke afswaai van die gebaande weg af en soos verkondig in die hooforgaan, waardeur alles wat van die Patriotkantoor en in die nuwere Patriotspelling kom in 'n ongunstige reuk te staan kom’ (bls. 95.).
Hierdie sin vereis grondige hersiening. As ‘neiginge’ (mv.) word aangegee ‘die politieke afswaai van die gebaande weg af’, daarom is die meervoudsvorm onnodig. Verder maak die daaropvolgende ‘en’ voor ‘soos’ die sinktaktiese samestel onmoontlik.
| |
| |
Dit is genoeg om die skrywer daarop te wys dat hy in 'n moontlike twede druk suiwerder versorging van sinsbou en in die algemeen meer helderheid van segging behoort na te strewe.
Verskeie male tref 'n mens ‘in die eerste geval’ (so o.a. op blss. 28, 37, 65) vir ‘in die eerste plaas’.
Eienaardige vorminge soos ‘wisselredenaars’ (bls. 26) vir sprekers in 'n dialoog en 'n beeld soos ‘wordingsdrempel’ (van 'n volk, bls. 139) is minder gelukkig.
Bloemfontein,
20 Junie, 1932.
D.F. MALHERBE.
|
|