Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 107] [p. 107] Lied. As ek moes oud word en my oë blind Vir al die skoonheid wat die wêreld bied; Nie meer, soos eers, my pad alleen kan vind, Verdwaald en koud en arm, met slegs 'n lied Vir hoorders wat al opstaan van die fees, En loop wanneer musiek nie meer bekoor nie; As eindelik dan die hart moet sangloos wees Of sonder woorde sing waar niemand hoor nie; - Dan sou ek in die donker nog verneem, Dan sou ek in die aakligheid gewaar Die grasie wat die gode jou-verleen, Jou geesteslig, so onuitblusbaar klaar. Vorige Volgende