Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932
(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 81]
| |
‘Beatrijs’ van Boutens.OM Boutens se gedig goed te kan beoordeel sal dit nodig wees om die Middel-Nederlandse bewerking van die stof, een van die juweeltjies van die Middel-Nederlandse letterkunde, nader te beskou. Die Maria-verering is een van die vernaamste motiewe in die kuns van die Middeleeue, sowel in die beeldende kunste as in die letterkunde. Telkens word ons in die beeldhoukuns, in die skilderkuns van die Primitiewe en in al die ander kunste wat saamgewerk het om die katedraal die versinneliking van die middeleeuer se geloof te maak, ontroer deur die innige vroomheid waarmee die kunstenaar, onbeholpe dikwels en gebrekkig in sy tegniek, maar met suiwer gevoel en oorgegewe liefde, háar uitbeeld wat vir hom hoogste simbool is van vroulike bevalligheid, van kuisheid en van begrypende, vergewende liefde, gebore uit eie lyde. Een van die suiwerste uitinge van hierdie Maria-verering vind ons in die bekende Middel-Nederlandse sproke van Beatrys van die begin van die veertiende eeu. Die nederige digter wat sy naam verswyg, vertel ons eers dat hy hierdie gedig skrywe ‘om die doghet (deug) van hare die moeder en maghet es bleven,’ en begin dan dadelik met sy eenvoudige verhaal, sonder enige strewe na kuns of skoonheid, sonder enige besef selfs dat hy 'n kunstenaar is - maar telkens besiel sy verhaal hom tot oomblikke van diep skouing in die ewig-menslike, tot verse van ontroerde segging wat heel suiwere woorkuns word. Beatrys is 'n non wat die taak van kosteres vervul. ‘Hierdie non’, vertel die digter, ‘was nie sonder die liefde nie, wat sulke groot wonders bewerk’. Die duiwel het haar so bekoor met vleeslike sondes, ‘dat si sterven waende.’ Eindelik gee sy die stryd op en laat haar minnaar roep, 'n adellike jeugvriend. Fyn is die toneeltjie geteken van die twee geliefdes geskei deur die venstertralies: Si saten soo een lange stonde,
Dat ict ghesegghen niet en conde
Hoe dicke verwandelde hare blye.Ga naar voetnoot1)
Hoe mooi en eerlik beken sy haar liefde, en hoe goed maak hy dadelik gebruik van haar stemming deur Venus te verwens Dat si twee soo scone bloemen
Doet vervaluen ende bederven.Ga naar voetnoot2)
| |
[pagina 82]
| |
en deur haar te smeek om met hom te vlug. Sy beloftes van pragtige klere aanvaar sy met waardigheid, en sy bestel hom oor 'n week onder die eglentier: Wacht daer mijns, is come uut
Ende wille wesen uwe bruut,
Te varen daer ghi begheert;
Van ontroerende krag is die toneel waar Beatrys afskeid neem van die Mariabeeld en haar magteloosheid teenoor die liefde beken: Ghi kint wel in allen uren
Smenschen herte ende sijn wesen;
Hets al om niet dat ic pine;Ga naar voetnoot3)
en hygend smeek sy Jesus: Soe moetti kinnen minen noet
Ende mine mesdaet mi vergheven;
Ic moet in swaren sonden sneven.Ga naar voetnoot4)
Dan lê sy haar kloosterklere voor die altaar en hang haar sleutels voor die Maria-beeld. Hoe roerend-naïef wys die digter tot twee keer op die belang hiervan. As sy die pragtige klere aangetrek het wat die jongeling gebring het: Doen cussese die ionghelinc
Vriendelike aen haren mont.
Hem dochte, daer si voor hem stont,
Dat die dach verclaerde.
Hoe menige digter sal hierdie eenvoudige anonimus die gawe beny om sy emosie so suiwer tot woordmusiek te laat vervloei. Die minnaar plaas Beatrys voor op sy perd, en hulle ry tot die dag begin te breek, en nou teken die digter ons met fyn psigologiese insig die heimwee wat Beatrys se siel met die ontwakende dag vervul, en haar intuïtiewe voorgevoel van die onbetroubaarheid van die wêreld: Ic ducht mi de vaert sal rouwen:
Die werelt hout soo cleine trouwe.
Net so suiwer sielkundig is die minnaar se betuiginge van ewige trou. Hulle kom by 'n bos, en nou kry ons 'n fyn stukkie natuurpoësie, wat so seldsaam is in die Middeleeue; onwillekeurig word sy verse tot heldere, blye musiek, en in sy argelose skoonheidsontroering herhaal die digter die woord ‘scone’ tot drie maal: een foreest,
Waar die voghele hadden feest.
Si maecten soo groot ghescal,
| |
[pagina 83]
| |
Datment hoorde over al.
Elc sanc na der naturen sine.
Daer stonden scone bloemkine
Op dat groene velt ontploken,Ga naar voetnoot5)
Die scone waren ende suete roken.
Die lochtGa naar voetnoot6) was claer ende scone
Daer stonden vele rechte bome,
Die ghelovert waren rike.Ga naar voetnoot7)
Die minnaar se begeerte is opgewek, en met middeleeuse openhartigheid stel hy haar voor om ‘te spelen der minnen spel’. In felle verontwaardiging verwyt sy hom sy ‘dorperheid’,Ga naar voetnoot8) om dan weer vertederd volle oorgawe te belowe. Hoe sielkundig suiwer! Hulle lewe sewe jaar lank 'n lewe van vreugde en genieting en kry twee kinders. Dan is die geld op. Die drama van die huweliksleed wat dan volg, word ons sober en treffend verhaal in vyf verse: Die aermoede maecte een ghesceetGa naar voetnoot9)
Tusschen hemGa naar voetnoot10) beiden, al waestGa naar voetnoot11) hem leet.
Aenden man ghebrac dierste trouwe:Ga naar voetnoot12)
Hi lietse daer in groten rouwe
Ende voer te sinen lande weer.
Nadat Beatrys sewe jaar in die diepste sonde geleef het om vir haar kinders te sorg, kom skielik die berou. Sy gaan terug na die ou dorp, hoor in die nag 'n stem wat haar gebied om na die klooster te gaan. Hoe word haar droefheid verklank in die verse: Na gaet si met groten weene
Ten clooster waert, moeder eene.
En hoe hoor ons haar hygende sug van verligting as sy die deur oop vind: Maria, hebbes danc,
Ic ben comen binnen mure.
By die Maria-beeld vind sy haar kloosterklere weer, en sy verrig haar werk soos vroeër. Maria, tot wie sy selfs in die tyd van haar diepste val trou haar gebed bly rig het, het al die jare haar plek ingeneem, sodat niemand van haar afwesigheid geweet het nie. Sy bieg later haar groot sonde. Vroom eindig die digter sy verhaal: | |
[pagina *8]
| |
TONEEL IN DUITSLAND.
O. KLING | |
[pagina 84]
| |
Nu bidden wi alle, cleine ende groot,
Die dese miracle horen lesen,
Dat Maria moet wesen
Ons vorsprake int soete dal,
Daer God die werelt doemen sal.
Amen.
Hierdie eenvoudige verhaal ontroer ook die moderne leser deur sy suiwere uitbeelding van die ewig-menslike, deur sy innige vroomheid, sy waarheid. Ook die kunstenaars van die twintigste een het onder die bekoring daarvan gekom en die verhaal in húlle gees en taal probeer herskep. Ek dink hier aan Felix Rutten wat geprobeer het om daar 'n misteriespel van te maak, maar veral aan Boutens se ‘Beatrijs’ wat ook in ons land, veral onder ons studerende jeug, bekend is. Boutens het homself geteken in die skone verse: Zingen, lief, is zich belijden
In de naakte heimlijkheid
Waar de goden zelf in schrijden
Door de godenlooze tijden,
Enkel kenbaar den gewijden
Als hun hand den zegen breidt, -
Zingen, lief, is zich belijden
In zoo naakte heimlijkheid!
Zingen, lief, is zich versteken
In een vindbaarheid zoo schoon,
Dat naar echo-lichte woon
Onder jeugd-en-liefdes teeken
Blijde pelgrims nooit ontbreken
Tot den tol van zingens loon. -
Zingen, lief, is zich versteken
In een vindbaarheid zoo schoon!
Daardeur is hy die Nederlandse ‘poets poet’, die digter vir die weiniges wat uit die tere, ragfyne musiek van sy verse, so volmaak van tegniek, die dieper menslike toon, die verhulde ontroering, die ingehoue hartstog kan opvang. Dat juis hierdie digter die drang gevoel het om die Beatrys-verhaal te verwerk, is bevreemdend, selfs al weet ons dat hierdie bewonderaar en vertaler van die klassieke ook verse in melodieuse Middel-Nederlands gedig het. Sy ‘Beatrijs’ verskil dan ook sterk van die ou middeleeuse verhaal. Al besluit Boutens ook sy gedig: | |
[pagina 85]
| |
Dit is de sproke van Beatrijs.
Ik schreef haar uit op weinig blaen
In zulk een klare en simple wijs
Als kinderen verstaan.
Sy eenvoud is gans anders as die van die Middel-Nederlandse gedig. By hom vind ons die bewuste ‘eenvoud’ van die bewuste skoonheidsoeker wat in die eerste plek deur die estetiese skoonheid van die middeleeuse gedig getref is, maar nie by magte was nie om by sy herskepping van die verhaal die kinderlike geloof, die drang om van die goddelike wonder te getuig opnuut te belewe wat die middeleeuse verteller tot kunstenaar gemaak het. Daarom kry ons hier te veel van buite af aangebragte, te min van binne uit beleefde skoonheid. Boutens het die skone verestetiseer, en die Middel-Nederlandse sproke is my oneindig liewer as die moderne gedig, hoewel 'n kort behandeling van laasgenoemde sal toon dat dit ook sy skoonhede besit - dit bly vir my egter meer afsonderlike skoonhede, dit het nie uit 'n sentrale emosie gegroei tot die suiwere prag, dit besit nie die skone eenheid wat die religieuse ontroering aan die middeleeuse gedig gegee het nie. Mooi word ons die lieflike gestalte van Beatrijs geteken. Sy behoort tot ‘de eenvoudigen van hart’ wat ‘de zachte lamp der blijdschap’ dra. Zij was de jongste der zustren al,
En needrig was haar dienst en werk:
Zij luidde de klok en keerde de hal
En de stille leege kerk.
Haar sagte woord en stille lag open die harte, en sy ken die kinderoë in die dorp so goed as die blomme in die kloostertuin. Zoo was haar doen éen zuivre vreugd:
Een orgel dat speelt zacht en ver
Zijn hymnen aan Maria's deugd:
O Hemels Deur, o Morgenster!
Vir my is die slotvers van hierdie mooi strofe 'n al te opsetlike en daarom nie geslaagde poging om die middeleeuse Maria-verering weer te gee. En eens op een ochtend in den Mei
Ging ze uit waar smart haar blijdschap riep.
Sy ontmoet ‘een ridder goed’, en Zij zag in oogen brandend klaar
Smart die zij niet verstond.
En keerde en vluchtte, een angstig kind;
En achter haar floot wreed en zoet
Het wanhoopslied van zon en wind:
Ik min u goed.
| |
[pagina 86]
| |
Van nou af ‘de gouden pijn stak in haar hart’. Saans is sy altyd alleen met haar geliefde Maria-beeld. Pragtig word ons die innige vertroulikheid geteken: Want als zij de poort in den avond sloot,
En de stilte sloot het huis om haar heen,
Had ze, als een kind aan moeders schoot,
Moeder voor zich alleen.
Maar vanaand ‘haar diepste hart bleef ongerust’; sy voel soos 'n skuldige kind wat vir die eerste keer en te laat hom bewus word van die geluk wat hy nou net verbeur het. Sy gaan na buite onder die hoë nag; daar heers die grootse nagstilte: Alleen een enkele groote ster
Peilde den zuiver vloeibren vreê,
Alleen dreunde achter 't steile ver
Het stadig orgel van de zee.
En dan die skrynende simboliek: Toen door haar wondzeer harte sneed,
Als een pijl die door de klaarte schoot,
Van een verdoolde meeuw de kreet?
Van ziel in nood?
Sy gaan terug en lê haar py, haar kruis en kralesnoer, haar sleutels aan die voete van Maria. Dan ‘glimlacht zij beslist: Ik moet - maar ik kom weêr.’ As sy weg is, gebeur die wonder: Ineens, als viel een ster, zoo stond
De donkre hal vol van verlichten geur:
Maria's oog en wang en mond
Won gloed en kleur.
Zij zette 't Kindeke van haar arm,
Zij sloeg den mantel om haar leên;
Als een menschenkind zoo bloot en arm
Stond zij op 't kille steen.
Die Maria-beeld word lewend en neem Beatrijs se plek in. Van Beatrijs se lewe word ons niks vertel nie. Alleen: Maar eens, een zonnigen Meiedag,
Wist zij haar wereldsch werk verricht:
Zij rees ter andre reis en zag
Haar nieuwen plicht.
Sy reis onvermoeid deur tot sy by die klooster kom Door tuin die sliep, als in zijn geur,
In 't licht der maan.
| |
[pagina 87]
| |
Die poort gaan oop en ‘daar stond Beatrijs roereloos-gewijd met bleeken mond.’ Die hal is vol van 'n mistieke lig wat straal van ‘Moeders aangezicht’, sy hoor musiek. Zoo stond onnoozle Beatrijs
Verheerlijkt met Maria meê.
Voor Maria se voete vind sy haar kloosterklere, wat sy aantrek. En uurlang neeg ze aan Moeders voet
Geknield op 't kille steen;
Maar wat zij spraken, heeft geen vermoed:
Dat weten zij alleen.
In die klooster is vreugde omdat die verdwene Maria-beeld terug is. Beatrijs doen weer haar werk soos voorheen, tot sy eindelik sterf, want: O snel verteert de gouden vlam
De levensolie en de kracht
Der ziel die brandt voor God als lamp
Bij dag en nacht.
Spoedig daarna kom 'n pelgrim, wat die verhaal vertel en vra om naas haar begrawe te mag word. Die gedig eindig met 'n loflied op Maria: Die zelve leed aan Jezus' voet
Smart die geen heerlijkheid vergeet:
Maria die meest beminnen moet
Al hart dat zwaard doorsneed.
Ek was opsetlik kwistig met my sitate om die skone verse van Boutens self te laat spreek. Elkeen voel dadelik dat hier 'n groot digter aan die woord is. Ook hier hoor ons die fyne klank, die melodieuse verse van die digter van ‘Stemmen’ en ‘Vergeten Liedjes’. Besonder gelukkig gekose is die vierregelige strofevorm met sy kort verse, wat so geskik is vir die eenvoudige verhaaltrant. Verse waarin diepe lewenswysheid in skone vorm verwoord word, strofes waarin 'n geheimsinnige natuurstemming teer verbeeld word, flonker soos seldsame skoonhede. En tog voel die aandagtige leser dadelik die groot verskil met die Middeleeuse kunswerk. Die geskiedenis van Beatrijs is 'n geskiedenis van martelende stryd teen die sonde, van droewige val, innige berou en vergiffenis. Dit is die kern van hierdie verhaal, en hierdie kern ontbreek in Boutens se gedig. Inplaas van die wanhopige klag: Hets al om niet dat ic pine;
Minne worpt mi onder voet,
Ic moet in swaren sonden sneven.
‘glimlacht Beatrijs beslist: ik moet, maar ik kom weer.’ Aan die sondige lewe van Beatrijs het Boutens hom nie gewaag nie. Ons weet slegs dat sy 'n tydlank weg was, en dan opeens ‘wist zij haar wereldsch werk verricht’. | |
[pagina 88]
| |
Van berou hoor ons dan ook nie, maar by haar terugkeer staan sy ‘roereloosgewijd met bleeken mond’. Hiermee ontbreek die vitale element aan Boutens se verhaal, die sentrale ontroering wat dit die artistieke eenheid moes gee. Boutens se gedig is geen eenheid nie - dit het 'n aantal afsonderlike skoonhede gebly: die lieflike gestalte van Beatrijs voor en na haar afwesigheid, die wonder wat plaasvind as Maria van haar voetstuk afdaal en as Beatrijs terugkeer. Is dit nie opmerklik nie dat Boutens juis hierdie wonder visualiseer? Die vrome middeleeuer het hierdie misterie gelovig aanvaar, hy het geen behoefte gehad om dit as kunstenaar te sien nie, want hoofsaak was vir hom die dieper betekenis daarvan. Vir Boutens het dit geen dieper betekenis gehad nie, daarom het hy dit slegs artistiek gesien, en om hierdie siening groepeer hy die gebeurtenisse van sy verhaal. Die heilige romantiek ontbreek - en daardeur is die ‘naïefheid’ van sy verteltrant ook nie altyd oortuigend nie. Juis omdat die middeleeuse gedig gedra word deur die religieuse ontroering, het die digter die kostelike gawe besit van 'n begrypende en vergewende insig in die menslike sonde, wat hy daarom nie geskroom het om uit te beeld nie. Hij beskik nie oor Boutens se groot gawes van woordkunstenaarskap nie, hy word hier en daar enigsins nugter redenerend, hy kon die liefde nie besing in sulke skone musikale strofes as Boutens nie, maar hy het die hoogheid van die edele liefde diep gevoel en besluit sy verheerliking daarvan met die innige pleidooi: Hier omme en darfmen niet veronnenGa naar voetnoot13)
Der nonnen, dat si niet en conste ontgaen
Der minnen diese hielt ghevaen.Ga naar voetnoot14)
Die kuns van die Middeleeue bring die moderne mens so lig daartoe om hom daardie verlede te droom as 'n tyd van skoonheid en geluk, van kinderlike, harmoniese geloof wat nie deur innerlike twyfel verontrus word nie. Dié kleurryke wêreld en dié lewensblye mensheid wil hy laat herleef, maar hy loop die groot gevaar dat hy met sy eensydige soeke na die estetiese nie die diepere faktore aanvoel waaruit hierdie skoonheid ontbloei het nie. Aan hierdie gevaar het Boutens nie ontkom nie, net so min as die Prae-Raphalite Rossetti. Potchefstroom, Junie 1932.
G. DEKKER. |
|