Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Geheime. Verlang jou sluimerende siel ooit, see, Om in die luister van die son jou hart Te baai? En wens jy ooit om stil tevree Te fluister van jou eensaamheid of smart? Of sluit jy in jou groen gewelwe op Al die geheime wat jou brand en skeur? Is dit die wind net wat jou vlaktes beur, En nie jou lewe wat so rusloos klop? Ek weet net dit. - 'n Mensesiel kan smeek Na lig in stom verlange, - en daar ween In dieper dieptes as die stille see Geheime, wat 'n hart kan stukkend breek - As liefde klop! - Skeur dan, o hart in twee, Die las van liefde is veel te swaar vir een. KLEINJAN. Vorige Volgende