Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 80] [p. 80] Die Samaritaanse Vrou. Vir Erasmus. En Hy was moeg. Op Jakobs bron het Hy Gerus. - En toe geware Hy 'n vrou Wat sing-sing put-toe stap - wie sou Ooit haar geheimenis erken as Hy? Hy vra haar water, lewensbron, en sy, Met guitig glimlag korswel weer, en gou Spog sy oor vyf mans, laggend in die rou, Sy lag draaiheup, met oë wat wil verlei. En voor haar sit 'n Man. Sy wese praat. - Dis anders as haar wellussinne weet! Daar's oë wat kalm en brandend gloei - ‘profeet!’ -, En met die stil-kyk weet sy wat sy haat. Die water in die bronaar vloei en vloei, - Sterker as water bly Sy oë gloei. Vorige Volgende